Issuu on Google+

May 2011

Hoekom renosterhorings so gesog is - bl 2 & 3 Biotech to change Africa - p 5

Sitrusstudiegroep leer hoekom heeljaar gesnoei moet word - bl 4

Crossbreed program works - p 10 ‘n LiN Groep Publikasie • A LiN Group Publication

Mabunda presteer - bl 16 en 17


2

May 2011

Renosterhoring is soos Skets van skedel en CT-gebaseerde visualisering van horing deur Ryan Ridgely van die Universiteit van Ohio.

LiN Nuus: Bulletin Renosterhoring in Oosterse huishoudings is soos daardie botteltjie Vicks in die kombuiskas van Suid-Afrikaners. Dit is ‘n raat vir enige skeet en pyn, sowel as hoë temperatuur, en word hoog aangeskryf as ‘n geslagsprikkelmiddel. Bekende wildboer Piet Warren van die plaas Josephine naby Gravelotte, sê die grootskaalse renosterslagting in SA en veral in Limpopo kan net gekeer word deur regulering wat die handel in renosterhoring wettig. Hy sê 2,2 miljard mense wêreldwyd glo in renosterhoring se medisinale eienskappe en hulle sal enige prys betaal om dit te bekom. Die huidige prys is 186 Amerikaanse dollar vir een gram en R1,3 miljoen per kilogram vir die finale produk. Die smokkelketting begin by die doodmaak van die renoster in ‘n beskermde gebied, waar die stroper ‘n paar rand in kontant van die middelman of sindikaat vir die lewering daarvan ontvang. Hierna vertrek dit waarskynlik na Mosambiek en daarna na Oosterse lande waar die middelman die grootste hap uit die transaksie neem. “As ons dié ding in beheer

kan bring, kan dit daartoe lei dat renosters in Afrika vorentoe een van die beste plaasdiere in die veld word. Soos met ander wildsoorte kan groot kuddes opgebou word en ‘n wensituasie vir alle partye wees.” Hy sê die Afrika-kultuur was tot dusver negatief vir wildproduksie, omdat die diere doodgemaak word vir kos. “Toe die TanZam-spoorlyn destyds in Oos-Afrika gebou is, word beraam dat daar ± 200,000 swartrenosters in Tanzanië was . Hulle is voor die voet geskiet vir rantsoene en hul horings.” Daar is vandag nie ‘n enkele een oor in Tanzanië nie wat bewys is dat die huidige stelsel van beheer en vervolging nie werk nie. As voorsitter van Gravelotte Wildprodusente en voorste teler van swartwitpense sê hy dié boksoort het vyftig jaar gelede byna uitgesterf soos hulle deur jagters uitgeroei is. ‘n Plaaslike adviesraad het ingespring en die boksoort tot kroonwild (Royal game) verklaar. Boere het aanvanklik nie veel in die heil van swartwitpense belanggestel nie, maar na trofeebulle by Warren in die 1970’s gejag is waarvoor daar R1 000 betaal is, is besluit om toe te span om beheer oor die oorblywende bokke te kry. Die Swartwitpens-studiegroep is in 1986 gestig en daarna is besef dat die habitat en die natuurlike omstandighede negatief teenoor swartwitpensteëling was. Kleiner kampe is gespan met karnivoorwerende heinings en die natuurlike weiding is na sy oorspronklike toestand herstel.

