Page 1

die

WNDPOMP FEBRUARIE2017


LAINGSBURG

TOERISME LAINGSBURG TOERISME Toerisme Beampte Madré Walters Museum Francis van Wyk

8 www.infolaingsburg.co.za KONTAK ONS ( 023 551 1868 * laingsburgtourism@telkomsa.net * Laingsburg Tourism Info/Flood Museum Private Bag X4 Laingsburg 6900 South Africa

Laingsburg Tourism @VisitLaingsburg Laingsburg Tourism BESOEK ONS GPS Koordinate 33.1950° S, 20.8592° E CAPE TOWN

265km on the N1 north

WORCESTER

157km on the N1 north

BEAUFORT WEST OUDTSHOORN

SUTHERLAND

199km on the N1 south 176km (take the R62 over the Huisrivier Pass, through the scenic Seweweekspoort) OR 199km from Oudtshoorn and De Rust through the majestic Meiringspoort to the N1 and the south 138km on the N1

Ontwerp & Uitleg: Ané Groenewald (Studio 8)

UIT DIE KANTOOR

E

k is so opgewonde oor hierdie uitgawe! Die Windpomp het 'n heel nuwe blaaitjie omgeslaan met 'n nuwe voorkoms. Hierdie veranderinge is al vir 'n geruime tyd in die pyplyn en ons is aangenaam verras en tevrede met die eindproduk. Laingsburg Toerisme in vennootskap met die Karoofeeskomitee is druk besig met die Mrs Davids and her organisering van hierdie family also attended the geleentheid. monthly market and sold delicious cape Dis vir ons heerlik om malay products! aan te kondig dat daar vanjaar 'n ietsry In February the Open kompetisie, fun run en Africa and Fetola hosted vermaak is om te geniet an amazing initiative in by die fees: 21 – 23 April Laingsburg to develop 2017. Die fees vind small tourism plaas by die J.J. Ellis businesses, the Sportgronde in workshop was held over Laingsburg. a duration of two days. The workshop was The irst farmers market attended by our local took place on the 25th towns Calitzdorp, February 2017 and it Ladismith and Zoar was well attended with including local a few new local stalls, Laingsburgers. we were excited for the fresh produced from Vleiland which was represented by Porcupine Rest Camp.

Madré

2017|UITGAWE1|2


4

14

12 UITGAWE1|2017

3 | Laingsburg Onthou

Inhoud

Laingsburg onthou die vloed van 1981 soos vertel in Huisgenoot (1981).

7 | Plaasmark 2017 Merk jou dagboek met al vanjaar se plaasmark datums.

8 | Brinksfontein Laat die s lte in jou siel kom grawe. Ons kuier in die Moordenaarskaroo en ervaar egte Karoo gasvryheid.

10 | Karoofees

visit us!

Fietsry, draf en vermaak - dit is maar enkele dinge wat jy by vanjaar se fees te wagte kan wees.

14 | Hou piekniek in styl Geniet die laaste somerson met ‘n piekniek propvol Laingsburg Lekkertes.

12 | Entrepreneursprofiel Ons het met Amarcia en Ernst Marais, eienaars van Hartjieskraal gesels oor uitdagings, wenke en hul liefde vir die Karoo.

13 | 21 Reasons to choose a karoo farmstay We want to share the wonders of the Karoo with you - come

16 | Smul aan een van dié roosterkoeke Tannie Poppie se roosterkoeke trek aandag van oraloor.

17 | Maart in seisoen Ons vier vars groente, vrugte en kruie en maak quiche met seisonale bestanddele.

13 8

2017|UITGAWE1|3


SWART SONDAG O

m die omvang van die vloed te begrip, moet 'n mens die nasleep self ervaar...

Geknelde land. 'n Geharde joernalis kan huil by die aanskoue daarvan. Niks wat jy in jare ervaar het, kan naastenby vergelyk met die rou, hartseer verwoes ng wat om jou strek en die verslaentheid van die groupie mense by wie jy staan nie. Jou mense. Hulle vroetel in die moddersee. 'n Kind kry 'n verlore lappop in die sly ken is bly. Teen 'n brokstuk van 'n murasie soek 'n egpaar na verlore bakens, want die werf van hul gewese spoghuis is onherkenbaar verander. Wanneer hulle opkyk in die son, is hul oë rooiverwese. As hulle stadig vertel wat hulle stoflik verloor het, kyk jy anderpad en kry al 'n knop in die keel. Wanneer hulle vertel van geliefdes wat in die ramp weg is… in die groepie is daar ander harte wat saam met hulle s'n breek.

is dit nie dat dit die grootste viand moes wees nie. Hoe het die vloedramp begin? Die swart Sondag op Laingsburg staan die inwoners nog helder voor die gees na die week of wat waarin hul lewe so ingrypend verander het. Die diens die oggend was deur ds. Malan Jacobs. Hy sou later in die vloed vermis word terwyl hy onbaatsug g ou mense probeer red het.

