Page 1

`n Handelsmerk van

Ian se Cabernet: Beste in SA!

NKRPO beklemtoon vooruitbeplanning Ons belĂŞ in die toekoms van jongmense Lekker Lanorma vol moontlikhede

Augustus / September 2017


JOU DOELWITTE

ONS KUNDIGE ADVIES

PANNAR se besproeiingsbasters handhaaf ’n uitnemende rekord van prestasie in die LNR proewe. Ons ondersteun jou met praktiese advies om die beste opbrengs te behaal. Gebruik dit tot jou voordeel. www.pannar.com | infoserve@pannar.co.za ® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2017 PANNAR BPK TM

2017/IMAIZE/LB/03


14 24 48 66

NKRPO beklemtoon vooruitbeplanning

Die produsent en Eskom

Katoenprodusente se groeiende behoeftes aangespreek

Bok los groot spore by GWK en ons mense

8 10 12 16 18 30

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

Ian se Cabernet: Beste in SA!

Ons belĂŞ in die toekoms van jongmense

Valley ICON: Pivot control at your fingertips

32 35 38 41 44 48

Handel maak dit maklik om te jag

#BietjieHoop neem die internet oor

Veranderlike bestuur vir optimale produksie

Kalium: 'n Dinamiese katioon

Pekanneute: Effektiewe toediening van water

Databasis van pekanblaarontledings gee rigting vir beter praktyke

55 56 62 64 71 74

Lekker Lanorma vol moonlikhede

Verbruikerstendense goeie riglyn vir vleisbemarking

Veranderingsagent vir verhandeling

Dink voor jy kliek!

Resep: Wildsvleis-potjie

Uit Piet se pen: Teenpole van die lewe

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee Koos de Wet Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken

Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks

Waarnemende FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Andri Bezuidenhout

Besturende Direkteur: GWK Agri Tom Meintjes

Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen

Groep Operasionele Hoof Pieter Bekker

Uitvoerende Hoof: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan

Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk


NĂłg ‘n innoverende oplossing deur GWK

GWK Katoen GWK Katoen ontdek deurlopend nuwe maniere om wisselbou suksesvol te maak. Ondersoeke na die regte kultivars en boerderypraktyke verseker ons produsente van volhoubare katoenproduksie. GWK Katoen, Modderrivier 053 581 0037 | cotton@gwk.co.za


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies 053 298 8355 Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorblad: Ian Sieg met sy wen-wyn

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

Facebook

Redakteursbrief “What counts in life is not the mere fact that we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead.” – Nelson Mandela Die

ander dag, net so 5km buite Douglas op pad na Kimberley, tref my kar ‘n slaggat. Ek het dadelik geweet daar is geen manier dat die band dit sou oorleef nie en het sekondes later die tap-tap-tap van ‘n papwiel gehoor. Afgetrek langs die pad, moedeloosheid opsy geskuif en my spaarwiel en gereedskap uitgehaal. Want ek is ‘n strong independent woman van die plaas af en my pa het my jarre terug al geleer hoe om ‘n wiel te ruil. Die Volkswagen-domkrag en die Douglas-gruis het mekaar egter misverstaan en tien minute later, papnatgesweet en vuil, was my kar nog nie ‘n millimeter in die lug nie. Plan B, dus. Ek gaan sit kruisbene bo-op die spaarwiel in die veld en bel rond vir hulp. Ek was op die punt om die bande-plek op Douglas te bel, toe ‘n blou kar by my stop. ‘n Jong ou klim uit, sê (met ‘n pragtige bry) dat sy gewete hom te veel sou pla as hy net aangery het Bloem toe, sukkel met my domkrag, gaan haal sy eie uit en ruil die wiel. By die kantoor het ek in almal se ore gekla oor my bad luck. Die gewildste vraag was of ek nie bang was so vrou-alleen langs die pad met ‘n vreemdeling wat daar stop nie? Nee, het ek dadelik gedink, enige ander plek dalk, maar nie tussen Douglas en Kimberley nie. Ek sou op geen plattelandse pad in die Noord-Kaap bang wees nie, die mense hier is anders. In vandag se tyd is daar geen verpligting om by ‘n vreemdeling te stop en hulp aan te bied nie. Dit is eintlik veiliger om net verby te ry. (Jongman van Bloem het genoem dat

Leana Bezuidenhout

Spanleier: Inhoudsontwikkeling 6

hy die risiko oorweeg het, maar besluit het dat ek nie te gevaarlik kan wees as ek teen ‘n papwiel verloor nie…) Tog het iemand met ‘n klein gebaar my Woensdag-laatmiddag soveel beter gemaak. Ons bestaansrede by GWK is “ons verbeter lewens”. Op die oog af lyk dit soos ‘n belofte wat baie moeite verg, maar dit is tog nie. Dit kom vir ons natuurlik. Om te help, is nie vir ons ‘n verpligting of werk nie, dit is vir ons nodig en lekker. Ons wil sien dat ons ‘n positiewe verskil maak. Hierdie uitgawe van Kommuniek wys verskeie plekke waar GWK betrokke is en ‘n verandering maak, soos die Streekspanne Rugbytoernooi, die NK RPOkongres en ander plekke waar ons ‘n positiewe invloed in die gemeenskap het. Alles om te belê in volhoubare gemeenskappe en mense waarin ons glo. Soos oud-president Nelson Mandela gesê het, word ons by GWK ook gemeet aan die bydrae wat ons lewer in menselewens. Dit is iets waarop ons geweldig trots is. Ek ys om te dink wat die rekening vir my kar se flenters rim gaan wees, maar ek glo dit gaan tog nietig wees in vergelyking met die mooi in die wêreld wat ek gedwing was om opnuut raak te sien. Ek glo ons is op aarde geplaas om die verskil te wees wat ons graag in die wêreld wil sien. Hoe bevoorreg is ons nie om betrokke te wees by ‘n maatskappy wat deur innovering, verantwoordelike optrede en omgee daagliks lewens verbeter nie?


Geestelike Akker Gee spierkrag aan jou gebedslewe “… Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.” (Jakobus 5:16) Gebedsmense, soos langafstandatlete, kan hulle soms teen 'n muur bevind. 'n Geestelike blok wat hulle laat glo dat hulle gebede beteken niks en verdwyn net in die niet. Wanneer dit gebeur, is dit tyd om jou houding ten opsigte van gebed te herevalueer. Gebed is om in gesprek te wees met 'n alomteenwoordige God, om Hom te prys en te eer, te luister na wat Hy vir ons wil sê deur sy Heilige Gees wat sy woord aan ons openbaar. Ons kan slegs deur gebed ons spesifieke behoeftes aan Hom bekend maak en Hom vra om ons sondes te vergewe. Wanneer ons bid, moet ons dit in die Naam van Jesus doen. Dit gee aan ons 'n gewaarborgde kommunikasielyn met die almagtige God. Regverdige mense in die bybelse tye was diep bewus van die heiligheid van God en het Hom gevrees. Jesaja het in 'n visioen die heiligheid van God gesien. (Jesaja 6:1-8) Dit het hom verpletter. Hy het besef hoe onwaardig hy was om in die teenwoordigheid van die almagtige God te wees. Toe het een van die serafs Jesaja se mond met 'n gloeiende kool aangeraak en gesê: "Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”

Dit is wat op Golgota met jou en met my gebeur het. Jesus het deur sy offer 'n nuwe bedeling vir die mensdom ingelei. Danksy Jesus is dit vir ons moontlik om deur Hom tot die almagtige God te bid en Hom as Vader aan te spreek. 'n Vader wat gewillig en gretig wag om na ons te luister. Baie Christene volg Jesus se voorbeeld en bid met die hulp van die Psalms, die gebedeboek van die Bybel. Die 150 Psalms sluit gebede van verheerliking, danksegging, wanhoop, woede, skuld, belydenis en versoeke in. Ons moet waar moontlik gebede uit die Psalms memoriseer. Jesus het dit gedoen. Sy laaste woorde aan die kruis was gebede uit Psalm 22:1 en Psalm 31:5 Gebed met die hulp van die Psalms sal spierkrag aan jou gebedslewe gee en jou in staat stel om krag uit die woord van God te put ter versterking en troos in alle situasies. Gebed: Hemelse Vader, dankie vir u groot liefde waarvan niks ons kan skei nie. Gee dat u Heilige Gees ons sal help om in u lig te leef en gehoorsaam te wees aan u wil. In die Naam van Jesus bid ons dit. Amen

Neville Turley www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem Oranjerivier Vaalrivier

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Gariepdam Vanderkloofdam

76 78

Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal

93 99 77 108

Hartsrivier

Spitskopdam Taungdam

93 97

Rietrivier

Kalkfonteindam

13

Modderrivier

Krugersdriftdam

43

6.0 5.0 4.0 3.0 2.0 1.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown

Rietrivier

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 14 Mei 2017 tot 15 Julie 2017

Prieska Green Valley Nut

Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Vaalharts Jan Kempdorp

Rietrivier 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

8

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn

Vaalharts


KINGJAMES 34356A

VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.

Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou boerdery- en persoonlike bates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Santam. Regte, egte versekering. Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).

9


Conrad Borman

Veilingskalender en -pryse

15 Augustus 16 Augustus 22 Augustus 23 Augustus 23 Augustus 25 Augustus 26 Augustus 29 Augustus 31 Augustus 5 September 7 September 12 September

Kimberley Kleinvee/Grootvee Ile de France Aanteel Kimberley Kleinvee/Grootvee Pril Rosbeef Beefmaster veiling KommersiĂŤle Boerbokveiling Emmigrasie Veiling Boshof Wildveiling/Boshof skou Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Kleinvee/Grootvee Kimberley Kleinvee/Grootvee Thaba-Nchu Kleinvee/Grootvee Kimberley Kleinvee/Grootvee

13 September 14 September 19 September 19 September 20 September 21 September 26 September 27 September 27 September 28 September 28 September

Noord-Kaap veldramveiling Hertzogville Kleinvee/Grootvee Disco Bonsmara Kimberley Grootvee/Kleinvee Lukas Burger Boerbokveiling Tony Cahi, Rikus van der Merwe en Hendri van Wyk Dorper veiling Kimberley Kleinvee/Grootvee Griekwastad Kleinvee/Grootvee Malherbe & Roberts Jaarlikse Stoetveiling Koopmansfontein Grootvee/Kleinvee veiling Leehan Bonsmara veiling

Veilingspryse vir lewendehawe – Julie 2017 03/07 - 07/07

10

10/07 - 14/07

17/07 - 21/07

24/07 - 28/07

31/07 - 04/08

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

23.50

Slagosse

24.00

Slagosse

25.00

Slagosse

24.50

Slagosse

24.50

Slagkoeie

22.00

Slagkoeie

22.00

Slagkoeie

22.00

Slagkoeie

22.30

Slagkoeie

22.00

Maer beeste

16.00

Maer beeste

17.50

Maer beeste

18.30

Maer beeste

18.30

Maer beeste

18.00

Ligte kalwers (180-200kg)

32.00

Ligte kalwers (180-200kg)

33.00

Ligte kalwers (180-200kg)

35.40

Ligte kalwers (180-200kg)

36.30

Ligte kalwers (180-200kg)

37.20

Swaar kalwers 31.50 (201-250kg)

Swaar kalwers 32.00 (201-250kg)

Swaar kalwers 34.00 (201-250kg)

Swaar kalwers 35.00 (201-250kg)

Swaar kalwers 35.00 (201-250kg)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

33.00

Slaglammers

33.50

Slaglammers

33.00

Slaglammers

38.75

Slaglammers

38.00

Stoorlammers 33.50

Stoorlammers 36.50

Stoorlammers 38.00

Stoorlammers 40.00

Stoorlammers 38.00

Kruislammers

33.00

Kruislammers

34.00

Kruislammers

35.00

Kruislammers

37.00

Kruislammers

35.00

Slagooie

23.50

Slagooie

25.50

Slagooie

38.00

Slagooie

28.80

Slagooie

27.00

Maer ooie

21.00

Maer ooie

23.00

Maer ooie

25.50

Maer ooie

35.50

Maer ooie

25.50

Klein bokkies

33.00

Klein bokkies

36.00

Klein bokkies

35.00

Klein bokkies

37.00

Klein bokkies

37.00

Jong bokke

34.00

Jong bokke

37.00

Jong bokke

37.00

Jong bokke

40.00

Jong bokke

40.00

Bokooie

22.00

Bokooie

25.00

Bokooie

25.50

Bokooie

26.00

Bokooie

26.00


11


Landbouwenke

Lusern en weiding

Grondbone

Lusern, veral laedormansie-kultivars, begin vinniger groei en besproeiing moet stelselmatig aangepas word. Fosfaat bemesting kan nou gedoen word. Vestiging van lusern in die lente word nie aanbeveel nie weens onkruiddruk en windskade. Indien lusern wel in die lente gevestig word, is dit raadsaam om dit saam met koring op sandgronde te plant om windskade te beperk. Die koring kan dan later doodgespuit word. Daar moet gelet word dat koring nie te agressief groei voordat dit doodgespuit word nie. Voersorghum kan aangeplant word sodra grond temperature bo 15°C is. Dis `n ideale, vinnig groeiende, eenjarige somerweiding. Dien stikstofbemesting toe op meerjarige weidingmengsels om nuwe groei te stimuleer. Vermeerder besproeiing redelik drasties op hierdie mengsels, aangesien optimale groei in die lente en vroeë somer plaasvind. Kaliumontrekking wissel van 18-25kg/ha per ton lusernhooi wat afgehaal word. Mikroelemente soos sink, boor en molibdeen is net so belangrik vir lusernproduksie. Blaarmonsters kan geneem word wanneer lusern begin blom om te bepaal of daar enige tekorte is.

Begin grondvoorbereiding vir vroeë aanplantings wat in Oktober geskied. Indien baie mieliereste voorkom, moet dit verkieslik ingeploeg word om siektes te beperk. Gips kan ook voor planttyd toegedien en vlak ingewerk word. Die saadbed moet ferm en redelik fyn wees, maar nie te fyn nie om steeds windskade te beperk. `n Gelyk saadbed is belangrik sodat plantdiepte egalig is. `n Onegalige saadbed kan op-erding veroorsaak wat tot oesverliese lei. Maak seker die plant-rywydtes is dienooreenkomstig met die uithaaltoerusting aangepas.

Uie en saaduie Blaaspootjies begin aktief raak en moet beheer word. Dié plaag kan heelwat skade aanrig. Spuit voorkomend vir poeieragtige meeldou, veral in die vroeë lente as toestande vogtiger word.

Koring en gars Tesame met bemesting is onkruidbeheer die belangrikste praktyk. Gars en koring is gevoelig vir onkruiddruk, veral in `n jong stadium. Spuit slegs geregistreerde middels en hou streng by die aanbevole dosisse. Onkruiddoders moet verkieslik in gunstige weerstoestande gespuit word om optimale resultate te verkry. Vermy bespuiting met water wat `n hoë soutinhoud het. Dit beïnvloed die werking negatief. Indien die onkruiddoder sensitief is vir pH, moet `n buffer of versuurder bygevoeg word tot op die optimale pH-vlakke. Buffers of versuurders word voor die ander komponente in die spuittenk bygevoeg. Effektiewe stikstofbestuur deur die groeiseisoen stel die produsent in staat om hoë graanopbrengste met aanvaarbare proteïeninhoud te produseer. Lande moet gemonitor word vir vroeë infestasies van bladmyner. Hou in gedagte dat daar ‘n groot hoeveelheid bladmyner teenwoordig moet wees voordat daar skade sal wees. Sistemiese middels kan dan wel met sukses toegedien word.

12

Pekanneute Nuwe aanplantings kan in Augustus gedoen word. Sterk bome met lang, reguit penwortels moet gekies word vir plant. Plantdiepte is belangrik, oppas vir te diep plant of dat boompies insak na plant. Wortels kan terug gesnoei word tydens plant. Goeie wortel- grondkontak is noodsaaklik vir suksesvolle vestiging. Die volgende aksies moet ook nou verrig word: - Snoei van gevestigde bome. - Plant van saad in beddings. Kan nou begin om grondmonsters vir nuwe ontwikkelings te neem. (Nege maande voor grondvoorbereiding.) Moet verkieslik nie kunsmis tydens plant in die gat toedien nie, aangesien wortels maklik kan brand wat die boom sal laat afsterf. Sinktoedienings in die vorm van grond- sowel as blaarbespuitings kan maandeliks van September tot Januarie gedoen word aangesien sink nie mobiel in die plant is nie.


elke boer wil graag meer pitte hê Pioneer kultivars is nog altyd bekend vir die hoogste opbrengs. Nou is dié top genetika ook beskikbaar met Yieldgard Genuity.

PIO-GWK-02

Tel: +27 12 683 5700 | www.rsa.pioneer.com

© 2016 PHII. Die DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerke van Pioneer.

DIE SAAD VAN SUKSES Yieldgard II® is ‘n geregistreerde handelsmerk en gelisensieer deur Monsanto Beperk.