2,2 miljard wêreldwyd glo in renosterhoring se medisinale eienskappe

R1,3 miljoen per kilogram vir die finale produk

ber en 2 Novem 24 Augustus dspruit) e, ni oe Ju (H 1 lie a: AgriLetab ango’s 20 Ju M e: ep ro dieg uit) Subtrop Stu Mei (Hoedspr ela sium: 19 3 km buite B zi an M a ab Lietsjiesimpo , Th ei M 14 Wildveiling: 2 467 1807 ke Carl Vos by 08 imolle. Antie Bela. Skakel si buite Mod et ar -M pk si ka et M en , Mei ou ossewa Veiling: 28 /beesplaas, ild w , ke uk versamelst 444 3734 elke Roelf by 082 derdag van ens. Skakel Eerste Don g: lin ei ev ve e Rubberval ng: 1 Junie urg skouveili nb maand. te us Junie R , rbokklub in Alldays: 3 Bosveld Boe is wildveiling ar af S e d ni an Ju ul 18 Greater Kud ng, Alldays: perklub-veili ng: 18 Junie ili ve Bosveld Dor ild w s dpompfee Junie Naboom Win in Brits: 20 wildveiling ch s: 1 Julie ra an R lis le El Sab ub, veiling, kl ok rb oe B Bosveld 8 Julie wildveiling: Hoedspruit

A A NDA G Alle boere-organisasies word genooi om datums van vergaderings, skoue, studiegroepbyeenkomste, simposiums, uitstallings, ens. aan ons vir publikasie deur te gee.

jean@bulletinnews.co.za of faks aan 015 307 7684


3

May 2011

Vicks-botteltjie Vandag wei daar sowat 2 000 swartwitpense in die Gravelotte-omgewing en nog 1 400 is aan ander wildboere verkoop. Volgens Warren is die enigste wenresep vir wildboerdery dat dit deur die dier lonend gemaak word. “If you cannot pay, you cannot stay.” Wild moet derhalwe ‘n bemarkbare produk wees. Hy sê daar is 37 miljoen jagters wêreldwyd. Hiervan is 50% Amerikaners wat SuidAfrika en Afrika besoek waarvan groot hoeveelhede jaarliks op jagekspedisies gaan. Daar is 68 gesogte trofeediere in die

wêreld wat deur jagters nagejaag word. Die meeste jagters is bejaard en die strewe na trofeebokke wat met relatiewe min moeite gejag kan word . Hierdie finansiële inspuiting is op die oomblik die dryfveer agter die fenomenale uitbreiding in wildboerdery. Suid-Afrika ontvang jaarliks duisende jagters met slegs ‘n klein persentasie wat swartwitpense jag. Omdat die telers die diere se voortbestaan gesond georden het, het dit ‘n winsgewende bedryf geword, sê Warren.

Swierig staan die trots van Gravelotte op die plaas Josephine van mnr Piet Warren. Die trop van 44 swartwitpense wei saam met een bul, Piet, in ‘n kamp en het reeds ‘n hele klompie kleingoed opgelewer. Vanjaar se Gravelotte-wildveiling word op 9 Julie by die Thaba Manzi-wildhokke buite Bela Bela gehou. Foto: Louis Roux

Oor bulle, ramme en koeie... Die Afrikaanse taalgebruik oor wilde diere is soms verwarrend mooi, soos ‘n seekoei wat ook ‘n bul kan wees en ‘n bok met die naam kameelperd. ‘n Vraag wat soms ontstaan, is wanneer is ‘n bok ‘n ram en wanneer is hy ‘n bul. Dis eenvoudig, sê die wildboere. ‘n Ram en ooi word toegedig aan kleiner

boksoorte, soos bosbokke rooibokke en springbokke. Wanneer die gestalte groter is, soos ‘n koedoe, Eland, swartwitpens, gemsbok, ens, dan word hulle bulle en koeie genoem. Die enigste uitsondering op dié taalreël van die wildernis is die Njala. Die mannetjie is ‘n bul en sy wyfie is ‘n ooi.

