Page 1

Januarie 2014

Source: www.massdosage.co.za; www.animalpictures123.org


2

Januarie 2014

Termiete: slawerny by uitstek Net twee lede uit duisende inwoners van ‘n termietnes is beskore tot geslagsomgang, naamlik die koning en koningin. Die nageslag word deur die egpaar onderdruk en onderontwikkeld en onvrugbaar gelaat, sodat hulle vir die res van hul lewe as werkers en slawe van die vorstehuis moet deurbring. Al hoop op bevryding wat die oorgrote meerderheid van hulle het, is die dood, want die koninklike egpaar kan tot dertig jaar en ouer word. Boonop is die werkers heeltemal blind en verlaat nooit die nes nie, behalwe die werkers van die grootgrasdraende termiete en vlieërs. Neste bestaan om die helfte uit mannetjies en wyfies. Die siklus van die termiet verloop min of meer soos volg: Wanneer ‘n gevestigde termietnes se kosvoorraad ‘n groot surplus begin toon, voed die koningin ‘n klomp nimfe om vlieërs te word. Hulle ontwikkel vlerke en kan sien. In die lente of reënseisoen besluit hulle op ‘n dag, gewoonlik in die laat namiddag, om die nes te verlaat. ‘n Wyfie sal ‘n hele ent van die nes (soms 100 meter en verder) tot stilstand kom, haar vlerke afgooi en dan stert in die wind stilstaan, terwyl sy ‘n feromoon afskei wat mannetjies nader roep. is ’n publikasie van Teen daardie tyd het die mannetjies ook van hul Bulletin vlerke ontslae geraak. Redakteur: Nadat sy haar lewensmaat Francois Aucamp gekies het, grawe hulle editor@bulletin.us.com saam ‘n gat in die grond en Joernalis: berei die wittebroodskooi Louis Roux vir die ontstaan van ‘n louis@bulletin.us.com Bemarking: Thinus van Deventer thinus@bulletin.us.com Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: David Morrison david@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Your agri advertising solution providers Jacques Smuts 071 268 2543

jacques@bulletin.us.com

Thinus van Deventer 083 611 6292   thinus@bulletin.us.com

Limpopo se reënseisoen bring elke jaar ‘n skouspelagtige goggaontploffing na vore. Dit bly ‘n nagmerrie vir boere wat moet uithaal om hul oeste te beskerm. Terselfdertyd is dit “oestyd” vir entomoloë om groter insig te kry oor die komplekse wêreld van insekte. AgriBulletin het gaan inloer by die skoorsteen van die termiet (Isoptera), wie se teenwoordigheid in die provinsie reeds vir duisende jare omvangryk is.

nuwe kolonie. Die eerste geslag eiers wat uitbroei (nimfe), ontwikkel as werkers, maar hul ontwikkeling word hormonaal onderdruk, sodat hulle benadeel word en as onvrugbare slawe in diens van die koninkryk staan. Die koning paar dikwels met die koningin om die eiers bevrug te hou. Werkers voer die egpaar voortdurend en die koningin word al groter en vetter. Sy kan tot 10 000 eiers per dag voortbring. Soos die bevolking in die nes aangroei, ontwikkel die werkers in velerlei beroepe soos bouers, messelaars, straatveërs, verpleegsters en loodgieters — behalwe prostitusie. Die koningspaar van termiete word beskou as van die getrouste lewens‘n Deel van hulle ontwikkel later in soldate maats in die insektewêreld. Hulle sal om die termietgemeenskap teen gevare mekaar nooit verneuk nie en bly geheg te beskerm. Sommige termietsoorte het aan mekaar tot die dood hulle skei. twee stelle soldate. Die kleiner kryger het Wanneer ‘n koningin doodgaan, kan ‘n spuitpunt op die voorkop wat ‘n soort sy met ‘n aantal reserwekoninginne suur uitspuit wanneer die vyand aangeval vervang word. Hulle groei egter nooit word. Dan is daar die swaargewigte met tot volle grootte nie en drie of meer is ‘n groot kop en geniepsige knypers wat nodig om die oorspronklike koningin te vervang. verwoesting kan saai. Selfs van dié reserwes se nageslag Miere is termiete se belangrikste kan verdere reserwes gemaak word, vyande. Die meeste miere sal termiete maar daarna word die nes geneties opportunisties aanval, veral weg van

