Proagri 191 Januarie 2016

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Januarie / January 2016 No / Nr 191 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Beheer jou spilpunt s贸

Boer waterwys met akwaponika

AGRICO

Besproeiingsoplossings Meganisasie

| Besproeiing | Hulpbronbestuur | Vee en Wild

www.proagri.co.za



Redakteursbrief

M

et die hoed op die kop, hande uit die moue en ‘n tenk vol diesel. Dit is hoe ek die nuwe jaar tegemoet wil gaan. Ons het groot planne vir ProAgri hierdie jaar, met ‘n verskeidenheid insetsels, onder meer ‘n leefstyltydskrif, wat vir elkeen op die plaas heerlike sprankelende leesstof sal bied, asook waardevolle inligting om die regte keuses oor toerusting en ander insette op die plaas te maak. Dit is ook weer tyd vir ons gereelde lesersopname waarin ons GROOT pryse gaan weggee, van ‘n vierwielmotorfiets tot ‘n dam! Die werklike waarde van die lesersopname lê egter in die inligting wat ons bymekaar maak om ons te help bepaal waarin jy belangstel. Dit is natuurlik nie nodig om te wag

Voorblad vir die opname om met ons te praat nie. ProAgri word vanuit ‘n kantoor in Pretoria bedryf, maar ons harte en ons voetspore lê op die platteland by die mense vir wie ons skryf. In hierdie stadium is ons hartseer saam met almal wat in planttyd in ‘n woestynlandskap moes vaskyk en ons is dankbaar saam met dié wat wel kon plant en kan voortboer. Ons is ook trots op ons boere wat groot vragte voer skenk en aanry om ander droogtegeteisterde boere te help. Dit wys maar weer dat ons boere mense van die beste kaliber is. Ons klem val in hierdie uitgawe op besproeiing en waterwysmaniere om te boer. Ons weet uiteindelik is reën die enigste oplossing, maar met behoorlike beplanning en besproeiingskedulering kan ons minstens die water wat tot ons beskikking is, wys bestuur. Kom ons vat 2016 vas met ‘n woordjie van wysheid deur CJ Langenhoven: “Ploeg self op die klipland en gee vir jou kneg die sagte grond. Dan sal jy jou kneg behou en jou ploeg ook.”

Agrico is een van die staatmaker plaaslike vervaardigers van spilpunte wat deur die hele Suidelike Afrika boere help om waterwys te boer. Lees ook gerus meer oor die beheerstelselopsies wat hulle aanbied op bl 3.

ProAgri Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Boer slim!

Business-to-business: Agriculture ABC July – Sep 2015 39 414

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

ProAgri

Inhoudsopgawe / Contents Besproeiing 3 Spilpuntbeheer word afstandbeheer

3

Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za

7 Senter 360 reik na die hemel Gewasproduksie 11 Die winsgewendheid van akwaponika

11

AgriTechnica 17 DLG-toetssentrum vir gehalte en veiligheid 19 CLAAS span nuwighede in om die boer te dien

Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

17

Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za

21 Jupidex: Kverneland en McHale se spogwerktuie

Remi Friebus > 062-203-2995 remi@proagri.co.za

Meganisasie

Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk

23 Dít is waarom boere LEMKEN gebruik

19

Hulpbronbestuur 25 TLU SA: Wat is jou veiligheidsplanne vir 2016? 27 Stafix: Stock theft early warning systems

23

31 AgriGids www.proagri.co.za

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Du Preez de Villiers > 012-803-0667 dupreez@proagri.co.za.co.za

Gereeld 29 Veilings

Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za

25

Sakebestuurder Dr Ivor Blumenthal

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

1


The most versatile irrigation system on the market

Rhino 300

Rainmaker 200 4x4

Rainmaker 200

Greenkeeper 200

Clubman 100

Sportsman 120

Jasper Hewitt 023-342-3438 / 082-773-7544 • rotrix@intekom.co.za • www.rotrixafrica.co.za Tobie van den Heever 012-736-2121 • 082-658-6054 • tobie@iunlimited.co.za Jaco Coetzee •

072-819-0273


Besproeiing

Spilpuntbeheer word afstandbeheer deur Du Preez de Villiers

B

eter bestuur, beter tydsbenutting en beter gebruik van tegnologie is noodsaaklik om die immer groeiende uitdagings van moderne boerdery te bowe te kom. Een van die hulpmiddels wat die boer help om sy aandag oor meer plekke op die plaas te versprei en om raker te bestuur, is afstand-datakommunikasie, wat byna daagliks verder verfyn en uitgebrei word om die boer nog beter te dien. Spilpuntvervaardigers besef deeglik watter waarde hierdie tegnologie vir die boer inhou en daarom sluit elke spilpuntmaatskappy se span dikbrille deesdae ook ’n datakommunikasieingenieur of twee in. Ons het by elkeen van die vier grotes in Suid-Afrika gaan uitvind wat hulle in die 21ste eeu vir die spilpuntboer bied om moeite, tyd en rondry te bespaar. Daar is ook ’n afsonderlike maatskappy wat teen ’n uiters billike prys die mees basiese spilpuntbeheerfunksies bied. Een feit wat soos ’n paal bo water staan, is dat dit nie vir ’n boer wat een of twee spilpunte het, die moeite werd is om die jongste en spoggerigste nuwe tegnologie aan te skaf nie. Eerstens is dit baie duur en tweedens is dit heeltemal oorbodig. Dit is die megaboere of maatskappyplase wat daarby baat sal vind om al die spoggerige funksies van tientalle

Agrico www.proagri.co.za

spilpunte vanaf ’n slimfoon, tablet of skootrekenaar te beheer. Met ’n gebruikersvriendelike, grafiese uitleg van al sy spilpunte kan ’n boerderybestuurder met ’n oogopslag besluite neem en beheer toepas. Maar vir die kleiner boer wat nie lus is om gereeld die lang pad na sy spilpunt af te lê nie, is daar gelukkig ook ’n gerieflike oplossing of twee. Agrico Agrico noem hulle stelsel Advanced RAIN en bied twee keuses vir afstandbeheer op spilpuntpanele: Eerstens kan ’n boer met die selfoonteksboodskap-beheerfunksie die spilpunt laat loop of staan, die rigting verander, die neerslag van die spilpunt stel en droog laat loop vir werktuigbeweging tydens plant- of oestyd. Agrico het dit ook reggekry om die status van sekere funksies, soos die posisie van die spilpunt en waterdruk in die spilpunt, met ’n selfoonteksboodskap aan die boer te stuur. Belangrike kennisgewings kan ook op dieselfde manier aan die boer gestuur word. Tweedens kan ’n Agrico-spilpunt met die internet beheer word. ’n Boer kan met sy slimfoon, tablet of rekenaar vinnige toegang tot die basiese beheerkeuses van een of meer van sy spilpunte verkry en met ’n tablet of rekenaar word ‘n kaartvoorstelling van al die spilpunte vertoon. Ander keuses wat uitgeoefen kan word, is die skedulering van spuitprogramme en die grafiese voorstellings van statistieke. Agrico se nuutste toevoeging is pompbeheer via die internetbeheerstelsel. Nou kan die boer met behulp van ’n VSD (veranderlike spoeddrywer) die stelseldruk aanpas en die pomp aan- of afskakel, wat aansienlike elektrisiteitsbesparing beteken. Agrico gee tans twee jaar gratis toegang tot die internetbeheerstelsel saam met enige nuwe Advanced RAIN-toestel. Senter 360 Hierdie Suid-Afrikaanse maatskappy, wat bekendheid