Diagnoseer korrek vir siektebeheer LiN Nuus: Bulletin As besigheid wat onder meer ‘n plantsiekte diagnostiese laboratorium bedryf, word QMS Agri Science telkemaal deur twee vrae in een gekonfronteer nl “Wat is fout met my plante en wat kan ek daarvoor spuit?” Dit gebeur wanneer die produsent en sy chemiese verteenwoordiger se diagnose en raad nie meer werk nie. Die produsent moet ‘n basiese kennis van die siektes van die gewas wat hy verbou hê. Nie net wat om te spuit nie maar ook watter seisoene en weerstoestande gunstig vir ‘n spesifieke siekte is. ‘n Gesoute aartappel- of tamatieboer weet as dit ‘n paar dae koel en renerig is, hy moet uitkyk vir laatroes. Die identiteit van ‘n bakteriese blaarvleksiekte by jong plantjies as bakteriese vlek of stippel stel ‘n tamatieboer in staat om na gelang van die seisoen ‘n idee van die impak wat die siekte kan hê, te vorm. Bakteriese vlek is destruktief in warm nat tye en stip weer in koeler nat weer. Kennis van die bron van die siekte stel die produsent verder in staat om keuses te maak. Luggedraagde siektes soos roes op bone kom jaarliks voor en buiten chemiese bespuiting en bestande cultivars, kan die bone in tye geplant word wanneer omgewingstoestande ongunstig vir die siekte is. Die meeste virussiektes word deur algemene of spesifieke insekvektore soos plantluise, witvlieë of blaaspootjies versprei. Besmette voorplantingsmateriaal is belangrike primêre bronne vir ‘n aantal siektes. Kwekery-sertifiserings of akkredi-

tasieskemas vir ‘n aantal gewasse spits hulle toe op die toets van plantmateriaal vir die teenwoordigheid van patogene. Voorbeelde hiervan is die avokado kwekeryskema waar die kwekerybome vir die teenwoordigheid van Phytophthora cinnamomi getoets word. Sitrus kwekerybome word vir P. nicotianae en sitrusnematodes getoets. Die Saailingkwekersvereniging van SA het slegs een groentepatogeen waarvoor getoets word as deel van hul skema nl. P. capsici op capsicums. In al die skemas is die toets en ontsmetting van besproeiingswater ook verpligtend. Daar is ook bedrywe wat verskaffers van plantjies verplig om dit te laat toets vir siektes. ‘n Voorbeeld is die tabakbedryf wat virus- en swartwortelvrot-toetse vereis. Aangesien bakteriese stip en vlek op tamaties ‘n redelike probleem is, is daar enkele kwekerye wat saailinge laat toets vir die teenwoordigheid van die patogene. Dit word algemeen in die VSA gedoen. Produsente het dus ‘n keuse om risiko te verminder deur saad, saailinge en boompies vanaf betroubare bronne wat aan skemas deelneem aan te koop. Dit staan ‘n produsent ook vry om saailinge of plante te laat toets voordat dit geplant word. Die volgende gevalle is enkele voorbeelde van die effek van verkeerde identifikasie. Onlangs het ‘n moedelose produsent siek aartappels vir diagnose ingebring na dit die derde gewas is wat op dieselfde grond misluk. Die siekte was bakteriese verwelk en vorige gewasse rissies en tamaties. na bl 6


4

May 2011

Sitrus moet heeljaar gesnoei word LiN Nuus: Bulletin Snoeityd in sitrusboorde is beslis nie net een keer per jaar nie, maar die volle twaalf maande om sitrusbome op maksimum produksie te hou. Die jaarlikse boordbesoek deur die Constantia Sitrusstudiegroep het vanjaar klem gelê op die snoeiproses en toediening van bemesting. Die groep se besoek het gelei na plase van Bosveld Sitrus, Laeveld Sitrus, die plaas Waterval en die pomeloboorde van die R91-groep. Minder mense het vanjaar se boordbesoek bygewoon, omdat die plukseisoen in Letsitele reeds in volle swang ’n Gesonde drag Valencias op die plaas Riverside van Laeveld Sitrus is. Pomelo’s is nou aan die beurt. Die toon die krag van bemesting. vrugte is effe kleiner as in die verlede, maar die drag is groter. Mnr Jaco Botha, ‘n besproeiingskundige van Letsitele, het die leiding geneem en aan die studiegroep uitgewys watter verskil die toediening van bemesting vier keer per jaar aan bome se groeikrag bring. Die verwydering van waterlote REGS BO: Mnr Johan Gubitz staan by mnr Jaco Botha, wat die Constantia Sitrusstudiegroep se jaarlikse boordbesoek gelei het. REGS: Bemestingtoedien rondom sitrusbome minstens vier keer per jaar bevorder wortelvorming en dra by tot ‘n aansienlike vermeerdering in drag.