Lewensgetrou

oud en sterf af.

die nes. Sommige miere, soos die Matabelemier, is gespesialiseer om termiete aan te val en voer spesifieke rooftogte op termiete se werkplekke uit. Groter vyande is die erdvark, ietermago en aardwolf. Binne-in die neste is honderde parasitiese geleedpotiges wat op die termiete self of op hul nesvoorrade teer. Dit is kewers, vismotte, vlieë, spinnekoppe, duisendpote, houtluise en honderdpote. Wanneer termiete uitvlieg, word hulle deur mense benut, asook diere wat nie normaalweg insekvretend is nie. Dit sluit pelikane, koedoes, rooibokke, luiperds en leeus in. Baie voëls en klein soogdiere het dié voedsel nodig, anders kan hulle nie voortplant nie. Inligting oor termiete op die bladsy is verkry uit “Inseklopedie”, ‘n publikasie deur ‘n bekende insektekenner, Prof Eric Holm van Pretoria.

Meesters in lugreëling Termiete het die vermoë om lugreëling in hul neste te skep, wat die temperatuur en humiditeit met geringe speling kontroleer. Hulle gebruik tonnelopeninge in warm blootgestelde areas en in koel skadukolle om lugvloei en klimaatbeheer te bewerkstellig. Hulle maak tonnels selektief oop of toe om die gewenste lugvloei en temperatuur te bereik. Swamkwekertermiete het die mees gevorderde temperatuurbeheer van alle ektotermiese insekte. Die groot kleitorings is lugreëlaars of longe en word nie bewoon nie. Die lugsirkulasie in die nes word aangedryf deur die swamtuin (voedselspens), waar die vinnige groei van fungi net soos in ‘n komposhoop temperature van 30-40 °C kan opwek. Die warm lug styg op in die groot sentrale skoorsteen en daal dan snags deur afkoeling af in die netwerk tonnels naby die oppervlak. Bedags sal hierdie afwaartse afkoelvloei net aan die skadukant van die nes gebeur. Terwyl die lug naby die nesoppervlak afvloei, ruil dit deur die poreuse kleilaag koolsuurgas en suurstof met die buitelug uit, en eindig koel en suurstofryk in die kelder onder die nes, waar dit ook weer tot naby 100% lugvog klam gemaak word. Die opwaartse trek van die swamtuin en skoorsteen trek nou die koel, klam en suurstofryke lug weer na bo en deur die bewoonde nes wat net onder die swamtuin lê. Windspoed Al wat die termiete moet Lug uit doen om dit konstant te hou, is om die klein sirkulasietonnels meer oop of toe te maak.

Termiete voed op dooie kos Alle termiete is slopers wat van dooie plantmateriaal leef. Sommige verteer die hout waarin hulle bly en het spesiale mikro-organismes in hul dermkanale om sellulose te ontbind. Die klein- en grootgrasdraertermiete knip gras en stokkies af en dra dit nes toe, waar dit fyngekou en tot voedsel verwerk word. Die werkers van die grootgrasdraers is gepigmenteer, het oë en loop selfs bedags buite rond — sover bekend die enigste termietwerkers wat dit doen. Die grasstukkies word in koepels soos in hooiskure gebêre. Die meeste van die hooiskure word nie bewoon

nie en dien as ‘n spens. Die swamkwekertermiete vergader stukkies hout en lym dit aanmekaar in ‘n netjiese gallery voor dit met swamspore besaai en natgelei word. Die klein vrugliggame in die swamtuine word deur die termiete chemiese behandel om klein te bly en dien as kosvoorraad vir die hele kolonie. Uitgewerkte swamtuine word uiteindelik buite die nes weggegooi, waar dan volgrootte sampioene groei. Die termiete oes dan die spore van dié sampioene om nuwe swamtuine binne die nes aan te lê.

