ProAgri
tegnologie vir die boer technology for the farmer
Die ProAgri-lesersopname 2017 Word deel van die erkende geloofwaardige opname onder kommersiële boere. Ons bied drie opsies: 1. 2. 3.
1.
Koop vrae in die opname Skenk ‘n prys en geniet erkenning as borg Hoofborg
Koop vrae in die ProAgri-lesersopname
Die meeste maatskappye besef dat hulle soveel as moontlik inligting oor hulle kliënte moet bekom vir behoorlike kliëntediens, maar vind die proses van dataversameling ’n duur en skrikwekkende vooruitsig. ProAgri bied aan u die geleentheid om vrae in ons lesersopname te plaas. Die vraelys verskyn in die tydskrif en is ook elektronies beskikbaar. Die skakel na die elektroniese weergawe sal wyd versprei word deur ProAgri se kommunikasie op die sosiale media, ons elektroniese nuusbrief wat uitgaan na byna 5 000 lesers en deur ‘n QR-kode in die tydskrif. 40 000 eksemplare van die tydskrif word gedruk en na aktiewe, kommersiële boere in al 9 provinsies van Suid-Afrika versprei. Kontak ons voor 15 Desember 2016 om ’n paar strategiese vrae in die Lesersopname te plaas. Ons professionele navor-singsontleder sal u vrae hersien en indien nodig voorstelle maak om te verseker dat u die korrekte insig daaruit verkry. U data sal vertroulik hanteer word en u intellektuele eiendom bly. Wat sal u ontvang? U sal ’n diepgaande PowerPoint verslag ontvang wat die resultate van u vrae, sowel as die resultate van die demografiese inligting wat deur ProAgri versamel is, uitlig.
Byvoorbeeld: Watter nuwe ontwikkelinge is vir u as boer belangrik?
Pakket 1(3 pakkette beskikbaar)
R6 000
• 1 x geslote-einde Ja/Nee vraag bv. Besit u tans ’n trekker? • 1 x geslote-einde multi-opsie vraag bv. Watter tipe trekker verkies u (a) John Deere (b) Massey Ferguson (c) New Holland (d) Claas, (e) Ander? • 1 x oop-einde vraag bv. Waarom verkies u hierdie handelsnaam in trekkers? • ’n Volledige voorlegging van u resultate, asook ’n voorstelling van die resultate volgens verskillende demografiese groepe.
Pakket 2 (2 pakkette beskikbaar)
Demografiese veranderlikes sluit in: • Geslag • Ouderdom • Huistaal • Provinsie • Rol in landbou • Tipe boerdery • Omset van boerdery-bedrywighede • Internet-verbinding in gebruik • Taksering van boere se belang in nuwe ontwikkelinge Verder sal u ook ’n Excel-lêer met die rou resultate, wat u sal toelaat om u eie resultate met enige van die demografiese veranderlikes te kruistabuleer, ontvang.
R15 000
• 1 x geslote-einde Ja/Nee vrae bv. Besit u tans ’n trekker? • 3 x geslote-einde multi-opsie vrae bv. Watter tipe trekker verkies u (a) John Deere (b) Massey Ferguson (c) New Holland (d) Claas, (e) Ander? • 3 x oop-einde vrae bv. Waarom verkies u hierdie handelsnaam in trekkers? • ’n Volledige voorlegging van u resultate, asook ’n voorstelling van die resultate volgens verskillende demografiese groepe.
Pakket 3 (1 pakket beskikbaar)
R30 000
• 2 x geslote-einde Ja/Nee vrae bv. Besit u tans ’n trekker? • 5 x geslote-einde multi-opsie vrae bv. Watter tipe trekker besit u (a) John Deere (b) Massey Ferguson (c) New Holland (d) Claas, (e) Ander? • 5 x oop-einde vrae bv. Waarom verkies u hierdie handelsnaam in trekkers? • ’n Volledige voorlegging van u resultate, asook ’n voorstelling van die resultate volgens verskillende demografiese groepe.