14_

Page 1

18

Krit Saterdag

menings

18 | Saterdag, 29.3.2014 29 Maart 2014

In SA troef waarheid fiksie Terwyl dramaturge hulle vanjaar in toneelstukke soos Rondomskrik en Braai met skokkende nuusgebeure bemoei, wou Krit by Kabous Meiring weet of ons eersdaags ’n toneelstuk oor die Oscar Pistorius­verhoor sal sien.

I

n die Absa KKNK-program se lokparagraaf vir Braai word daar verduidelik dat gesinspolitiek en landspolitiek hande vat. Jy raak gespanne as jy lees hoe dit draai om ’n vuur met rum en Coke en vleis, ’n onheilspellende inleiding vir ’n moontlike tragedie. Nou wonder ons of die Oscar Pistorius-verhaal ook ’n verhoogstuk sal word. My antwoord is: dis klaar een. Hoe gemaak as al die elemente daar is? Nuusdekking as fiksie. ’n Kollega merk op die straatname in die Silver Woods-kompleks is geskryf asof vir Santa Barbara: Wild Wood Way. Dalk eerder nuusdekking as sepie, en ja … daar is reeds ’n reeks boeke geskryf. Selfs sonder die uiteindelike feite. En vir die puriste onder die feesgangers wat dink dat die grusame, hartseer uitsending van die hofsaak sensasioneel en goedkoop is: wel, dis van die beste verhoogstukke wat nog ooit uitgesaai is – selfs vóór die teks klaar geskryf is. Die redes is nie ’n plot wat op die oog af lyk of dit te voorspelbaar is vir gunstige kritiek op die kunsblaaie nie, nee, dit lê in ander aspekte. Ek begin by die karakter van Oom Arnold. Hy is die patriarg en sit elke dag op sy pos in die hofbank, kiertsregop en stip. Hy sit daar, sonder veel gesigsuitdrukking. Die een wat stilweg en sterk verantwoordelikheid neem vir die weerlose, oënskynlik uiters gevaarlike, gevalle held. Dan is daar die advokate wat karikature geword het ná dag één van die hofsaak … Soos ooievaars, dié keer

soos hulle in fabels sou verskyn, met brille op die neus. Hulle is op die oog af rustig, tot hulle kry waarna hulle soek en dan vinnig induik en vang en nie laat los nie. Adv. Barry Roux: hy maak sonder moeite die land woedend en hou hulle terselfdertyd gefassineerd vasgenael voor die televisie. Die land maak hom na, aan etenstafel, op ’n Vrydagaand. Nooit sonder die aksent nie. Mens skryf “understêêênd” deesdae eerder foneties en ’n hele generasie praat van “I put it to you” voor elke sin. ’n Nuwe soort slêng. Die Pretoria-Afrikaanse-Engelse aksent het uiteindelik ’n plek gekry. Dan is daar die tolke ... ’n Bruin tolk vertaal die Afrikaan-

se-Engels van die wit advokate vir die Afrikaanse, swart sekureitswag en met haar dialek wat die brug word vir verstaan klink ál die tale op die ou end presies dieselfde. Dalk sal die resensent vra: Sou dié stereotipes nie na ’n oppervlakkige teks lyk nie? Dalk té voorspelbaar, sou die gehoor sê. En dit van ’n ware verhaal wat hom doodgewoon afspeel in Suid-Afrika, in Pretoria, op Valentynsdag, die held met ’n gebrek, en ’n model. The perfect storm. En dit bring my by Braai en Rondomskrik. Twee toneelstukke wat die ware gebeure in ’n land omskep vir kommentaar op ’n verhoog. Oor Braai sê die skrywer van die stuk, Willemien Brümmer, die karakter

Oscar Pistorius op pad na die Pretoriase Hooggeregshof ty­ dens sy verhoor. Foto: THEANA BREUGEM