Lug in

Lug in


Januarie 2014

3

Maitjene sukses Die Maitjene Gemeenskapsontwikkelingstrust (MCDT) Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) ontvang en op die plaas Luxemburg in Ofcolaco is een van die min die kudde het reeds tot 82 gegroei. suksesverhale wat uit grondeise in Limpopo na vore ‘n Verteenwoordiger van die departement van getree het, danksy goeie mentorskap van die plase se landbou het by die geleentheid gesê die minister Die ingang na die plaas van die MCDT. vorige eienaars. van landbou gaan genader word om die projek Die leidende mentor en strategiese vennoot is mnr binne die volgende drie maande te besoek, sodat die Kobus de Beer van Beerseun Boerdery, Limpopo se suksesverhaal van Maitjene landwyd voorgehou kan boer van die jaar en vorige eienaar van een van die word. plase. Nog ‘n strategiese vennoot is mnr Bennie van Limpopo se grondeisekommissaris, mnr Nicholas Vuuren, op wie se huurplaas in die Harmonieblok ook Magada, het met trots verwys na die Trust se besluit verskeie beginnerboere touwys gemaak word. om die toerusting met eie geld te koop. “Om sulke Die MCDT het verlede week landbouwerktuie van toerusting gratis aan opkomende boere uit te deel, meer as R750 000 in ontvangs geneem, om grond vir loop binne ‘n paar maande op niks uit nie. In Limpopo die opkomende boere in die Trust self te bewerk, nadat staan skure vol gratis trekkers wat in onbruik verval het.” hulle voorheen die toerusting van Beerseun Boerdery Die 22 plase onder die Trust se beheer word moes huur. Hulle het die toerusting met eie geld geadministreer deur ‘n portefeuljebestuurder, mnr gekoop en nie ‘n sent staatsgeld daarvoor ontvang nie. Hendrik Neethling, terwyl die voorsitter van die Trust, Die Maitjene-gemeenskap het na geslaagde grondeise me Clive Mashele, die leisels hou. 22 plase met ‘n totale oppervlakte van 7 500 ha Die toerusting wat van Tzaneen Swaarvoertuie ontvang, waarvan sewentien aan die vorige eienaars gekoop is, is deur mnr Dawie Grobbelaar aan die verhuur word. Die gemeenskap het nagenoeg 1 800 MCDT oorhandig. Dit sluit onder meer ‘n sterk Landinibegunstigdes (jonk en oud), maar in dié stadium is daar trekker, groot skotteleg, skottelploeg, spuitmasjien, Die tamaai skotteleg met 18 skottels is deel van die toerusting net 25 beginnerboere in die streek. Hulle het daarin grondbreker en bossieslaner in. wat die MCDT aangeskaf het. geslaag om genoeg geld uit kontantgewasse in te samel wat die Trust in staat gestel het om meer as R1,5 miljoen in die projek terug te ploeg. Dit sluit onder meer ‘n besproeiingstelsel, geboue en arbeid in, terwyl geld ook aan ‘n Ngunibeeskudde bestee is. Die Maitjene Trust het vyftig Nguni-koeie Mnr Lazarus Lepaku (Limpopo dept. van arbeid) en Mnre Willem de Beer (mentor) en Hendrik Mnr Cross Shikwambane (Trustee) en me Clive Mashele, voorsitter van die Maitjene Trust. Neethling (portefeuljebestuurder). en ‘n teelbul van die mnr Kobus de Beer (mentor en strategiese vennoot).


4

Januarie 2014

Endemann praat oor sitrusplae Kenners uit ons wêreld Blaaspootjie bly steeds die sitrusboere van Letsitele se grootste enkele vyand, al maak die Europese Unie deesdae sy stem dik oor swartvlek. Dit veroorsaak net soos swartvlek bloot kosmetiese skade aan die sitrusvrug en benadeel nie die inhoud nie, Hugo Endemann maar die voorkoms daarvan is wyd. Daar is geen biologiese oplossing vir die twee plae nie en dit kan net met chemikalieë beheer word. So sê mnr Hugo Endemann, ervare entomoloog van Mahela Boerdery in Letsitele, wat reeds langer as ‘n halfeeu in die bedryf is. Hy het uitgewei oor die peste en plae waarteen insekbestryders in die sitrusbedryf elke dag van die jaar moet oorlog voer. Benewens weerstandigheid wat die plae teen doeltreffende middels ontwikkel, kry boere ook teenkanting van owerhede in die uitvoermark wat die gebruik van sekere chemiese middels uit die produksiesektor wil onttrek. “Ons werk hard om ons produkte skoon op die mark te plaas, maar jy kry nooit ‘n 100% slaagsyfer nie. Uitvoermarkte soos dié van die EU en Amerika sit met hoogs gespesialiseerde deskundiges op sitrus- en ander plae wat presies weet wat in ons boorde aangaan. Hul kennis word juis ingespan in ons pogings om skoon produksietoestande te skep.”