“Die diens die oggend was deur ds. Malan Jacobs. Hy sou later in die vloed vermis word terwyl hy onbaatsugtig ou mense probeer red het.”

Tonele soos die het die land ook op die televisie gesien, maar om die volle omvang van die Karoo-vloed te begrip, moet 'n mens die nasleep self ervaar het. Dit moet jou jou lewe lank bybly, die ellende wat jy gesien het. Die dramas, die smart – maar ja, ook die vreugde van weersiens. Vermistes wat opdaag nadat daar aanvaar is hulle is dood.

Dit het al sedert die Vrydag op Laingsburg gereën, toe die eerste berigte die Sondagoggend voor kerk die dorp binnesypel van onbegaanbare paaie op plase in die distrik. Na kerk het die nuus vining versprei dat Krigestraat, die straat naaste aan die Buffelsrivier, onder die water is. Teen elfuur was die pad na Ladismith versper. Die nasionale pad Kaapstad toe was onder die water by brue naby die dorp, maar party swaar voertuie kon nog deurkom.

Laingsburg, Touwsrivier, Montagu… die opruimingswerk het begin. Maar leemtes is gelaat deur die teuellose water wat nie in maande, jare, miskien nooit nie, gevul sal word. In Laingsburg, dorsland, was water altos 'n baie groot vriend. Hoe ironies

Om twaalfuur stroom die water die tehuis vir bejaardes in Krigestraat so geweldadig binne dat reddingswerkers die ou mense op die dak moet help. 'n Halfuur later kolk die vloedwater aan twee kante van die dorp.

2017|UITGAWE1|4


VAN WANHOOP Van Riebeeck- en Swartbergstraat is onder water. Om twee-uur word die ouetehuis meegesleur. Aandoenlike verhale word vertel van die laaste oomblikke op die dak van die tehuis en die van ander huise. Ds. Jacobs, wat kom hulp verleen het, het met 'n handvol ou mense in gebed gekniel voor die gebou onder hulle verbrokkel het. Elders het mense geestelike liedere gesing, van dakke af vir mekaar gewuif vir o n d e rs k ra g i n g i n d i e m a g ge natuurgeweld waarteen jy so nie g en weerloos is. Later sou verstommende verhale ontvou. Soos die van die egpaar Paul en Brenda Ameels, wat ook die ou mense kom help het, maar twin g kilometre tot in die Floriskraaldam m e e ge s l e u r i s . H u l l e h et a a n drywende bome vasgeklou tot hulle op harde aarde uitgespoel het. 'n Reddingshelikopter het hulle opgepik en hulle is herenig met hul oorstelpte kinders, wat geglo het dat hulle nooit weer hul ouers lewend sou sien nie. Hoe hulle mekaar vasgedruk het daar nadat die helikopter geland het… Niemand wat dit gesien het, sal die vreugdetoneel ooit vergeet nie. Na die verswelging van die ouetehuis het die vloed al hoe hewiger geword. Mense is ook in bome en op brue vasgekeer – wat soos vuurhoutjies onder hulle geknak het wanneer die waterdruk te sterk geword het. Die dorp van droogte het 'n verwoede see geword, en om vyfuur het die polisie vir Oudtshoorn van die ramp verwi g. Om sewe-uur die aand is die laaste huise in die gevaargebied ontruim. Die nag het gedaal op 'n haas vernie gde dorp.

