3__

Page 1

Krit

feesnuus

3

Saterdag 29 Maart 2014 Saterdag, 29.3.2014

|3

Laan­akteurs in sexy klug Piet Matipa

O

m 7de Laan se manlike sterre te sien soen soos nog nooit vantevore nie, moet jy ja, ja sê vir Boeing, Boeing. Henry Mylne, regisseur van dié stuk en ook van 7de Laan, het gesê dit is ’n “regte sekskomedie-klug met baie lipaksie”. “Ons wys vel,” waarborg Mylne dié wat

vandag na die 9:00 vertoning gaan. Theodore Jantjies (Xander), Hennie Jacobs (Diederik), Heino Schmitt (Altus), Werner Coetser (Bernard) en Hendrik Cronjé (Lucas) vertolk die rolle van vyf gays in ’n liefdesmengelmoes – hulle hou nie terug nie. Al vyf se reaksie was: “ja, let’s go” toe hulle vir die projek genader is, sê Mylne. Hy sê hulle was glad nie ongemaklik in hul nuwe velle nie.

Boeing Boeing FOTO: VERSKAF “Al die akteurs is straight. Dit is altyd beter om ’n straight akteur vir ’n gay-rol te kies. “Hulle speel heeltemal ’n ander karakter met ander seksuele voorkeur.” Die oorspronklike teks is uit Frans na Engels vertaal en was ’n groot sukses internasionaal. Mylne het besluit om dit ’n Suid-

Afrikaanse inspuiting te gee. Die enigste vroulike aktrise op die verhoog is Lindie Stander (voorheen te sien in Binnelanders). Boeing, Boeing is een van die top-20 gewildste produksies volgens kaartjieverkope tot dusver. SANW-ouditorium. 29 Maart tot 1 April

Vandag in die verlede Ilza Roggeband

Die tyd toe kaartjies nog R18 gekos het

Joanie Combrink, Susanne Beyers en Elsabé Daneel is die Feeskatte.

’n Ver pad van kinderpret na teater se snykant­cool Vanoggend om 09:00 toe die dierbare sagte groen siele in Lollos 6 op die verhoog maagskud of daai lomperd Liewe Heksie haar nuwe rolskaatse uitprobeer, was ek elders. En ek pink ’n traan. Vir die eerste keer in byna tien jaar begin my Absa KKNK níe met ’n kinderproduksie nie, ná my agtjarige haar voet gestamp het en verklaar het sy is nou “Klaar!” met “Spekkies se Plekkie”, want dít is vir babas! Nou hoe neem jy jou telg van Lollos na die jongste Christiaan Olwagen? Dis ’n ver pad van die nimlike groen blob na die snykant! Ons probeer, want dit is teater en nie rugby nie, wat die wêreld op sy as en aan die draai hou. Hol Marion! die

Resensente­dagboek Wat maak Laetitia vandag? hoeveelste solovertoning van Holm in samewerking met Chris Vorster (ja, Ryno van 7de Laan) lyk erg belowend. Sy is my gunsteling-hanswors wat maar haar eie show in elke dorp kan

hê, en daar is net twee sulkes. Tobie Cronjé is die ander een. Slim, uitgeslaap en wakker. Jy lag mos altyd met ’n traan en hulle weet dit so goed. Cronjé is hier van Woensdag af met Ballade van ’n banggat. Trane gaan gaan daar vir seker wees vandag in Vir ewig en altyd met Sandra Prinsloo en Marius Weyers oor ’n paartjie wie se liefde terminale siekte moet deurleef. Regisseur Hennie van Greunen weet mos hoe om vrou en man te tap. Dan sluit ek die dag af met Feeskatte – dit is nou daai flukse vroue wat ’n kunstefees vir jou deurwerk van hoek tot kant soos ’n mens ’n wors sou stop. . Lees meer oor ouderdomsbeperkinge op die fees op bladsy 6.

Die eerste fees is van 7 tot 13 April 1995 gehou. Die uitvoerende feesdirekteur was Pieter Fourie, Nic Barrow was die feesvoorsitter en Karen Meiring was die feesorganiseerder. Op die direksie was Nic Barrow, Jans Rautenbach, Vincent Abrahams, Pieter Fourie, Gerrit Geertsema, Andrew Marais, Sej Motau, Liz Olivier en Rosie Schoeman. Die beskermhere was Christo Wiese, Franklin Sonn en Ton Vosloo. Die adviseurs was Prof. Merwe Scholtz en Prof. Adam Small. Daar was slegs drie borge: Nasionale Pers, Transnet en Klein Karoo Koöperasie. In Die Burger van 8 April het Igna Schneider geskryf: “Verskeie vertonings is reeds meer as 50 persent vol bespreek nog voordat dit geopen het. Die top-verkoper is tans Pieter-Dirk Uys se kabaret Bambi Sings FAK Songs waarvan byna 70 persent van die plekke uitverkoop is. Nataniël Two Concerts loop vol en kaartjies vir Cutt Glas is reeds uitverkoop.” Kaktus op die Vlaktes is op 8 April gehou. Dit was ’n mengelmoes van kunstenaars wat opgetree het: Laurika Rauch, Lochner en Richard, Ray Phiri en Nico Carstens, Lucas Maree, Cutt Glas, Pieter van der Westhuizen, Thandi Klaasen, Johannes Kerkorrel, Steve Hofmeyr, Rasta Rebels, Christie’s Jazz, Positive Force en Mimi Coertse en Nataniël in duet. Die konsert was van 12:00 tot 22:00. Kaartjiepryse vir dramaproduksies was onderskeidelik R15 en R18, musiekproduksies op die hooffees was R20 en R25 en van die randfeesproduksies was so goedkoop as R5 per kaartjie. Die feesgids het R15 gekos. “Die eerste jaar was dit ’n kwessie van wie bereid sal wees om op te tree by ’n fees wat homself nog nie bewys het nie,” aldus Karen Meiring, voormalige feeshoof. “Op daardie stadium was daar reeds ’n fees (Grahamstad) waarheen ons almal gegaan het én die streeksrade het nog getoer. “Ons moes die spelers, vervaardigers en sangers oortuig dat die mense wel die fees sal bywoon. Die sentiment om Afrikaans het wel gehelp.” Roggeband is die skrywer van KKNK 20, ’n fees­ boek, wat teen R250 by die volgende plekke te koop is: • PNA-boekwinkel by die CP Nel Museum • Die Absa KKNK-stalletjies in Baron van Reedestraat en die Rivierbuurt • Aanlyn by www.absakknk.co.za • PNA-boekwinkel by die ATKV Karoo Kafee by Arbeidsgenot


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.