So drie of vier dekades gelede het die sitrusstreek erg deurgeloop onder die rooidopluis en groot skade aangerig. Danksy die ontwikkeling van biologiese bestryding wat deur ‘n plaaslike entomoloog, wyle mnr Frank Honiball, ontwikkel is, het hulle daarin geslaag om die plaag onder beheer te kry. Vandag is witluis ‘n voortdurende plaag en word biologies bestry. Die parasietgoggatjie dra die naam Coccidoxenoides perminutus en word in klein hoeveelhede in die boorde losgelaat. Endemann sê in die reënseisoen is alle insekte, virusse en swamme op hul bedrywigste, maar dit begin reeds in die lentekompleks wanneer die blomblaarval op so 80% staan. Boordinspeksies word gereeld gehou en teen daardie tyd is voorkomende bestrydingsmiddels reeds toegedien. Dit moet egter gereeld met dosering van verskillende middels opgevolg word om weerstandigheid te voorkom. “Die dag wanneer ons volkome na biologiese bestryding van plae kan oorskakel en chemiese toediening uitskakel, sal ‘n heuglike oomblik wees. Of dit ooit bereik sal word, is ‘n droom wat elke entomoloog koester.” Endemann het sy loopbaan as skeikundige in die chemiese bedryf by die Buro vir Standaarde (SABS) begin, waarna hy gevorder het tot hoof van Agricura se laboratorium in Letsitele. Hy het ‘n tydperk vir Bosveld Sitrus gewerk en daarna ‘n private konsultant vir die sitrusbedryf geword, voor Mahela hom in 1984 permanent in hul bedryf aangestel het. Op 75 is daar vir Endemann geen sprake van uittree nie. Hy geniet goeie gesondheid en sê hy sal tot die einde sy beroep as entomoloog uitleef.

Plante klets woordloos Plante gesels gereeld met mekaar en help op dié wyse om die goggas, peste en ander gevare weg te hou. Wêreldwye navorsing hieroor is reeds langer as twintig jaar aan die gang en heelwat vordering is gemaak, maar die navorsers sê hulle het nog ‘n baie lang pad om te loop om vas te stel presies hoe dit geskied. Daar is reeds vasgestel dat plante hulself kan verdedig teen patogene en goggas deur op chemiese seine van aangevalde plante te reageer. Dié seine word deur die lug tussen plante versprei. Navorsing het nou getoon dat plante ook ondergronds met mekaar kan kommunikeer deur middel van ‘n gewone swamvlek-netwerk tussen hul wortels. Die gesonde plant kan as’t ware sy besmette buurman “afluister”, waarna dit verskeie teenmiddels self ontwikkel om die besmetting af te weer. In ‘n geselsprogram op Radio Pretoria oor snaakse verskynsels in die natuur het ‘n professor in plantkunde selfs beweer dat plante se wortels geluide teenoor mekaar maak as ‘n vorm van kommunikasie. ‘n Soektog op die Internet onder “Plosone” het nie regstreeks hierna verwys nie, maar daar is wel sprake van akoestiese verbindings wat deur ‘n magnetiese veld tussen plante ontstaan. So kan die tamatie vir sy buurman waarsku wanneer daar plantluise in die omgewing is.


9 0 0 2 7 1 _ Bu l i t n _ 3 0 x 6 . p d f

Pa ge

1

2 0 1 4 / 0 1 / 2 7 ,

4 : 5 9

PM

5

Januarie 2014

ONS IS GEREGISTREER OM TE STEM. IS JY?