Aktueel Leana Bezuidenhout

NKRPO beklemtoon vooruitbeplanning “Landbou,

en meer spesifiek rooivleis, is een van bedrywe waar daar nog baie potensiaal is vir die toekoms om werk te skep en dit uit te brei na rykdom oor 'n breë spektrum. Daarom moet ons dit ook in die Noord-Kaap as kleinood bewaar en elke dag soek na geleenthede, soos nuwe bemarkingsgeleenthede. Só sê Johan van der Colff, ondervoorsitter van die Noord-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (NKRPO), op die jaarlikse NKRPO-kongres wat vanjaar in Kimberley aangebied is op 7 – 8 Junie. Hy het verder landboubesighede, die privaatsektor, individue en georganiseerde landbou (Agri Noord-Kaap en Agri SA) bedank vir hul betrokkenheid by hulpverlening aan produsente in erge droogtetoestande wat tot verlede jaar oor die grootste deel van die land geheers het. Die NKRPO se missie is om die volhoubare en winsgewende produksie van rooivleis in die Noord-Kaap te bevorder en om die rooivleiswaardeketting te beïnvloed om die beste moontlike waarde vir rooivleisprodusente te verseker. Drywers wat deur die organisasie geïdentifiseer is om dit te bereik,

14

sluit die volgende in: Bevordering van dieregesondheid in die Noord-Kaap Bevordering van deelname aan en die impak van die werksaamhede van die Predasiebestuursforum Promovering van die toepassing van die kode van “beste praktyk” in die Noord-Kaap Bevordering van geïntegreerde produksiepraktyke Bemagtiging van belanghebbendes om die voorkoming van veediefstal in die Noord-Kaap te bevorder Bevorderde ontwikkeling van nuwe/ kleinboere tot kommersiële vlak Verhoogde effektiwiteit van die NKRPO se kommunikasie na betrokke rolspelers Sprekers by die kongres wat by Van Der Colff aangesluit het, was onder meer Theo Venter (politieke en beleidspesialis van die NWU-besigheidskool), Gerhard Schutte (hoof uitvoerende beampte van die RPO en kenner in kommersiële vleisproduksie) en Gerrit van Zyl (produsent). Ook


Johan Willemse, landboukenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het die afgevaardigdes toegespreek. Willemse se toespraak het die stand van rooivleis in die mark, gegewe die marksiklusse, aangespreek. ‘n Tema wat deurlopend onder al die sprekers na vore gekom het – vooruitbeplanning en kennis van die markte – was ook ‘n sterk besprekingspunt tydens sy toespraak. “Die bedryf en markte werk in siklusse,” sê Willemse. “Dit is van uiterste belang dat jou langtermyn-beplanning daarvoor voorsiening maak.” Siklusse wat hy uitgelig het, sluit die ekonomiese siklus, weer-, voerprysen wolsiklus, asook die mielie-, skaapvleis- en beesvleispryse. Volgens Willemse kan ‘n volhoubare strategie en langtermyn-wins bewerkstellig word deur op die bestuurbare faktore te fokus met visie, doelwitte en aksieplanne. “Produsente dink soms dat dit veiliger is om nie planne te maak nie, juis oor dinge so onseker is,” sê Willemse, “maar dit is presies hoekom ‘n vyfof tienjaarplan so ongelooflik belangrik is. Willemse het ook die markneiging bevestig dat verbruikers meer konsekwentheid soek. Venter het op sy beurt ‘n insiggewende toespraak oor die huidige politieke klimaat, en hoe om politieke onsekerheid te bestuur, gelewer, terwyl Van Zyl met ‘n aansteeklike passie oor effektiewe boerdery gesels het. “Ek het ‘n passie vir winsgewende beesboerdery op natuurlike weiding,” sê Van Zyl. “Om winsgewend te wees, moet jy vooruit beplan. Maak veranderinge terwyl dit nog goed gaan – moenie wag tot daar moeilikheid is nie.” Hy het verder oor droogtebeplanning gesels en wanneer ‘n goeie tyd is om jou kudde te verminder, asook optimale produksiepraktyke op die langtermyn. Gerhard Schutte het in sy toespraak skerp gefokus op die rol van die RPO in die strategiese posisionering van die rooivleisbedryf. “Die verbruiker is ko-

ning,” sê Schutte, “en dit is ons verantwoordelikheid om ons mededingende voordeel te behou. Ons voldoen aan nasionale en internasionale verbruikersbehoeftes, in terme van vleisgehalte, maar ook in velle en huide wat uitgevoer word. Hoewel ons goed doen, moet ons altyd bly verbeter. Fokusse in die strategiese posisionering van die bedryf, sluit die volgende in: Produksie-ontwikkeling / kompeteerbaarheid Vleisveiligheid en verbruikersgemoedsrus Dieregesondheid, -welsyn en bio-sekuriteit Bemagtigende produksie- en handelsomgewing Navorsing en ontwikkeling Bevorder uitvoere en bestuur invoere Publieke- en privaatvennootskappe Verbruikersopvoeding Ondersteuning van die ontwikkelende sektor Die opsomming van hierdie jaarlikse kongres is dat die bedryf ‘n blink toekoms het, mits dit reg bestuur word deur deeglike beplanning en langtermyn-strategieë. Hein Wagner, motiveringspreker by die geleentheid, het positiwiteit op die kongres aangevuur met staaltjies oor sy reise en avonture. Wagner is blind, maar ‘n gebore avonturier en het al die Cape Epic-fietswedren op ‘n tandemfiets voltooi. “If you can conceive it, actively believe it and most importantly, act upon it, you can achieve it,” was Wagner se boodskap aan die gehoor. Hy het die gehoor ook uitgedaag deur te sê dat hy al sy prestasies met slegs vier sintuie kon bereik en dat hy almal aanmoedig om alles aan te pak met al vyf hul sintuie. Hy het afgesluit deur te sê: “My friend, if you change the things you look at, the things you look at will change.” *Al die sprekers se volledige voorleggings is beskikbaar by die NKRPO-kantore in Kimberley.

15


Aktueel Leana Bezuidenhout

“Die

Ian se Cabernet: Beste in SA! 16

beste godgegewe rankplant op aarde is ‘n Cabernet-wingerdstok,” sê Ian Sieg, ons wynmaker. Hy skink vir ons ‘n glasie soetwyn en ek is oortuig dit is beter as moedersmelk. Landzicht se Rooi Muskadel, wat ook ‘n goue toekenning verwerf het. Ons gesels oor die reuse-prestasie wat Landzicht onlangs behaal het deur op die Old Mutual Trophy Wine Show die toekenning te kry vir die beste Cabernet Sauvignon in Suid-Afrika. “Cabernet is my gunstelingkultivar en ek spook al járe met hom,” vertel hy. “Miskien kon ons vroeër al gewen het, maar die Reserves verkoop te vinnig uit en ‘n kelder moet ‘n sekere hoeveelheid wyn hê om te kan inskryf vir die skou.” Ek vra wat Cabernet so spesiaal maak. “Dis die king of the reds!” sê Sieg. “Soos ek en jy elkeen ons eie DNA het, het elke kultivar ook sy eie unieke eienskappe.” Sy passie vir wynmaak loop diép in sy DNA. Hy is al vir meer as 40 jaar in die bedryf en spog met ‘n rits prestasies. “Dit was ‘n groot wens van my dat ons kelder nie oorwegend grootmaat-wyn produseer nie, en sedert 2016 is dit geleidelik besig om te verander. Maar oor die Cabernet droom ek al vir 44 jaar – dit was my grootste droom en dit voel nou nog onwerklik.” Sieg sê dat wynkenners in die land skepties was oor die verbouing van droërooiwyndruiwe in ons area en dat hulle voorgestel het dat hierdie gebied


slegs fokus op soetwyne. Hulle is egter verkeerd bewys deur ‘n internasionale paneel beoordelaars op die Old Mutual Trophy Wine show – mense wat wyne regoor die wêreld proe en ken, waarvan een agterna vir Sieg gesê het dat Landzicht se wen-Cabernet amptelik die lekkerste is wat hy nóg geproe het. Sieg beklemtoon weer die belangrikheid daarvan om druiwe op presies die regte tyd te pluk. “As ‘n rooiwyn swak is omdat die druiwe nie op optimale rypheid gepluk is nie, kan jy hom nie in die kelder fix nie,” sê hy, “dit word afgegradeer. Die tanniene, pH, die geure van die vat – alles speel ‘n rol in die perfekte rooiwyn. Dit is hoekom dit vir my so magic is om ‘n lekker rooiwyn te maak, dit is gekompliseerd en opwindend.” Sieg praat oor wyn asof hy van mense praat. Hy vertel van ‘n vriend van hom, lank, blas met ‘n prominente neus. Hierdie vriend het glo altyd gesê hy soek ‘n vrou wat blond is, met ‘n mooi neus, sodat hulle seker kan maak dat hulle mooi kinders het.

Michael Fridjhon, wynkenner, en Ian Sieg

“Dit werk dieselfde met wyn,” sê hy. “Alles gaan oor die perfekte manier waarop jy ‘n wyn aanvul – colombard, chenin, muskaat wat perfek saamwerk!” Dit is moeilik om nie saam met hom geesdriftig te raak nie, en ‘n mens kry nuwe respek vir prestasies wat met passie bereik is in ‘n area wat sy eie unieke uitdagings het. Sieg het die wêreld vol gereis om sy kennis van wyn te verbreed, maar die Noord-Kaap is enig in sy soort. Hier moet produsente en wynmakers die klimaat leer ken en daarby aanpas, met faktore soos hael en somerreënval wat nie noodwendig in ander areas ‘n rol speel nie. “Jou wingerdboukundige speel ‘n geweldige groot rol in jou kelder se sukses,” beklemtoon Sieg. “Hein (Janse van Rensburg) bring sakkies druiwe van die plaas af wat ons proe en toets om seker te maak dat dit op die regte tyd gepluk word. Daar gaan groot sorg in al die wyn wat ons bottel – ek noem dit my babatjies.” Die plaas vanwaar Landzicht die

Cabernet-druiwe kry, is Lowerland van Hennie en Bertie Coetzee in die Prieska-distrik. Die Coetzee’s sit geweldig baie sorg en moeite in hul wingerde om die perfekte druiwe te kultiveer, en baie van Landzicht se toekennings word moontlik gemaak deur hierdie toegewyde produsente. Hul insette in die verbouing van druiwe word hoog geag by die kelder en goeie samewerking met die kelder en Hein (wingerdboukundige) dra in ‘n baie groot mate by tot Landzicht se sukses. Sieg sê dat niks van die prestasies moontlik sou wees sonder die hulp van ‘n groot span mense nie. “Produsente soos die Coetzee’s, Llewellyn Brooks wat ons ondersteun om die kelder te verbeter en die kelder-span wat hard werk vir lang ure om te verseker dat ons suksesvol is.” “It’s tough out there – even tougher if you are stupid. Wees kreatief, visionêr en modieus,” sê hy. “Moenie bang wees vir mislukking nie, wees eerder bang om nie te probeer nie.”

Bertie en Hennie Coetzee

17


Aktueel Leana Bezuidenhout

Ons belê in die toekoms van

JONGMENSE “Nee

jis, ouens, hoekom tackle ons nie? Ons deel net drukkies uit! Ons moet ophou drukkies gee en begin tackle!” Tussen driftige spanpraatjies onder hurkende groepies rugbyspelers en gillende ouers op die kantlyn, was dit moeilik om te bepaal waar die gemoedere die hoogste geloop het by die jaarlikse GWK Streekspanne Rugbytoernooi. Dié toernooi is vanjaar vir die vyfde agtereenvolgende jaar aangebied vir o.15- en o.17-rugbyspelers uit ons streek. Hoërskool Duineveld op Upington was van 2 – 5 Julie die

gasheer vir die 16 deelnemende spanne (agt spanne in elke ouderdomsgroep). Die spanne word deur keurders en skoleverteenwoordigers saamgestel in die volgende streke: Kimberley (skole in Kimberley) Suid-Vrystaat (Jacobsdal en omliggende omgewing) Oranje (Upington en omliggende omgewing) Van Druten (Daniëlskuil, Kuruman en omliggende omgewing) Pixley (Douglas, Prieska, Hopetown, De Aar) Namakwa (Westelike Noord-Kaap)

Noordelikes (Hartswater en omliggende omgewing) Logan (Suidelike Noord-Kaap) “Vyf jaar gelede het ons as GWK die droom gehad om ‘n geleentheid te skep vir die ontwikkeling van die jeug in ons plattelandse skole. Met die ondersteuning van ons vennote het die GWK Streekspanne Rugbytoernooi ‘n realiteit geword. Hier skep ons die platform vir o.15 en o.17 seuns om hulle talent verder te ontwikkel en ook as voorbereiding vir die Craven Week”, sê Neil de Klerk (Uitvoerende Hoof van Groep Bemarking en Kommunikasie).

"Ons moet ophou drukkies gee en begin tackle!” 18


“Die ontwikkeling van kinders is vir GWK belangrik as ons terugploeg in die gemeenskappe. Ons rugbyreeks is ‘n uitstekende platform om vir letterlik honderde kinders ‘n geleentheid te skep wat hulle nie sou gehad nie, om deel te neem op provinsiale vlak. Dit skep die geleentheid om raakgesien te word vir verdere ontwikkeling in die rugby-pyplyn.” Neil de Klerk (Uitvoerende Hoof van GWK Groep Bemarking en Kommunikasie)

Dié jaar het Standard Bank ‘n geweldige bydrae tot die sukses van die toernooi gelewer deur borge en betrokkenheid op alle vlakke. Die sportklerereeks Xco Group het verder bygedra deur klere vir die spelers te borg. Leerlinge wat deel is van die spanne kom uit verskillende agtergronde en vir baie van hulle was die toernooi ‘n eens-in-‘n-leeftydgeleentheid met spelers in elke span wat nog nooit vantevore so ‘n geleentheid gekry het, of selfs al ooit uit hul tuisdorpe gereis het nie. Net in die spanne van Logan was daar ‘n totaal van 41 spelers wat vir die heel eerste

keer ‘n toernooi soos hierdie bygewoon het, terwyl 35 Noordelikes-spelers ook vir die eerste keer die geleentheid gekry het. Die toernooi word op ‘n roterende basis in verskillende areas aangebied, wat ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die plattelandse dorpe in die gebied beteken. Daar word groot werk gedoen deur die Griekwaland-Wes Hoërskole Rugbyvereniging (GWHR) wat die reëlings behartig en verseker dat elke jaar se toernooi vlot verloop. Hierdie jaar se toernooi was uiters goed gekoördineer deur die verteenwoordigers van die GWHR en Hoërskool Duineveld, wat baie moeite gedoen het om ‘n onvergeetlike ervaring vir die spelers en toeskouers te skep. Die seuns is bederf met daaglikse Spur-etes en die toernooiprogram is ook saamgestel om die manne opgewonde te hou. Bont ligte, ‘n braaivleis- en kosstalletjie en die béste klanktoerusting is die Dinsdagaand staangemaak op die B-veld, reg

19


vir ‘n optrede deur Die Heuwels Fantasties. Dié groep het, as deel van GWK se voorafbemarking vir Bietjie Hoop, wat binnekort vrygestel word, die toernooi bygewoon om ‘n energie-gelaaide vertoning vir die spanne te lewer. Ná ‘n aand van sing en dans het die spanne op Woensdag, 5 Julie, vir oulaas saamgetrek om dit in die finale teen mekaar uit te spook. Kimberley het uiteindelik as die o.15-wenners geseëvier in ‘n finaal teen Oranje, met ‘n telling van 27-0. Die naelbyteindstryd vir die o.17’s was tussen Suid-Vrystaat en Oranje, waar Oranje

in die tweede helfte die oorhand gekry het en gemaklik met 47-17 gewen het. Vir elke wedstryd wat plaasgevind het, is ‘n Man van die Wedstryd aangewys met ‘n prys wat daarmee saamgaan. Keurders het op dié toernooi ‘n GWK Griekwa-span vir elke ouderdomsgroep gekies om die Noord-Kaap te verteenwoordig op die Rhino-week, waar spanne uit verskeie provinsies teen mekaar meegeding het. “GWK en ons vennote sien uit daarna om hierdie toernooi elke jaar verder uit te brei en bly belê in ons jeug en

die gemeenskappe waar ons besigheid doen,” sê de Klerk. Dit is vir hom verblydend dat die seuns wat elke jaar aan die toernooi deelneem, ons boere-handelsmerk met soveel trots dra. De Klerk vertel verder hoe hy een jaar in ‘n vakansiedorp, ‘n rukkie ná die toernooi, ‘n speler raakgeloop het wat sy toernooi-trui gedra het. Hy het die tiener gevra watter rugbytrui dit is, waarop die seun geantwoord het dat dit een van die GWK Streekspanne Rugbytoernooi se truie is. “Nou wie is GWK?” “Dis die boere, Oom.”

Wyshede by die toernooi: “Jy is presies waar jy moet wees.” beplan ons om vir 16 rugbyspanne, hul afrigters en spanbestuurders te sorg by die GWK Streekspanne te sorg? Ons gebruik vir slegs één koshuis wat sowat drie spanne huisves: 35 brode 3 sakke Cornflakes 4 groot bokse Weetbix 20 liter melk 330 eiers 100 sappies 4 x 5 liter sapkonsentraat 5 kg suiker 1 kg margarien 2 blikke konfyt (500g) 2 groot bokse hoender- viennas 2,5 groot bokse cheesegrillers 1 x A10 Tamatie-en-uie 1 x A10 tamatiepuree Sakkie vars tamaties 2 x 2,5 kg mieliemeel 150 kwarthoenders 200 stukkies boerewors 3 bokse pampoen 5 kg rys 25 x 2 liter Coke 104 pizzas 1 baal toiletpapier

20

Charl Janse van Rensburg (Landbouspesialis, Standard Bank)

“As jy lag, is jy sag.” Stefan van Wyk (Voorsitter van Oranje-unie)

“Met die jaarlikse groei in die toernooi is ons bly om te kan sien dat die belegging wat ons in ons jeug maak, duidelik ‘n groot verskil maak in die lewens van hierdie jong manne.” Polla Steenkamp (Ondervoorsitter, Griekwa Hoërskole Rugby)

“Koshuisbrood maak ysters groot en ons binnekant is ons goeie kant.” Fillip Venter (Voorsitter, Griekwa Hoërskole Rugby)


Die GWK-rugbyspan wat gekies is om aan die Rhino Week deel te neem.

Die Heuwels Fantasties het die koue aand opgewarm.

21


Landzicht Hein Janse van Rensburg

Wingerdwenke Van Junie tot September word die volgende oes op die wingerdstok voorberei en daarom is dit belangrik om te weet dat Augustus die maand is waarin die voorbereiding vir volgende jaar se oes getref word. Snoei is die belangrikste arbeidsinset wat jaarliks uitgevoer word by wyn druiwe. Dit bepaal nie net die kwantiteit nie, maar ook kwaliteit van die volgende seisoen. Maar benewens snoei is daar nog ‘n paar aksies wat die kwaliteit sowel as kwantiteit van die oes kan verbeter. Hierdie wenke moet gesien word as ‘n “ruggraat” waarvolgens beplanning gedoen kan word.

Augustus Kalibreer spuitpomp. Die ideaal is om die laaste snoei in een aksie so laat as moontlik, ongeveer 3 - 4 weke voor bot, te voltooi. Wingerde in ryp-sensitiewe gebiede kan finaal stompgesnoei word by oogswel. Indien daar dekgewasse is, moet dit verkieslik platgemaak word deur te sleep. Die maak van plantgate vir die aanplant van nuwe stokkies moet gedoen word waar die grondwatertoestande dit toelaat. Gee goeie besproeing op alle blokke sodat die profiel by bot minstens 85% versadig is. (Dit hang af van grondtipe en besproeingstelsel. Kontak jou landboukundige indien daar enige onsekerheid is.)

