“Wat die gewete betref, het die meerderheid geen mag om dit te beperk nie.” Om die vryheid van gewete te beskerm is die plig van die staat, en dit is die perke van sy gesag in godsdienssake. Elke aardse regering wat probeer om godsdienstige gebruike te reel of toe te pas deur middel van burgerlike gesag, sou juis die beginsel opoffer waarvoor baie mense so dapper gestry het ... “Hierdie Protes het twee menslike gebruike wat die geloof betref, weerstaan: die eerste was die indringing van die burgerlike magistraat, en die tweede was die arbitrêre gesag van die kerk. In die plek van hierdie misbruike, het Protestantisme die gewete bokant die magistraat gestel, en die gesag van Gods woord bokant die sigbare kerk. In die eerste plek verwerp dit burgerlike mag in goddelike sake... Die Protes van Spiers was ‘n plegtige getuienis teen godsdienstige onverdraagsaamheid en ‘n verklaring van die reg van alle mense om God te dien volgens die inspraak van hulle eie gewete.