Bulletin 1 July 2011

Page 6

6

1 Julie 2011

Bulletin

Rev Ron J Reiners • 083 617 8442 Vrydag 1 Julie 2011

Piesangrepubliek Die reeks bedankings van nuutverkose stadsraadslede, wat ‘n massa-uittog kan word, is werklik ‘n belaglike toedrag van sake. ‘n Maand gelede met trompetgeskal verkies, of aangewys in die geval van proporsionele lede, bietjiedag ingesweer met ewe groot vertoon en erns en nou loop hulle op strepe. Dit is wat mens in ‘n piesangrepubliek sal verwag. Hoe kan mense nog voor hul begin werk het, bedank en nou ‘n reeks tussenverkiesings, wat geld kos, afdwing? As dit waar is dat politieke partye — ons verneem dit is nie net in die regerende party nie — nou herbesin en meen openbare amptenare (soos byvoorbeeld die talle onderwysers wat in rade dien) behoort net in een pos te dien, is dit tog billik om te vra hoekom hulle nie vroeër daaraan gedink het nie. Die ellendes in tweede- en derdevlakregering landwyd is tog baie deeglik voor die verkiesings behoorlik onder die loep geneem. Dit is behoorlik uitgepluis, gedebatteer en gekritiseer. Voortreflike besluite oor hoe sake reggeruk gaan word, is vir die kiesers aangebied en dit is voorgehou dat utopie in sig is. So wat het dan verkeerd geloop? Die antwoord is verspot maklik: politici kan nie vertrou word om verkiesingsbeloftes gestand te doen nie. En die kortbroek-politici waarmee ons op plaaslike vlak opgeskeep is weet in elk geval nie mooi waaroor dit gaan nie. Hulle is maar dienaars van die base hoër op; meesal slawe wat nie toegelaat word om self te probeer dink en besluit nie. Ons betaal die prys van ‘n verpolitiseerde derdevlakowerheidstelsel. Vroeër jare is die politieke bal ook op plaaslike vlak gespeel, maar dit was nie so ongebreideld nie. Toe het dit daarom gegaan dat (meesal) manne en vroue hul gemeenskappe probeer dien het (en ja, daar was toe ook maar gevalle van onetiese en selfs oneerlike bevoordeling). Deesdae word die politiek en die party slaafs gedien en die breë gemeenskap se belange word tweede gestel — as dit hoegenaamd gestel word! Die voorskriftelike bedankings van trosse raadslede moet betreur word. Dit bring nog ‘n klakkelose vermorsing van belastingbetalers se swaar verdiende geld en dit ontneem behoeftiges in ons land van nog ‘n geleentheid om hul belange beter te dien.

Medemenslikheid

‘n Volwasse man het Woensdagoggend langs die vlammesee van ‘n brandende pakhuis by Letsitele byna bewoë geraak, toe hy vertel van hoe mense alles eenkant toe geskuif en kom help het om die verwoestende brand te blus. Dit is inderdaad heerlik om te sien hoe medemenslikheid in ons land nog bestaan, so tussen al die spanning en onsekerheid deur. Dit is hoe ons die politieke onstabiliteit kan teenwerk: deur op alle vlakke saam te staan en uit te reik, oor grense heen. Dan kan ons weer hoopvol uitsien na more en die dae daarna.

Tongknopers Ons het voorheen die onderwerp behandel, maar ai, hoor is ook maar min. As ‘n mens ‘n onaangename verrassing kan kry, is dit tog logies dat jy ‘n aangename skok kan kry. Maar wie sal tog praat van ‘n aangename skok! Skok is negatief en verrassing is positief. Daar is nie iets soos ‘n onaangename verrassing nie. Nooit nie. Die Engelse praat wel van ‘n “pleasant surprise”, maar Afrikaans hoef/moet nie hierby aanpas nie.

Nog ‘n herhaling waaroor ons reeds geskryf het, maar wat ook bly lol: verseker is wanneer mens met die versekeringsmaatskappy onderhandel. Dan sal ons egter vir seker eers met die makelaar gaan praat om ons eiendom te verseker. Nou groet ek vir seker tot volgende week.

Die mense hoor

Let wel: hulle sê nie so nie!

• Dit is onbeskof om van ‘n haarkapper te praat. Dit is ‘n haarstilis. Kap is ‘n gans ander affêre...

• Daar’s onmin aan die broei in die lange pad wat nou voorlê, as die ongenooide inspekteurs eers hul ondersoek afgehandel het...

Mathew 21: 33 - 43 Last time I wrote about using Proverbs as our daily guide to successful living. We need to gain Wisdom. How do I gain wisdom from a religious perspective? I need to follow Christ’s example, I need to be His disciple and to obey Him. I also need self-examination, to look at myself and see where I falter and therefore I need to get help. This will take finding out who or what I need to help me on my journey. If we look at the parable of the Tenants (Mat. 21: 33 - 43) we can compare it to our own lives. God created the world, in other words He planted the vineyard. He then created us, and gave us control over everything — he rented out the vineyard. He gave us laws to protect and guide us — the wall around the vineyard. Then in His wisdom He left us to get on with it. When He saw that things were not going according to plan, He sent the prophets and we rejected them, yes even put some to death. So sent His Son and what did we do we put Him to death. But we were not successful in stopping Him. Jesus rose from the dead, and He gave us the Holy Spirit to help us. Now if we do not heed God this time around — bang goes our hope for eternal life. Remember He has already given us this but have we accepted it? So we need to produce fruit, build God’s kingdom to what He expects of us. This can be achieved by using the talents, He has already given us, to His praise and glory and not for our own gain. God Bless You All

Het u ‘n mening oor ‘n saak? Stuur u mening aan letters@bulletin.us.com

Kleuters skenk vir hoop Die kleuters van die SAVF Tzaneen Kleuterskool het ‘n groot skenking tot die SAVF se Winterhoop-projek bygedra. Die kleuters is gevra om nie-bederfbare kos saam skool toe te bring, en klasse het gewedywer om te sien wie die hoogste toring met die blikkies kon bou.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.