September Plaas inboet-wingerdstokke in plastieksakke wat gebruik kan word vir inplant in jong gevestigde wingerde. Begin met voorkomende bespuiting teen swamsiektes soos Oidium en Donsige Skimmel vanaf 5 - 10 cm lootlengte (veral ná ons nat seisoene van 2016/2017). Sorg dat die grondprofiel by optimale vog is voor bot. Maak gebruik van grondwater- en plantmoniteringshulpmiddels. Dien bemesting toe volgens beplanning tydens bot. Indien gesuier word, begin wanneer die lote tussen 15 – 20 cm is omdat dit die mees koste-effektief is, en plant sal dan kompenseer. Dit beteken minimum impak op oesgrootte. Onkruidbeheer moet verkieslik slegs op die bankies gedoen word en indien daar meerjarige probleemonkruide voorkom, soos kweek- en kiesieblaar, moet dit met kolbehandelings beheer word. Vir navrae, kontak gerus vir Hein Janse van Rensburg by heinjvr@gwk.co.za.

22


Enjoy the show, we’ll do the rest. Proud sound, audio visual, lighting and staging supplier to GWK.

Sean Bezuidenhout 072 432 0883 | info@eventcon.co.za

TECHNICAL AND EVENT INFRASTRUCTURE SPECIALISTS 23


GWK Agri Landboukundige Dienste Jo-Mari Bredenkamp

DIE PRODUSENT EN ESKOM: Is sonkrag die uitweg? (Deel 2) Sedert Eskom in 2007 begin het om tariewe te verhoog, het OUTA (Organisation Undoing Tax Abuse) bereken dat energiepryse sedertdien met meer as 500% toegeneem het. Volgens Ted Blom, OUTA se energiedirekteur, was OUTA teleurgesteld dat Nersa (Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika) nie méér gedoen het om verbruikers te beskerm teen oormatige tariefverhogings nie. Blom waarsku ook dat hoër energiekoste 'n afwaartse spiraal in aanvraag tot gevolg sal hê en dit kan lei tot die einde van Eskom se vermoë om homself te onderhou. Dit gaan nie net oor die vermindering in Eksom-kraggebruik nie, maar ook omdat hy heeltemal te duur betaal vir steenkool wat van steenkoolmyne aangekoop word. Munisipaliteite genereer ‘n groot inkomste uit die herverkoop van

24

Eskom-krag aan besighede, huise en ander instellings. Statistics South Africa toon dat sowat 30% van totale munisipaliteitinkomste in 2015 uit kragverkope gegenereer is. In Junie 2017 het munisipalteite Nersa gesmeek vir hul eie tariefverhoging omdat die munisipaliteite ‘n afname in kragaankope onderneem as gevolg van die groot toename in tariefverhogings van Eskom. Kaapstad se kragaankope was die laagste sedert 2006. Eskom beplan ‘n 19,9%-styging in sy tariewe vir die 2018/2019-boekjaar en dat munisipaliteite van 1 Julie 2018 27,3% meer vir kragaankope moet betaal. Maar dis nie al nie, Eskom het ook aansoek gedoen om meer van sy sake geheim te hou wanneer hy aansoek doen om kragtariewe vir die volgende boekjaar te verhoog. Met dié in ag geneem, word produsente en selfs


Sonkweekhuisverwarming gewone verbruikers gedwing om self iets aan die saak te doen. Wat kan ons doen hieromtrent? Ons sal gedwing word om meer staat te maak op alternatiewe vorme van kragvoorsiening. Die hoeveelheid sonenergie wat die aarde bereik is enorm. Die wêreld se energiereserwes wat in olie, steenkool en natuurlike gasse gestoor word, is gelykstaande aan die energie van net 20 dae se sonskyn. Sonkrag word meestal gebruik om elektrisiteit en warm water te genereer, maar as dit reg gebruik word, kan die energie van die son aangewend word om baie nuttige funksies in ‘n boerdery te vervul. Die volgende vyf voorbeelde is aanduiding van hoe produsente sonkrag vir ander meer nuttige funksies op die plaas kan gebruik: Sonaangedrewe sensors Die versameling van belangrike data vir meer optimale groei of voldoende watervoorsiening is ‘n belangrike deel van ‘n boerdery. Wanneer sensors oor ‘n groot oppervlakte grond opgestel word, is dit dikwels moeilik om ‘n nettoevoer na die sensor-node te gelei. Draadlose (wireless) sensor-nodes bied ‘n kort oplossing, maar dit is dikwels ongerieflik en tydrowend om die batterye gereeld te vervang. Sonkrag-sensortegnologie bied ‘n maklike en koste-effektiewe manier om data in te samel en die landboutoepassings vir hierdie sensors is beduidend. Deur die bepaling van neerslag, grondvog en vlakke van sonlig, kan water maklik gereguleer word. Elektroniese merkers op vee kan dit moontlik maak om die voeding en water van die diere te monitor en beheer. Sonkrag-heininglaaiers Boerderye met lewendehawe benodig heiningoplossings wat effektief, aanpasbaar en betroubaar is. Elektriese heinings wat deur sonkrag aangedryf word, is perfek, of dit nou vir roetes of permanente installasie dien. Sonkragheinings is vinnig besig om ‘n koste-effektiewe en gerieflike komponent van boerdery te word. Installasie is maklik, wat dit ‘n perfekte doendit-self-projek maak.

Berekening gedoen in 2011 het getoon dat die landbousektor verantwoordelik is vir ongeveer 12% van die totale globale kweekhuisvrystellings. Dit plaas boerderye as die wêreld se tweedegrootste vrysteller ná die energiesektor. Gebaseer op hierdie statistieke word baie klem op die belangrikheid van sonkrag binne boerderye geplaas. Sonkrag-feite toon dat buiten die paneelproduksie, geen kweekhuisgasse vrygelaat word nie, wat dit een van die belangrikste dryfkragte agter sonkrag en dit die gewildste groenenergie-keuse maak. Tradisionele kommersiële kweekhuise maak dikwels gebruik van gas- of olieverwarmers om konstante temperature te behou. Sonkweekhuise versamel en stoor sonenergie gedurende sonnige dae, wat dit moontlik maak om die hitte te gebruik gedurende die nag en op bewolkte dae. Sonaangedrewe voertuie Terwyl sonaangedrewe voertuie nog relatief ongewoon is in die landbou, kan dit in die nabye toekoms aansienlik verander. Trekkers is oor die algemeen diesel-aangedrewe, wat nie net bydra tot aardverwarming en lugbesoedeling nie, maar ook gronden grondwaterbesoedeling deur dieselverspilling. Elektriese voertuie wat deur hernubare energie aangedryf word, kan die oplossing wees, met navorsing wat toon dat landbou-elektriese voertuie elke jaar ‘n gemiddeld van 23,3 ton kweekhuisgasse vrystel. Sonkrag-besproeiing Fotovoltaïese (PV) waterpompstelsels word ál meer gewild, veral in areas sonder bestaande kraglyne. Die basiese stelsels dryf die pompe direk wanneer die son skyn en verseker dat hulle die hardste werk in die warm somermaande wanneer hulle die meeste benodig word. Sonbesproeiingstelsels is baie betroubaar en kosteeffektief, en vereis min onderhoud. Hulle grootte en installering kan maklik aangepas word om aan die produsent se gewenste behoeftes te voldoen. Hoewel kleiner stelsels nie batterye benodig nie, mag groter pompstelsels hulle wel insluit, saam met omkeerders en dophouers om die son te volg.

25


Om meer uit te vind oor die gebruik van sonkrag vir besproeiingdoeleindes, was ‘n onlangse besoek aan ‘n produsent in die Douglas-omgewing baie insiggewend. Hy het besluit om eers net twee pompe om te skakel na sonkrag. Sy besluit was gebaseer op die drastiese stygings in Eskom se kragtariewe. Hy het uitgebrei op sy besluit en die impak daarvan. Die proses: Hy het eerste ondersoek ingestel oor die koste per Watt vir sonkrag en die verwagte toekomstige koste van Eskomkrag per Watt. Hy ook die aantal kW wat per jaar deur die elektriese motors van die pompe gebruik word, bepaal. Die projeksies het toe getoon dat indien hy die elektriese motors omskakel na sonkrag, die projek homself binne nege jaar behoort terug te betaal. Dit sluit die feit in dat die motors min of meer drie maande van ‘n jaar nie gebruik word nie. Die stelsels is opgetel uit navorsing oor die prosesse wat gevolg kan word om gelykstroom oor te skakel na wisselstroom vir die pompe, sonder om in te meng met die voorsiening van Eskomkrag. Die motors is al ses maande op hierdie stelsel en die data lyk baie belowend vir die projeksies wat hy gedoen het. Die monitering van die stelsels: ‘n Gelykstroommeter word gebruik om die kW-ure van die sonkragaanleg na die motors toe te monitor. Hierdie meter is per simkaart gekoppel aan die nodige sagteware om elke sekonde die lesing van die meter deur te gee. Die produsent kan dus daagliks sien hoeveel kW-ure die sonkragaanleg opwek en die daaglikse besparing van die projek bepaal. Die nodige sekuriteit: Die sonkragaanleg is toegespan met ‘n elektriese heining om moontlike diefstal te verhoed. Die herstel en onderhoud van die stelsels: Die instandhouding van die sonkragaanleg is minimaal. Onkruid wat onder die panele groei, is die enkel grootste probleem. Hy gaan egter maandeliks al die kabels en veiligheidskakelaars

26

na ten einde te verseker dat alles nog reg werk. Die afbetalingsvermoë van die projek: Die projeksie van nege jaar lyk na ‘n maklik bereikbare moontlikheid. Aangesien hy die motors gedurende ‘n 12 maande-periode baie wisselvallig gebruik, sal die presiese terugbetalingsvermoë eers ná een jaar se monitering bevestig kan word. Die produsent lê ook klem op die feit dat, weens die onlangse afname in die koste van sonpanele, nuwe projekte hul selfs in sewe jaar al af kan betaal. Soos Eskom sy tarief verhoog, sal dit die afbetalingsvermoë van die sonkragprojekte verder bespoedig. Positief oor die belegging: Die produsent sien die belegging in sy sonstelsels as baie positief. Sodra die motor oorskakel na sonkrag, word elke kW-uur wat die motor sonkrag ontvang van daardie dag af vrygestel van enige toekomstige prysverhogings in energie. Aangesien hierdie sonkragstelsels ‘n 30 jaar-lewensverwagting het, maak dit volkome sin om jou uurlikse energie koste vir 30 jaar en verder te vries. Enige waarskuwings/raad aan produsente wat ook die projek wil aanpak: Neem in ag dat die sonstelsel ongeveer ‘n 15% - 20% verlies het in opwekking volgens die grootte waarvoor hy opgestel is. Byvoorbeeld: ‘n 100 kW per uur stelsel sal soms net 80 kW per uur lewer weens hitteverliese en interne komponentverliese. Maak seker dat jou sonstelsel geensins met die voorsiening van Eskom inmeng nie, tensy die nodige prosesse en stappe vir goedkeuring deur Eskom gevolg word. Daar is gevind dat dit tans ‘n baie moeilike en omslagtige proses is. Dié spesifieke sonstelsel werk dus geensins parallel met die voorsiening van Eskom nie en is geensins ‘n “terugvoer na Eskom”-stelsel nie, maar slegs ‘n eie voorsieningstelsel, losstaande van die Eskom-netwerk. Kennis moet ook geneem word dat hierdie stelsel jou geensins 100% losmaak van die gebruik van

bykomende Eskom kW-ure nie. Daar is dus steeds ‘n Eskom-verpligting maandeliks, maar die besparing is voldoende om die stelsel terug te betaal. Nodige aanpassings op die plaas om die sonkrag te vergesel: Dis baie belangrik om jou boerderypraktyke so aan te pas dat die motors maksimaal gebruik word gedurende sonlig-ure. Sommige maande van die jaar is daar van die motors wat 24 uur per dag loop. Dit is natuurlik gedurende hierdie tye dat die sonkragstelsels tot sy volle reg kom. Gedurende die koeler maande of afhangende van die tipe gewas wat geplant is, moet die produsent egter poog om deur sy skedulering te kom gedurende sonlig-ure. Verdere sonkrag-uitbreiding: Die stelsel is motor-spesifiek, wat beteken die produsent is in ‘n gemaklik posisie om die motors te identifiseer wat in die meeste kWure werk per jaar en dan daardie motors een vir een oor te skakel na sonkrag. Daar hoef dus nie eenmalig ‘n groot sonkragaanleg opgerig te word wat enigsins met die grootte van die Eskom-transformer verband hou nie. Soos genoem, is die stelsel losstaande van die Eskom-netwerk en word slegs per motorgrootte opgesit. Motors wat baie goed presteer op hierdie stelsel is natuurlik dreineringsmotors aangesien hulle ook baie ure werk deur die jaar. Dié produsent glo dat hy dit baie sterk sal oorweeg om nog motors oor te skakel soos hy meer en meer data ontvang. Dit bly natuurlik ‘n groot aanvanklike kapitale uitleg, maar indien elke motor sy eie krag-onkoste terugbetaal, is dit nie meer ‘n winsgewendheidsbesluit nie, maar slegs ‘n finansieringsbesluit. Die beste raad uit die artikel is dat jy as produsent of verbruiker jou somme mooi doen, besluit of jy hierdie finansieringsbesluit gaan oorweeg om in die toekoms die vrugte te pluk, met die oog op waarskynlike Eskom-tariefverhogings in die toekoms.


Noord-Kaap, kom ontmoet die 9RX Trac-trekker. GWK Meganisasie stel ‘n reeks nuwe John Deere- toerusting bekend om jou boerdery nĂłg makliker te maak. 9RX Trac-trekker 8345R Trac-trekker 8345R Wheel-trekker 5E Reeks-trekkers 6M Reeks-trekkers FX Planter 4730 Selfaangedrewe spuit 500R Rotary Platform

Dit gaan iets wees om te sien.

GWK Meganisasie Bekendstelling en demonstrasie: 28 September 2017 op Eldoreen (plaas) Gassprekers en groot pryse te wen Vir navrae, kontak Vos Botha (071 680 2796) of Elsabe Buys (053 298 8407)

27


Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.

43

28


29


GWK Agri Irrigation Leana Bezuidenhout

Valley ICON:

Pivot control at your fingertips Valley,

the irrigation technology leader, brings you the smartest pivot control available today with the new Valley ICON series of smart panels. The Valley ICON series has a solution for every need. Whether you’re buying a new pivot, upgrading your existing panel or changing over from another brand of pivot, you have the advantage of operating an intuitive, fullcolor touchscreen interface. GWK’s Valley agents now offer farmers access to this world class technology, with two panels from the ICON series being made available in the GWK area: ICON5 and ICON10.

Why Valley ICON? Valley sets the benchmark in defining industry standards. That is why every Valley ICON smart panel is equipped with the technology that is important to you: Cable theft monitoring through AgSense ICON Link or BaseStation3™ GPS Position ready Full-colour touchscreen display Customizable home screen The ICON panels offers easy touch-

30

screen operation. Whether you’re on a smartphone, a tablet or right at the pivot, you now have simple, intuitive control at your fingertips. No more formulas or multiple steps to remember, because the easy touchscreen guides you through control in simple fashion. Technology that was once complicated has just become easy. All Valley ICON control panels feature easy-to-use graphical user interfaces. The intuitive nature of the screen setup allows for quick entry of commands and settings. The pivot menus and dashboard allow for easy navigation and at-a-glance status identification. All ICON panels are AgSense enabled and come equipped with AgSense ICON Link. ICON Link provides seamless control and monitoring of your pivot through the AgSense app or

desktop interface. BaseStation3 connection is also possible with a minor hardware change. This leading-edge technology allows growers to drive to the edge of the field and connect via WiFi to ICON10 or ICON1 smart panels using any tablet or smartphone device through the Valley ICON app. You’ll


easy-to-understand screens and icons. The ICON10 makes pivot control fast and easy. save time, reduce wear and tear on your vehicles, and stay out of inclement weather. Valley ICON5: Big technology on a compact screen The ICON5 puts all your menu functions at the forefront. With simple, easy, soft-touch buttons and a touchscreen interface at the pivot point, you can control your center pivot with effective precision. Valley ICON10: The features you want, the quality you expect

Full-colour touchscreen display Intuitive user interface AgSense Enabled – AgSense ICON Link installed standard BaseStation3 compatible Variable rate irrigation (VRI) capable Cable theft monitoring ICON panels can be controlled through your phone or tablet with the use of the AgSense app. For more information on this new product, contact our experts: Willie Wiggett 083 449 0958 williew@gwk.co.za

uppe marketing A15486

Entering commands and programs with the Valley ICON10 is simple and easy with the 10-inch full-colour touchscreen display. The intuitive graphical user interface shows the “real-time” status of the center pivot through

Key features included in both ICON5 and ICON10:

Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Kultivars DKC61-90 DKC62-84R DKC62-80BR GEN DKC63-53 DKC64-54BR DKC64-78BR GEN DKC65-52BR

Groei jou wins natuurlik met DEKALB®-mielies! DEKALB® spog nou met nuwe mieliebasters wat by uitstek geskik is vir besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO

31


GWK Agri Handel Leana Bezuidenhout

GWK HANDEL MAAK DIT MAKLIK OM TE JAG GWK Handel op Douglas en Prieska bied ‘n diens aan kliënte in die omgewing waarvoor hulle normaalweg ver sou moes ry. Die Noord-Kaap is bekend vir sy gewildheid tydens jagseisoene en daarom is die jag- en ammunisie-afdelings in dié handelstakke so gewild. “Die afdeling in Prieska is nog besig om te groei en die grootste verskeidenheid voorraad word op die oomblik nog in die Douglas-tak aangehou,” sê Louis Nel, Takbestuurder op Douglas. “Ons hou ‘n groot reeks jaggewere aan, haelgewere, semioutomatiese gewere en handwapens. Kliënte wat self patrone herlaai, kan ons besoek vir doppe, punte, kruit en alles wat hulle nog sal benodig.” Nel sê verder dat enigiets wat ‘n jagter moontlik nodig sal kry, hiér te koop is. Produkte sluit ‘n verskeiden-

32

heid teleskope, verkykers, afstandmeters en kluise in. Messe deur handelsmerke soos Kershaw, Buck, Leatherman en Victorinox is ook beskikbaar. “Ons hou ook ‘n groot reeks GAMMO-windbukse en patrone aan,” sê Nel. “Dit wat ons nie in voorraad het nie, kan ons vir kliënte bestel.” Vir Nel is die gehalte van die produkte wat hulle aanhou, van groot belang. Geweer-handelsmerke in hierdie jag-afdelings sluit onder meer in: Sako Tikka Howa Remington CZ Beretta (Silver Pigeon) Glock Taurus

Die gewilde teleskope wat aangehou word, is byvoorbeeld Lynx, Leupold, Swarovski, Burris, Vortex en Nikon. Nel sê dat uitbreidingsgeleenthede vir jag- en ammunisie-afdelings op die oomblik ondersoek word by onder meer die Kimberley- en Luckhoff-handelstakke en dat hulle fokus op ‘n groei in markaandeel. Kopers wat belangstel, selfs al is hulle buite GWK se primêre bedieningsgebied, kan navrae doen deur ‘n e-pos te stuur na eddiedt@gwk.co.za of celiah@gwk. co.za, of hulle kan die span skakel by: 053 298 8447/8409 of 083 329 2733 (Eddie du Toit) of by 053 298 8297/072 995 0084 (Celia Harms).