AgriBulletin die boer se vriend

dwarsdeur die jaar is ook ‘n noodsaaklikheid, omdat dit die vrugdraende takke van vog en voedsel beroof. Die studiegroep sal benewens nog een ontmoeting vir die res van die seisoen stil wees sodat die sitrus-oes eers ingesamel kan word.


5

May 2011

Biotech crops will change the face of Africa The introduction of biotech crops with genetically manipulated seed (GMO’s) in Africa will bring a major change to the agricultural face of the continent. The success of biotech crops has already been proved by 29 major agriculture producing countries world wide. This was the main event and theme at the annual policy conference of the Southern African Confederation of Agricultural Unions (SACAU) held in Johannesburg last week. SACAU was originally established in 1992. Its secretariat is based in SA and membership is open to national farmers unions in Southern Africa. The confederation is involved in agricultural development in the region by strengthening the capacities of farmers’ organisations, by providing a collective voice for farmers on regional and international matters and by providing agricultural-related information to its members and other stakeholders. SACAU has fifteen members from eleven countries in Southern Africa. They are Botswana, Lesotho, Madagascar, Malawi, Namibia, Seychelles, South Africa, Swaziland, Tanzania, Zambia and Zimbabwe. The global status of commercialized biotech/GM crops was highlighted by Mr Clive James, founder and chairman of the international service for the acquisition of agri-biotech applications (ISAAA) The year 2010 was the fifteenth anniversary of the commercialisation of biotech crops, first planted in 1996. As a result of the consistent and substantial economic, environmental and welfare benefits, millions of large, small and resource-poor farmers around the world continued to plant significantly more hectares of biotech crops in 2010. Accumulated hectarage from 1996 to 2010 exceeded an unprecedented one billion hectares for the first time, signifying that biotech crops are here to stay. This is equivalent to ten percent more than that of the enormous total land area of the USA (937 million hectares) or China (956 million hectares). A record 15,4 million farmers, in 29 countries, planted 148 million hectares in 2010, a sustained increase of ten percent or 14 million hectares over 2009. With North and South America, China, Australia and the

agricultural countries of Europe producing biotech crops, only three countries in Africa have joined so far. They are South Africa, Egypt and Burkina Faso. SACAU’s intention is to promote GMO’s to their members and eventually to sub-Saharan countries as an economic lever for food security and agricultural growth. Newly elected vice president of SACAU, Dr Theo de Jager, said this will change the face of Africa and turn it into a major food producer in the world. Other members of the committee Union (President), Messrs Felix Jumba of Malawi, A is Mr Doug Taylor-Freeme of the Zimbabwe Farmers’ Shamte of Tanzania and Ms Jele of Zambia.

Wêreld-kragberaad vergader in Durban LiN Nuus: Bulletin Die wêreld se oë sal op 18 Desember op Suid-Afrika gerig wees wanneer die Confederation of Parties (COP17) sy wêreldkongres in Durban aanbied, om energietekorte in alle lande en die ontwikkeling van bio-brandstof in die soeklig te plaas. Dit is wanneer die termyn van die Kyotoprotokol ten einde loop en nuwe beramings vir die voorsiening van elektrisiteit vir veral armer lande in oënskou geneem sal word. Twee jaar gelede is ‘n beraad hieroor in Skandinawië gehou, maar dié byeenkoms het op niksseggende wyse geëindig en was as ‘n mislukking beskou. Die Southern African Confederation of Agricultural Unions (SACAU) beplan om groot insette by dié beraad te lewer ten bate van Suider Afrikaanse lande. SACAU se nuwe vise-president, dr Theo de Jager, sê die mening word gehuldig dat die onwikkeling van energie in veral armer lande nie tot die voordeel van produsente strek nie, maar eerder ‘n speelbal geword het waarby net politici in hoë posisies baatvind.