Senter 360

verwerf het met die modulêre ontwerp van hulle spilpunte, pas dit ook in hulle afstandbeheer toe. Hulle gebruik radioof GSM- (Global System for Mobile Communications) -platforms om die bevel- en terugvoerseine tussen die operateur en spilpunt te stuur. Soos ’n boer meer spilpunte aanskaf, kan hy sy beheerkas maklik en goedkoop aanpas deur net die no-dige afstandbeheerkomponente by te voeg. Dit kan òf ’n radiosender (radio plug-in), òf ’n selfoonmodule en ’n toep vir sy slimfoon wees. Die toepassing op die slimfoon kommunikeer dan met die beheerpaneel en kan vir enkel- of meervoudige spilpunte gebruik word. Die boer kan kies tussen verskeie kommunikasie-opsies wat foutboodskappe, basiese verstellings, peuterwaarskuwings en omvangryke inligtinglewering insluit. Wat vir Senter 360 egter baie belangrik is, is dat die afstandbeheer altyd met ’n handbeheerstelsel gerugsteun word vir die enkele geval of twee waar ’n elektroniese gogga in die stelsel losgelaat word. Lindsay Die Amerikaanse maatskappy, Lindsay, wat Zimmatic-spilpunte vervaardig, het in April vanjaar die Fieldnet-stelsel bekendgestel. Wat die stelsel so besonders maak, is dat dit saam met enige ander spilpunt gebruik kan word. Die Fieldnet-beheerkas word bloot langs die bestaande beheerkas by die senterpunt gekoppel om afstandbeheer aan die spilpunt te verleen. Met Fieldnet kan ’n boer sy spilpunt ten volle van elders af met sy slimfoon of tablet beheer en moniteer. Dit werk ewe goed op ’n Apple- of Android-platProAgri 191 – Januarie / January 2016

3



Lindsay form. ’n Boer kan self die eenvoudige koppelvlak volgens sy smaak uitlê deur van die trek- en plaasfunksies met sy vingerpunte gebruik te maak. Die paneelbord gee dadelik ’n oorsig van jou hele stelsel en met ’n vingerdruk op die raakskerm kan ’n boer ’n funksie op sy spilpunt aktiveer. Die kontrolestelsel laat ’n boer toe om ’n termometer, vloeimeter en reënmeter wat die waterneerslag moniteer, intyds dop te hou. Verder kan ’n boer ’n spilpunt of pomp aan- of afskakel, van rigting laat verander en die watertoediening aanpas met die druk van ’n ikoon op die raakskerm. Om presies te sien hoe die spilpunt op die land beweeg, word daar ’n GPS op die punt van die spilpunt geplaas, wat dan saam met die beheerkas by die senterpunt werk om die spilpunt se posisie baie akkuraat weer te gee. Alle data wat versamel word, word natuurlik gebêre vir verslae wat later herwin kan word.

www.proagri.co.za

Valley AgSense is die versamelnaam vir Valley se afstandbeheertegnologieprodukte, wat ’n boer toegang gee tot WagNet (Wireless Agricultural Network), ’n wêreldwye netwerk wat spesiaal vir die landbou geskep is. Hierdie netwerk versamel data, verwerk dit en stuur dit in ’n bruikbare vorm terug aan die boer. Die bekendste beheerstelsel in die Agsense-kraal is Field Commander, wat ’n boer kan help om tot honderd spilpunte te beheer. Elke spilpunt se posisie word met ’n GPS bepaal en kan intydse inligting en alarms aan jou selfoon stuur. Die basisstasie met sy antenna word in plaaskantoor geïnstalleer en hy gesels dan met ’n antenna op elke spilpunt. Die rekenaar in die kantoor word dan aan die internet gekoppel, wat weer met Valley se spesiale toep op ’n slimfoon of tablet kommunikeer. Valley se jongste afstandkommunikasietegnologie se naam is BaseStation3, waarmee ’n boer vanaf enige plek in die wêreld volkome, spilpuntbeheer kan toepas. ’n Boer kan kies of hy ’n sellulêre sein, dataradio of die internet wil gebruik, wat verskillende koste-implikasies inhou. Met BaseStation3 kan ’n boer sy plaas deur Google Maps bekyk of die grond se vogvlakke lees. Daar kan Valley

Secucell ook meer as een persoon tegelyk met die stelsel werk en ’n boer kan nou sy besproeiingsdata met ’n derde party, soos sy landboukundige, besproeiingskeduleerder of saad- of kunsmisverteenwoordiger, deel. BaseStation 3 kan ook met ander plaasbestuursprogramme geïntegreer word om ’n beter geheelbeeld van die boerdery te verkry. Secucell Vir die boer wat op soek is na ’n baie goedkoop afstandbeheeroplossing het Secucell, ’n maatskappy in Vereeniging, net die antwoord. Met hulle eenvoudige beheerkassie wat die nodige elektronika en ’n veteraanselfoon bevat, kan ’n boer in sy bed sit en al sy spilpunte afsonderlik aan- of afskakel deur elkeen net ’n misoproep te gee.

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

5



Besproeiing

Dave Bell is hoogs tevrede met die spilpunte wat nou sorg dat hy 40 ton per ha suikerriet meer per seisoen kan oes.

Quintin van Onselen is Dave Bell se gelukkige plaasbestuurder wat nou met min moeite kan sorg dat die suikerriet deeglik benat word. Die beheerkas wat in die stewige blokhuis gebou is, is maklik om te verstaan en te gebruik.

deur Du Preez de Villiers

Senter 360 se wateraangedrewe spilpunt reik na die hemel:

Fnuik kabeldiewe en krimp jou kragrekening B oere gaan juig oor die rewolusionêre hemelbesem wateraangedrewe spilpunt waarmee Senter 360 vanjaar hulle mondigwording vier. Die wateraangedrewe spilpunt is al ‘n ruk op die mark, maar Senter 360 se vernuftige ingenieurs het kans gesien om die wette van swaartekrag te trotseer om vir boere met hoër gewasse ‘n pasmaakspuit te ontwerp. Al is Senter 360 nou jarig, is daar met hulle jeugdige vermoë om planne te maak en toepaslik te bly niks fout nie. Hierdie Suid-Afrikaanse maatskappy is met baie selfvertroue besig om markte noord van ons grense te betree, maar hulle kom steeds hulle verantwoordelikhede jeens ons plaaslike boere getrou na. As bewys van hulle verbintenis om Suid-Afrikaanse boere se eie behoeftes te vervul, het Senter 360 verlede jaar hulle eerste hoëprofiel-enkeltoring-wateraangedrewe spilpunt vir suikerriet bekendgestel, wat aan Dave Bell, wat in die Empangeni-gebied boer, verkoop is. Verby is die dae wat ’n boer peper-

duur en weerlose kragkabels tot by sy afgeleë suikerriet-spilpunte moet aanlê, want hierdie spuit gebruik die pomp se water en druk om homself aan te dryf terwyl hy seepglad oor die suikerriet glip. Verlede jaar het Dave vir sy pa, Sandy, ‘n Senter 360-spilpunt met sewe torings wat 52 ha suikerriet moet benat, gekoop. Sandy boer op ’n gelyk vlakte langs die Umhlatuzi-rivier, wat ’n besproeiingsparadys is, en die spilpunt loop soos ‘n droom. Dave se eie plaas is egter ’n ander storie en hy moes ’n konsultant se hulp inroep om vir hom ’n gepaste spilpunt vir sy heuwelagtige landerye voor te stel. Die konsultant het bevind dat ’n Senter 360 beslis sy man teen die steiltes van 12 tot 15% sal staan. Dave het dadelik vir sy 22 ha en 18 ha suikerrietlande op sy plaas naby Felixton elk ‘n Senter 360 gekoop. Hy het ook die hoëprofiel-enkeltoring wateraangedrewe spilpunt vir ’n suikerrietland van 4 ha gekoop. “Ek is baie verlig dat my spilpunte nou met gemak die vogverlies uit ons grond kan vervang. In uiterste droogtes kan ek tot 200 mm per maand verloor,” sê Dave. “Ek dien met elke omwenteling elke drieen-’n-halwe dag tussen 20 en 22 mm water op my suikerriet toe.” Met hierdie resep het Dave vanjaar 40 ton meer suikerSenter 360 se nuwe hoëprofiel wateraangedrewe spilriet per hektaar punte is gebou om Suid-Afrika se duur elektrisiteit en geoes! misdaad te systap terwyl dit hoog genoeg loop om selfs Soos enige die hoogste gewasse deeglik te besproei.