GWK Handel: Jag en Ammunisie

R 15 499,99

R 28 399,99

Winchester model XPR-Combo 270

Beretta Silver Pigeon Field 1

R 11 969,99

R 24 499,99

Glock G19 GEN4 9 mm

Ruger M77 6.5 Creedmoore VT

R 11 399,99

R 19 999,99

Steyer M A1 9X19 Pistol 2+17RN

Tikka T3 RH 270 Win Var NS 5RD

*Pryse sluit BTW in

Kontak: Eddie du Toit: 083 329 2733 of 053 298 8447/8409 Celia Harms: 072 995 0084 of 053 298 8297 Bepalings en voorwaardes: Vervoer van alle produkte is vir die kliĂŤnt se rekening. Betalings sal eers in GWK se rekening inbetaal word vir teboekstelling, dan sal SAP271 en SAP350B ingevul word en per geregistreerde pos gestuur word om aansoek te doen vir lisensie.

33


Advertensie Tony Cahi is baie opgewonde om een van die eerste dorperveilings aan te bied waar alle diere se BLUP-waardes in die katalogus ingesluit sal word (prestasiegetoetsde veldramveiling uitgesluit). Dié veiling waarborg diere uit een van die oudste witdorperstoete wat prestasiegebaseer is en aan jare lange seleksie onderworpe is. Die kudde is baie geslote en hoofsaaklik eie ramme word gebruik. Die seleksie van diere is gebaseer op hul aanpasbaarheid op die veld, met klem op lyfvet en uitstekende reproduksie onder natuurlike omstandighede. Die skaap is nie skou-geöriënteer nie, maar daar word eerder gefokus op groter, langer beenskaap en nie oormatige bespiering en vleis aan die agterkwart nie. Ons sien uit na ‘n suksesvolle veiling van hoë-gehalte diere, in samewerking met Rikus van der Merwe van Westfront Dorperstoet en Hendri van Wyk van Nuwerust Dorperstoet.

34


GWK Agri Leana Bezuindehout

#BietjieHoop

neem die internet oor Ons

het van die begin af geweet dat ‘n liedjie vir landbouers ‘n treffer sal wees. Dit is iets wat sáák maak. Ons is wel bitter aangenaam verras dat Bietjie Hoop só vinnig by sóveel mense aanklank gevind het. Ons almal moet eet en ons almal het soms net ‘n Bietjie Hoop nodig. Maar soos die lirieke sê, ons kla nie.Hierdie liedjie is nie ‘n treurmare opgedra aan mense in landbou wat swaarkry nie. Dit is ‘n liedjie wat die positiwiteit, ywer en geesdrif van die landbougemeenskap vier – ten spyte van moeilike omstandighede. Die liedjie en die video los ‘n hoendervleisgevoel van opgewondenheid en hoop oor jou vel, en nou kan ons bevestig dat die res van Suid-Afrika dieselfde voel.

“Dankie vir die video! Dis sulke klein goedjies wat vir ons boere weer ‘n smile op die gesig sit en herinner dat daar nog mense is wat omgee!” – Madeleine van den Hever (Facebook)

35


Sedert die video op sosiale media bekendgestel is op 3 Augustus, is dit reeds meer as 100 000 keer gekyk en sowat 2000 gedeel. Die radiostasies en ander media het die boodskap verder gedryf deur onderhoude met GWK en Die Heuwels Fantasties. GWK glo dat die storie van landbou en sy mense so wyd as moontlik vertel moet word en deur dit met musiek te kombineer, het ons weer buite die boks gedink aan nuwe maniere om met mense te kommunikeer. Ons sal nie stilstaan nie en aanhou om almal bewus te maak van dit wat ons glo: dat elke boer, elke plaaswerker en elke persoon wat ‘n positiewe bydrae tot die landbou lewer, helde is.

“Julle laat my verlang na die karoo. Om koffie in die skaapkraal te drink saam met jou Pa.” - Elize van der Merwe (Facebook)

“What a beautiful tribute to a special family!” - Alwene Ford (Facebook)

“Dit is fantasties mooi. Well done GWK en Heuwels Fantasties!!!” - Hanlie Janse van Rensburg (Facebook)

36

“Ek's versot hierop! En salueer elke boer. Hulle hou nooit op hoop nie.” - Alta Haarhoff (Facebook)


37


GWK Agri Landboukundige Dienste André Prins

Veranderlike bestuur vir optimale produksie: Die rol van navorsing Gewasproduksiestelsels was baie suksesvol om opbrengs te verhoog deur die gebruik van genetiese ontwikkeling, chemiese produkte, besproeiing en toerusting. Boerdery bly egter onder konstante kostedruk en optimale bestuur is belangrik. Presisieboerdery-konsepte het gehelp met die ontwikkeling van geografies-georiënteerde data soos opbrengskaarte, grondvrugbaarheidskaarte en satellietbeelde. Die vraag is dus of hierdie inligting verder gebruik kan word om produksie te optimiseer. GWK Gewasnavorsing het begin met die evaluering van langtermyn data in aanbevelings om die effektiwiteit van insette te verseker. Daar is egter ’n hele paar uitdagings verbonde aan die konsepte, en besluite oor watter basis gebruik moet word, is noodsaaklik. Die inset wat die maklikste is om te bestuur, is waarskynlik grondvrugbaarheid. Gronde word op ’n roosterbasis gemonster en aanbevelings vir regstellings is gemaak (sien Figuur 1). Hierdie regstellings kan deur veranderlike toerusting voor plant toegedien word. Daar word egter gevind dat die rendement op die regstellings oor ’n langer termyn is en die korrelasie met opbrengs nie altyd duidelik sigbaar is nie. ’n Volgende stap is om opbrengsmonitordata te gebruik om bestuursones te skep vir bv. veranderlike stand en voor/met plantbemesting.

38

Waar begin die bou van bestuurssones? Een van die maklikste basisse vir bestuursones is vanaf opbrengsmonitorkaarte. Vir hierdie doel is minstens drie jaar se goeie gehalte data nodig. Baie produsente gebruik opbrengsmonitors maar die gehalte van die data is swak weens dele waar die monitor nie aangeskakel is nie, verskillende monitors word op een spilpunt gebruik en die kalibrering van die monitors verskil. Probleme word ook ondervind op dele waar veranderinge op die land gedoen is bv. verskillende kultivars, bewerking of bespuitings. Dit is dus baie belangrik dat die produsent deel is van die aanvanklike evaluering van die data. Probleme soos areas waar die stroper gestaan het (baie hoë opbrengs) of waar hael of siektes ‘n invloed gehad het (lae opbrengs) kan uitgeklaar word. Dit is ook belangrik dat die stroperspoed tydens oes so konstant as moontlik gehou word om enige afwykings wat mag ontstaan, uit te skakel. Multijaar opbrengs-ontledings Programmatuur wat gebruik word vir die verwerk van opbrengskaarte kan gebruik word in die verwerking van die langtermyn data. Die basis wat GWK gebruik, is om die data na sta-

biliteitskaarte te verwerk. Die stabiliteitskaarte behels die opbrengs per “sel” (gewoonlik 9,14m x 9,14m soos vanaf stroperdata) genormaliseer word na 100% van die land se gemiddelde opbrengs vir die afsonderlike jaar. Hoë opbrengssones kry dus ’n waarde bo 100 met lae opbrengssones onder 100. Die gemiddelde relatiewe waarde en die koëffisient van variasie word vir elke sel bereken en ’n verwysing word aan elke sel toegeken. Verwysings kan wissel tussen onstabiel, laag en hoë opbrengs-stabiliteit (sien Figuur 2). Onder normale toestande word gevind dat die verwysings in sones (bestuurssones) gegroepeer is. Ná die groepering is dit belangrik om te besluit wat die opbrengs in die sone beïnvloed het. Die inset van die produsent is nou van kritiese belang. Indien sones uitgeklaar is, kan dit vir verdere bestuursbesluite gebruik word. Is daar ander metodes vir die bepaal van bestuursones? ’n Belangrike deel van die besluitneming is die hoogte en helling van die sone. Inligting word tans verwerk vanaf die hoogtes soos op die opbrengsmonitor, maar die akkuraatheid is soms onder verdenking. Langtermyn NDVI-satellietbeelde soos verskaf deur GWK Presisieboerdery kan met sukses gebruik word in die


Figuur 1: Grondregstellingskaart vir MAP gebaseer op grondontledings.

bepaal van bestuursones. Die nuutste ontwikkeling is om die tiendaagse sentinelbeelde te gebruik om verskille op die land te monitor en in die seisoen aanpassings te maak. Die inligting verkry van “drones” is egter moeiliker om te gebruik. Hoewel die data geografies verwys is, is meeste van die data losstaande beelde en kan dit nie as ’n enkellaag in die verwerking van die data gebruik word nie.

Figuur 2: Stabiliteitskaart vir koring.

Waar kan bestuursones gebruik word?

Figuur 3: Evalueer van Stabiliteit na veranderlike toedien van saad en met plant kunsmis op opbrengs van mielies

Konsepte wat reeds geëvalueer is, sluit onder meer die volgende in:

b) Bemesting: Twee konsepte word gebruik, naamlik 1) om grondvrugbaarheid, gebaseer op grondontledings en stabiliteit veranderlik reg te stel, en 2) veranderlike met plantbemesting. Hier word dieselfde konsep as by stand gebruik om verskillende vlakke van bv. Superior 2.3.2(35) Zn toe

70.00 60.00 Persentasie van punte

a) Plantestand: Die relatiewe opbrengs per sel kan gebruik word om die potensiële opbrengs van die sones te bepaal en die stand hiervolgens aan te pas. Hierdie konsep het egter nog baie vrae, soos of stand op “lae” stabiliteit verhoog of verlaag moet word. Die konsep sal deur volgehoue navorsing ontleed word.

50.00 40.00 30.00 20.00 10.00 0.00 2014 Onstabiel

2015 (VRA) Laag

Hoog

Figuur 3: Evalueer van stabiliteit na veranderlike toedien van saad en met plantkunsmis op opbrengs van mielies

39


te dien. Is die gebruik van bestuurssones ekonomies regverdigbaar onder besproeiingstoestande? Besproeiingstoestande, waar ’n groot deel van voeding deur spilpunte toegedien word, kan baie opbrengsverskille verberg. GWK Gewasnavorsing het egter reeds ’n aantal lande geëvalueer om veral na die verandering in stabiliteit te kyk (sien Figuur 3). In die afgelope seisoen het Albé Grobbelaar, van Aldogro Trust, hulp verleen met die aanplant van ’n proef waar binne elke spilpunt-toring ’n dubbelplanterwydte konvensioneel geplant is teenoor veranderlike toedien van stand en met plantbemesting op die res van die spilpunt. Hierdie is seker die eerste so ’n proef in die GWKbesproeiingsgebied en het baie waardevolle inligting gelewer. Die data van die opbrengsmonitor is verwerk en ’n positiewe reaksie is op die veranderlike insette waargeneem (sien Figuur 4 & Tabel 1 ). Uit Tabel 1 is dit duidelik dat die veranderlike toedien van stand en kunsmis ‘n positiewe voordeel ten opsigte van inkomste gehad het. Die voordeel was R3034/ha en R3116 met plantestand en kunsmis onderskeidelik (let op: pryse gebaseer op 2016-pryse). Samevatting Geografiese data het baie deure tot meer suksesvolle bestuur van insette en opbrengs oopgemaak. Die produsent moet egter verseker dat: a) Gehalte data beskikbaar is oor ’n termyn van minstens drie jaar b) Beperk veranderinge soos bv. kultivars op die spilpunt c) Data in “bruikbare” digitale formaat beskikbaar is d) Probeer stroop teen ‘n konstante spoed GWK Gewasnavorsing sal steeds bly fokus op die beste praktyke vir produksie en seker maak ontwikkeling bly op die voorpunt van die tegnologie. Dank aan Albé Grobbelaar (Aldagro Trust), Hannes Hattingh (Landboukundige Streeksbestuurder, GWK) en Johann Sounces (Landboukundige) vir

40

die ondersteuning met die ontwikkeling en evaluering. Bronne: Measures of yield stability and reliability; FAO Corporate Document Risk Management Potential of Precision Farming Technologies; J. Lowenber-DeBoer, 1999, Journal of Agricultural en Applied Economics, 31,2(August

Opbrengs

1999):275-285 Using Multi-Year Yield Analysis to Create Management Zones for VRS; Pioneer Using Multi-Year Yield Analysis to Create Management Zones for VRS; Precision Agriculture, University of Nebraska Cooperative Extension EC 04-704 Variable Rate Nutrient Application: Should I Consider It For My Farm?; Agriculture and Agri-Food Canada

Stand

Superior 2.3.2(35)

Figuur 4: Plantestand, met plant, kunsmis en obrengs van mielies met veranderlike toediening.

Kunsmis (kg/ha)

Ha

Opb(Gem) T.Insetkoste

Inkomste

“Wins”

350

4.04

19.23

R 10,178

R 225,264

R 215,086

300

11.16 19.01

R 24,098

R 615,369

R 591,271

250

6.34

18.22

R 11,409

R 334,938

R 323,529

21.54 18.82

R 45,684

R 1,175,570

R 1,129,886

R 32,445

9.16

R 19,780

R 483,226

R 463,446

R 30,584

Per Ha

Konvensioneel (300)

18.19

Per Ha

Stand (sade/ha)

Ha

Opb(Gem)

T.Insetkoste

Inkomste

“Wins”

70000

8.39

18.058

R 24,079

R 439,369

R 415,290

80000

12.63 19.232

R 38,868

R 704,410

R 662,984

90000

0.52

R 1,919

R 27,619

R 25,700

21.54 18.54

R 64,866

R 1,171,399

R 1,103,974

R 31,242

Konvensioneel (80000)

9.16

R 30,045

R 483,226

R 453,181

R 29,463

Superior 2.3.2(35) Zn

R 7,198

November 2016

Saad

R 0.041

Kostegids Mei 2017

Mielies

R 2,900

12/12/2016

Produksiekoste

R 20,011

Kostegids Mei 2017

18.315 18.191

Tabel 1: Ekonomiese evaluering van veranderlike toediening van stand en kunsmis.


GWK Agri SIDI Jason Sparrow

Kalium: ‘n Dinamiese katioon Inleiding Kalium (K) word gesien as een van die belangrikste essensiële plantvoedings-elemente wat noodsaaklik is vir volhoubare gewasproduksie. Behalwe vir stikstof, word kalium die meeste onttrek deur gewasse en saam met fosfaat vorm dit deel van die groot drie makro-elemente. Daar word na kalium deur baie wetenskaplikes verwys as die “kwaliteit-katioon” vanweë die integrale rol wat die element speel in die fisiologie van die plant. Tog word kalium baie onderskat deur produsente met die aaname dat kaliumvlakke voldoende is volgens grondontledings. In baie gevalle is kalium nie noodwendig so beskikbaar nie. Omdat kalium só dinamies en kompleks is, word die bespreking van kalium opgedeel in twee kategorieë. Eerstens fokus ons op faktore wat kaliumbeskikbaarheid beïnvloed, kaliumbeweging, asook opname-meganismes in gronde. Die belangrikheid van kalium as voedingselement ten opsigte van opbrengs en gehalte, asook die fisiologiese funksionaliteit op spesifieke gewasse, sal hanteer word in die volgende uitgawe. Kaliumbeskikbaarheid vir die plant word baie onderdruk veral onder besproeiingsomstandighede. In baie gevalle mag kalium dalk hoog ontleed en kan voorkom dat daar voldoende kalium in die grond is. Die realiteit is dat daar net ‘n fraksie van die kalium is wat wel beskikbaar kan wees vir opname deur die wortels. Kalium reageer anders in die grond as meeste voedingselemente soos byvoorbeeld stikstof en fosfaat. Die toediening van kalium is baie meer kompleks as net om op ontrekkingsyfers te werk en baie faktore moet in ag geneem word om ‘n effektiewe aanbeveling te kan maak. Kalium word net in die ioonvorm (K+) opgeneem deur plante en moet in die grondoplosing wees sodat opname kan plaasvind. ‘n Paar van die hooffak-

tore wat kaliumbeskikbaarheid beïnvloed is as volg: Dinamiese beweging en opname van kalium in gronde Klei-mineralogie en hoeveelheid Katioon-uitruilbare kapasiteit (KUK) Grondvog Suurstof Temperatuur pH Onderdrukking van ander katione soos natrium (Na) en magnesium (Mg) Teenwoordigheid van soute Kaliumsiklus en opname-meganismes in gronde Die kaliumsiklus word aangedui in Figuur 1 en dit kan gesien word dat die beweging van kalium ‘n dinamiese en komplekse proses is. Ongeveer 80% van die kalium word opgeneem deur die meganisme van diffusie. Diffusie beteken dat kalium van ‘n hoër konsentrasie na ‘n laer konsentrasie beweeg. Gewasverbouing onder ‘n besproeiingstelsel is ‘n onnatuurlike stelsel en dit kan die konsentrasie van kalium versteur, wat die effektiwiteit van die diffusieproses verlaag. Dus moet voldoende kalium toegedien word deur die groeiseisoen om kaliumkonsentrasies hoog te hou. Kalium mag dalk loog in baie sandgronde met baie lae klei-inhoud. In dié geval is dit ook voordelig om kalium nie vooruit te strooi nie en eerder deur die seisoen toe te dien. Die invloed van klei mineralogie en KUK Die tipe klei kan ‘n geweldige groot verskil maak ten opsigte van die beskikbaarheid van kalium en die vrystelling daarvan in die grondoplossing. Geologiese reekse wat in die

Noord-Kaap voorkom is die Dwyka- en Ecca-groepe en dié kan moedergesteentes soos micas en feldspars laat voorkom, wat uiteindelik natuurlik verweer na illitiese en vermikulitiese tipe kleiminerale. In hierdie soorte 2:1 tipe kleisamestelling word kalium deel van die minerale struktuur en dit kan veroorsaak dat kalium beweeg vanuit die grondoplossing na die kleimineraal, waar dit vasgelê word tussen die kleiplaatjies soos aangedui word in Figuur 2. Die katioon-uitruilbare kapasiteit van die grond word bepaal deur die hoeveelheid klei wat teenwoordig is. Die katioon-uitruilbare kapasiteit is direk gekoppel aan die klei-hoeveelheid, maar die tipe klei-mineralogie bepaal die desorpsie-tot-adsorpsieverhouding van die grond. Desorpsie is die beweging van die kalium-katioon van die uitruilkompleks na die grondoplossing, en die adsorpsie daarvan is die beweging van kalium uit die grondoplossing na die klei-kolloïede. In swaer gronde met dié tipe klei-mineralogie is die kalium-adsorpsietempo hoër as die desorpsie daarvan, en dus word die teenwoordigheid van kalium vir wortelopname minder. In hierdie tipe gevalle moet meer aandag gegee word aan die kaliumpersentasie versadiging op grondanalises as bloot net op die kaliumhoeveelheid. Figuur 3 gee ‘n skematiese voorstelling van hoe kalium vasgelê kan word onder verskillende klei-minerale. Besproeiingskedulering en die invloed op kaliumbeskikbaarheid Die konsep van hoeveel water toegedien moet word en wanneer, bly ‘n kardinale faktor in ‘n volhoubare besproeiingstelsel. Dit het onder meer ook betrekking op die effektiewe gebruik van voedingselemente. Figuur 4 toon hoe die opname van kalium

41


beïnvloed kan word deur grondvog en temperatuur. Die grafiek wys dat hoe kouer en droër die grond, hoe laer die opname van kalium deur die wortels. ‘n Verhoging van die twee parameters veroorsaak dus ‘n verhoging van kalium in die plant. Grondvog moet uiters fyn bestuur word, want as gronde te nat raak, word suurstof onderdruk. Die teenwoordigheid van suurstof is krities vir die gesonde groei en ontwikkeling van gewasse en die belangrikheid daarvan moet nie oorgesien word nie. Figuur 5 toon die invloed wat suurstof het teenoor die beskikbaarheid van kalium en fosfaat. As gronde versadig is, kan die kalium-opname met 63% verlaag. Die werk wat die GWK Presisieboerdery-span met hulle tegnikuste en landboukundiges doen, speel in fenomenale rol in volhoubare besproeiingsbestuur. Die onmisbare waardetoevoeging wat dié diens bied, sal ook ‘n groot bydrae kan lewer tot die optimale en effektiewe gebruik van voedingselemente in die grondoplossing.

