Proagri 167 Januarie 2014

Page 17

Meganisasie

LEMKEN bewerk en plant deeglik en tydig s die reën kom, moet die boer reg wees om sy saad gou en doeltreffend in die grond te kry. Vinnig werk is noodsaaklik, want die perfekte planttoestande duur nie vir ewig nie, maar akkuraatheid is ewe noodsaaklik, want ’n lonende oes is net moontlik as elke pit op presies dieselfde diepte en presies ewe ver van mekaar af en met presies die regte kunsmis op die regte plek met genoeg ferm grondkontak geplant word. LEMKEN se voortreflike werktuie werk fluks, flink en vinnig om die beste saadbed voor te berei wat elke pit die beste kans bied om vir die boer wins te verdien. Boere is beïndruk met LEMKEN se vermoë om groot lappe aarde vinnig en maklik voor te berei en te plant.

A

Kyk net wat kan LEMKEN vir die boer doen: Euro Titan 10-semi-gemonteerde omslagploeg Ploeg is ’n plesier met die Euro Titan 10, wat die hedendaagse reuse trekkers se krag ten beste benut. • Met die lang disselboom kan die grootste trekkers verbasend kort krink, wat sukkel en tydmors op die wenakkers uitskakel. • Die ploeg is verstelbaar om die boer se behoeftes presies te pas. • ’n Verskeidenheid skare is beskikbaar om elke behoefte te pas. • Die perfekte ontwerp en balans verseker die beste benutting van trekkerkrag en die laagste dieselverbruik. Karat 9-saadbedmaker LEMKEN se Karat 9 skep ’n perfekte saadbed deur die grond eers tot op enigiets tussen 200 en 400 mm diep los te maak en te deurlug met ’n stel stewige tande, dan met ’n stel gelykmaakskottels ’n netjiese saadbed te vorm en laastens met ’n rollerstel ferm vas te trap en alle moontlike kluite te verbrokkel. Die Karat werk deur die digste plantreste sonder ’n teken van verstopping. Die boer kan uit ’n verskeidenheid skare kies, wat kliek-klak aan die tande gemonteer word.

LEMKEN se Euro Titan-omslagploeg met sy twaalf skare ploeg perfek, maar sleep lig. Terugskopvere beskerm die Karat se tande en die rollers beheer die werkdiepte. Rubin 9-saadbedmaker Die Rubin 9 skep ’n perfekte saadbed. Twee rye kontragemonteerde, gehapte skottels van 620 x 6 mm is teen ’n spesiale hoek gemonteer om grond enplantmateriaal ten beste te sny en te vermeng vir die beste bewaring van grondvog en die opbou van organiese materiaal. Elke skottel is aan sy eie arm gemonteer en word met ’n terugskopveer beskerm. Agter elke ry skottels is ’n ry harktande wat die bewerkte grond en materiaal eweredig oor die werkwydte van die werktuig versprei. Agterna kom ’n stel van twee spesiaal ontwerpte rollers, die een groter as die ander, om die grond mooi ferm gelyk te trap en die werkdiepte van die skottels te beheer. Die werkdiepte kan verstel word tussen 5 en 15 cm na gelang van die boer se behoefte. Gigant 10 werk wyer Vir die boer wat wyer wil werk, is die Gigant 10 die antwoord. Dit is ’n stewige draer met twee driepuntstelsels waaraan die boer twee Rubin-saadbedmakers kan monteer. Die twee Rubins vou hidroulies op om ’n vervoerwydte van 3 meter te verseker, maar wanneer hulle oopgevou is, bewerk die boer ’n strook van 12 meter wyd.

Karat 9 www.proagri.co.za

Die Gigant 10 alleen weeg 9 ton, wat verseker dat die twee Rubins, met hulle eie gewig ingereken, altyd die grond doeltreffend sal binnedring. Solitair 9 Nou kan die boer sy plantwerk met net een flink beweging klaarmaak deur ’n Solitair 9-planter van LEMKEN agter aan ’n Rubin 9-saadbedmaker te monteer. Die Solitair 9 werk met positiewe lugdruk en sy hidroulies aangedrewe waaier verseker deurgaans ’n konstante lugstroom. Die Solitair 9 kan enige saad van tef tot soja perfek uitmeet. Die planter is ten volle versoenbaar met enige presisieboerderystelsel en handhaaf, selfs teen ’n hoë plantspoed, ’n perfekte plantdiepte en saadspasiëring. P Vir meer inligting oor LEMKEN se voortreflike werktuie vir perfekte bewerking, praat met Karel Munnik by 082-412-2577 of besoek www.lemken.com. E-pos: munnik@lemken.co.za

Solitair 9

Rubin 9 / Gigant 10-kombinasie ProAgri 167 – Januarie / January 2014

15


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.