www.proagri.co.za

goeie boer, toets Dave sy spilpunte se prestasie met ’n reënmeter, maar dit is heeltemal oorbodig, want ’n Senter 360 dien presies soveel water toe as wat hy belowe. Dave het onlangs vir twee dae ’n suidelike stormwind van 120 km/h beleef, maar daar was geen probleme nie. Selfs die hoëprofiel-spilpunt se raam is stewig genoeg en hy het rotsvas sy man gestaan teen die steiltes en die wind. Die elektriese kabels aan die Senter 360-spilpunt is van aluminium, wat baie ongewilder as koper onder kabelstropers is. Om sy stelsel verder te beskerm het Dave, soos ’n ware Engelsman, letterlik ’n blokhuis met ’n sementdak by die senterpunt van elke spilpunt gebou om die kontrolepaneel teen diefstal te beveilig. Hy het ook die elektriese toevoerkabel baie diep begrawe. Aan die anderkant van die rivier waaruit Dave sy besproeiingswater kry, het hy 50 hektaar waarop hy steeds sleeppype gebruik. Vyf voltydse arbeiders is daarvoor nodig. Vir sy spilpunte het hy nou net ’n kort rukkie van sy bestuurder se tyd nodig om al die spilpunte te beheer. “Die kragbesparing wat my spilpunte meebring, beïndruk my ook baie. Vir die sleeppype moet ek deurlopend 3,5 bar druk handhaaf, terwyl die spilpunte slegs 2,5 bar benodig,” sê hy. ’n Senter 360 se bande kry nie maklik lekke nie en sit ook nie maklik vas nie, want dit is spesiale spilpuntbande. Dit sorg dat Dave kan besproei wanneer dit nodig is en nie knaend hoef te sukkel nie. Vir meer inligting, skakel Senter 360 by 018-469-1331 of stuur vir hulle ’n e-pos na info@senter360.co.za ProAgri 191 – Januarie / January 2016

7




Willem Scholtz, Brits: “My voergewasse word op kleinerige lande op verskillende plekke geplant en die beweegbaarheid van die Ocmis maak alles makliker. Ek haak hom agter die trekker en sleep hom tot waar hy nodig is.”

Christiaan Pistorius van Magaliesburg sê: Ek kan drie kruipspuite koop vir een spilpunt se prys en dan kan ek dit makliker op verskillende plekke aanwend. Daarby benodig my kanon 65 000 liter water per uur teenoor die spilpunt se 110 000 liter vir amper dieselfde werk.” Irrigation Unlimited versprei ook die plaaslike selfaangedrewe spuite van Rotrix. Jason Coleman-Miles van Klerksdorp sê sy twee Rainmakers het al die pyn uit besproeiing gehaal.

Kontak ons by: 012-736-2121/2103/2526 Tobie van den Heever 082-658-6054 tobie@iunlimited.co.za www.iunlimited.co.za


Die winsgewendheid van ‘n akwaponiese stelsel

Is ‘n akwaponikastelsel ‘n ekonomies winsgewende, uitvoerbare en lewensvatbare opsie vir ‘n bykomende bedryfstak in my boerdery?

D

ie winsgewendheid en uitvoerbaarheid van ‘n beoogde projek is nie noodwendig dieselfde nie: Die ekonomiese winsgewendheidsontleding dui aan of die beoogde belegging gemiddeld oor die langtermyn winsgewend gaan wees of nie. Daarteenoor dui finansiële uitvoerbaarheidsontledings daarop of die kontantvloei voldoende sal wees om kontantbestedings, sowel as verpligte kapitaaldelgings en rentebetalings op geleende fondse te kan nakom. Dit mag dus wees dat ‘n beoogde projek oor die langtermyn winsgewend lyk, maar dit kan oor die korttermyn soveel kontant absorbeer dat die projek faal. Die vlak van geleende kapitaal is dus vir sowel die kredietgewer as die kredietnemer van groot belang in die bepaling van finansiële uitvoerbaarheid. Besluitneming in die landbou word ongelukkig dikwels gegrond op onvolledige kennis oor die spesifieke uitkoms van daardie besluit. Twee soorte onvolledige kennis kan onder-

www.proagri.co.za

skei word, naamlik risiko en onsekerheid. Sekerheid kan beskryf word as ‘n toestand met ‘n bekende, verwagte uitkoms. Onsekerheid is ‘n toestand waarin die gemiddelde uitkoms bekend mag wees, maar die variasie in indiwiduele uitkoms is onbekend. In die geval van risiko is die gemiddelde uitkoms bekend, en indiwiduele uitkoms wissel volgens subjektief of objektief bepaalbare bekende afwykings. Die UVI Akwaponikastelsel: Die ekonomie van akwaponikastelsels is afhanklik van spesifieke terreintoestande en markte. Dit sal foutief wees om hier algemene aannames te maak omrede die ontwerp, konstruksiemateriaal se koste, die bedryfskoste en die markprys van plek tot plek verskil. So sal die konstruksie en bedryfskoste van ‘n opelugstelsel in ‘n tropiese omgewing byvoorbeeld heelwat laer wees as dié van ‘n temperatuurbeheerde glashuis in ‘n marginale klimaatsomgewing. Ongeag hierdie werklikheid, lyk die

Gewasproduksie

deur Henk Stander, US Akwakultuur Divisie, Departement Veekundige Wetenskappe

ekonomiese potensiaal van akwaponikastelsels baie belowend gegrond op studies wat die Universiteit van die Maagde-eilande gedoen het in die VSA Maagde-eilande (tussen die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan) en ook in Alberta, Kanada met hulle eie ontwerpte UVI-akwaponikastelsel. Hierdie UVI-stelsel het volgens die studies die produksiekapasiteit van 5 ton tilapia, en 1 400 houers blaarslaai of 5 ton basiliekruid jaarliks. Ondernemingsbegrotings is vir die tilapiaproduksie, gekombineer met òf die blaarslaai òf die basiliekruid opgetrek. Baie goeie pryse is egter daar behaal omrede hierdie eilande ‘n nismark is waar 95% van alle groente en 80% van die vis ingevoer word. Dit is uit die navorsing duidelik dat daar minstens ses van die UVI- stelsels opgerig behoort te word om ‘n ekonomie van skaal te bereik en om deurlopende produksie te kan lewer soos die mark vereis. Die opbrengs uit kruie is gewoonlik twintig keer groter as die opbrengs uit groente soos tamaties. Daar word op grond van die resultate van die navorsing wat by Alberta in Kanada gedoen is beweer dat ‘n enkele persoon ‘n lewensbestaan uit ‘n enkele UVI-stelsel kan maak. Die ekonomie verskil van land tot land en daarom sal die gelykbreekpunt ook telkens op ‘n ander produksievlak wees. Keuse van plantvariëteite en visspesies “Die mark is alles” mag dalk ‘n cliché wees, maar dit is ‘n feit. Ken jou mark en doen vooraf voldoende marknavorsing. Gaan gesels met jou po-