SACAU wil die boere op groot skaal verenig hê om dié kwessie op grondvlak te ontleed. Die konfederasie het dit by sy jaarvergadering verlede week in Johannesburg ook ten doel gestel om bio-brandstof in die volgende twee jaar intensief te ondersoek met die doel om dit in ‘n magtige toekomstige bedryf in Suid-Sahara-lande uit te bou sonder om voedselsekerheid in te boet. Benewens SACAU met sy 15 lede uit elf lande is dit een van vyf soortgelyke organisasies in Afrika en die grootste onder hulle. Die ander is PROPAC van Sentraal Afrika (vyf lede), ROPPA van Wes-Afrika (vyf lede), AMAGRI van Moslem-Noord-Afrika en EAFF van Oos-Afrika (ses lede). * Een van die besluite op SACAU se jaarvergadering het gelei tot die skorsing van SA se National Farmers’ Union (NAFU) uit die organisasie. Dit is nie bekend wat presies hiertoe aanleiding gegee het nie, maar die besluit is geneem weens NAFU se “swak prestasie en wangedrag”.


6

May 2011

Wildveilings is volop in Limpopo LiN Nuus: Bulletin Limpopo wemel oor die volgende twee maande van die wildveilings, waar ‘n groot aantal wild teen miljoene rande van eienaars sal verwissel. Vleissentraal in Mokopane bied in Junie en Julie 35 veilings aan, waarvan vyftien net op wild sal konsentreer. Dit skop af in Alldays, waar die Greater Kuduland Safaris-wildveiling op 3 Junie gehou word. Die kontakpersoon is Nico Whelan by 082 893 8904. Volgende op is die gewilde Thabazimbiwildveiling op 10 Junie, met Niel Swart as kontakman by 082 554 3070. Die dag daarna is die Extreme-wildveiling in Wolmaransstad. Ockie Goosen kan by 082808 2479 geskakel word.

Tydens die Naboom Windpompfees sal wild op 18 Junie onder die hamer kom. Hendrik van der Walt is die skakelman by 083 628 9301. Die Sable Ranch wildveiling word op 20 Junie in Brits gehou, waar Peet Kruger by 082 808 3836 geskakel kan word. Oljaco Game Dealers hou hul veiling op 25 Junie in Vaalwater, met Mike Pretorius wat by 082 577 4505 geskakel kan word. Julie se wildveilings is soos volg: 1 Julie – Tshwarelano & Bandur Safaris, Alldays; 8 Julie – Hoedspruit; 9 Julie – Gravelotte Wildprodusente, Thaba Manzi wildhokke, BelaBela; 15 Julie – Mike Englezakis, Sun City; 16 Julie – Lindique Wildhokke, Groblersdal; 29 Julie – Skou-wildveiling, Thabazimbi; 29 Julie –Hanley Wildlife Services, Alldays; Oljaco Game Dealers, Vaalwater. * Weens verlede jaar se voorkoms van bek-en-klouseer in die Gravelotte-omgewing is besluit om dié gewilde veiling van die Gravelotte Wildhokke na BelaBela te verskuif.

Die boer bly ingelig met

Diagnoseer siektes korrek van bl 3 Indien die produsent die siekte vroegtydig geïdentifiseer het en inligting daaroor ingewin het, sou hy geweet het dat rissies en tamaties ook gashere vir die siekte is en kon hy baie geld gespaar het. Op pikante rissies het ‘n produsent weer ‘n duur program van metalaxyl toegedien om Phytophthora op die gewas te beheer terwyl die oorsaak bakteriese verwelk was. Bakteriese blaarsiektes en Stemphylium of Septoria blaarvlek op tamaties word dikwels verwar. Alle verwelksiektes op tamaties word soms Fusarium-verwelk genoem alhoewel dit ‘n verskynsel is wat selde voorkom. Alle loofsiektes word weer roes genoem. Die gebruik van verkeerde middels vir die beheer van ‘n spesifieke siekte is ook algemeen, bv. benomyl vir Phytophthora-verwelk of chlorathanolil vir bakteriese blaarsiektes. ‘n Diagnostiese laboratorium kan verder ook toetse op geselekteerde patogene doen om te bepaal of die organisme weerstand teen ‘n spesifieke swamdoder het. Die toets van Guignardia citricarpa, die oorsaak van sitrus swartvlek, vir weerstand teen benlate word as roetine gedoen. Weerstand teen metalaxyl