Ko r t n a d i e ra m p ko m j y a s Huisgenoot-joernalis by die verwoeste dorp aan terwyl die land in ruime mate sy hand vir die geteisterdes oopmaak. Jy moes Laingsburg van Kaapstad met 'n ompad bereik. Die pad na die suide was afgesluit, want die stormloop van water en modder het die pad- en treinbrue se aanlope weggevee. Die ompad was by Oudtshoorn verby, oor 'n half verspoelde pad na Prins Albert. Die noordelike aanloop na Laingsburg krul tussen die koppies deur en die eerste wat jy sien, is die bruin dorp hoog bokant die Buffelsriviervallei. Die huise staan wit teen die vaal veld afgeteken. Maar onder is Laingsburg soos 'n dorp in militêre belg. Twee weermaghelikopters skarrel tussen die klipkoppies uit. Op die rugbyveld staan 'n groen tentdorp in kenmerkende hoefystervorm, en aan

twee kante is die militêre voertuie laer getrek asof hulle 'n onsigbare viand verwag. Die paviljoen by die rugbyveld is as noodhulppos ingerig en by een deur deel die weermag heeldag verniet kos uit. Reg langsaan is 'n militêre mediese hulppos ges g – soos in 'n oorlog sodat gewondes daarheen gedra kan word. Doer oorkant loop die Buffelsrivier. Sterk, amper vriendelik nou. En tussen daardie loop en die middel van die dorp is een verwoeste massa oorblyfselfs bedek met 'n vaalbruin, pap modder wat op sy hoogste punt hoer as die huise se dakke lê. Van die middel van die dorp af, rivier se kant toe, is daar niks. Die huise naaste aan die rivier, insluitende die ouetehuis, is tot op die fondamente weg saam met die rivier. Hoër op teen die wal lê 'n moddermassa oor drie strate se ineengestorte huise verprei. Twee

2017|UITGAWE1|5


kilometer lank en op plekke twin ng meter hoog, lê een modderwal bo-oor mens, dier en besi ng.

Die media berig:

Nader aan die middedorp, gebaken deur die klipkerk, is meer as die hel e van die sakesentrum verwoes. Geboue lê ingetuimel en die modder halflyf hoog teen die toonbanke gespoel. Onder hulle wemel dit van reddingswerkers, oorlewendes en agtergeblewenes. Maar nogtans tref die s lte jou. Dis asof die Karoo om Laingsburg s l geword het oor di twat hom op 25 Januarie tussen die middag en seweuur die aand hier afgespeel het. Ry jy af na die operasiesentrum wat die weermag langs die polisiekantoor ingerig het, sien jy 'n blinkoog-kolonel met besliste handgebare oor die radio praat. Hy stuur helikopters na vasgekeerde boere, reel konvooie met noodvoorrade van Oudtshoorn af en koordineer spanne soldate wat tussen modder na lyke grawe. 'n Boer kom binne. Hy het 45 melkkoeie, sê hy. En hulle het vier dae laas gevreet, want alles het weggespoel. Alles, insluitend R250 000 se wingerdstokke. Maar hy het maar net kom hoor van lusern vir sy melkkoeie. Die kolonel sê hy moet vasbyt, die 'army' sal help. En so gaan dit deur die hele dorp deur. Dit is die boodskap wat SuidAfrika aan sy mense in die rampgebied bring: Julle moet vasbyt, ons sal help. By 'n winkel langs die BP-garage is die handelsware weggepak en pakke klere uit die res van die land opgestapel. Hier kan diegene wat alles verloor het, vir hulle die nodige kom haal. Die hotel deel gra s etes aan al die noodhulpmense uit, maar 'n man moet darem vir jou bier betaal. Dan gesels jy met die mense in die rampgeteisterde dorp en voel telkens aangedaan en ervaar hoe mededoë in jou opwel. Jy gaan staan ook 'n keer op die bekende verkeersirkel in die middedorp en kyk na die gewerskaf van die stootskrapers – en na die kerk, honderd jaar reeds 'n stewige klipbouwerk, wat nou die simbool van die inwoners se geloof geword het.

“Want al lê die modder enkeldiep tussen die rye kerkbanke, al is die gebrandskilderde vensters deur watervuiste gebreek en wys teen die mure 'n vaalbruin ring soos om 'n bad wanneer jy die Karoostof van jou lyf afgewas het, staan die klipkerk nog daar. Nes Laingsburg sal hy nie sterf nie.” Want al is wyle ds. Jacobs se preekstoel weggesleur – asof simbolies – sal die mense die modder tussen die banke uitkrap en afwas, die vensters regmaak en 'n nuwe preekstoel kry. En miskien oor 'n paar weke sal die meer as 2 000 siele wat die groot vloed oorleef het, weer hier die Here loof. Want soos die klipkerk, so is Laingsburg se mense. Nou s l en stukkend, maar vol belo e vir 'n nuwe begin. Soos in Huisgenoot 1981 *Besoek gerus die Vloedmuseum vir meer inligting. 2017|UITGAWE1|6


PLAASMARK 25Feb: 10h00 25March: eveningmarket April: nomarket 27May: 10h00 24June: 10h00 29July: 10h00 26Aug: 10h00 29Sept: eveningmarket (marathon) 28Oct: 10h00 25Nov: 10h00 16Dec: Christmas EveningMarket

2017|UITGAWE1|7


BRINKSFONTEIN laat die stilte in jou siel kom grawe B

rinksfontein Guest House is net 70km van Laingsburg en 60km van Sutherland af, op 'n grondpad, in die s l en rus ge Karoo geleë. Brinksfontein is die perfekte plek om jou skoene uit te skop en jou ba erye te herlaai. Ons akkommodasie word aangebied in 'n kothuis wat volledig toegerus is vir selfsorg. Die huisie is teen die hange van die Moordenaars-Karoo se kliprandjies gebou. Die bekoorlike eenheid het geen elektrisiteit en geen selfoon-ontvangs nie en is ideaal vir gaste wat omgewingsbewus is. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n

bababed kan op versoek voorsien word. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Die badkamer is ingerig met 'n stort, 'n gas-geiser, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer is buite die huis en dit bevat 'n stort en 'n toilet. Die slaapkamer het ook warmwaterbo els en ekstra komberse. Daar kan ekstra matrasse vir kinders gereël word. Die oopplan-kombuis en -leefarea beskik oor 'n kaggel en gemaklike rusbanke. Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatgasstoof, 'n gasyskas, eetgerei, breekware en 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 mense. Die kothuis het 'n hele versameling tydskri e en boeke en

daar is ook bordspeletjies en ke es. Daar is 'n ou skaaptrog en 'n bomabraaiplek buite die kothuis sodat gaste lekker in die vars Karoo-lug kan ontspan. Daar is vuurmaakhout, brooddeeg en p i e k n i e k m a n d j i e s o p v e rs o e k beskikbaar. Gaste kan bergfietsry en voetslaan op die plaas.

Kontak besonderhede ( +27(0) 23 551 9900 * info@brinksfontein.co.za 8 www.brinksfontein.co.za Kry ons ook op FACEBOOK

Aktiwiteite MOUNTAIN BIKE roetes in die veld STAP ROETES in die koppies 2 VELD braai areas Sonsondergang area Sterre STERRE STERRE PLEASE NOTE: No electricity No internet Gas only Pet-friendly on request

2017|UITGAWE1|8


BUDGETGETAWAYSREVIEW

8 h ps://www.budget-getaways.co.za/accommoda on/brinksfontein

If you're seeking true escape, Brinksfontein is the real deal. Sixty-five kays from Sutherland and jammed against a rugged backdrop of Moordenaars Karoo peaks, this tastefully renovated farmhouse offers big skies, oodles of space and deafening silence. The farmhouse is simply furnished, comes with a mix of wooden and screeded floors and plenty in the way of space and comfort. What’s more, it’s off-grid, has a gas geyser for hot water and zilch in the way of cell phone signal. Like we said, the real deal. The house sleeps a total five guests, with the op on of extra ma resses in the living room - allowing you to pack in addi onal kids. You’ve got two bedrooms, one with double and three-quarter bed, the second with twin beds. The bathroom is shared, with loo, shower and basin.

There’s also an uithuis with loo and hot shower. The kitchen and living area are open-plan and feature dining table, indoor braai and fireplace, gas fridge and freezer and plenty of magazines, books and board games for evening entertainment. The living area leads onto a covered stoep with outdoor braai area and fire pit, and “Karoo jacuzzi” - an old sheep drinking trough converted into a splash pool for the summer swelter. Keeping busy at Brinksfontein spans a decent choice of op ons - hikes in the hills, exploring the farm on mountain bike, long stretches of back roads to venture down, braaing to heart's content, ge ng stuck into a marathon game of Monopoly. Wrapping it up, this is a getaway that plonks you in the heart of a li le-known corner of the Karoo. Are you up for the challenge?

2017|UITGAWE1|9


Wol-Dra

Merry-Go-Round

Stalletjies

For more information: laingsburgtourism@telkomsa.net | 083 567 2780

f

Laingsburg Tourism

t

@VisitLaingsburg

2017|UITGAWE1|10


10 KM

Volg die skakel na die inskrywingsvorm: 8 h ps://drive.google.com/file/d/0ByM7TnOMt498VnhyVXZpYjYzMFk/view?usp=sharing

5 FUN RUN KM

Volg die skakel na die inskrywingsvorm: 8 h ps://drive.google.com/file/d/0ByM7TnOMt498UURSaE5ULTJrQW8/view?usp=sharing

2017|UITGAWE1|11


ENTREPRENEURS

profiel

HARTJIESKRAAL PLAASKOMBUIS Hartjieskraal Plaaskombuis is ‘n bekende naam, nie net in Laingsburg nie. Ons het met Amarcia en Ernst Marais, eienaars van hierdie onderneming gesels oor uitdagings, wenke en hul liefde vir die Karoo.

Hoe het Hartjieskraal Plaaskombuis begin? Ons het begin om boerdery inkomste, aan te vul. Begin met bak van koeke en terte op bestelling. Cecilia van der Merwe, eienaar van g.r.a.n.a.a.t het in 2003 Matjiesfontein toe gekom en sy het ons pasteie begin verkoop in die koffiehuis. Later het ons begin om die turksvy produkte te lewer en met die tyd die ander konfyte. Ons het toe meer selfvertroue gekry en ons konfyte aan padstalle rondom ons begin wys en lewer.

suksesvolle besigheid? Harde werk, lang ure en glo in jou produk!

Wat is jul gusnteling ding van die Karoo?

Wat is jul grootste uitdaging?

Ons gunsteling van die Karoo is die vreedsaamheid, s lte en om naby die natuur en Skepper te leef.

Vervoer en ook die ekonomiese omstandighede ten spyte gaan dit goed.

Wat is jul raad vir entrepreneurs wat hul eie besigheid wil begin?

Maak die ligging (Laingsburg) besigheid makliker of moeiliker? Moeliker omdat ons ver is van padstalle wat belangstel en koerier koste is hoog, padstalle wil nie altyd die vervoerkoste betaal nie.

Begin klein en groei saam jou navrae en uitdagings. Belangrik , ons glo om nie onnodig skuld te maak nie, skuld kan drome in die wiele ry baie vinnig. Vir navrae kontak Amarcia: 023 551 1808

Wa er produkte sluit Hartjieskraal Plaaskombuis se reeks in? Konfyt: Appelkoos- turksvy konfyte , blatjangs, turksvy stroop, suurlemoenverfrisser. Gebak: koeke, verjaarsdag koeke, klein koekies, pasteie (verskeie soorte) soet en sout happies , alles op bestelling vir die varste gebak.

Hoe wyd word die reeks versprei? Landswyd? Verste dorp? Grotendeels in die Wes-Kaap, SuidKaap, en Noord Kaap. Navrae kom uit die ander provinsies ook.

Wat is jul top-wenke vir ‘n 2017|UITGAWE1|12


21

REASONS TO CHOOSE A KAROO FARMSTAY

1. Overseas travel is fraught and complicated

2. Overseas travel is expensive

3. Overseas travel is over-crowded 4. Overseas travel involves long-term planning

5. City people need a release valve

6. A place to escape to

7. Blissful space 8. Much-needed quiet

9. The great outdoors

10. A chance to reconnect with the family 11. Some much-needed physical ac vity

12. Getting back to the land

13. Going somewhere accessible 14. Staying somewhere affordable 15. A venue for safe adventure

16. A place to exhale 17. A safe space for the kids

18. The freedom to wander

19. The blessing of a stoep in the middle of nowhere 20. Being disconnected from distracting electronics

21. Falling under the ancient magic spell of the Karoo. 2017|UITGAWE1|13


HOU Geniet die laaste somerson met ‘n stylvolle piekniek. Hier is ‘n paar items om jou piekniek so lekker as moontlik te maak.