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

11



tensiële kliënte en vind uit wat hulle spesifieke behoeftes is. Vind uit wat die plantvariëteite is wat hulle benodig en watter hoeveelheid hulle wanneer in die jaar wil hê. Indien moontlik, stel bemarkingskontrakte op met jou kliënte. Dit is ook raadsaam om ‘n verskeidenheid produkte aan te bied in stede van net ‘n enkele produk. Navorsing bewys dat kruie ’n hoër prys behaal as groentegewasse. Kruie wat goed verkoop, is basiliekruid, dille, kruisement, pietersielie, slaai-eruca (rocket), sitroengras (lemon grass) en koljander (danya). Groente wat goed vaar in akwaponika en waarvoor daar ’n goeie mark bestaan, is komkommers en die verskillende variëteite blaarslaai. Wat vrugte aanbetref, is aarbeie en die verskillende bessiesoorte altyd ‘n goeie keuse. Uitendelik hang alles af van jou klimaat, ligging en die markbehoefte in jou onmiddellike omgewing. Wat die visspesie aanbetref, kan daar goeie pryse behaal word vir vars tilapia in ‘n nismark. Alternatiewelik kan met ornamentele visspesies gewerk word, soos goudvis of koi-karp. Dit is ook baie belangrik om te onthou dat die plante die primêre produk is en die vis net sekondêr is. Jy maak dus jou geld met die plante en die inkomste van die vis kan as ‘n bonus beskou word.

Bestuursverwante aspekte Behoorlike bestuur moet altyd risiko en onsekerheid in gedagte hou. ‘n Balans moet altyd bestaan tussen sekerheid en aanvaarding van risiko. Enige buitensporige optrede is ongewens. Die fokus is op die maksimering van geleenthede, nie die minimalisering van risiko’s nie. Die belangrikste is om te bepaal watter geleenthede en risiko’s by ‘n onderneming gepas is en watter nie. Hierin lê een van die groot uitdagings van bestuur en ondernemingskap. Hoe bestuur ek die risiko’s by ‘n akwaponikaprojek? Om in staat te wees om jou hoë aanvanklike kapitaalkoste en die bedryfskoste te verhaal, en ook nog ‘n wins te maak, is dit uiters belangrik dat die visproduksie en die hidroponikakomponente te alle tye op maksimum produksiekapasiteit funksioneer. Die maksimum biomassa van die vis in die stelsel, sonder om die groei te belemmer, staan bekend as die kritiese staande opbrengs. Om so na as moontlik aan hierdie vlak te werk, gebruik jy ruimte doeltreffend, maksimeer produksie en verminder die variasie in die daaglikse voerinsethoeveelheid by die stelsel. Hierdie is ‘n belangrike faktor om weer die grootte van die hidroponikakomponent te bereken. Om konstant plante te kan voorsien aan die mark,

Afvoerwater

Visproduksietenks

kan jou plantproduksie byvoorbeeld trapsgewys in fases gestruktureer word. Gevolgtrekking Akkurate syfers oor die bedryfskoste van ons eie akwaponikastelsel by die Universiteit op Stellenbosch in die plaaslike ekonomie behoort binnekort beskikbaar te wees. Met die rondspeel met syfers en die optrek van ‘n sakeplan wil dit voorkom of die gelykbreekpunt van ‘n soortgelyke akwaponikastelsel op ‘n kommersiële basis in die orde van 600 kg tilapia per maand kan wees. Hierdie skatting geld vir ‘n meer duursame infrastruktuurontwerp. Soos reeds genoem, is hier natuurlik baie veranderlikes wat in ag geneem behoort te word. Ek glo vas dat Akwaponikastelsels wel winsgewend kan wees as dit reg bestuur word en glo dit gaan in die toekoms al hoe meer gesien word.

Groeitenks

Belugtingstenk Basistenk

Opvangput Verhelderingstenk Filtrasietenk

Terugvloeiwater

Stelselontwerp: • 4 visproduksietenks, 7,8 m3 elk • 6 hidroponiese groeitenks, 11,3 m3 elk • 2 silindries-kegelvormige water• Totale plantuitgroeiarea, 214 m2 verhelderingstenks (sedimentasie sak af), • 1 opvangput, 0,6 m3 3,8 m3 elk • Bykomende basistenk, 0,2 m3 • 4 filtrasietenks, 0,7 m3 elk • Totale watervolume, 110 m3 • 1 belugtingstenk, 0,7 m3 • Voetspoor (grondoppervlak), 0,05 ha www.proagri.co.za

Vir meer inligting, kontak Henk Stander by e-pos: hbs@sun.ac.za. Hierdie artikel het oorspronklik in die Agri Kultuur-tydskrif verskyn. ProAgri 191 – Januarie / January 2016

13


Stroopsukses begin by die plukkerkop • Die afgelope 14 jaar Brasilië se markleier • Pas aan alle stropers • Robuust, eenvoudig, betroubaar, maklik om in stand te hou • Stroop vinnig en gladweg • Betroubare hoë kapasiteit • Van 4 tot 24 rye met ry-afstande: 45, 50, 55, 60, 65, 70, 75, 80, 85, 90, 150 en 180 cm • Verminderde gewasverlies • Betroubare rugsteundiens deur InƩrac

uda is bobaas! oc B do u T ce en V Inttrac se

Inttrac Trading 016-365-5799 of 082-566-1455 of Adam van Aswegen 078-457-0952 md@inttrac.co.za www.inttrac.co.za

14

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

www.proagri.co.za




ie Duitsers is uiters gesteld op hulle mense se veiligheid en die gehalte van hulle produkte. Boere se veiligheid en landboutoerusting is vir hulle net so belangrik en daarvoor is die DLG (Duitse Landbougenootskap) se toetssentrum 50 jaar gelede buite Frankfurt in die lewe geroep. Hierdie Duitse sentrum is die grootste toets- en sertifiseringsdiens in die landbousektor. Dit konsentreer sterk op die praktyk en neem die jongste behoeftes op plase deeglik in hulle toetsprosesse in ag. Du Preez de Villiers het tydens sy besoek aan Duitsland vir die AgriTechnika-skou gaan kyk wat maak hulle by die toetssentrum.

Elke moontlike funksie aan hierdie twee trekkers word gemeet en getoets om algehele gemoedsrus vir vervaardiger en boer te verseker.

AgriTechnica

Die DLG stel ’n hoë premie op ’n boer se veiligheid D

Heinz Roethemeyer, ’n toetsingenieur by DLGtoetssentrum, verduidelik hoe verskillende bewerkingsdieptes en -metodes met mekaar vergelyk word vir optimale resultate.

Bo: Heinz Roethemeyer beduie hoe hierdie aangepaste stroper en spesiaal-ontwerpte aanhangsel aan die regterkant aangewend word om materiaaldeurvloei en vermorsing by stropers te meet sodat stropervervaardigers die inligting kan gebruik om hulle produkte te verbeter en te bemark. Links: Hierdie trekker en werktuig word oor ’n knobbelrige oppervlakte, soos ’n donkie in ’n sirkel, laat ry totdat die eerste onderdeel ingee. Sodoende kan die trekker se swakste skakel uitgewys word om verbeter te word.