FINALE REGISTRASIE 8 - 9 FEBRUARIE 8VM- 5NM

0800 11 8000 900271/A


6

Januarie 2014

Landbou waarsku wéér oor vuil water Die kwessie van vuil water wat nie geskik is vir mens, dier en plant nie, het vir die soveelste keer na vore gekom in ‘n waarskuwende verklaring wat deur TLU SA se president, mnr Louis Meintjies, uitgereik is. Hy waarsku dat die land afstuur op ‘n situasie dat die krane in huise wel sal water lewer, maar dat dit ondrinkbaar sal wees. “As die staat homself as die beskermer oor die water wil aanstel, moet hy ook toesien dat hy daardie rol vervul. Nou word ons gedwing om vir vuil en onbetroubare water te betaal en dit is onaanvaarbaar.” Meintjies het gesê daar word gepraat van

grondwetlike regte, maar die landbou het ook ‘n grondwetlike reg op skoon water om voedsel te produseer. Die regering sal moet besef dat die onlangse gebeure in Brits net die oortjies van die seekoei sal wees in vergelyking met wat voorlê as hy nie vinnig ingryp nie. “Brits se geval belig die feit dat drie mense deur die polisie gedood is. Wat egter aandag nodig het is dat honderde, indien nie duisende, mense sterf as gevolg van besoedelde water in die land.” Nadat die water na Brits se woongebiede herstel is, het inwoners juis gekla dat dit ondrinkbaar was. Dis juis die probleem

Groot boerefees wink Dis weer tyd vir Langs Die Oever, die grootste landboufees in Limpopo, wat vanjaar die vierde keer met swier buite Letsitele aangebied word. Die boerefees wat die eerste keer in 2011 gehou is, word van 21 tot 22 Maart op die plaas Montrose langs die Letabarivier aangebied, waar die Letsitelegemeenskap hul harte gaan oopmaak om mense in die

waarmee die land en landbou sit. Skaars waterbronne word toenemend besoedel. Hy sê TLU SA het etlike jare gelede die saak reeds op die hoogste vlak hanteer en selfs strafregtelike klagtes teen betrokke ministers gelê, wat volgens die landbouunie hul plig versaak en nie toesien dat waterbronne teen besoedeling beskerm word nie. Ter wille van voedselsekerheid en – veiligheid is dit krities belangrik dat water skoon moet wees. Talle boere kan nie meer rivierwater of selfs boorgatwater vir besproeiing of veesuiping gebruik nie.

Ploegkampioenskappe. Die hoofborge is Mercedes-Benz en Absa, in samewerking met prominente landboupersoonlikhede van Limpopo en elders. landboubedryf en hul gesinne te verwelkom. Besoekers kan onder meer uitsien na ‘n groot Besoek gerus www.langsdieoewer.com vir die reël verskeidenheid uitstallings van landboutoerusting, van verblyf en ander inligting. Uitstalruimte is nog praktiese demonstrasies, ‘n kommersiële veiling van beskikbaar. kleinvee, lugvertonings, plaaslike en internasionale Bly ingelig met nuus, aankondigings en kompetisies kompetisieveldtogte en twee dae se heerlike oor die fees op Facebook by www.facebook.com/ ontspanning, asook die Tuberstone BKT Limpopo langsdie oever.


Januarie 2014

7


8

Januarie 2014 Kommersiële Nuus

Johann Gerber, bestuurder.

Sindy Botha, administrasie.

Piet Benade, verteenwoordiger.

Hercules du Plooy, verteenwoordiger.

Lesley Mnisi, toonbankverlope.

Richard Dyre, toonbankverkope.

Stephan Strydom, werkswinkel.

Richard Makhiri, werkswinkel.