Speedy is nie opgemaak nie, sy moes ’n artikel vir By skryf oor die grensoorlog en het baie navorsing gedoen. Sy is ’n gerekende joernalis en Braai is haar debuutverhoogstuk. Rachelle Greeff vertel oor háár stuk: Rondomskrik “die storie van Anene Booysen wou my net nie los nie”. Sy sê verder dis ’n verhaal oor hoe die nasie sy kinders in die steek laat. Dis kinders op die Kaapse Vlakte, dis Reeva, dis die “manne op die grens” soos ons die frase altyd opgesê het onder gebed in die tagtigs. En die kinders is ook Oscar. Boeta met die gun. En daar is woede. Mens skryf woede uit, so sê hulle. Ons nuusgebeurtenisse kan biblioteke vol maak, gehore vol pak vir grootmense én kinders, want hoe ver is die storie van die Kaal Keiser van die storie van ons eie president? Ek wonder hoe Marthinus Basson, Lara Bye of Hennie van Greunen die karakter van Thuli Madonsela gaan aantrek as die held in die verhaal, of gaan sy net ’n byspeler wees? Ons verhoogskrywers skryf nuusgebeure, dit kan nie anders nie. Is daar iewers plek vir suiwer verbeelding in ons gebrutaliseerde land? Of gaan die waarheid altyd vreemder bly as fiksie? Ek sou tog sê ja, die absurditeit van ons land vra vir teater. Goddank ons teksskrywers en teatermakers het nog ’n goeie skoot humor tussen al die woede deur. En goddank hulle skryf. En eers luister ons na die tolk: “Jy moet nou die waarheid praat, jy is onder eed.” . Meiring is ’n inhoudsregisseur en aanbieder by die aktualiteitsprogram, Dagbreek.

Onthou jy nog?

Die jaar van Breyten se Boklied Kerneels Breytenbach By Human & Rousseau het ons geweet Boklied gaan sports afgee by 1998 se KKNK. Die destydse redakteurs by H&R Fiksie, Alida Potgieter en Etienne Bloemhof, was besig om twee boeke, Boklied en Dog Heart, gereed te maak vir publikasie net voor die jaarlikse KKNK. En die motto voor in Boklied het gelui: Die behaagsieke se spieël is die ware poephol van die duiwel. Die stuk is onder spelleiding van Marthinus Basson opgevoer in die SANW-ouditorium. Die rolverdeling het gespog met groot name in die Suid-Afrikaanse teater: Dawid Minnaar, Grethe Fox, Nomhle Nkonyeni, Emile Serfontein, Gustav Geldenhuys, Antoinette Kellermann, Brian Hey-

denrych en verskeie ander. Ons het die teks gelees, en besef dat Basson, wat in die vorige dekade of wat die Kaap aan die praat had met onder meer die verbeeldingryke produksie van Anatomy Titus, Fall of Rome, net die regte regisseur was daarvoor. Maar niemand kon die storm voorsien wat die opvoering sou ontketen nie. Met die openingsopvoering was die saal nie heeltemal vol nie. Die beligting, só geskik vir weermag-byeenkomste, was nie heeltemal doeltreffend vir die opvoering nie, met die gevolg dat ’n mens nie altyd alles baie skerp kon sien nie. En dit hét woelig gegaan op die verhoog: kleurryk, freneties, Breyten Breytenbach se teks, en Basson se inkleding. In die heel voorste ry, het ’n bejaarde eg-

Breyten Breytenbach. Foto: LOANNA HOFFMANN paar hul plekke ingeneem. Seker om beter te kon sien. Hulle het vir hulle eet- en drinkgoed saamgebring, gepas, want dit was ’n lang opvoering. En daardie dag het hulle seker baie dinge beleef wat voorheen aan hulle onbekend was. Maar hulle het geëet en gedrink en gekyk en vasgebyt. Tot ’n kale Gustav Geldenhuys driekwart deur die opvoering na ’n plek reg voor hulle beweeg, sy rug op hulle keer en vooroor-

buk, sodat hy die saal met ’n bruin oog kon bekyk. Die ou oom en tannie het daai oog een kyk gegee, hul mandjie opgeraap en na die uitgang geskarrel … Die volgende dag het Krit gerapporteer dat mense aanstoot geneem het oor ’n swart vrou en ’n bruin man wat die wit Gustav se kaal boude betas het. En só het Boklied onlosmaaklik deel van die KKNK se geskiedenis geword.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.