Links: Trekkerkajuite word deeglik getoets omdat dit so ’n belangrike rol in ’n boer se veiligheid speel. Hierdie pop word gebruik in trekkerimpaktoetse om te bepaal of ’n boer ’n trekkerongeluk sal oorleef. Links: ’n Spesiale toetsbank word aangewend om elke moontlike krag wat op ’n kragaftakkeras kan inwerk te meet. www.proagri.co.za

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

17



deur Du Preez de Villiers

G

eesdriftige en kundige spesialiste met ‘n grondige begrip van die boer se behoeftes werk onvermoeid by CLAAS om die boer immer nuttiger en lonender tegnologie te bied. Verlede maand het ons by CLAAS se hoofkantoor in Harsewinkel gaan kuier. Hierdie maand delf ons dieper in die opwindende wêreld van CLAAS-tegnologie en die erkenning wat hulle by AgriTechnica 2015 daarvoor gekry het. Verder vertel ons watter nuwe tegnologie in trekkers op Suid-Afrikaanse boere se plase te sien is. Silwer medaljes by AgriTechnica Van die 44 silwer medaljes wat aan gedugte deelnemers regoor die wêreld toegeken is, kon CLAAS 5 inpalm. Dit is ’n klinkklare bewys van hierdie werktuig- en trekkerreus se toegewydheid om landbou deurentyd vars, opwindend, toepaslik en lonend te hou. Die vyf nuutskeppings is in hulle stropers, kuilvoerkerwers, balers en programmatuur te sien:

Teen skuinstes werk die derde paar rotorklappe (bo) nou saam met die waaier wat van onder af blaas om al die materiaal deur die stelsel te kry. 2. ’n Tweede baanbrekersontwerp aan die LEXION 700-reeks is die outomatiese materiaalvloeimonitering. Die stelsel help die operateur om in veral moeilike en uitdagende omstandighede materiaalvloeiopeenhopingsprobleme en verkeerde instellings in ’n vroeë stadium raak te sien. Die stelsel moniteer en vergelyk ook deurentyd die omwentelingspoed van die enjin, die APS-dorsmeganisme en die twee rotors met mekaar. Indien ’n probleem ontstaan, word die kritieke komponente afgeskakel of stadiger gestel om ’n breuk en langer, duurder staantyd te voorkom.

Verby is die dae waar die operateur volle verantwoordelikheid moes aanvaar vir verstoppings en breuke aan die stroper. Die outomatiese materiaalvloei-moniteringstelsel hou die stroper se stelsels fyn dop en neem dadelik oor as daar enige ongerymdhede bespeur word. 1. Die LEXION 700-reeks se groter, hibriede modelle het ’n verbetering op hulle 3D-skoonmaakstelsel ondergaan deur ’n nuwe skoonmaakdimensie by te voeg. Stropers se siwwe stel hulleself deesdae teen hellings na die horisontale vlak reg, maar dit is nie voldoende om www.proagri.co.za

die groter masjiene skoon te hou nie. Nou het CLAAS ‘n plan om daardie lastige graan wat dreig om op die stroperpens versamel, betyds uit die binnegoed te verwyder en ook tapkar toe te stuur waar dit hoort. Onderaan die rotor het daar nou ’n

bykomende derde paar klappe bygekom wat onafhanklik en outomaties saam met die waaierspoed kan verstel na gelang van die sywaartse of voorwaartse helling waarteen die stroper moet werk, asook die lading op die skoonmaakstelsel op ‘n spesifieke oomblik. ProAgri 191 – Januarie / January 2016

19

AgriTechnica

CLAAS span nuwighede in om die boer te dien


’n bykomende kontrolehulpmiddel. Die stelsel lewer nou die optimale baaldruk deur die treksterkte van die baaltou te gebruik (wat voor die tyd deur die operateur by die terminaal ingesleutel word) asook die gemete spanning op die masjien se raam om te verhoed dat die stelsel oorlaai word. So word deurgaans eenvormige bale gelewer.

Die JAGUAR-kuilvoerstroper spog nou met MMC MAX-kneuser met rewolusionêre mieliepitkrakerrollers om kuilvoer van ’n uitstekende gehalte te lewer. 3. Aan die JAGUAR-kuilvoerstroper het CLAAS ook ’n tegnologiese deurbraak gemaak en daarmee ‘n onverbeterlike werktuig verbeter. Die MMC MAX-kneuserstelsel (conditioner) is ontwerp om mieliekuilvoer na die optimale gehalte te verwerk. Die JAGUAR kan mieliekuilvoer tussen 7 en 22 mm lank sny (wat die gewildste snylengtes is). Elke roller het ’n saagtandprofiel met 30 ringvormige segmente wat so geposisioneer is dat dit die kuilvoer buiten die skuuraksie ook deur middel van deursny- en skeurkragte kan verwerk. Nou kan die stamme en veral die pitte fyner gebreek word om meer verteerbare stysel te ontgin. Dit beteken dat ’n melkboer meer melk kan produseer terwyl die aanvul-

20

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

lings verminder kan word. Die MMC Max kan ook materiaal met ’n wyer verskeidenheid vogpersentasies versorg om steeds kuilvoer van die hoogste gehalte te lewer. 4. CLAAS se QUADRANT-balers spog nou ook met ’n outomatiese persbeheerstelsel. Danksy die APC (outomatiese drukbeheer) in die nuwe vierkantige balers - die QUADRANT 5 200 en 4 200 - word onbedrewe operateurs gehelp om steeds perfekte bale uit te stoot. Ten spyte van wisselende materiaalgehalte kan bale met ‘n eenvormige digtheid gepers word. In die vorige stelsels is die druk met die hand beheer, maar nou gebruik CLAAS saam met die masjien se operateurs se vermoë ook die baaltou se treksterkte as

5.Voorheen het ‘n boer uit gewoonte ’n bepaalde roete op sy lande gevolg wat meestal van geslag tot geslag oorgedra is, maar daardie dae is verby. CLAAS se veldroete-optimiseringstelsel dui nou vir die boer die beste en kortste roete aan en werk ook uit hoeveel tyd die boer sal bespaar. “Dit beteken dat gemiddeld 6% minder tyd in die lande deurgebring word,” sê Josef Maier van CLAAS se E-stelsels. Die programmatuur kan ’n land ook in subseksies verdeel indien dit sal help om tyd te bespaar. Nou kan die beste roete vir enige masjien bepaal word en die resultate kan op ’n gewone rekenaar of tablet vertoon en uitgedruk word. Skakel Kempston Agri by 043-703-3100 of stuur ’n e-pos aan Michael Howell by Michael.howell@kagri.co.za of Etienne van Wyk by Etienne.vanwyk@kagri.co.za om meer uit te vind oor CLAAS en hulle verstommende tegnologie.

www.proagri.co.za


AgriTechnica

Trotse verspreider van deur Du Preez de Villiers

D

ie trotse, betroubare Suid-Afrikaanse verspreider van die landbouwerktuie van Kverneland uit Noorweë en McHale uit Ierland, is Jupidex, wie se beleid dit is om net die beste produkte en diens aan die boer te bied.

Kverneland en McHale se spogwerktuie

Die iXtrack C maak spuit maklik en doeltreffend Kverneland se se iXtrack C-sleepspuit is gebou vir operateursgerief met die groot verskeidenheid funksies wat uit die kajuit beheer kan word. Die spuit bied tenkvolumes van 3 000, 4 000 en 5 000 liter en balklengtes van 18 tot 45 meter. Die spuite is kompak ontwerp met ’n lae swaartepunt vir ‘n hoër werkspoed en padvervoer. Jy kan ook ’n ISOBUS in jou iXtrack C bestel vir allerhande intelligente toepassings soos GEOControl, IsoMatch, Tellus Terminal, iXflow-hersirkulasiestelsel en iXlean Comfort om op die voorpunt van nuttige, moderne landboutegnologie te bly.