Rudamans wys hul nuwe huis Rudamans in Letsitele bult deesdae hul spiere in ‘n nuwe gebou in die dorp, waar heelwat meer ruimte beskikbaar is om die maatskappy se groeiende reeks produkte te huisves. Die aanvanklike perseel by The Junction was

Die Kipor-kragopwekker van 14 kVA is sterk genoeg om ‘n groot woonhuis van krag te voorsien. ‘n Kipor-kragopwekker van 5 kVA kos net meer as R18 000.

uitstekend geleë met goeie blootstelling, maar die ruimte het begin ontbreek. Die bestuurder, mnr Johann Gerber, sê die nuwe gebou se toonlokaal is minstens een derde groter, die pakkamer is enorm en die werkwinkel is vier keer groter. Rudamans het die nuwe perseel met sy geboue gekoop en verhuur ‘n deel daarvan aan ‘n ander maatskappy. Benewens groter uitstalruimte is daar volop parkeerplek. Hulle is die agente vir trekkers soos Same, Deutz en Kubota, tesame met metaaltoerusting soos ploegskare, -tande en ander toebehore vir plaasimplemente. Hulle bied ‘n volledige reeks besproeiingstoestelle en is die alleenagente vir Leo-pompe in die gebied. Benewens die items wat jy in ‘n hardewarewinkel verwag, bied hulle ook ‘n verskeidenheid beskermingsdrag en ‘n batterydiens. Die nuwe reeks sluit Kipor-kragopwekkers in, beskikbaar in sterktes van 1 kVA tot 450

kVA. Die bedieningsgebied strek van Letsitele tot Lydenburg, Ohrigstad en Phalaborwa. Dan het Rudamans ook verteenwoordigers wat die verskillende afsetpunte minstens een keer per week besoek, wat diens vir afgeleë klante vergemaklik. Die nuwe perseel is Maandagmiddag amptelik met ‘n gesellige geleentheid geopen en deur etlike boere in die omgewing bygewoon.

Die vertoonlokaal is ruim en netjies.

Tractors • Implements • Irrigation • Protective Clothing • Generators Pumps • Chippers • Log Splitters • Lawnmowers • Circular Saws • Chainsaws

WE HAVE MOVED TO INDUSTRIAL PARK LETSITELE

Good service Good advice

The Junction, Letsetele Tel: 015 345 1959 / 1915 Johann (Branch Manager) | 084 584 4634 E-mail | johann@rudamans.co.za


Januarie 2014

Bulletin130712SM

9


10

Januarie 2014

Die nuttige palet Palette is vandag een van die duursaamste instrumente in landbou, nywerheid en die vervaardigingsektor. Die grootmaat hantering van produkte wêreldwyd word grotendeels op palette gedoen. Die maatskappygroep CHEP, oftewel Commonwealth Handling Equipment Pool, is een van die wêreld se grootste hanteerders van palette. Dit het sy ontstaan in 1945 in Australië gehad toe Amerika na die Tweede Wêreldoorlog ‘n rykdom van verskuiwingsmeganismes vir oorlogtoerusting in sy Australiese basisse agtergelaat het. Die Australiese regering het dit benut en die bedryf in 1949 geprivatiseer. In 1958 het die maatskappy Brambles CHEP oorgeneem en dit uitgebou tot die grootste maatskappy in sy soort in die suidelike halfrond. Hulle het ook die

grootste vloot hysertrokke in Australië gehad. Tussen 1974 en 1991 het CHEP uitgebrei na veertien lande in Asië, Europa, Kanada en Amerika. Suid-Afrika was ook hierby ingesluit. Vandag heers CHEP in meer as vyftig lande wêreldwyd, waar 238 miljoen palette daagliks onder CHEP se naam rondgeskuif word. Hulle het meer as ‘n duisend afsetpunte en ‘n personeel van bykans tien duisend mense. In 2000 is die eerste herbruikbare plastiese palette vervaardig, wat die groep ‘n groot hupstoot gegee het. Hulle is bedrywig in die lugvaart, motorbedryf, chemiese bedryf, verbruikersgoedere, varsprodukte en vervaardiging. Hulle het ses soorte internasionaal goedgekeurde palet-ontwerpe en het ook die houermark betree.

Oestyd vir dié saadmielies is middel Maart. Van Vuuren verwag tot tien ton per hektaar.

