LINDLEY REKORD 120118

Page 1

Since 2017

R5,00

12/01/2018

rekordmedia1@gmail.com

072 757 0514

www.rekordmediafs.co.za

Kom kuier by die fees met gees

2

Kallas Eksteen

Alle paaie lei na Reitz vir die 37ste VKB Bieliemieliefees, en as jy nie daar gaan wees nie, mis jy uit op ’n bielie van ’n fees! VKB se Bieliemieliefees 2018 beloof om selfs nog méér van alles te hê as in die verlede om seker te maak daar is letterlik iets vir almal – of jy nou drie of 83 jaar oud is. kykNet is vanjaar aanboord as borg, wat beteken dat jy sal kan skouers skuur met van jou gunsteling sepiesterre. Kom neem die Saterdag deel aan die Boeresport om te sien watter van die baie gewilde sepiesterre gaan dit waag om ook aan sakresies, eiergooi en vele meer deel te neem. En dis nie die enigste bekendes en beroemdes saam met wie jy sal kan kuier nie. Die sangers wat gaan optree en sorg dat daar behoorlik lyf geswaai word by die 2018 fees is: Die Campbells, Jonathan - Radio Raps, Snotkop, Adam, Bobby van Jaarsveld, Jo Black, Vernon Barnard, Bouwer Bosch, Anders, Irene Louise, Wit Kasteel, Blomtrein, Onbeskaamd en nog meer... Vir die eerste keer word ’n tentedorp aangelê met 193 kampeerplekke waar Bieliemieliefeesgangers kan tuisgaan teen so min as R500 per persoon vir die hele naweek. Hierdie fooi sluit ook jou toegang tot die Bieliemieliefeesterrein in. Maar jy sal moet gou spring as jy ’n staanplek soek, want die belangstelling is groot. Een van die nuwe items op die 2018-fees se program is ’n 4x4-hindernisroete wat vir 4x4-entoesiaste groot plesier gaan verskaf. By die 2018-fees sal die 42 km marathon ook vir die eerste keer dien as kwalifiserende marathon vir die Comrades 2018. Hierdie is dus die gulde geleentheid om die Bieliemieliefees by te woon as jy nog nie voorheen hier was nie, of as jy ’n verskoning soek om wel te kom. Die Bieliemieliefees se bergfietsresies het ook al een van die gesogte wedrenne vir bergfiets-entoesiaste geword met ’n roete wat ewe veel uitdaging as natuurskoon bied. ’n Vierwielfietswedren (“quad-bikes”) sorg vir groot opwinding, en as jy een van die avontuurlustiges is, mag jy dit nie misloop nie! Die jaarlikse Vleismerino-veiling is een van die items wat boere van reg oor die land jaarliks na die Bieliemieliefees lok. Bladsy 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
LINDLEY REKORD 120118 by lindleyrekord - Issuu