Figuur 1: Die kaliumsiklus.

Korrekte interpretasie van grondontledings

Figuur 2: Vaslegging van kalium

Figuur 3: Kaliumvaslegging deur verskillende klei-minerale.

Figuur 4: Die invloed van grondvog en temperatuur op die opname van kalium

42

Grondontledings bly steeds een van die mees waardevolle instrumente om grond te evalueer en speel nog ‘n integrale rol in die opstel van ‘n optimale voedingsprogram. Dus is die wetenskaplik gegronde en korrekte interpretasie daarvan van kardinale belang om die regte aanbeveling te kan maak. Sonder om laboratoriums en ontledingsmetodes te diskrediteer, wil ons graag die volgende stelling maak met betrekking tot ‘n studie uit die VSA. Die temperatuur waarteen grondmonsters gedroog word, kan moontlik ‘n rol speel ten opsigte van die kaliumhoeveelheid op ‘n ammoniumasetaat-ekstrak. Figuur 6 toon die effek van die temperatuur waarteen grondmonsters gedroog word teenoor die kaliumwaardes. Dit wys dat hoe hoër die temperatuur waarteen die grondmonster gedroog is, hoe hoër die kaliumwaarde. Meeste laboratoriums in Suid-Afrika droog gronde teen 60˚C en dit word gesien dat die data-stel variëer tussen 25˚C en 50˚C. Dit wil voorkom dat die persentasieverskil op die kaliumanalise verhoog met die toename van die klei-inhoud tussen die vier gebiede waarin die proewe gedoen was. Een van die moontlikhede vir dié verskynsel kan wees dat die temperatuur ‘n fisiese krag is wat op die klei-minerale inwerk en dit veroorsaak die uitsetting van die kleiplaatjies. Dus word die verplasing van die kalium-katione wat vasgelê is, veroorsaak. Die ammonium-katioon (NH4+) van die ammoniumastetaat-ekstraksie wat gebruik word om die katione te verplaas, kan ook ‘n rol speel in die vrystelling van die kalium. Die ammonium-katioon het baie van dieselfde eienskappe as kalium en dit kan veroorsaak dat die ammonium-katioon die kalium verplaas sodat dit hoër ontleed as wat dit in werklikheid is. Figuur 7 bied ‘n skematiese voorstelling van wat kan gebeur in dié geval. Dit is betwyfelbaar of die gewasse se wortels hierdie kalium in die hande kan kry. Verdere navorsing moet nog gedoen word op die Nood-Kaapse besproeiingsgronde met verskeie laboratoriums om die Amerikaanse studie te verifiëer.


Die effek van soute, pH en ander kompeterende katione Elke produsent in die Noord-Kaapse besproeiingsgebied besef dat versouting en verbrakking ‘n realiteit is en die effektiewe bestuur daarvan van kardinale belang is. ‘n Produsent kan van twee tot agt ton soute toedien per hektaar per jaar, afhangend van die tipe watersisteem en gehalte wat gebruik word. Die verhoging in die elektriese geleiding (EG) van gronde sal die verlaging van die osmotiese potensiaal veroorsaak. Dié verlaging versteur die hele waterpotensiaalsisteem van die grond en dit sal die profielwatervoorsieningstempo in die rhizosfeer drasties vertraag. Dit beteken dat die versouting van gronde dus ons gronde droër maak. Dit is ook al vroeër bewys dat kaliumbeskikbaarheid verlaag soos gronde droër word, so versouting het ‘n indirekte invloed op die beskikbaarheid van kalium. Daar is ook ‘n meer direkte invloed van besproeiingswater op kaliumbeskikbaarheid. Dit is die byvoeging van ander katione, soos byvoorbeeld natrium en magnesium. Dit is al waargeneem dat natrium- en magnesiumvlakke verhoog wanneer kaliumvlakke verlaag in gevalle waar voorheen onbewerkte gronde ontwikkel word onder besproeiingstelsels. Die verskynsel skep ‘n katioon-wanbalans in die grond en die oorsaak is die onderdrukking van kaliumbeskikbaarheid in die grondoplossing. In so ‘n geval moet meer aandag gegee word aan die Na:K en Mg:K verhoudings op grondontledings. Die verhoudings gee ‘n goeie aanduiding van die uitruilbare kapasiteit van kalium en die kompetisie vir opname in die grondoplossing. Die pH speel ‘n integrale rol op die beskikbaarheid van alle voedingselemente op ‘n chemiese balansvlak in gronde. Die pH-vlakke moet effens suur wees om die beste middeweg te kan kry in terme van voedingstofbeskikbaarheid. Onder besproeiingsomstandighede neig die pH in die algemeen hoog of alkalies. Dit verlaag die beskikbaarheid van meeste voedingselemente, veral kalium. Natrium het die vermoë om die pH van gronde nog hoër te dryf, veral as daar bikarbonate (HCO3-) teenwoordig is. Die bikarbonate kom ook voor in baie besproeiingswater en dit reageer met die natrium om natriumbikarbonaat te vorm (NaHCO3). Die natriumbikarbonaat is baie alkalies van aard en sal die pH opwaarts dryf. Samevatting Die opname van kalium onder besproeiingstoestande op verskeie grondtipes bly onder druk. Daar is ‘n wye reeks faktore wat die beskikbaarheid van kalium kan beïnvloed en dié faktore kan effektief bestuur word. Die slagspreuk wat lui “voeding in die pens is beter as in die spens” is hier van toepassing. Onhafhanklike proewe bewys dat voldoende kalium toegedien deur die groei-seisoen die beste resultate oplewer. Die skedulering van kalium moet meer gebaseer word op die groeistadiums van die spesifieke gewas wat verbou word. Intydse plantvoeding is ‘n goeie beginsel om te volg om kaliumvoeding-effektiwiteit te verhoog. Waar kalium onderdruk word, word dit nie aanbeveel om kalium vooruit te strooi nie as gevolg van moontlike verliese wat kan plaasvind. Om meer inligting te bekom oor voedingsbegingsels kan produsente gerus vir SIDI kontak, of vir Jason Sparrow direk skakel by 082 805 5177 of e-pos na jasons@sidip.co.za.

Figuur 5: Invloed van suurstof op die effektiwiteit van kalium- en fosfaatopname

Figuur 6: Die invloed van drogingstemperatuur op grondontledings en kaliumresultate

Figuur 7: Skematiese voorstelling van die verplasing van kalium met ammonium.

Figuur 8: Versouting Bronne: Tisdale et al., 1999. Soil fertility and fertilizers, 6 ed. Prentice-Hall, Inc, USA. Brady & Weil., 1996 . The nature and properties of soils, 11 ed. Prentice-Hall, Inc, USA. Bohn et al., 2001 . Soil Chemistry, 2nd ed. New York, USA

43


GWK Agri Landboukundige Dienste Renier du Raan & Carlo Pelster

Pekanneute:

Effektiewe toediening van water en wateropname Verbouing van pekanneute in Suid-Afrika is 'n relatiewe nuwe veld wat totaal ander praktyke verg as ons akkerbougewasse. Goeie kennis van pekanneute word vereis (verkry deur ondervinding), sowel as kennis van die mees beperkende faktore wat hierdie produksie beïnvloed. Een van die belangrikste faktore wat ons tot dusver waargeneem het wat pekanneutproduksie beïnvloed, is water. Water het ‘n groot invloed op die produksie van pekanneute, veral wat neutgehalte betref. Droogtespanning beïnvloed neutvul en -grootte, sowel

as blaar- en lootgroei. Voldoende grondvog is belangrik by “budbreak” om sterk en kragtige groei van die blom te stimuleer. Verder is grondvog ook belangrik by dopverharding vir neutgrootte en tydens die neutvulstadium vir die optimalisering van kernpersentasie. As bome nie voldoende water laat in die seisoen ontvang nie, word “shuck split” en die vul van neute negatief beïnvloed. By die meeste produsente waar GWK waterskedulering doen, is waargeneem dat water te vroeg weggeneem word van bome af. In Figuur 1 kan

gesien word dat die boom sy laaste water op 13 April gekry het. Die boom het van daar af die profiel droog getrek. Daar kan gesien word dat van 23 April tot 13 Junie geen waterbeweging in die profiel tot op 80cm voorgekom het nie. Dit wil sê daar was geen water vir die boom beskikbaar om op te neem nie. Daar kan ook gesien word dat die boord op 13 Junie water gekry het en dat die grondwaterinhoud skielik opgetel het, waarna dit weer begin sak het. Pekanneutbome trek die meeste van hul water uit die boonste 80cm van die

Figuur 1: Hierdie grafiek toon aan wanneer water toegedien is, sowel as die ontrekking van water deur die verskillende grondlae.

44


grondprofiel. Hoewel die bome diep wortels het, word die meeste van die water wat dieper as 80cm beskikbaar is, net vir oorlewing gebruik en word nie algemeen benut vir die produksie van neute nie. Hoe dieper die water onttrek moet word, hoe moeiliker (vereis meer energie) is die opname van water vir die boom. Oormatige waterspanning sal veroorsaak dat die boom blare verloor, neute afspeen of die neute swak laat vul (Goff, W.D., J.R. McVay, and W.S. Gazaway, 1989). In Figuur 2 kan die verskillende dieptes (waterontrekkingslyne) van 10cm tot 60cm in die profiel gesien word. Die data toon dat daar baie wortelaktiwiteit in die eerste 40cm van die profiel is. Die boom onttrek dus die meeste van sy voedingstowwe en water hier. Van 40cm tot 60cm is daar aansienlik minder aktiwiteit, wat daarop dui dat die boom hierdie water hanteer as ‘n buffer. Sodra hierdie buffer droog raak, sal dit lei tot groot oesverliese. Figuur 3 toon werk wat deur Dr. Jim Walworth gedoen is in Arizona wat ook bewys dat die boom die meeste van sy water in die eerste 40-50cm van die profiel opneem. Die neutvormingstydperk vind gewoonlik van 1 November tot einde Januarie plaas. Hoewel dit nie 'n kritieke watergebruikstadium vir pekanneutboom is nie, kan ernstige droogtetoestande gedurende hierdie tydperk opbrengs beĂŻnvloed. Die mees

Figuur 2: Diepte-ontrekking van water by pekanneute

45


Figuur 2: Diepte-ontrekking van water by pekanneute

Figuur 3: Hierdie figuur wys dat dit ‘n internasionale tendens is dat die meeste water binne die eerste meter opgeneem word by pekanneute (Dr. Jim Walworth, Dept. of Soil, Water & Environmental Sci. University of Arizona)

46

algemene sigbare invloed van droogtespanning gedurende hierdie tydperk is oormatige neutval en dopverharding op klein neute. Gebrek aan genoegsame water gedurende die neutgroeitydperk veroorsaak klein neute en kan lei tot “water stage split” (Figuur 4) in die waterstadium, wat ontstaan as gevolg van 'n skielike toediening van water tydens die vulling van vrugte in sommige variëteite (Sparks, D. 1979, Goff, W.D., J.R. McVay, and W.S. Gazaway. 1989). Die neutvulstadium vind van ongeveer 15 Januarie tot die middel Maart plaas (afhangende van die verskillende kultivars). Die mees kritieke tydperk vir watergebruik is gedurende die eerste twee weke van Maart. Gebrek aan genoegsame water tydens die vul van die neut, sal lei tot swak gevulde neute wat tot swak neutgehalte sal lei (Lenny Wells, 2015). In Figuur 5 is daar ‘n 0%-lyn (droë lyn) geplaas waar droogte, oftewel waterspanning, ondervind sal word. In hierdie figuur kan gesien word dat die boom ‘n watertekort gehad het van 1 Maart tot 15 Maart. Dit is die mees kritieke tydperk vir watergebruik vir die boom gedurende neutvul soos hierbo genoem. Verder was die boom ook onder spanning van 20 Maart tot 1 April. Hierdie is ook nog in die neutvulstadium. Van 24 April af was geen water vir die boom gegee nie. Daar kan in die figuur gesien word hoe droog die boom die profiel getrek het en toe nooit weer water gekry het nie. Daar is ook vrae gevra oor hoe ver die boom water van die stam af onttrek en of dit ‘n uitwerking op die plasing van die “probe” het. GWK het ‘n proef gedoen om dit te meet. Daar is “probes” geplaas van die boom se stam elke 50cm tot op 3m. GWK het die proef op volwasse bome onder vloedbesproeing gedoen om sodoende vas te stel wat die bome se voorkeurwatergebruikspatrone gaan wees onder toestande wat nie deur enige besproeiingstelselstelsel (ontwerp) beïnvloed of gemanipuleer is nie. Daar kon geen verskil in die onttrek-


king van water op die verskillende “probes” (gespasieër in ‘n ry weg van die bome) gesien word nie. Dit wil sê die boom onttrek water oor die hele benattingsarea. (Hierdie was slegs ‘n eenmalige proef en dit sal herhaal moet word om goeie wetenskaplik statistiese aannames te maak.) Daar moet onthou word dat die boom se wortelontwikkeling baie sal afhang van grondvoorbereiding, sowel as die tipe besproeiingstelsel, wat dus die waterontrekkingspatrone mag beïnvloed. GWK stel voor dat ‘n profielgat gemaak moet word om die plasing van die “probes” onder ‘n spesifieke besproeiingstelsel te bepaal. Die bestuur van water (waterspanning weens te nat of te droë toestande) is volgens GWK se landboudienste-span die grootste oorsaak van die probleme onder pekanneute. Waterbestuur, veral in sekere kritieke tye van die seisoen, is die enkele verbouingspraktyk wat die grootste invloed op volhoubare pekanneutverbouing het.

Figuur 4: “Water Stage Split”

Verwysings:

Goff, W.D., J.R. McVay, and W.S. Gazaway. 1989. Pecan Production in the Southeast. Alabama Cooperative Extension Service Circular ANR #459. Sparks, D. 1979. Physiology-Site, Growth, Flowering, Fruiting, and Nutrition. In: R.A. Jaynes (ed.). Nut Tree Culture in North America. Northern Nut Growers Association. Lenny Wells, 2015, Extension Horticulturist, University of Georgia, Southeastern Pecan Growers Dr. Jim Walworth, 2017, Dept. of Soil, Water & Environmental Sci. Figuur 5: ‘n Voorbeeld van droogte-/waterspanning wat voorkom.

A15484/NWK

University of Arizona

JY KAN ’N VERSKIL MAAK! Sáám kan ons die tegnologie beskerm en die toekoms verseker. Rentmeesterskap beteken om die beste tegnologie na die volgende generasie oor te dra. Dit is belangrik om ’n toevlugsarea aan te plant, want dit voorkom die natuurlike opbou van weerstand en beskerm die tegnologie. Oes die voordele van YieldGard® en YieldGard® II-tegnologie en plant jou toevlugsarea aan! Monsanto, YieldGard® en YieldGard® II is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk. Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Tel: +27 11 790-8200 • Faks: +27 11 790-8350 • www.monsanto.co.za

47


GWK Agri Landboukundige Dienste Dr. Dries Bloem (Geolab), Hannes Hattingh, Noeline Bosman, Renier du Raan

Databasis van pekanneutblaarontledings gee rigting aan vir beter praktyke Inleiding Resultate van blaarmonsterontledings wat in 2016 deur GWK Presisieboerdery geneem is, is in ‘n databasis saamgevoeg – ‘n totaal van 182 blaar-

monsters wat vir makro- en mikroelemente ontleed is. Konsentrasies in blare is met kritiese waardes (norme), waaronder tekorte of waarbo oor-

maat mag voorkom, vergelyk. Kritiese waardes is verkry vanuit literatuur uit die VSA.

Resultate N%

P%

K%

Ca %

Mg %

S%

Mn

Fe

Cu

% Gemiddeld

Zn

B

N:K

mg/kg

2.89

0.14

1.09

1.59

0.58

0.18

814

208

6

40

99

Norm Tekort

2.50

0.12

1.20

0.80

0.30

0.15

100

50

5

50

15

Norm Oormaat

2.90

1620

2.5 2.0

Tabel 1. Gemiddelde en kritiese waardes vir blaarontledings van pekanneutbome wat in 2016 deur GWK Presisieboerdery geneem is.