Bennie Van Vuuren

Bennie se mielies

Die mielieprys is in die guns van die boer en die verwagting is dat dit vanjaar verder kan styg. Dit is opmerklik hoeveel boere in die Ofcolaco-distrik en Harmonieblok deesdae groot landerye mielies plant, pleks van die gebruiklike botterskorsies en soetrissies. Hulle het genoeg water en spilpunte, wat groot opbrengste moontlik maak. Een boer wat hulle ‘n entjie vooruit is, is mnr Bennie van Vuuren. Hy plant

tri-mX Vat Valskodlingmm vas, natuurlik • Trichogramma eier parasiete, ‘n natuurlike vyand van VKM • ‘n Noodsaaklike deel van ‘n geintegreerde (IPM) benadering • Verminder oesverlies met tot 60% Nou ook verkrygbaar by: www.vitalbugs.co.za | 087 751 0279 | info@vitalbugs.co.za

die afgelope paar jaar saadmielies vir die groot saadprodusent Monsanto en spog met ‘n opbrengs van tien ton per hektaar. Van Vuuren was einde verlede jaar medewenner vir die beste opbrengs en is deur Monsanto daarvoor beloon. Hy het vanjaar 43 ha saadmielies geplant, waarvan die eerste deel op 15 Maart geoes sal word. Die verwagting is dat hy verlede jaar se prestasie kan herhaal of verbeter.

Die saadmielies staan plek-plek tot drie meter hoog.

R


11

Januarie 2014

Skorsies presteer Soos met die meeste bedrywe het die ontwikkeling in die tegnolgie van die afgelope aantal jare totale nuwe wêrelde in die groentebedryf geopen. In die teling van hul nuwe botterskorsiereeks het Sakata se telers groot deurbrake gemaak in die verbetering in opbrengs, siekteweerstand, kwaliteit (wat voorkoms en eenvormigheid insluit), smaak en verhoogde gesondheidseienskappe. Hierdie nuwe basterreeks het die afgelope aantal jare getoon dat hul groeikragtigheid hoë weerstand teen poeieragtige meeldou die plante minder vatbaar maak vir blaarsiektes onder toestande wat normaalweg lei tot siekte-ontwikkeling. Die groeikragtigheid stel ook die plante in staat om ‘n groot aantal vrugte tot volwassenheid te dra en kan oor ‘n lang tydperk produseer. Opbrengste van tot soveel as 60 tot 80 metrieke ton/ha is nie meer uniek nie. Die variëteite is doelgerig ontwikkel, om die behoeftes van verskillende markte en boerderymetodes aan te spreek. Atlas is vir jare reeds die nommer een keuse van verwerkers weens die vruggrootte, interne kwaliteit en kleur. Die bekende Pluto, en die nuwe susterlyn Quantum, wat ietwat kleiner is as Pluto, is tans die eerste keuse vir die uitvoer en die varsmarkte. Veenas is geskik vir die uitvoerder en voorafverpakking vir veral die kettingwinkelgroepe wat ‘n kleiner vrug verkies. Dan is daar die unieke Cosmos, die enigste bostipe botterskorsie in die mark. ‘n Groot voordeel van Sakata se basters is die kwaliteit van die saad. Ontkiemingspersentasie is uitstekend en dit maak dit vir die boer moontlik om saadaankope akkuraat te beplan. ‘n Belangrike voordeel is dat elke lot wat ingevoer word, getoets word teen twee vernietigende saadoordraagbare siektes soos “Gummy stem blight” en Bakteriese vrugvlek. ATLAS (2 tot 3 kg) is ‘n unieke baster-variëteit weens sy vruggrootte, opbrengs en uitstaande interne kwaliteit. PLUTO (0.9 tot 1.5 kg) is vir alle praktiese doeleindes ‘n kleiner weergawe van Atlas met medium grootte vrugte met dieselfde uitstaande vrugkwaliteit en eenvormigheid as Atlas. QUANTUM (800 tot 1.2 kg) kan in alle opsigte as ‘n kleiner Pluto beskou word, en beskik oor dieselfde eienskappe wat opbrengs en kwaliteit betref. VEENAS (0.6 tot 1.2 kg) is ‘n kleiner weergawe van Quantum en is spesifiek ontwikkel vir die uitvoermark en vir verpakking vir die kettingwinkelgroepe. COSMOS (0.8 tot 1.2 kg) is die eerste bostipe botterskorsie in die mark. AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

015 287 9660 | 083 779 5395 106 Landros Mare Street, Polokwane


12

Januarie 2014

Agribulletin 140131  
Advertisement