Proagri 167 Januarie 2014

Page 15

om dit net te aanvaar, is verby. Ons volg nou ’n samewerkingsbenadering om oplossings te vind vir ons klante in ’n bepaalde streek.” Presiese plantwerk is die eerste prys Boere het gehoor gegee en die demonstrasie omtrent neus-op-die-grond gevolg. Die netjiese, reguit rytjies is oopgekrap om seker te maak dat die kunsmis en saad geplaas is presies waar dit hoort. En hulle was hoogs tevrede. Lafras sê dit is duidelik dat boere die konsep goed ontvang het en dat dit geskik is vir plaaslike omstandighede. “Ons sal gereed wees om al in Januarie bestellings te ontvang.” Rod Haarberg, adjunk-president van Orthman, het verduidelik dat Orthman se presisiebewerking op drie beginsels rus. Die eerste beginsel is die plasing van kunsmis op presies die regte diepte. Dit word moontlik gemaak deur die parallelskakels wat om die balk pas om dit stabiel en gelyk hou, selfs in ongelyke toestande. Die ideale diepte word deur die soort grond en saad bepaal. Die tweede beginsel is om die perfekte omgewing vir goeie wortelontwikkeling te skep. Die grondlaag word verbrokkel deur ’n vertikale bewerking met geriffelde snykouters. Derdens moet die saadbed so voorberei word dat die planter glad en gelyk kan beweeg en daar geen lugholtes is nie, sodat die saad goeie grondkontak maak. HF is beïndruk met die resultate. Hy gebruik nou al vir ’n wyle ’n Orthman 1tRIPr, maar die planter moes dan volg in ’n aparte aksie. Hy sê net die besparing in diesel en tyd, maak die kombinasie al klaar die moeite werd en daar is nog ’n bonus van minder trekkerbeweging en dus kompaktering in die land. Hy sê: “Dit is ideaal vir ons soort grond en ons besproeiingsboerdery, maar ek dink dit gaan net so doeltreffend en nuttig wees in droëlandtoestande.” P

Rod Haarberg van Orthman en Lafras Cronjé van John Deere het die wenkombinasie aan boere voorgestel. Let op die parallelskakel-konstruksie (regs op die foto) wat die 1tRIPr in staat stel om die perfekte diepteplasing vir kunsmis te handhaaf. Jaco en HF Cilliers van Douglas stem saam dat die XDR Combo brandstof, tyd en arbeid sal bespaar terwyl dit die probleem van oesreste oplos.

As deel van sy groter betrokkenheid in Suid-Afrika, het Orthman onlangs ’n aanleg in Johannesburg geopen wat beter en vinniger diens landwyd sal beteken.

Vir meer inligting oor hierdie en ander John Deere-oplossings, kontak Lafras Cronjé by 082-807-9720 of CronjeLafras@JohnDeere.com, of Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarelJ@JohnDeere.com. Lees meer oor die waarde van strookbewerking by www.orthmanag.com/strip-till.. Boere by die John Deere & Orthman-demonstrasie maak seker dat elke pit presies reg geplant is. www.proagri.co.za

ProAgri 167 – Januarie / January 2014

13


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.