48

2016

100 90 % monsters bo norm

Die gemiddelde waardes vir N, P, Ca, Mg, S, Mn, Fe, Cu en B is hoër as kritiese waardes waaronder tekorte mag voorkom, terwyl gemiddelde waardes vir K en Zn laer is as kritiese waardes (Tabel 1). Verdere ontleding van die data word in Figuur 1 getoon. Slegs 27% van monsters het voldoende K, 42% het voldoende Zn en 75% het voldoende Cu. Daar was geen monster wat ‘n tekort aan Ca, Mn of B getoon het nie. 'n Oormaat van sekere elemente kan ook opbrengs beperk. Wells & Wood (2007) het byvoorbeeld gevind dat opbrengs van pekanneute in ‘n “aan”jaar verlaag wanneer die N:K-verhouding in blare hoër as 2,0 is. Hulle stel ook voor dat pekanneute só bestuur moet

80 70 60 50 40 30 20 10 0 N

P

K

Ca

Mg

Mn

Fe

Cu

Zn

B

S

Figuur 1. Persentasie blaarmonsters wat bo die kritiese waarde ontleed en dus nie tekorte aan die betrokke element het nie.


1 2

Langs boom

Tussen bome

Bogrond

3.9

6.1

Ondergrond

5.3

Bogrond

3.9

Ondergrond

5.2

6.3

Tabel 2. pH (KCL)-waardes by ‘n geval waar monsters langs en tussen bome getrek is.

70.0 60.0 Mn grond mg/kg

word dat die N-persentasie in blare nie hoër as 2,9% word nie. Die gemiddelde N:K-verhouding in pekanneutblare in die GWK-gebied in 2016 was 2,5 en 92% van monsters het N:K-verhoudings van hoër as 2,0 gehad. In 48% van gevalle was die N-persentasie in blare hoër as die maksimum-perk van 2,9%. Hieruit is dit duidelik dat bome waarskynlik te veel stikstofbemesting ontvang en nie voldoende kalium opneem nie. Dit is ook opvallend dat Mn in blare in baie hoë konsentrasies voorkom (Tabel 1). Volgens Nunez-Morino, Walworth & Pond (2012) word opbrengs verlaag wanneer Mn in blare hoër as 1620 mg/kg word. Daar was 13 monsters (7%) in ons 2016-opname waarvan die Mn hoër was as die maksimum-perk. Opvolgondersoeke in 2017 het getoon dat die hoë Mn-konsentrasies in blare voorkom waar pH in grond laag is. Grondmonsters is direk langs pekanneutbome geneem (in sone waar kunsmis toegedien word) en in sommige gevalle is ook blaarmonsters geneem. Die pH (KCL) van die grond was in sommige gevalle so laag as 3,8, wat baie ongewoon is vir besproeiingsgrond. Die lae pH het ‘n toename in plantbeskikbare Mn in die grond veroorsaak (Figuur 2) wat op sy beurt weer ‘n verhoging in Mn-opname deur die boom veroorsaak het (Figuur 3). Verdere ondersoek het getoon dat die pH van die grond tussen die bome, waar

50.0 40.0 30.0 20.0 10.0 0.0 3.5

4.0

4.5

5.0

5.5

6.0

6.5

7.0

pH KCL Figuur 2. Korrelasie tussen plantbeskikbare mangaan (Mn) in grond (DTPA) en pH (KCL) van grond. Hieruit is dit duidelik dat hoe laer die pH ontleed, hoe hoër ontleed die Mn in die grond.

49


Gevolgtrekking Pekanneutboorde in die GWK-bedieningsgebied word in baie gevalle oorbemes met stikstof. Dit gee aanleiding tot ‘n ongunstige N:K-verhouding in blare wat opbrengs kan verlaag. Oorbemesting gee ook aanleiding tot versuring van grond, wat ‘n oormaat Mn in blare veroorsaak. Dus moet daar gewaak word om te veel kunsmis op ‘n klein area om boom toe te dien. Tekorte aan K, Zn en Cu in blare kom ook in baie gevalle voor. Bemestingsprogramme en blaarbespuitings moet aangepas word by blaarontledings en riglyne vir N- en K-toedienings behoort ondersoek te word.

2500 R² = 0.6625

2000 Blaar Mn mg/kg

geen kunsmis toegedien is nie, hoër was (Tabel 2). Die pH van die ondergrond, direk onder die suur bogrond, was ook hoër (Tabel 2). Uit hierdie tendense is die afleiding gemaak dat die versuring deur oorbemesting van stikstof veroorsaak is. Dit is veral jongbome wat oorbemes word deurdat kunsmis in ‘n ring rondom die boom toegedien word (Foto 1).

1500 1000 500 0 0

10

20

30

Figuur 3. Hierdie figuur toon ‘n baie goeie korrelasie tussen mangaan (Mn) in pekanneutblare en plantbeskikbare mangaan in grond soos met DTPA-metode bepaal.

Verwysings Nunez-Morino, H., Walworth, J.L. & Pond, A.P., 2012. Field identification and characterization of manganese toxicity in Western Schley pecan trees. Acta Hort. 938, 291-295. Wells, M.L. & Wood, B.W., 2007. Relationship between leaflet nitrogen:potassium ratio and yield of pecan. Hort Technology. 17 (4) 473-479.

Foto 1. Oorbemesting rondom ‘n jong pekanneutboom (foto: Carlo Pelster)

50

40

Grond Mn (DTPA) mg/kg


From your farm to the international market with the future in mind.

GWK Pecans GĂźnter Hollenbach Deon Gerber Hein Smith

082 883 9652 082 255 0901 060 997 5471

51


GWK Trading Katoen

Katoenprodusente se groeiende behoeftes aangespreek Nico Swart van GWK Katoenverkryging, sê dat dit uiters belangrik vir katoenprodusente is om ingelig en voorbereid te wees wanneer dit by katoenverbouing kom. Daarom fokus hy skerp daarop om inligtingsessies vir produsente aan te bied waarin hy werklike gevallestudies gebruik om akkurate inligting te deel. In hierdie sessies word aktuele kwessies bespreek, waaronder grondbewerking, insette en die oesproses. Swart het huidige kostes en navorsing gebruik om inligting saam te stel wat katoenprodusente ‘n akkurate aanduiding kan gee van alles wat met katoenverbouing gepaardgaan. Hy deel die volgende inligting: Grondbewerking: Katoen het ‘n diep wortelstelsel en daarom moet die grond diep bewerk word. Die grond moet met ‘n ripper minstens 450mm diep gerip word. Katoen benodig 'n fyn en ferm saadbed om goeie ontkieming te verseker. Die grondvog ( volprofiel ) moet minstens een meter diep deurnat wees voordat die katoensaad geplant word.

Katoeninsette: Die volgende katoeninsette is bereken in ‘n werklike scenario in die Kuduskopgebied. Katoensaad teen R3 400 vir 20kg = R1 700 (plant ± 2 hektaar met een sak) Bemesting: 180 N ; 40 P; 80 K = R5 177 (uitgestrooi voor plant en saam met plant) Onkruidbeheer (2 x Roundup) = R681 Insekbeheer (2 x bespuitings) = R648 Vliegtuigbespuitings (x 3 @ R170) = R510 Trekkerbespuitings (x 2 @ R120) = R240 Groeireguleerder (Pix) (3 x 150ml) = R209 Oesversekering (9% @ R8.40/6ton) =R4 536 Katoenontblaring Ginstar (@250ml) = R1 111 Citrex olie @ 2lt = R80 Ethapon @ 2lt = R158 Katoenplukproses Katoenplukker = R3 750/ ha Wrapping (Plastiese seil) @ R630/± 2 200kg = R1 718 Diesel @ 45lt/ha @ R 12.71 = R572 Totaal = R20 883 (sonder vervoerkoste)

52

Oesproses: Onttrek die water as daar 15% bolbars is. Dit voorkom hergroei na ontblaring. Ontblaar eers op 70% bolbars. Begin om te pluk as al die katoenbolle mooi oop is. Die katoenbolle wat ná ongeveer 15 Maart gevorm word, gaan nie volwasse stadium bereik nie (klimaat). Onvolwasse bolle veroorsaak wit vlaggies Vir meer inligting hieroor, of enige navrae rakende katoenverbouing, skakel gerus vir Nico Swart by 082 782 2983.


Pluismeule se beroepsveiligheid op uitsonderlike standaard

Mike Combrink van Noshtac en Dolf van der Westhuizen van GWK Katoen.

GWK Katoen spog nou met ‘n Platinum Vyfster-toekenning vir die deurlopende handhawing van uitnemende beroepsveiligheid by dié fasiliteite. Hierdie toekenning is gemaak deur Noshtac Training and Consulting, ‘n nasionale beroepsveiligheid en –gesondheidmaatskappy wat spesialiseer in opleiding, oudits en konsultasie. Noshtac is TETA-, CETA- en HWSETA-geakkrediteer en volg SAQA standaardvereistes. Die toekenning is aan GWK Katoen oorhandig deur Mike Combrink, Noshtac se hoof uitvoerende beampte. “Dié toekenning is die resultaat van toegewyde bestuur en personeel van GWK Katoen, met die hulp van ‘n vennootskap met Noshtacpersoneel, om beroepsveiligheid ten alle tye ‘n prioriteit te maak,” sê Combrink. “Ek kan julle verseker dat dit nie ‘n maklike taak is om van ‘n gemiddelde beroepsveiligheidspersentasie van 46% op te skuif na ‘n gemiddelde persentasie van 95% nie. Dit kan alleen bereik word wanneer bestuur en personeel hulle aan beroepsveiligheid toewy en deur toe te sien dat alle personeel die nodige opleiding kry om hulle toe te rus en te bemagtig met die nodige kennis en vaardighede.” Ook Freddie Donald, GWK se Hoof van Beroepsgesondheid en Veiligheid, het die span by GWK Katoen geluk gewens met die prestasie. “Harde werk bring beloning,” sê Donald. “Dit is ’n bewys dat as ’n besigheid en sy personeel eienaarskap vat en verantwoordelikheid neem, dit ‘n positiewe verskil maak. Vir GWK is dit goed om van eksterne vennote hierdie eer te kry en is ’n bewys dat ons ernstig is oor veiligheid en gesondheid in ons besigheid.” Dolf van der Westhuizen, Bestuurder van die GWK-pluismeule op Modderrivier, het die toekenning namens die pluismeule ontvang.

53


Maak net een keer skyfies met Lanorma. Jy kan later vir ons dankie sĂŞ.

GWK Aartappels GWK se eksklusiewe aatappelkultivar, Lanorma, is bekend vir sy gladde, roomwit voorkoms en heerlike smaak. Die perfekte aartappel vir skyfies, om te bak of romerige kapokaartappels.

Sallie Herbst Bestuurder: Aartappelbemarking 082 805 5515 sallieh@gwk.co.za 54


GWK Trading Aartappels Leana Bezuidenhout

Lekker Lanorma vol moontlikhede ‘n Aartappel is ‘n aartappel is ‘n aartappel. Of is dit? Ons gesels met Sallie Herbst van GWK Aartappels oor die Lanorma-kultivar en waarom verbruikers verkies om Lanorma te gebruik vir enigiets van skyfies tot kapokaartappels. Hoe verskil Lanorma van ander kultivars? Die Lanorma-kultivar is meer siekteweerstandig as kultivars wat ons in die verlede gehad het. Bruinskurf is ‘n aartappelsiekte waarmee ons landswyd sukkel en dié kultivar is soveel meer weerstandig daarteen as ander – dit wérk in ons area. Waar ons normaalweg nie ná sewe of agt jaar kultivars op dieselfde lande sou kon plant nie weens bruinskurf, kan ons Lanorma plant omdat dit meer weerstandig is daarteen. Alle GWK-kultivars word getoets vir bruinskurf-weerstandigheid voor dit na Suid-Afrika ingevoer word, en as dit nie goeie weerstand daarteen toon nie, sal dit nie in Suid-Afrika aard nie. Ons het proewe gedoen in verskeie streke gedoen om die weerstandigheid te toets en bevestig. Lanorma-aartappels se voorkoms verskil ook van ander kultivars. Die skil is blink en glad, die aartappel kan tydens die groeifase hoë temperature en droogte baie goed hanteer en lewer steeds ‘n uitstekende opbrengs. Die uitpakpersentasie van eerstegraadse Lanorma-aartappels is uitstekend. Grootteverspreiding van die Lanorma-kultivar is baie konstant en die kultivar lewer hoofsaaklik medium, groot en ekstragroot aartappels.

By een spesifieke geleentheid is daar skyfies van al die verskillende kultivars gemaak en almal het gevra dat daar weer van die Lanorma-aartappelskyfies gemaak word. Almal kon die verskil proe – al die mense in die aartappelbedryf wat die dag bygewoon het. Ook by GWK se Young Guns-dag vir jongboere het ons skyfies gemaak waaroor die mense mal was. Hoekom verkies kleinhandelaars en restaurante Lanorma? Lanorma is gewild as voorafgepakte (“pre-packed”) en gevriesde aartappels, omdat dit nie bruin raak wanneer dit gebak word nie. Die rede hiervoor is dat Lanorma se suikerinhoud baie stabiel is. Wanneer ‘n aartappel te lank lê, word die stysel in suiker omgeskakel. Hierdie omskakeling vind baie stadiger in die Lanorma-kultivar plaas en daarom is dié kultivar nie so geneig om bruin te word wanneer dit gebak word nie.

kers. Die topdrie aartappelkultivars op die mark, waarvan Lanorma een is, se pryse stem ooreen en word beïnvloed deur die beskikbaarheid daarvan. Indien daar baie aartappels beskikbaar is, is die markprys laer, maar Lanorma is gelykstaande aan enige ander top-kultivar. Hoe moet ek maak om Lanorma in die hande te kry as ek inkopies doen? Vra jou supermark om vir die Lanormakultivar. Sommige kettingwinkels hou reeds Lanorma aan, waaronder Shoprite en Pick n Pay. Die kultivar word aangedui op alle verpakkings waarin aartappels verkoop word. Waarvoor is Lanorma die gewildste en hoekom? Skyfies. Die Lanorma-aartappel gebruik minder olie as baie ander nie-verwerkde kultivars. Maar enige aartappelgereg is heerlik wanneer jy Lanorma gebruik.

Waarin lê die aantrekkingskrag vir verbruikers in Lanorma? Die perfekte aartappelskyfies – en enige ander aartappelgebak wat gewaarborg is om heerlik te wees as jy hierdie kultivar gebruik.

Watter terugvoer kry julle op Lanorma?

Hoe vergelyk Lanorma met ander kultivars in terme van prys?

Jy kan die verskil próé. Lanorma het ‘n baie spesifieke smaak. Ons het op verskeie plekke verskeie kultivars geproe.

Die aartappelprys word bepaal deur die volume van beskikbare aartappels teenoor die aanvraag onder verbrui-

55


56


GWK Farm Foods GWK Vleis Leana Bezuidenhout

Alex Cilliers (Hoof van GWK Farm Foods Vleis) glo dat kooptendense onder verbruikers deurlopend verander en dat dit belangrik is vir produsente om by te hou. “Alle aspekte van die voorsieningsketting speel ‘n rol,” sê hy, “die produsent, die abattoirs, die kettingwinkels, prys en verbruikersgewoontes.” Juis hieroor sê hy dit is belangrik dat vleisprodusente nie hul bemarking aanpas slegs op grond van vleispryse nie, maar deur al die skakels in die ketting te verstaan. Volgens Cilliers is volhoubaarheid die sleutelterm om altyd in gedagte te hou. Mintel Food and Drink het onlangs ‘n verslag vrygestel waarin hulle 2016 se top-kosneigings saamvat. Uit hierdie verslag het die volgende na vore gekom: Verbruikers verkies om nie self vleis te sny of verpak nie Daar is ‘n oplewing in die “foodie”kultuur Verbruikers is relatief onkundig oor gradering en snitte, maar is goed bekend met wat smaaklike en gehalte-vleis is Verbruikers neig om nie meer vleis in grootmaat-vrieskaste aan te hou nie Hulle soek waarde vir geld en goeie gehalte Verbruikers wil weet waar vleis vandaan kom (oorsprong) Hulle hou van konstante aanbieding, omdat dit vertroue skep Verbruikers maak deurlopend keuses Vars, rooivleis en vet is deesdae meer aanvaarbaar Die aanbieding, verpakking, R/kg speel alles ‘n rol Cilliers sê verder dat die vleisbedryf ‘n volatiele, onseker prysomgewing is, terwyl die aanvraag onder verbruikers grootliks konsekwente aanbieding en prys is. Die ou Vleisraad en beheerde be-

marking waar slagdiere na byvoorbeeld City Deep, Craftcor en De Aar vervoer is vir verslagting, het in 1992 ontbind. Sederdien het abattoirs regoor die land kommersieel begin handel dryf met dieselfde groothandelaars wat reeds destyds bestaan het. As gevolg van die groot hoeveelheid diensabattoirs wat omskep is in kommersiële abattoirs, het die groothandel ‘n groot kliëntebasis opgebou wat beteken dat abattoirs en produsente uitgelewer is aan die spekulatiewe verhandeling van karkasse deur die groothandelsektor. Die volatiliteit in pryse en volumes in die mark bied groot geleentheid om spekulatief wins te neem in die verhandeling van karkasse voordat die verbruiker regtig ‘n keuse uitgeoefen het. Hierdie verhandelingsomgewing is in totale teenstrydigheid met verbruikersbehoeftes waar toenemend meer gefokus is om ‘n konstante kwaliteitsaanbieding en daaglikse besluitneming vir hul vleisaankope. Die feit dat die kleinhandelsektor, en veral die vraag in kettinggroepe, die afgelope tien jaar toenemend gestyg het, lei daartoe dat daar vandag sowat 60% van bees- en skaapvleis in kettinggroepe verkoop word. In hierdie sektor is die verbruikersbehoefte aan konstante voorsiening en gehalte juis voorop en moet die industrie homself rat om aan hierdie behoeftes te voorsien. Cilliers sê verder dat hierdie volatiliteit en onsekerheid grootliks veroorsaak word deur die spekulatiewe gedrag van produsente, abattoirs en groothandelaars. “Hierdie gedrag is in teenstelling met die verbruiker se behoefte vir konstante voorsiening van gehalteprodukte aangesien dit aanleiding gee tot prysskommelinge en wisselvallige voorsiening. Veral die skaapbedryf kan nie bekostig om vebruikers wat wel bereid is om ‘n hoë prys vir lamsvleis te betaal van die produk te vervreem deur nié konstante voorsiening en gehalte te verseker dwarsdeur die voor-

sieningsketting nie.” “Die vleiswaardeketting is breekbaar en om stabiliteit te verseker, is dit nodig dat ons ‘n deeglike begrip het van die kanaal waarin ons bemark,” sê hy. “Dit is die enigste manier hoe rooivleis sy markaandeel gaan behou.” Cilliers gee verskeie moontlike oorsake wat die waardeketting van vleis meer breekbaar maak, onder meer ‘n daling in nasionale kudde, wisselvallige voorsiening, verouderde bemarkingsmetodiek, die spekulatiewe aard van bemarking, wantroue ten opsigte van die res van die ketting, en bemarking wat geskoei is op eie behoeftes en praktyke eerder as op die behoeftes van die mark. “Vennootskappe om bestendige voorsiening en sterk markkanale te vestig, is nodig om die vleis-omgewing te versterk en te stabiliseer,” sê Cilliers. “Wanneer konsolidasie regdeur die voorsieningsketting gehandhaaf word, beteken dit dat die markbehoeftes aangespreek – dat voorsiening gemik word daarop om deur konstante beskikbaarheid, gehalte, oorsprong en waarde vir geld in die verbruiker se behoeftes te voldoen.” Hy sê dat die regte veranderinge op hierdie manier voordelig is vir die hele voorsieningsketting. Hiervoor is hersiening en die regte beplanning nodig in terme van: Boerderypraktyke Beplanning vir die mark Lewering van konstante gehalte Werk teen pryswisselvalligheid – neem ‘n langtermyn-siening Bou die regte verhoudinge in die waardeketting Verseker bemarkbare prys Fokus op die waarde van dit wat ons bied JSE- verskansing Vir meer inligting oor tendense in die rooivleismark en die maniere waarop GWK Vleis daarby aanpas, kontak gerus vir Alex Cilliers by alexc@gwk. co.za.

