1 minute read

Redakteursbrief

Next Article
Tersia groet

Tersia groet

Van die REDAKTEUR

Advertisement

Deur Me. Yolandé Kotzé

12 jaar gelede….

• My 1ste Graad 1 klas by

Leeuwenhof Akademie 2011 • My 1ste Uitgawe van Bruljant 2011

Daardie 1ste dag in Graad 1 van 2011, klein, skaam Graad 1’s is nou volwaardige Matrikulante, klaar met die GROOT skool.

Waar julle ook al in die 12 jaar presteer het, het julle Graad 1 juffrouens, Ek, Juffrou Amanda Uys en Juffrou Esmarie Pretorius julle dopgehou en trots gevoel oor dit wat julle bereik het. Ek sê elke jaar vir my Graad 1s, “Onthou ’n stukkie van my gaan saam met julle en ek bly deel van julle lewens.”

Julle het groot geword en is verseker sterker ander kant uit na die afgelope paar jaar se pandemie waarin die wêreld hom bevind het.

Waar julle ookal nou is ... weet net toe ek deur my foto’s blaai en daardie klein gesiggies weer sien was my oë vol trane, trane van blydskap en die wete dat dit ’n groot voorreg was om julle Graad 1 juffrou te kon wees. Ek het nou my 1ste siklus by Leeuwenhof voltooi met trots!

Graad 12’s van 2022 hierdie is julle geleentheid om julle drome te bewaarheid. Carpe diem... Pluk die dag. Maak van elke dag en situasie die heel beste, julle het dit in julle! Hou vas aan die goeie, bly glo in jouself!

Pas julself mooi op en geniet elke liewe oomblik van julle nuwe hoofstuk wat julle nou gaan begin skryf!

This article is from: