Bulletin
www.vitalbugs.co.za
087 751 0279
30 August 2013
Vossies wen Beeld, maar… En toe stap die Vossies se drie spanne wat tot die Beeldtrofee se eindstryd deurgedring het Saterdag met drie bekers weg. Maar dit het vir die eerste span nie altyd so maklik gegaan nie en in die tweede helfte van hul wedstryd het hulle hul ondersteuners baie bekommerd gehad. Vir die o.14’s was dit natuurlik ‘n stryd tussen die Hoërskool Oosterlig en die Hoërskool Ben Viljoen, wat na ‘n drie in “beseringstyd” deur Oosterlig met 22 elk gelykop geëindig het. Hulle deel dus die beker. Die o.15-eindstryd was tussen Ben Vorster en die Hoërskool Vryburg. Die Vossies het eerste punte aangeteken, toe hul kaptein, Stefan Engelbrecht, na ‘n mooi breekslag oorgebeur het vir vyf punte. Kort hierna het linkervleuel Ruben Ragolane oorgeduik en Andre Klopper se visier was in met die doelskop. Net voor rustyd het slot Nyiko Mahamu ‘n puik drie gedruk en die spanne is kleedkamer toe met die Vossies 17-0 voor. Na rustyd het Vryburg verwoed ingeklim en twee vinnige drieë gedruk om die telbord te laat aanskuif na 17-12. Die Vossies antwoord egter toe Ruben Ragolane (vleuel) ‘n puik agterlynbeweging vir sy tweede drie afrond. Telling nou 24-12. Van die afskop af is dit weer Vryburg wat ‘n drie gaan druk en die telling word 24-19. Die Vossies skakel egter oor na ‘n hoër rat en druk nog twee drieë deur die vleuel BornwiseThibela en die heelagter Floyd Ledwaba. Vryburg kry aan die einde van die
wedstryd ‘n troosprysdrie om die eindtelling 34-26 in die Vossies se guns te maak. Die haker Ruben Koekemoer is as speler van die wedstryd aangewys. Die o.16’s kom toe aan die beurt, teen die Hoërskool Delmas. Ben Vorster val sterk aan van die afskop af en met Delmas wat oortree, slaag die losskakel Duan Schoeman vroeg met die strafdoel (3-0). Delmas gaan nie lê nie en druk die eerste drie van die wedstryd (7-3). Die laaste tien minute van die eerste helfte het aan die Vossies behoort met die agsteman, Jacques Venter, wat gaan druk het; toe rond die senter Sibusiso Mhlangeni mooi af na ‘n puik teenaanval van vleuel Christiaan Bronkhorst en kort voor rustyd druk skrumskakel Dylan
Janse van Rensburg ‘n opportunistiese drie (rustyd: 20-7). Delmas het in die tweede helfte met mening terug geveg en vroeg-vroeg. Die doelskop is oor en die telling is nou 20-14. Die Vossies antwoord met ‘n strafdoel (23-14). In die res van die helfte verdedig albei spanne verwoed en loods die een aanval op die ander. Ben Vorster slaan die laaste spyker in die doodkis, toe vleuel Pule Mollokomme met speeltyd verstreke oorgaan vir ‘n welverdiende drie. Die eindtelling: 28-14 in die Vossies se guns. Die stut Matimu Manganyi is as speler van die wedstryd aangewys. Die eerste spanne van die Vossies en die Hoërskool Ben Viljoen het toe aan die beurt
gekom. Die Vossies begin die wedstryd puik en hul voorspelers klim byna ongekend in, teen ‘n hoogs gemotiveerde span van die besoekers. Die Vossies se Jinx Molapo (senter) het binne die eerste twee minute deur ‘n horde verdedigers gebreek en agter die pale gaan kuier. Leroy Ndlovu het fyn gekorrel en die Vossies loop 7-0 voor. Van die afskop af is dit nog steeds net die Vossies en die vleuel Tsepiso Mahasha het gaan druk (12-0). Die Vossies het op die voorvoet gebly en kort voor lank gaan die woelige loskopstut Madot Mabokela oor vir ‘n drie. Die doelskop is oor en die Vossies loop voor met 19-0. Ben Viljoen kom uiteindelik op die telbord na sowat 25 minute se spel, toe hulle oorgaan vir ‘n drie (19-7). Die Vossies het egter die laaste gepraat voor rustyd, toe eers agsteman Floyd Ntimane oorduik, opgevolg deur die flank Theo Mahlo. Die rustydtydtelling is dus 31-7 vir die Vossies. In die tweede helfte is die wedstryd beduidend stadiger en dit het gelyk of die hitte albei spanne benadeel het. Die Vossies het veral teleurgestel met hul speltempo in dié helfte. Ben Viljoen het in dié helfte nog twee drieë gaan druk, om die telling 31-19 te maak. Die Vossies was egter nie lus vir verloor nie en Leroy Ndlovu het met ‘n strafdoel geslaag om die telling te rek. Met speeltyd verstreke het losskakel Andries Bruwer onderskep en agter die pale gaan kuier. Die eindtelling: 41-19. Andries is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.
MHS archers shine at national champs
Adriaan Venter, Marla Barnard, Mr Ockert le Roux (coach) and in the back Ricus Harmse, Ruan Genis, Debbie Venter, Cheney Kleinhans, Magdalena Kleinhans, Lynn-Marie Theron, Marietjie Harmse, Ricus Warmenhoven, Renart Botha and Benéche Jackson are the archers who performed so well at the championships.
No less than 22 Merensky archers participated in the national Bow Hunter Championships at Hammanskraal. They worked hard and aimed well, winning numerous medals. Gold: Ricus Warmenhoven, Beneché Jackson, Renart Botha and Marietjie Harmse. Silver: Marla Barnard, Lin-Mari Theron, Adriaan Venter, Magdalena Kleynhans, Ockert le Roux. Bronze: Ruan Genis, Cheney Kleinhans, Rikus Harmse, Debbie Venter. With these excellent results, it is clear why the Merensky Archery Club carries the title of Top Archery School in the country. The team is busy preparing for the upcoming International Championships.
Xander Koster en Edward Clements van die Tzaneen CVO-skool gaan in Springs by die Old Boyskrieketklub vir die VerreNoord-spanne aan die BCVO se landwye kriekettoernooi deelneem. Letaba se eerste rugbyspan het Saterdag groot teleurstelling verduur, toe hul wedstryd teen Louis Trichardt afgestel is. Daar was darem groot troos, toe die span hul nuwe geborgde truie kon aanpas. Lannie Motors het vir die nuwe uitrusting gesorg en hier wys Bobby Du Plessis, Deano Kruger, JP Kardos en Sven Hedin hul nuwe vere.