Bakkies met windpomp mo ef vir snoeperye Na Hartelus, R40 elk

Hout drahouer 8 Mr Price Home, R250 elk 2017|UITGAWE1|14


PIEKNIEK

in styl Piekniekslaai Lekker bykos vir braaivleis of saam met kouevleis Meng inhoud met blikkie tuna vir kits-slaai g.r.a.n.a.a.t, R35 elk (4+ porsies)

Suurlemoen Verfrisser Lemon Quencher

Suurlemoenverfrisser - maak dit aan met yskoue sodawater vir die somergevoel Hartjieskraal

Plas ekglase in vrolike kleure 8 PEP Stores Home, R1.99 elk

Strooikussings vir luilekker kuiers Na Hartelus, vanaf R120 elk

Na Hartelus, Toerisme Kompleks (Mariaan): 073 492 577. Mr Price Home, Online Shop: www.mrpricehome.com ; PEP Stores Home, Online Shop: www.pepstores.com ; Hartjieskraal Plaaskombuis (Amarcia): 023 551 1808 ; g.r.a.n.a.a.t (Cecilia): 023 551 1616 2017|UITGAWE1|15


Smulaaneenvandié

roosterkoeke

As jy weer op Laingsburg brandstof ingooi, hou verby die kafee by die Shell Ultra City en mik eerder vir tannie Poppie van Kuierkraal se rooi waentjie aan die oorkant van die pad. Tannie Poppie maak roosterkoeke met deeg wat sy snags knie. Sy verkoop dit op straat, vars van die rooster af, aan vakansiegangers en die plaaslike inwoners. Jy kan ry met

bo er, kaas-en-jêm, wors met ’n sous – tama es-en-uiesmoor, soetrissie, blatjang.... Jy kan ook ’n koue Coke of ’n bompie (’n groot ysie) koop. Poppie is landwyd bekend. Sy was al op televisie, op radio en in verskeie tydskrifar kels. Sy word gereeld “gekontrakteer” om kos te maak vir jagekspedisies in die Karoo.

Waar? Langs die N1 reg oorkant die Shell Ultra City op Laingsburg. Kontak Jy kan vooraf vir tannie Poppie (073 8282 488) bel dan sal sy vir jou roosterkoeke reghou. Sy bak o o k a l l e r h a n d e l e k ke r b r o d e (soetsuurdeegbrood, pampoenbrood, uiebrood... R30 per brood) op bestelling. http://weg.netwerk24.com

2017|UITGAWE1|16


MAARTin

seisoen

Kies vrugte, groente en kruie volgens die seisoen om seker te maak jy kry die beste voedingstowwe en geur.

GROENTE aartappels, avokado, beet, blaarslaai, eiervrug, groenboontjies, knoffel, komkommer, kool, mielies, murgpampoentjies, pampoen, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, soetpatat, soetrissies, spinasie, tama e, uie.

VRUGTE appels, druiwe, granate, kwepers, mango’s, pere, perskes, piesangs, pruime, pynappels, spanspek, suurlemoene, waatlemoen

KRUIE basillie, dille, lourierblare, marjolein, ment, origanum, roosmaryn, salie, emie

QUICHE {

{

wissel die inhoud af met bestanddele wat in seisoen is vir vleislie hebbers: voeg gerookte hoender of biefstukrepies in

Kors: 240 g Koekmeel 230 g Botter 150 g Cheddarkaas Vulsel: 500g Spinasie 45 ml Canola olie 250 g Spek 1 groot Ui 1 Knoffelhuisie 300 g Sampioene

Sout Peper Aromat Gedroogte origanum 100 g Gerasperde cheddarkaas Bolaag: 3 Eiers 150g Korrelrige maaskaas 100 ml Melk 1 wiel Feta

Meng al die bestandele met ‘n voedselverwerker totdat Klits al die bolaag se bestandele behalwe die feta. Giet dit ‘n deeg vorm. Gebruik dan ‘n koekpan met ‘n los die mengsel oor die spinasie. Frimmel dan die feta kaas boom en smeer die kante en die boom met die deeg. oor. Laat staan in die yskas vir 15min. Bak vir sowat 40min in die oond by 180oC. Soteer die spek, uie, sampioene en knoffel in canola tot gaar. Kook die spinasie en voeg by die gaar Bedien warm of koud saam met gebraaide kersie spekmengsel. Laat dit vir 5min kook. Voeg al die tamaties, of net ‘n lekker mengel slaai. speserye by. Skep mengsel eweredig in pan. Strooi gerasperde kaas oor. 2017|UITGAWE1|17


t s u j t ’ Don gh,

u o r h t e driv hile.

w a r e g lin

Die Windpomp Februarie 2017  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you