
1 minute read
Tersia groet


Advertisement
WAAR BEGIN MENS? Ek het in 2006 by Leeuwenhof Akademie begin as ‘n baie onseker, maar opgewonde onderwyseres vir die nuwe uitdaging in my lewe. Ek het van ‘n baie groot staatskool na Leeuwenhof Akademie gekom, waar ons as een groot familie gesien was.
Deur die jare het ek baie geleer en gegroei! Daar word gesê, mens is nooit te oud om te leer nie – en ek kan dit beaam. Ek het ook baie veranderinge oor die jare by Leeuwenhof beleef.
Ek wil aan elke leerder, ouer en onderwyser wat my pad gekruis het gedurende die afgelope 16 jaar, baie dankie sê vir al hulle liefde en ondersteuning. Ek gaan elkeen van julle verskriklik baie mis!
Die volgende gedeelte uit ‘n gediggie is so waar.
‘n Nuwe blaai slaan om ‘n Nuwe hoofstuk begin In die boek van jou lewe Die hoofstuk van af ede Dis tyd om te groet Vir iend en kollega Jou tyd om ‘n geseënde loopbaan Vaarwel toe te roep vir a yd Om jou af ee tydperk binne te gaan In die groot genade van God ‘n Tyd van eugde Beskermend a yd in Go liefde
TERSIA BYLEVELDT Dis tyd om te groet
Ek groet Leeuwenhof Akademie met die volgende woorde: Mag God se Goedheid en Guns die skool vergesel in elke tree wat die skool gee.