Geospread: Suid-Afrikaanse boere besef dat elke korrel kunsmis in gewasproduksie omgeskakel moet word om winsgewend te kan boer. Kunsmis is immers een van die boer se duurste plantinsette, daarom is presisiestrooiwerk noodsaaklik. Kverneland se Vicon GEOspread het in 2011 ‘n silwer medalje by AgriTechnica gewen. Hierdie strooier is Isobus-gereed en het ook ‘n vragsel om voortdurend die kunsmis in die bak se gewig te bepaal en die toedieningstempo daarvolgens aan te pas. Die strooier bied vinnige en akkurate seksiebeheer, sonder oorvleueling, en het 24 seksies van 2 meter wyd wat onafhanklik afgeskakel kan word. ’n Boer kan selfs in die duisternis van die nag sy kunsmis honderd persent akkuraat toedien met die GEOspread.

McHale se Orbital stel nuwe standaarde vir baaltoedraaiertegnologie Jupidex se McHale-balers is baie gewild by boere in Suid-Afrika. McHale het nou ’n rewolusionêre baaltoedraaier by AgriTechnica bekendgestel.

Dinamiese smering: McHale se F5500- en F5600-balerreeks het ’n voortdurende ghries-stelsel wat ’n afgemete hoeveelheid ghries onder druk in die laers pers. Hierdie stelsel sorg dat die 18 laers aan die baalkamer se aandryfkant, die 18 laers aan die nie-aandryfkant, die rotorlaers en die baalopteldryfratte deurgaans behoorlik gesmeer is vir gladde werkverrigting en ’n lang lewe. Die inlas is ‘n voorstelling van die ghriesstelsel waar dit met die hand in die ingewikkelde stelsel gepomp word om te sien hoe dit werk.

www.proagri.co.za

Orbital: McHale het ’n hoëspoed optelen oordragstelsel vir die nuwe Orbital baaltoedraaier gepatenteer. Soos die optelarm die baal van die grond af optel, beweeg die toedraairoller naaste aan die trekker uit die pad uit, wat die vertikale beweging van die baal aansienlik verminder. Dit beteken dat die baal in een vinnige en sierlike beweging van die grond na die toedraaier se hok beweeg. Met hulle gepatenteerde wiproller (tip roller) kan die Orbital bale van 1,1 m tot 1,45 m met gemak toedraai. Die wiproller verander sy hoogte in verhouding tot die baalgrootte om te verseker dat die toedraairing deurentyd die plastiek oor die middelpunt van die baal trek, sonder om hom oor die baalgrootte te bekommer. Terwyl een baal toegedraai word en die trekker vorentoe beweeg, kan die Orbital ’n tweede baal in die optelarm gereed hou.

Vir meer inligting, kontak vir Terry Alexander by 082-383-6700 of 033-386-3574 of terry.alexander@jupidex.co.za. Kyk ook gerus op hulle webwerf, www.jupidex.co.za vir meer inligting. ProAgri 191 – Januarie / January 2016

21



L

EMKEN het in ‘n baie kort tydjie ‘n huishoudelike naam geword in Suid-Afrikaanse landbou. Die afgelope jaar het ProAgri op verskeie plase gaan kuier waar LEMKEN ‘n tuiste gevind het. Hier is ‘n paar van die redes waarom boere blou gekies het:

gee om by die water uit te kom, terwyl die voedingstofryke humus in die bolaag bly.

Omgewingsvriendelike tydbesparing (Rubin-skottelkombinasiewerktuig en Karat) “Ek doen enigiets om oesopbrengste te Grondvogbewaring en suurstof vir verhoog en ons hier met die besproeiplante ing het so half by ‘n plafon gekom,” (Karat-tandkombinasiewerktuig) gesels Klasie Jacobs van Douglas. “Ons almal lewe uit die grond en eindig Hy het, soos vele ander boere in die in die grond – grond is ‘n lewende orland, die gevolgtrekking bereik dat die ganisme.” Aan die woord is Mike oplossing vir oesverbetering nie meer Dobrowksy, aartappelboer van Elliotnet in chemie gevind kan word nie. Die Ugie se wêreld in die Oos-Kaap. grondstruktuur moet verbeter word Mike glo daaraan as jy iets uit die deur die vermeerdering van organiese grond haal, moet jy iets terugsit. Dit is materiaal in die grond. waarom hulle stelsel voorsiening maak Maar dit is makliker gesê as vir die aanplant van groenbemesting gedaan, veral met die reste van ‘n tussen oeste, sowel as die benutting mielie-oes van so 14 ton per hektaar van oesreste om humus in die boonste en ‘n vensterperiode van omtrent twee grondlagie te vorm. weke om dit in te werk voordat die Die oesreste word egter ook bewei koring of ander kleingraan, soos gars, en daar vind redelike vastrapping van geplant moet word. die grond plaas. “Daar is nie tyd om te wag vir die Mike sê: “Mense praat altyd net oor kaf om bros te word nie en ‘n gewone water en voedingstowwe, maar skotteleg hardloop net bo-oor alles,” sê suurstof in die grond is net so belangKlasie. rik soos water.” Proefnemings op die plaas het geMet die Karat se tandrolaksie word toon dat die Rubin 12 tot 80% van die die grond diep genoeg deurlug om aan reste kan wegsny sodat die Karat ‘n die wortels ‘n behoorlike groeikans te paar dae later kan deurgaan om alles te deurlug, te vermeng en ‘n behoorlike fermgetrapte saadbed, gereed vir plant, voor te berei. Met die koringreste word net die Karat ingespan, want anders as met die mielies, is daar nie eers twee weke tyd tussen stroop Foto's: Claudia Hanekom: EverClear Photography en plant nie. www.proagri.co.za

Meganisasie

Dít is waarom boere LEMKEN gebruik

Uitstekende plantestand met diesel- en arbeidsbesparing (Rubin en Solitair-planter) In die Groblersdal-omgewing vertel George Barnard: “Ek het oorspronklik gesoek na ’n planter en ’n grondbewerkingseenheid wat saamwerk om diesel- en arbeidskoste te verminder deurdat ek minder kere oor die land hoef te gaan. Toe ek met die Solitair begin plant, vind ek toe boonop dat my plantwydte smaller word en die koringsaad nie so dig teen mekaar in die ry geplaas word nie. Dit maak ’n skaakbord-effek, sodat die are mekaar nie verdring nie. Ek vind nou dat my are lekker stoel omdat hulle genoeg ruimte het om te groei en die mededinging minder is.” Jy kan dit nie vergelyk met ‘n ander planter nie, want dit doen mos alles in een,” sê Werner Basson van Fochville. LEMKEN se 5-meter Rubin-skotteleg en saadbedvoorbereider abba die Solitairplanter en in een vinnige verbyswiep word die grond bewerk en beplant. Werner plant tef vir vee- en perdevoer en voorsien ook saad aan K2Agri. Hy kan nie uitgepraat raak oor die ontkieming en plantestand nie en sê hy gaan volgende keer beslis meer as sy gewone 20 kg per hektaar saai, want “alles kom op”. ’n Grasplant wat dapper en regop staan en wag vir die snyer word skoner afgesny en kan gouer en sterker hergroei. Dit beteken meer volume materiaal en dit beteken meer ‘tjienk’ in die sak! “As ons geplant het soos ons in die verlede geplant het, het alles nou platgelê,” sê Willie de Klerk van Koedoeskop. Die dag voor ProAgri die besproeiingsplaas besoek het om aan die einde van die koringseisoen te kyk hoe LEMKEN se Solitair-planter gevaar het, het daar ‘n hael- en windstorm deur die plaas getrek, maar Willie se koring het bly staan. Johan, Willie se seun, skryf dit toe aan die planter se presiese spasiëring van die saad, wat optimale groei teweeg bring. Die are groei sterk omdat hulle mekaar nie verdring nie. “’n Halwe kilogram wat jy te veel op een hektaar plant kan die verskil maak tussen koring wat regop staan en koring wat gaan lê,” vertel hy. Dit is veral die akkuraatheid van die Solitair teen hoë spoed wat hom beïndruk het. “Teen 10 kmu lyk dit of ek met ‘n vingerplanter geplant het,” spog hy. Duitse presisie en gehalte Oor een ding is almal dit eens; in Klasie Jacobs se woorde: “Die LEMKEN-goed is goedgemaakte goed.” LEMKEN kan jou ook help om jou boerderydoelwitte te bereik. Kontak Blackie Swart by 082-4049651 of b.swart@lemken.com; of Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com. ProAgri 191 – Januarie / January 2016

