22
Bulletin
Plasies is soos visse in water Drie swemmers van die Hoërskool Merensky het onlangs aan nasionale kampioenskappe deelgeneem en baie goed presteer. Adri Venter en Nika de Jager het aan die Senoir Nasionale Oop Water Kampioenskappe in Jeffreysbaai deelgeneem, terwyl Francois Maritz aan die nasionale swemkampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het. Hulle het elkeen hul persoonlike beste tye verbeter. Adri het die 3 kmswem in ’n tyd van 42:36,95 voltooi en Nika in 47:25,25. Adri het ook die 5 km-
swem in 1:12:50,00 voltooi. Francois het die 100 m borsslag in 1:12,45 voltooi, die 100 m vryslag in 58,60 s, die 50 m bors in 32,98 s en die 50 m vryslag in 26,42 s.
Bulletin bring u al die nuus wat saak maak
Antjies speel vir kleure REGS BO: Vier hokkiespelers van die Laerskool Dr Annecke is vir Limpopospanne gekies. Hulle is Pelly Shingange (o.12B-span), Eduan Smit (o.13B), Musa Shibodze (o.12A) en JJ Davis (o.12A). REGS ONDER: Agt rugbyspelers van die Laerskool Dr Annecke het na die eindronde van die Limpopo-proewe in Polokwane deurgedring. Die o.13’s is Ruan Cloete en Hardu Pretorius. Die o.12’s is Bernard Vermaak, Nyiko Ntlemo, De Wet Vorster, Shama Manzini, JJ Davis en Xanani Mbhalati.
13 May 2011