
1 minute read
Toneel
Toneel 2022 - Sonskyn Park
HIERDIE JAAR was propvol drama en nie net enige drama nie- LEKKER drama! Ons graad 7 graadgroep word elke jaar genooi vir oudisies waarvan net ‘n sekere groepie gekies word wat dan die toneelgroep vorm. Ons toneel het bestaan uit vyftien talentvolle dertienjariges.
Advertisement
Van oefen, repeteer en die stresvlakke laat daal voor ‘n vertoning was hierdie groepie vinnig baas van die verhoog. Die leerders het elkeen ongeloofl ik baie gegroei hierdie jaar! Vroeg in die jaar het ons vir Lizz Meiring by ons Toneelaand gehad. Dit was ‘n eerste van vele en ons was bevoorreg om saam met ons hoërskool ‘n suksesvolle aand te kon aanbied! Ons het vroeg in die jaar deelgeneem by ATKV-Tjokkertoneel. Die toneel het drie silwer medaljes en een brons ontvang. Die toneelleerders het vanaf Mei tot Augustus gewerk aan hulle kritiek en advies van die beoordelaars sodat hulle die toneel kon perfek…

Later in die jaar het ons deelgeneem by Op Die Planke Toneelfees. Ons het Nasionaal deurgedring en TWEEDE nasionaal geëindig met ‘n beste akteur by die fees: Jean Fourie. ‘n Beste ‘Mascot’: Die Leeu. ‘n Beste klank en beligting operateur: Meneer Ruben Scheepers en die beste verhoogbestuurder: Juffrou Robyn Booyens. Leeuwenhof-trots!