23


MacDon FD75 FlexDraper: Die toppunt in bandtafel-(draper)-prestasie • Herwin jou hele oes met grondvolgende, knapsnyende, gladvoerende, duursame, betroubare, boervriendelike stropertafeltegnologie • Ware grondvolging met ‘n drieseksie buigsame tafel en gesplete tol • Volg die grond getrou met minimale gronddruk • Sluit maklik en gou in starre posisie • Hanteer nat materiaal en peule op die punt van oopbars • 4 tolnokverstellings om alle strooptoestande te hanteer • Verstel die tol vorentoe en agtertoe en die tafel se skuinstehoek hidroulies terwyl jy stroop • C-vorm snystaaf vir gladder materiaalvloei en regstreekse oorplasing na die vervoerband • Bewese duursaamheid van die MacDon Wobble Box hidrouliese lemaandrywing met verstelbare spoed om by gewastoestande te pas • Tol aan snystaaf gemonteer om ‘n vaste ruimte tussen die tolvingers en snystaaf te verseker • Gladde, volgehoue koppe-eerste voer van gewasse • Beskikbaar in 9,1 m; 10,6 m; 12,2 m; en 13,7 m

Skakel Jurie Swart by 083-375-8840, 021-907-8000 of jurie@vitamech.co.za of Louis van der Merwe by 072-626-8409 http://www.macdon.com/products/fd75-flexdraper-headers-for-combine


2016?

D

it is ’n nuwe jaar en almal wat belange in landbou het hou asem op om te sien of plaasaanvalle, soos oor die afgelope drie jaar, steeds gaan toeneem. Uit die onlangse vertoë deur TLU SA by die VN se konferensie vir minderheidsregte, het dit duidelik geword dat daar geen politieke wil vanaf die regering is om iets aan plaasaanvalle te doen nie. Die eerste en laaste linie van verdediging lê dus by die boer self en daar sal aanhoudend nuut gedink en aangepas moet word om hierdie nasionale krisis die hoof te bied. Generaal-majoor Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder: Beleidsake van TLU SA, het ’n paar planne vir boere om self skouer aan die wiel te sit om in die jaar wat voorlê, huis en haard en die lewe van alle afhanklikes op die plaas te beskerm. Deesdae is dit baie moeilik vir ’n boer om as reservis by die polisie aan te sluit en daarom is die enigste ander keuse om by die veiligheidstrukture soos plaaswagte in sy omgewing in te skakel. Daarmee saam is ’n doeltreffende kommunikasiestelsel onder boere van uiterste belang. Elke boer moet ook besef dat daar goeie geld bestee moet word om in hom en sy gesin se veiligheid te belê.

www.proagri.co.za

Hulpbronbestuur

TLU SA: Wat is jou veiligheidsplanne vir

Statistiek dui aan dat 1 747 plaasmoorde en 3 542 plaasaanvalle tussen 1990 en middel 2015 plaasgevind het. Uit die vermoorde slagoffers was 1 133 plaasboere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 besoekers. In 2015 alleen was daar teen einde Junie reeds 27 moorde en 116 aanvalle. ’n Tweede, elektroniese linie van verdediging is baie belangrik. Strale met alarms moet rondom die plaashuis opgestel word en ’n derde linie soos ’n staalhek binne die huis moet die slaapkamers afskerm. ’n Toegeruste veiligheid- of noodkamer waarin die gesin hulleself kan isoleer kan ook die verskil tussen lewe en dood beteken. Dokumentasie rakende nuwe werkers en werkers uit die buiteland is baie belangrik. ’n Boer moet ’n register van elke werker opstel met gegewens soos ‘n afskrif van sy of haar ID-dokument, werkspermitnommer, woonadres, familiebesonderhede en die inligting oor die vorige werkgewer.

Die hele gesin moet goeie, geakkrediteerde selfverdedigingsklasse en vuurwapenhanteringsklasse wat kennis oor selfverdedigingwetgewing insluit, bywoon. Daarmee saam moet ’n gebeurlikheidsplan opgestel word en deur al die weerloses op die plaas ingeoefen word om in daardie krisisoomblik te weet hoe om op te tree sonder om te dink. Vir enige verdere inligting oor TLU SA se bedrywighede en hoe hulle die kommersiële boere se belange beskerm, skakel 012804-8031.

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

25




28

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

29


Veilings

NORMANDY Est. 1957

5de Produksieveiling

STUD

10th Production sale Grassdale, Graaff-Reinet at

Tuesday, 23rd February 2016

17 Februarie 2016 Noordhoek, Leeu Gamka, Weskaap om 11uur

Niel Rossouw 082-789-5826

• Outstanding carcass & structure • Efficient, adaptable and fertile • Reared on mountain grassveld • Superior wool

De La Harpe Jean 084-676-3111 | 040-555-1006 grassdale@blueskysa.com

Lionel 040-555-0034 | 084-487-7979 pspcc@global.co.za Web: www.dohnemerino.org/normandy

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148

E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

AgriGids

AGRILAG

deur Dom Boer

Tragiese feit Ek hoor die slim ouens beweer as jy al die motorkarre in SuidAfrika agter mekaar stamper teen stamper parkeer sal dit een lang ry van die Kaap af tot by Beitbrug vorm... en dan sal ‘n taxibussie probeer om dit verby te steek. Die reine waarheid

Swembadverhitting

Swem in warmwater die somer Bou jou eie verhittingstelsel met die u-connector

Johan: 082-825-7573 of u-connector@live.com 30

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

Sensusopnemer aan oujongnooi: “En hoe oud is u?” Oujongnooi: “Het die Berg-susters hier langsaan gesê hoe oud hulle is?” Sensusopnemer: “Nee.” Oujongnooi: “Wel, ek is net so oud soos hulle.” Sensusopnemer: “Goed. Dan skryf ek maar hier: So oud soos die Berge.” Iets om na uit te sien Ek wil by die Noordpool gaan bly waar die nagte glo honderdeen-en-veertig dae lank is. Dink net hoe lekker sal dit wees om dan vir ‘n skuldeieser te kan sê: “Bel my weer môre.” Naar maar waar LiegBeeld se redakteur: “Wat is die beste ding wat jy nog in my koerant gesien het?” Eerlike leser: “Vis en skyfies.”

www.proagri.co.za


AgriGids

Met regte Bonnox kan ons almal rustig slaap. Die goeies bly binne en die sslegtes legtes bly buite!

Bonnox se gewilde Porta-Pen is terug. Vir meer inligting kontak: 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za

The Sun Pays.co.za

www.