57


GWK Farm Foods Veilings

GWK Veilings brei voetspoor nóg verder uit “Dit

is deel van GWK Veilings se strategie om voortdurend ondersoek in te stel na die moontlike uitbreiding van ons GWK-handelsmerk en spesifiek ons veilingsbesigheid”, sê Willie Meyer, Hoof van Veilings en Eiendomme. GWK het belê in so ‘n uitbreidingsgeleentheid deur die oorkoop van Noordkaap Lewendehawe Kuruman. “Dié uitbreiding ondersteun ons besigheidsmodel uitstekend. Dit lei tot ‘n hoër aanbod van diere wat tot voordeel strek van ons veilings- en vleisbesigheid. Verder is infrastruktuur van hoogstaande gehalte met die aankoop bekom, en beskik GWK Veilings oor uitsonderlike fasiliteite vir die aanbied van veilings regoor ons bedieningsgebied”, sê Meyer. Hy sê verder dat die uitbreiding nie net voordele vir GWK inhou nie, maar ook vir werknemers van Noordkaap Lewendehawe en die gemeenskap van Kuruman. “Werksekuriteit, asook die sekuriteit van betalings aan pro-

58

dusente, is hoog op ons prioriteitslys en sal hierdie besigheid na nuwe hoogtes neem met groot voordeel vir die werknemers. Ek glo ook dat GWK in die gemeenskap betrokke sal raak by byvoorbeeld skole en boereverenigings.” GWK Veilings spesialiseer in vee-, stoet- en wildsveilings. Benewens hul fasiliteite in die Noord-Kaap het GWK Veilings ook fasiliteite in die Wes-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap. Meyer is baie positief oor die toekoms van hierdie Kuruman-uitbreiding. “Ons is opgewonde hieroor, nie net om in omset en getalle te groei nie, maar ook om aan die produsente uitstekende diens en sekuriteit van intydse betalings te kan bied. Wat my egter die meeste opgewonde maak, is om die personeel van Noordkaap Lewendehawe deel van die GWK-span te maak, en om die pad vorentoe saam met hulle te stap met die fokus op groei – persoonlike- en besigheidsgroei”.


Wetenskap en innovering

KliĂŤnteverhoudinge

Opbrengs+

SIDI is meer as net kunsmis. Ons kombineer dĂ­t wat belangrik is om volhoubare plantvoeding en uitstekende opbrengs te verseker. 59


GWK Agri SIDI

SIDI

ken weer ‘n trofee en prys toe

Op die foto van links na regs verskyn pa en dogter (Helmut en Imke Stehn) en Dr. Chris Schmidt van SIDI.

Soos elke ander jaar het SIDI gedurende ‘n Kovsie-glansseremonie op 19 Junie vanjaar die SIDI-trofee en -prys aan die Kovsie-student in Weidingkunde met ‘n gemiddelde punt van nie minder nie as 70% vir 2016, oorhandig. Hierdie jaar was dit die slimkop Imke Stehn van Dordabis, Namibië, se beurt. Imke is in Windhoek gebore en beskou dit as ‘n groot voorreg om as 'n regte plaaskind te kon grootword. Sy was vandat sy sewe jaar oud was (Graad 1) as koshuiskind in Windhoek op skool, maar noem dat sy amper elke naweek die stadslewe kon ontsnap na die plaas by haar ouers. Op skool was haar gunstellingvakke wiskunde, skeikunde en biologie. Die plaas is ongeveer 130km suid-oos van Windhoek geleë. Ingewaaide rooisand domineer omtrent 90% van die plaas

60

en met sy groot kameeldoringbome en duine is dit dus 'n stukkie Kalahari ver van die Kalahari. Pa Helmut en Ma Iris boer met beeste (Braunvieh en Tulis). Vandat Imke kan onthou, is haar hele gesin betrokke in alles wat op die plaas gebeur, van draadwerk tot beeswerk. Waar moontlik, word gepoog om beeste gedurende vakansietye te werk, sodat Ma, Pa en haar jonger boetie almal kan deel wees daarvan. Volhoubare weidingsbestuur speel vir die Stehn-gesin 'n baie belangrike rol en hulle poog om so goed as moontlik in harmonie met die natuur te boer om só 'n sukses daarvan te maak. Verder is dit vir hulle ook uiters belangrik dat hul beeste aangepas is om op hul veld in ekstensiewe toestande te kan oorleef. Beesproduksie vind dus sover moontlik sonder byvoeding plaas, slegs mineraaltekorte word deur middel van lekke aangevul. Haar ouers was al voorheen in die kollig oor hul boerdery en benaderings (http://www.farmersweekly.co .za/animals/cattle/grazing-management-in-harmony-with-nature/). Al baie vroeg in haar lewe het Imke besluit dat haar nommer-eenberoepskeuse boerdery is en dit het nooit verander nie. Sy het dus besluit om BSc. Agric aan Kovsies te studeer, aangesien die klimaat en plantegroei daar die meeste in gemeen het met dié van Namibië. Haar studierigting is weiding- en veekunde, en dus is haar hoofvak weidingkunde. Sy het 'n belangstelling in grondkunde ontdek en het dit as 'n ekstra vak geneem. Imke se planne vir die korttermyn is om haar Meestersgraad in weidingkunde

in 2018 te begin. Oor die langtermyn droom sy daarvan om self te kan boer en om dit met dieselfde beginsels as haar gesin se huidige boerdery, te kan doen. Imke is sterk van mening dat 'n boer se planne nie mag opraak nie en só moet ons aspekte soos droogtes, bosverdigting en klimaatsveranderinge ook meer as 'n uitdaging sien in plaas daarvan om dit as 'n doodsoordeel te beskou. Sy dink dat as uitbreiding tot haar ouers se boerdery, daar oorweging aan turksvye as veevoeding en voerbank vir tye van droogte, geskenk kan word. “Verder ag ek dit belangrik dat 'n boer nie moet probeer om teen die natuur te boer nie, maar veel eerder saam met die natuur, want tog is die natuur vir ons en nie teen ons nie,” sê Imke. “As plaaskind het ek geleer dat ons nie net uit die natuur kan aanhou vat nie, maar ons moet ook teruggee. Daarom is dit belangrik om op die land wat ons bewerk en gebruik, tot ons voordeel, steeds 'n werkende ekosisteem in stand te hou.” Imke is baie lief vir die veld en natuur en dus fassineer geologie, grond, plante en diere haar baie. Sy is baie lief daarvoor om met diere te werk en sy kan haarself ure lank met hierdie dinge besig hou. As verdere tydverdryf speel Imke graag vlugbal, draf, bespeel die klarinet, bak, lê vrugte en groente in, en lees. SIDI wil Imke baie sterkte en voorspoed toewens met haar loopbaan en opleiding en mag haar planne en drome nooit op raak nie. Baie geluk Helmut en Iris met jul dogter se puik prestasie!


Johan & Colleen Jacobs johan@douglas.co.za 082 553 1108

Hie r d i e i s Ons

Passie!

AN ’

S

Poena bulle beskikbaar

EH E L BON

8ste Produksieveiling 28 September 2017 11:00 - Lucky Valley, Douglas

S M ARA

Met Passie

61


Ons Spesialiste Leana Bezuidenhout

Veranderingsagent vir verhandeling Op ‘n redelike jong ouderdom het Fourie du Plessis (Besigheidsvennoot: Finansies in GWK Trading) begin werk om vandag te spog met baie jare se ondervinding in die verhandelingsomgewing. Du Plessis is ‘n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester oorspronklik van Bethulie in die Suid-Vrystaat, en sy lewenspaadjie het hom uiteindelik gelei om ‘n verskil te kom maak by GWK. Sy wye spektrum van ondervinding sluit ervaring by rekenmeesters, kettinggroepe en selfs bemarking in. “Ek was ook verantwoordelik om die BEE-ooreenkomste vir een van die land se grootste kettinggroepe op te trek en te bestuur,” sê Du Plessis. “Daarna het ek ook opleiding gegee en as konsultant vir BEE-vennote gewerk. Daarmee saam het ek ook die finansiële state vir franchises in dié groep hanteer as ‘n tipe eksterne finansiële bestuurder vir hierdie franchises.” Hy sê verder dat die kleinhandelervaring wat hy het, gekombineer met 62

sy verhandeling- en rekenkundige agtergrond, gemoedsrus vir GWK se aandeelhouers kan waarborg in die manier waarop hy sy nuwe pos in ons maatskappy vul. Du Plessis het vorige maatskappye verteenwoordig in verskeie Afrikalande, insluitend Egipte, Zimbabwe, Kenia en Zambië, waar hy die mark selfs in meer diepte leer ken en verstaan het. Hier was hy nou betrokke by die verhandelingsomgewing en die aankope van produkte direk van produsente. “Ek is baie opgewonde oor die ontwikkeling van nuwe markte,” sê Du Plessis. “Dit is ooglopend dat daar al baie werk deur GWK Trading se personeel gedoen is om nuwe markkanale te open en ontgin en die idee dat ‘n maatskappy in die Noord-Kaap so ‘n groot speler in die verhandelingsomgewing is, maak my veral opgewonde. Dit bewys net dat waar jou besigheid geleë is, nie die grense beperk van wat jy kan bereik nie.”

Dit is juis hierdie kultuur van groei wat Du Plessis genoop het om by die GWKspan aan te sluit. Dit is vir hom belangrik om nooit op te hou leer nie en om verseker te wees dat die maatskappy waarvoor hy werk, dinamies en innoverend is. Hy is ook beïndruk deur die manier waarop GWK se korporatiewe struktuur saamgestel is, die bemarkingspan gereeld nuwe deurbrake maak en die nuwe projekte wat deur Menslike Hulpbronbestuur aangepak word, is vir hom ‘n bewys dat GWK sy naam as innoverende agri-besigheid gestand doen. “Daar is soveel goed wat ek sien wat op wêreldstandaard is – dis iets waarvan ek deel wil wees,” sê Du Plessis. “Ek kom uit ‘n multinasionale omgewing waar ek baie kennis opgedoen het. Dit is vir my opwindend om daardie kennis by GWK te kom toepas om die strategie te help bou.”


"GWK Trading het al baie goeie werk gedoen om nuwe markkanale te skep."

63


GWK Besigheidsontwikkeling IT Leana Bezuidenhout

Gesonde en veilige bestuurspraktyke op alle vlakke word by GWK as groot prioriteite geag. Een hiervan is die internetveiligheid van almal betrokke by ons maatskappy – ons personeel en al ons vennote. Binne die maatskappy word daar op die oomblik ‘n veldtog geloods om alle rekenaargebruikers bewus te maak van internetveiligheid en die gevare waarmee meeste van ons nie eens bekend is nie. Hierdie gevare is egter nie beperk net tot die korporatiewe omgewing nie, maar raak enigiemand wat ooit met rekenaargekoppelde toerusting werk, insluitend selfone en tablette. Die belangrikste inligting in terme van internetveiligheid, is waarskynlik die onderskeie maniere waarop kriminele, gebruikers teiken en daarom is kennis van internetsekuriteit van kardinale belang. Ken en verstaan jy hierdie terme? Kubermisdaad (“Cybercrime”):

64

Enige kriminele aktiwiteite wat uitgevoer word deur middel van netwerk- of internetgekoppelde toerusting. Identiteitsdiefstal (“Identity Theft”): Kriminele kry toegang tot jou persoonlike inligting en gebruik dit om geld te steel uit jou bankrekeninge, rekeninge in jou naam te open (bv. selfoon- of klererekeninge wat jou kredietwaardigheid negatief beïnvloed), en selfs om jou identiteit totaal oor te neem. Kuberkraking (“Hacking”): Iemand kry onregmatig toegang tot ‘n rekenaarstelsel om inligting, geld of data te steel, inligting te vernietig of te verander, of om die inligting te misbruik. Kwaadwillige sagteware (“Malware or malicious software”): Indringer-sagteware met ‘n kwaadwillige bedoeling. Meestal is die gebruiker nie eens bewus dat die

sagteware op sy toerusting geïnstalleer is nie. Pes-pos (“spam”): Elektroniese boodskapstelsels wat herhaalde boodskappe vanaf dieselfde plek af stuur wat jou posbus oorlaai met ongewenste boodskappe of advertensies. Phishing: Dit gebeur wanneer ’n besigheid se webwerf deur middel van “hacking” binnegedring en oorgeneem word, en hierdie webblad word dan as die regte webblad voorgehou. Bv. webwerwe soos Paypal of eBay word geteiken, kliënte koop ’n item en maak ‘n elektroniese betaling wat in die kriminele organisasie se bankrekening beland en die kliënt ontvang nooit die produk of diens nie. Scams: Bedrog om valse inligting te versprei of om inligting te bekom –


veral gewild op sosiale media. Kriminele kan ook ’n onregmatige of skelm manier gebruik om inligting of geld te bekom deur e-pos, advertensies, oproepe, ens. Virus: ‘n Tipe kwaadwillige sagtewareprogram wat homself dupliseer op ‘n ander rekenaar of stelsel sodra dit geaktiveer word. Hierdie programkode kan dan ander sagteware op die toestel verander en selfs sy eie kode in die program deponeer – ons beskryf ‘n stelsel wat hierdeur beïnvloed is as “besmet”. Dit is kommerwekkend om te leer presies hóéveel slinkse maniere daar bestaan wat internetgebruikers blootstel en kwesbaar laat vir misdaad wat geweldige groot gevolge kan inhou – vir individue sowel as besighede. Behalwe dat dit baie belangrik is om ‘n basiese begrip te hê van moontlike maniere waarop kriminele kuberaanvalle loods, is dit ook noodsaaklik om voorsorgmaatreëls te tref om jou veiligheid te beskerm. Hier is ’n lysie van ’n paar eenvoudige en praktiese stappe wat jy kan neem om jou inligting en jou identiteit te beskerm: Skep ‘n sterk wagwoord wat nie maklik is om te ontsyfer nie, bv. ’n kombinasie van hoof- en kleinletters, syfers en spesiale karakters, bv. iL0veSA!@9& Gebruik ’n unieke wagwoord vir elke webblad waar jy registreer Moenie jou wagwoord met iemand deel nie

Maak gereeld “backups” van jou rekenaar se data en berg die data op ‘n veilige plek ‘n Brandmuur (“firewall”) is ook ‘n effektiewe manier om kuberaanvalle af te weer. Maak baie seker van die veiligheid van ’n webwerf wat betalings vereis. As dit nie ’n bekende webwerf is wat deur Visa of Mastercard ondersteun word nie, moet dit nie gebruik nie. Moenie wagwoorde, telefoonnommers, bankbesonderhede en ander persoonlike inligting stoor op die rekenaar of internet-soekenjin nie. ’n Bank sal nóóit jou bankbesonderhede en PIN-nommer per e-pos, telefoonoproep of SMS aanvra nie. Moenie reageer op hierdie versoeke nie. Hou jou rekenaar se anti-virus en die Windows-programme opgedateer Ondersoek op ’n gereelde basis die akkuraatheid van persoonlike rekeninge en hanteer enige verdagte of onakkurate inligting onmiddellik met die regte partye Weier toegang tot vreemde mense wat vir jou ’n ‘vriend’-versoek op sosiale media stuur om misbruik te voorkom en moenie instem om hierdie mense in persoon te ontmoet nie Verseker dat die sekuriteit op jou sosiale profiel optimaal gestel is. Volg hierdie twee addresse om te sien hoe jy jouself kan beskerm op Facebook; h t t p s : // w w w. f a c e b o o k . c o m /

about/basics/manage-your-privacy h t t p s : // w w w. f a c e b o o k . c o m / about/basics/stay-safe- and-secure Indien jy die slagoffer van identiteitsdiefstal is, skakel die SuidAfrikaanse Bedrogvoorkoming-lyn by: 0860 101 248 Die interne veldtog onder GWKpersoneel is omvattende bewusmakingskommunikasie wat ook wenke en aksiestappe deel wat van groot waarde vir rekenaargebruikers is. Die veldtog definiëer bekende wyses van kubermisdaad, hoe om dit te identifiseer, hoe om dit te voorkom en watter stappe om te neem wanneer jy geteiken word. Vir ‘n maatskappy wat daagliks met ‘n reuse-databasis met persoonlike inligting van duisende kliënte werk, is dit nodig dat ons die veiligheid van ons maatskappy, ons produsente en vennote en ons personeel beskerm op elke moontlike manier. Daar is ernstige risiko’s wat gepaard gaan met die gebruik van rekenaartoestelle wat aan enige netwerk gekoppel is. Hoewel GWK IT voorsiening maak om hierdie risiko’s op ’n daaglikse basis te verminder en te bestuur by die werk, is alle individue met persoonlike rekenaartoerusting ook kwesbaar vir dieselfde risiko’s. Kommuniek-lesers wat belangstel om meer inligting oor hierdie (meestal onbekende) gevare te bekom, of enige het oor die prosesse wat ons implementeer om internetveilig te wees, kan vir GWK IT skakel by 053 298 8400.

