.—“Die aanbidding van beelde . . . was een van die vorms van bederf van die Christendom wat heimelik en byna ongemerk en onsigbaar die kerk binnegesluip het. Die bederf het nie, soos ander ketterye nie, plotseling ontwikkel nie; want in daardie geval sou dit besliste veroordeling en bestraffing uitgelok het; maar onder ‘n mooi dekmantel is die een gebruik na die ander so geleidelik in verband daarmee ingevoer, dat die kerk diep in werklike afgodediens gedompel was, en dit nie alleen sonder enige doeltreffende teenstand nie, maar byna sonder enige beswaar; en toe daar eindelik wel ‘n poging gemaak is om dit uit te roei, is daar gevind dat die kwaad te diep wortel geskied het om uit te roei ... die oorsprong daarvan moet gesoek word in die afgodiese neiging van die menslike hart en in sy geneigdheid om die skepsel meer te dien as die Skepper. .