Low Cost Solar Geysers Low Pressure 100L from

R2 895

High Pressure up to 300L

@ R15 405 082-515-1655 | 012-734-0915 | sunpays@hotmail.com

Pure Sine Wave Inverter / Charger • 4 kW from R10 495 • Stackable to 24 kW • Stackable to 3 phase (12 kW) • Data logging

Solar panels from R10.90 per watt

www.proagri.co.za

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

31


AgriGids

Hoëgehalte 304-vlekvryestaal tenks met 55 mm poli-uretaanisolasie, vakuumbuise bestand teen 40 mm hael, standaard element en termostaat (nie ingesluit) waar benodig. Maklike installasie – volledige aanwysings saam met eenheid. Laedrukeenhede vanaf 110 tot 330 liter vir gebruik op plase met tenktoevoer. Hoëdrukeenhede vanaf 140 tot 330 liter vir gebruik met munisipale waterdruk.

Hoëvolume-ventilasiewaaiers Ø500 tot Ø1400 mm.

Tel: +27 12-345-1109 Faks: +27 12 345 1567 epos: info@ventura.co.za 32

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

Victoria Link 20 Route21 Corporate Park Pretoria www.proagri.co.za


AgriGids

Agri Stahl Standard Dropside Trailers: 4 ton

R29 500

6 ton

R35 500

excl vat excl vat

Tipper Trailers 4 ton R35 500 excl vat 6 ton R43 500 excl vat

Fire Fighter, 1 000 LITER From R32 excl Vat

500

Custom made trailers manufactured on request. Cilliers Strydom 083-657-8269 63 Topaas street, Klerksoord, Pretoria

018-673-0224 / email: info@nictrailers.co.za web: www.nictrailers.co.za www.nictr t ailers.co.za

CUSTOMED BUILT FOR YOUR NEEDS

RAU-IMMOBILISEERDER Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.raueasy.com Die RAU Rektale Immobiliseerder vir diere is na baie navorsing ontwerp en word van hoëgraadse elektroniese toerusting vervaardig. Die RAU immobiliseerder word gebruik vir vinnige en effektiewe immobilisering van beeste tydens prosedures soos brand, onthoring, kastreer, inspuiting in die ooglid vir ontsteking, hoewe sny en behandeling van vrotpootjie. Sonder die gesukkel van klampies aan die lip. Geen nekklamp word benodig met die gebruik van ons rektale immobiliseerder nie. Die RAU immobiliseerder kan ook gebruik word op perde, bokke, skape en wild.

Navorsing het bewys dat die RAU immobiliseerder stresloos is en dus ook veilig is op dragtige diere.

THE KING OF AFRICA

*1 jaar waarborg * herlaaibare 12-volt battery ingesluit * Gapatenteer Pat. 99/3554

NIC Trailers offer our TOP SELLER of our Cattle Trailersseries. The Trailer tows light, handles easy and is very safe. * 3 m x 1,6 m x 1,8 m

* Monochrome structure

* 245 x 70R 16’’ wheels with a spare wheel

* LED-lights

* Steel Rims 6 x 140 PCD

* Marklights on rear

* Flexible chassis

* Tubes painted (dipped) inside

* 4,2 - 5,5 T Independant rubber suspension

* Option: 48 mm Jockey wheel / or 1 ton

* Seperation between bulls / dividing gate

parking jack

* Dividing gate detachable fit on outside

* 3 x Gatelocks: Locking mechanism for all gates

* Safety pipes

* Plugsaver

* Ramp

* Floorgrit

* Sliding back gate integrated in swing gate

* Optional: Front gate

Vir immobiliseerder of enige ander brandtoerusting, skakel

RAU Easy Farming

Sel: 082-550-6883 / 082-959-5759 raueasy@gmail.com Posbus 90, Reitz 9810

www.proagri.co.za

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

33


AgriGids 34

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

35


AgriGids

Randvaal Trekkers & Implemente is hier om jou te help!! Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting :

Ons is geleë in Gauteng, 117 Kapokblom Straat, Valley Settlements, Meyerton. (Langs R59 snelweg)

www.randvaaltrekkers.co.za Onderdele en parte: Ons spesialiseer meer as 15 jaar in Massey Fergusonherbouings, parte en landbouverkope. Ons diens ou model Massey Fergusons, doen herstelwerk op implemente en lewer landbou kontrakdienste. Van verf tot bande kan ons jou help! Kontak ons vir nuwe & 2de handse onderdele op MF, Ford en Fiat trekkers.

Koop en verkoop: Ons koop Enige Massey Ferguson trekkers in Enige toestand vir onderdele “strip” en herbouings. ‘Dead or Alive’. Asook ou plaasimplemente.

Staal speelgoed: Kwaliteit staal-speelgoed. Unieke geskenk vir oud en jonk! Speelgoed wat ‘n leeftyd sal hou! Bestel joune vandag nog. Alle speelgoed word bedek met poeierverf wat loodvry, duursaam en nie skadelik is om mee te speel. Kwaliteit op sy beste. Verskeie items beskikbaar.

metaltoys@randvaaltrekkers.co.za Caramia 083-626-0275

Kontak ons vandag nog: Philip: 082-871-2458 / Johan: 082-922-1711 Kantoor: 016-365-6369 Epos: randvaaltrekkers@gmail.com Find us on Facebook : Randvaal Trekkers & Implemente / Farm Metal Toys)

36

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

37


AgriGids 38

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 191 – Januarie / January 2016

39


GRAS VIR AFRIKA

Brachiaria Matsuda het Marandu veredel onder Brachiaria MG-4 om meer droogtebestande eienskappe as Marandu te bied. MG-5 Victoria is ook ’n veredelde Marandu wat ‘n beter opbrengs, droogtebestandheid en goeie hergroei ná beweiding bied. Victoria kan in vleiagtige grond met swak dreineringseienskappe gevestig word. Geskik vir droë lande met ‘n opbrengs van 10 tot 14 ton DM/ha/jaar.

Pennisetum (banagras) Carajas is ’n verbeterde banagras wat met saad gevestig kan word.

Peulplante

• Geselekteer vir hoër droëmateriaalopbrengs, vinniger hergroei, hoër proteïene en beter verteerbaarheid. • Hierdie olifantsgraskruising is uiters bestand teen koue en matig tot hoog droogtebestand. • Baie smaaklik en uiters geskik vir beweiding asook kuilvoer. • Kuilvoeropbrengs van meer as 200 ton materiaal (40 tot 50 ton droog) per hektaar per jaar is moontlik onder ideale toestande. Java is ’n meerjarige peulplant wat heeljaar baie saad produseer en voeg 150 kg stikstof per ha per jaar terug in die grond. Die peulplant kan in arm grond gevestig word en het ’n hoë droogteweerstand. Dit is smaaklik en het ’n proteïenwaarde van 18 tot 23% en lewer goeie hergroei ná beweiding.

Panicum Maximum (witbuffel)

Geskik vir besproeiing met ‘n opbrengs van 18 tot 30 ton DM/ ha/jaar.

Panicum Maximum-kruis Geskik vir wild en koue toestande. Opbrengs 15 tot 20 ton DM/ha/jaar. Aries is ’n hibried van P. maximum Aruana en P. maximum Centauro. Aries is koue- en droogtebestand en toon goeie hergroei ná beweiding. Dit is ’n uiters smaaklike gras geskik vir beeste, perde, skape en wild.

Vir meer inligting Skakel Lodewyk Koch @ 084-800-8835 of e-pos • Lodewyk@rankingroup.co.za • Kantoor 012-807-6240 www.brasuda.co.za


Legend soil breaker

Legend Header trailer

Ombu Chaser Bins

Anderson-baaltoedraaier

Legend side Tipper

Ombu sonneblomtafel Turbo-Max

J&M Grain carts

Leonard Kennedy • 082-388-1 082-388-1966 • Kaap Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360

12-16-Row planter

www.agriafrika.co.za

7000 Disc Harrow

Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.