65


Bok los groot spore by GWK en ons mense

66


Ons Mense Leana Bezuidenhout

“Altyd

tyd vir ‘n grappie” was Johann (Bok) Klopper se antwoord op ‘n vraelys waar Exco-lede uitgevra is oor hul beste eienskap. In die kol, sal elke GWK-personeellid beaam, dit is presies hoe ons hom onthou. Hy was nie rigied, swart-enwit, met ‘n ernstige frons op die voorkop nie. Hy het by jou kantoor ingeloer, gesê dat jy moet ophou “maak of jy werk”, uitgevra oor iets waarvan jy hom die vorige keer vertel het. Maar kom dit by somme, het Bok al vergeet wat meeste van ons nog moet leer. Hy was ‘n meester op sy vakgebied en het GWK help groei met sy briljante syferkop. Met baie ondervinding in oudit, krediet en finansies het Bok reeds op die baie jong ouderdom van 35 die pos as GWK se Finansiële Direkteur gevul. Andri Bezuidenhout, GWK se Hoof van Finansies, het vir vyf jaar saam met Bok gewerk. “Ek sal hom altyd onthou as iemand wat my geleer het om die ligte kant te sien wanneer dinge bietjie moeilik gaan,” sê sy. “Hy was eerlik in sy terugvoer, ‘n mens het geweet waar jy met hom staan. Bok het personeel altyd genoeg ruimte gegee om te groei, besluite te neem en altyd met nuwe voorstelle te kom, hy was billik en regverdig en altyd bereid om te luister.” Behalwe sy buite-die-boks-oplossings en uitstekende menseverhou-

dinge, sê Andri dat dit die totale pakket is wat iemand suksesvol maak. “Bok se optrede, waardes en persoonlikheid het bygedra tot ‘n leier vir wie ‘n mens respek kon hê. Hy was ook die groot dryfveer agter die herstrukturering van die Finansies-span om ‘n korporatiewe stabiliteit te verseker, die verkope van ons debiteureboek aan Landbank en alternatiewe denke oor ons aandeelhouerskema.” Kobie Greyvensteyn (Besigheidsvennoot Finansies: Agri) het 12 jaar gelede, toe Bok Uitvoerende Bestuurder van Finansiering was, haar loopbaan by GWK onder sy leiding begin. “Bok was nie net my direkte hoof nie. Hy was my mentor, my grootste ondersteuner en my vriend. So was hy ook ’n mentor en vriend vir soveel ander in GWK. Onder sy leiding was sy span nie net kollegas nie, maar ‘n hegte familie,” vertel sy. “Hy was briljant in alles wat hy aangepak het en geen probleem was ooit vir hom te groot nie. Hy het hierdie jaar begin met die slagspreuk ‘daag op en maak ’n verskil’ en dit is ook presies hoe ek hom sal onthou: Maak nie saak waar hy was nie, by die huis of by die werk, hy het opgedaag en ’n verskil gemaak in elkeen se lewe wat hy aangeraak het.” GWK het tot ‘n geskokte stilstand gekom toe ons die nuus van Bok se besering kry en selfs meer so met die nuus van sy dood. Onwerklik, sê ons. So onnodig. Dinge

soos hierdie is moeilik om te aanvaar, veral as dit so onverwags is en veral wanneer jy in ‘n maatskappy werk waar kollegas baie meer as net kollegas is. Vir daardie rede is dit nodig om nou ook stil te staan, te besef die lewe is kort en onvoorspelbaar, die lewe van ‘n indrukwekkende mens te vier en tyd te maak vir dit wat saak maak, soos Johann Klopper dit sou wou hê. Op sy rustige manier het Bok ‘n vurige passie gehad vir ‘n paar goed. Die Blou Bulle, byvoorbeeld. Geen kommentaar oor die span of hulle ondersteuners sou hom van stryk bring of verhoed dat hy op Vrydae sy bloubultrui werk toe aantrek nie. ‘n Passie vir GWK ook. Bok het baie ure en werk gesit in ‘n maatskappy waarin hy absoluut geglo het. Hy het ons kultuur gelééf en baie persoonlike tyd opgeoffer om te verseker dat die maatskappy op ‘n verantwoordelike manier groei. Sy passie vir sy gesin het egter alles oorskadu. Agter elke suksesvolle man staan daar mos maar altyd ‘n sterk vrou, en Marina was Bok se anker en sy groot liefde. Tyd saam met haar en hulle kinders was eerste prioriteit, soos dit hoort. Ons harte is seer by GWK, die gange stiller. Ons treur saam met Marina en die kinders, Maryna en Hanco. Vir nou is ons in ‘n verlies. Een wat koste-besparing en kleiner begrotings nie gaan kan regmaak nie.

67


Health & Lifestyle

Prevent disability with aging (Source: nutritionletter.tufts.edu)

Smart choices in terms of a healthy diet and lifestyle can improve your odds of staying independent. Unhealthy behaviors such as inactivity, poor diet and smoking have long been associated with a wide range of chronic diseases and risk of death. But a new study reveals that such lifestyle factors can also affect older adults' risk of disability and loss of independence. That's no surprise to Miriam E. Nelson, PhD, professor at Tufts' Friedman School and author of the "Strong Women" series of books - especially the findings about physical activity. "If you've ever been bedridden for a few days and felt weak when you tried to get up again," she says, "you know what inactivity does to your body. A sedentary lifestyle doesn't take its toll quite so rapidly, but it inflicts the same damage."

68

In the new study, published in BMJ, French researchers report that people who were physically inactive, ate fruits and vegetables less than once a day, and smoked or had quit within 15 years were more than twice as likely to develop disability than those with none of those unhealthy behaviors.

The research followed nearly 4,000 participants in the Tri-City Study over 12 years, during which they were evaluated for disability six times. Participants, all age 65 or older, were initially free of disability. Scientists combined three different scales gauging ability to function independently and perform daily tasks without assistance. Those scores were then compared to participants' selfreported activity levels, fruit and vegetable consumption, smoking status and alcohol use. (After statistical analysis, there was no association between alcohol consumption - or non-drinking - and disability risk.) FIRST, GET MOVING: The strongest predictor of developing disability was


TAKE CHARGE! According to the Centres for Disease Control and Prevention, older adults need at least: - 2 hours and 30 minutes (150 minutes) of moderate-intensity aerobic activity (i.e., brisk walking) every week AND muscle-strengthening activities on 2 or more days a week that work all major muscle groups. OR - 1 hour and minutes (75 minutes) of vigorous-intensity aerobic activity (i.e., jogging or running) every week AND muscle-strengthening activities on 2 or more days a week. OR - An equivalent mix of moderate- and vigorous-intensity aerobic activity AND muscle-strengthening activities on 2 or more days a week.

low or intermediate physical activity, which was associated with a 72% greater risk of disability. Low activity was defined as walking less than one hour a day and exercising less than once a week, while high activity was considered walking more than one

hour a day and exercising more than once a week; levels in-between were classified as intermediate. Next came smoking or having smoked within the past 15 years, which was associated with a 26% higher disability risk. But poor diet was not far behind, at a 24% greater risk. Diet was assessed by questions on frequency of consumption of raw and cooked fruit and vegetables; participants were grouped as consuming fruit or vegetables at least once a day, four to six times a week, and less than four times a week. Both the lower-consumption groups, averaging less than once a day, were rated as unhealthy behaviors for the study. Eating more fruits and vegetables, of course, is only the start of a healthy

dietary pattern, Tufts' Nelson emphasizes: "Stick to whole and minimally processed foods, and emphasize the choices available on the perimeter of the supermarket - the produce and dairy aisles, for instance - rather than on the boxed, bagged and other packaged goods, many laden with added sugar, lining the center aisles." As the number of unhealthy behaviors rose, from zero to three, risk of disability increased significantly. The French scientists noted that part of this association could be explained by chronic conditions, depressive symptoms, trauma, body mass index and other health outcomes. But more than two-thirds of the additional disability risk appeared to be directly linked to unhealthy lifestyles.

RAAI oplossing: Junie / Julie

Kommuniek L A G R A O R I E R

N O U E R I G E

B O E S A F

E G O L I

E G I D S E

A N I E L

E O D B O U K I I N G O K S A A L T T S O E L S S I N S T E S T U I S T A S S E T E R E K O S M S A A E N P A L L E L I D K S E E R B R A S O O K U L E E E R E A R T P E R O O S E E S S

G U N S T E I E D E R E

L T E E S S I K S O F A A E N N K D O

S S K L O O R T S S I B O E M

O I V A Y S I E

E P I E K

A R K E

D E R M

K O E I P O K K E

R I E L

E I E R S

R E S E P

E S S A Y R E I P O R S E N T R G S K U R A T U N A P I E K I E E K R Y

69


uppe marketing A16457

AFGEROND EN REG VIR DIE VOLGENDE VEILING! Herbivore All in One is nie net bekostigbaar nie, maar ook geredelik beskikbaar in die mark. Dankie EPOL! – Kobus en Koos du Toit. Modimolle, Limpopo

HERBIVORE ALL IN ONE Herbivore All in One is ’n gerieflike en veilige proteïenbronproduk om diere ekonomies af te rond vir veilings saam met ruvoer en/of weiding.

Vir meer inligting oor spesifieke voere en dienste, kontak: EPOL: +27(0)31 242-8600 | www.epol.co.za | RCL FOODS: www.rclfoods.com Herbivore All in One (V22476) (Wet 36 van 1947)

70


Resep

Wildsvleis-potjie

Voor die jagseisoen einde se kant toe staan, maak ‘n wildspotjie! Heerlik, heilsaam en warm. Potjiegrootte: Nr. 3 Genoeg vir 6 mense Voorbereidingstyd: 2 ure

Bestanddele: 1 kg blokkies wildsvleis 250 g spek, gekap 125 ml sonneblomolie 4 mediumgrootte wortels, in wiele gesny 2 mediumgrootte uie, in skywe gesny 2 knoffelhuisies, stukkend gedruk 10 ml gekapte vars tiemie 500 ml port (of droĂŤ rooiwyn) 6 mediumgrootte aartappels, in skywe gesny Metode: Verhit die olie in die pot en braai die wortels, uie en knoffel vir ongeveer 5 minute Voeg die tiemie, vleis, spek en port by en bedek. Laat prut vir 3 ure. Voeg die aartappels by en prut vir nog 30 tot 45 minute.

Om hierdie dis perfek af te rond, kombineer dit met Landzicht se

Reserve Petit Verdot 71


RAAI

Kommuniek Plaasbeskrywer

Vuilgoed

Afranseling

Seevarke

Gekose Komitee

Wetlike voorreg

Dui lug aan

Afdeling van maaltyd

Landbouwerktuig

Treine stop daar

Iedereen

Wederhelf

Opreggeteelde

Oog

Vermeerdering van vee

Insonderheid Net voor donker

Waterplante

Ku Klux Klan

Geminag

Wurms van motte

Nok van Skaapwol akkermet min hout waarde

Stikkend warm

Sewe minus vier Gesnyde skape Brahmaan of Nguni

Zoeloeregiment

Wasbeer

Noulettende

Kruitbad

Klein 8

Vir 'n appel en 'n __

Perseel

__ Paulo, Brasilië

Grendelslot

HerSkildery Kaal en dor

Argaïes

Op die spoor volg

Tere

Wêreldoorlog

Lettere

Heraklion is hoofstad

Net so

Ook jel Vastrap Aasvoël en witkraai

Regterhand

Tussen q en s

Stroper

24 uur

Aangeneem

Syns insiens Stowevleisgereg Rooi kleurstof

Duim

Modimolle

Ruimtes Beweronder king van grond die grond Adviesraad Oogrok

Toestel wat vrag insit

Kwytskelding Straat met eikebome aan kante

Noordnoordoos

Vals glimlag Manlike bok

Oormaat

Hiëna, Afgevaar- Hoender- So hard jakkals digde agtige soos 'n en kraai lid voëls __ werk

Seevoëls Papegaaie

Gebreide grond

Onsin!

Klaskamers Griekse eiland

Ammunisie

Kiloliter

Feite

Groot tent

Staatskoerant Bismut

Beef

Soompie Eiers voortbring

Houdings Vat hom!

Opbrengste

Duif se geluid

Swaar, wit metaal

Gemeente

Lennon se Yoko

Deel van rib van karkas

Oplossing vir KommuniekRAAI (Junie / Julie) op bladsy 69.

72

Winkelhaak

Sitplek in skouburg Tendens

Kenners van Sjinese kultuur

Wat hoender lê

GelykeNogal Bietjie suur


Kinderpret

73


Uit Piet se pen

Teenpole van die lewe Ons is weer op pad om ‘n jakkalsjagter op te laai. Plakkerskamp toe. Hoeveel keer nog? wonder ek. Somber tonele begroet jou. SuidAfrika se nuwe nasionale blom (plastieksakke) oorheers die landskap. Rommel lê in hope langs die strate uitgegooi. Oral lê leë bottels en plastiek-wynkanne rond. Die skool is besig om uit te kom. Ons ry stadig deur die kinders wat in die straat stap. Almal netjies in hulle skooldrag. ‘n Benoudheid oorval my. Moedeloosheid, angs en ‘n magteloosheid. Noem dit wat jy wil. Waar gaan al hierdie kinders eendag werk kry? wonder ek. Waarheen is ons op pad? Die mense is net te veel. In ons land. In die wêreld. Natuurlike en materiële hulpbronne kan net sóveel hanteer en niks meer nie. Iewers moet iets in duie stort. Hoe lank nog? Ek ry stadig teen die kalkbult af. Voor my is ‘n see van sinkhutte op mekaar geplak. Enigiets denkbaar vir ‘n skuilte of onderdak. Los sinkplate is hier so skaars soos hoendertande. ‘n Nuwe idioom in wording: so skaars soos ‘n sinkplaat in ‘n plakkerskamp. Ek dink aan vriend Hennie se opmerking oor die teenpole in die wêreld. Hier wemel dit van teenoorgesteldes. Selfs hier is klasseverskille. Teenpole. Slegs ’n paar netjiese huise met tuintjies. Nog ‘n paar minder netjies en dan die spreekwoordelike plakkershut. Shantys. ‘n Magdom ingeryg. Die jagter bly by die lang boom in die kamp. Jy kan dit nie mis nie. Dit staan uit soos die Eiffeltoring. Ek ry reguit daar-

74

heen. Piet wag reeds. Sy seuntjie hang aan die jaart se ogiesdraad. “Hoekom kom jy nou eers?” wil Marcel weet. Seker by sy pa gehoor. Piet laai verwoed aan sy goed. Hy gooi amper ‘n man wat verbyloop raak met ‘n graaf, wat hy oorbodig ag. Almal help. Mense drentel op en af in die straat. Na nêrens. ‘n Dogtertjie raas speels met haar pop. ‘n Paar seuntjies kom bekyk die bakkie op ‘n afstand. Die kleinste enetjie vra “hei, wat kyk jy?” Op die hoek staan ‘n blikhuisie. Baie klein. Elke sinklaat ‘n ander vorm. Voor die huis bondel mense saam, oud en jonk. Die kleintjies is die meeste. Die ouer mense sit rustig op hulle hurke en rook. ‘n Groot rusbank staan voor die huis – te groot vir die huis. Op elke armleuning sit ‘n persoon. Ek verneem hoekom hulle nie op die bank sit nie. “Kan meneer nie sien dit is net die frame wat daar staan nie?” lig Piet my verontwaardig in. ‘n Vrou kom te voorskyn. Sy is besig om al die klere uit te dra. Gooi alles op ‘n hoop. Ek kan amper nie glo dat daar só baie klere in die huis is nie. Sy probeer dit brandsteek. Die omstanders lyk min gepla. Ná ‘n paar pogings laat vaar sy dit. Iemand vra iets onhoorbaar aan haar. Skielik is die gort gaar. Sy begin hom sê. Loop haal hom by sy voorgeslagte en eindig by sy ma. Ek hoor iets van terte van Durban. (Nogal Durban, van alle plekke.) Sjoe! Nee, sy het hom goed gesê. Wonder wat sou die vraag wees? Piet-jagter sê ek hoefie om te worry nie, die antie se kop

vat hoeka nie. Voor ons wegtrek, is hier eers gou ’n man wat ‘n joppie soek. Ook ‘n Piet. ‘n Treurige verhaal en ‘n baie lang storie. Kan alles doen van baaisiekel ry tot kruiwa stoot. Baie werke al gehad, maar sy vrou kom nie met die mense oor die weg nie. Nee, hy sal my nie teleurstel nie. Die Here sal my seën. Alweer… Piet het intussen laat weet hy is klaar gelaai, ons kan maar loop. Ons moet net gou by iemand omgaan, daar is nog ‘n verlore slagyster van hom. Ons ry stadig deur die mense. Almal groet en waai. Een laat hoor hy moet vir hom biltong bring. Ons stop voor die huis van die verlore slagyster. Die mense praat en raas binne. Piet roep, maar niemand antwoord nie. Hy klim af en gaan praat binne in die huis. Negatief, sê hy by sy terugkoms. So en so het die yster geleen en hy is nou op ‘n veepos in Vanwyksvlei se omtes. Nee, ons kan maar die yster los, is sy aanbeveling. Ek sou so dink… Dan net gou die R100 wat by ‘n ouma gelos moet word… Geduld en nogmaals geduld. Ek wonder of mense altyd besef hoe na boere aan hulle werkers leef? Help mekaar waar ons kan. Loop saam die ekstra myl. Deel mekaar se lief en leed. Die gewone man op straat sien dit nie raak nie. Weet nie wat hulle nie weet nie. As almal niks het nie, kan niemand vir niemand help nie.


Wêreldklas verwerking van wêreldklas pekanneute. GWK Infrastruktuur

GWK Infrastruktuur sluit moderne fasiliteite in, waaronder ons silo’s, katoenpluismeule, grondboonaanlegte en pekanneutaanleg, met die nuutste tegnologie, in. Alles om ons boere se produkte met gemoedsrus na die markte te verskuif.

Hoof: Infrastruktuur Carl du Toit carldt@gwk.co.za

Douglas Grondbone-droging en Pekanneute Franswa Weyers franswaw@gwk.co.za

75


V A

Moet ek my Trustakte laat hersien? GWK bied ’n omvattende reeks regsdienste vir al jou persoonlike en besigheidsbehoeftes, en kan help met: • • • • •

Re g sa dv i es Samestelling en w ysigings van titelak tes Ro l a s o n af h a n k l i ke Tr us tee Ad m i n i s t ra s i e va n Tr us t I n ken n i s s te l l i n g va n w y s i g i n g s tot b e l a s t i n g wetg ew i n g • H o u va n Tr us tee ve rg a d e r i n g s • Ko r re k te h a nte r i n g en b ewa r i n g va n N ot u l es Alles onder een dak.

Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185

gwk.co.za 76

Kommuniek Augustus/September 2017  
Advertisement