swamdoders in P. capsici kom ook voor. Van die swamdoders is baie duur en om te spuit met die verwagting dat dit die siekte sal beheer en dit doen niks, kan ernstige ekonomiese implikasies hê. Buiten die duur bespuiting kan die oes ook verlore wees. Ons leef in ‘n era waar inligting oor en voorbeelde van plantsiektes vrylik op die internet beskikbaar is. Hierdie hulpmiddels is baie nuttig vir produsente. Ongelukkig is dit nie altyd moontlik om ‘n akkurate diagnose net op grond van simptome te maak nie. Klassieke simptome ontbreek dikwels en veranderende praktyke, weerpatrone, cultivars en selfs ‘n verandering in die patogeen-populasie speel ‘n rol in simptoomuitdrukking. Dubbele infeksies met verskillende patogene raak ook algemeen wat ook simptoomuitdukking beïnvloed. Basiese kennis van plantsiektes van die gewas wat verbou word en die korrekte diagnose van die probleem deur ‘n plantsiekte laboratorium indien daar enigsins twyfel is, vorm die basis vir voorkomende en kuratiewe siektebeheer. Voorkomende maatreels om siektes te voorkom bly die beste opsie. — JJ Serfontein, QMS Agri Science


7

May 2011

Aasvoëls het mensdom se hulp nodig LiN Nuus: Zoutpansberger ‘n Vennootskap met ‘n aasvoël?  Dit klink half onmoontlik, maar self is hulle nie staat daartoe om prooi dood te maak nie. Hulle aas net en so met die aas maak hulle sommer die veld skoon van verrottende karkasse en voorkom sodoende die verspreiding van vee- of wildsiektes. Met kransaasvoëls wat as ‘n bedreigde spesie gelys word, staan die personeel van die Blouberg Natuurreservaat in Limpopo aan die voorpunt van die bewaring van hierdie voëlsoort. Die broeikolonie op Blouberg word jaarliks gemonitor en in Oktober verlede jaar is 536 aktiewe neste waargeneem tydens ‘n opname. Dit maak hierdie een van die grootste, indien nie dié grootste, broeikolonies in die land. Mnr Johan van Wyk, bestuurder van Blouberg, het bietjie meer vertel oor hul bewaringsprojek. Volgens hom is daar tans sewe aasvoëlspesies in Suid-Afrika waarvan vyf in die Soutpansberg-streek voorkom. Die reservaat het meer as tien jaar gelede ‘n projek geloods, waartydens plaaslike gemeenskappe betrek en vergoed word vir die bewaring van die spesie.   Van die gevare wat hierdie “skoonmakers” in die gesig staar is die feit dat hulle natuurlike habitat moes plek maak vir landbougrond. Vee het nou wildbevolking vervang en wildsplase word ook só bestuur dat die mortaliteitsyfer tot die minimum beperk word. Botsings met kraglyne en ander plaasstrukture, verdrinkings in plaasdamme, vergiftiging en ook ‘n te kort aan voedsel is maar net ‘n paar van die verskrikkings waarmee gewerk word. Aasvoëls is ook gesog in die plaaslike muti-bedryf

en veral die Blouberg-kolonie loop hieronder deur. Johan vertel dat Kransaasvoëls gedurende Mei tot Julie broei. Met die aanvang van die reëns, gewoonlik in November, wil die jong voëls hul eerste vlug onderneem. Dikwels gebeur dit ten tye van reën en

die nat jong voëls vlieg dan net ‘n baie kort afstand voordat hulle te land kom reg onder die broeikolonie. In Blouberg se geval is daar ‘n woongebied gevestig naby die kolonie. Die aasvoëls wat so nat reën word deur die inwoners geoes en aan muti-dokters verkoop. Die brein van ‘n aasvoël, as jy dit onder jou kussing bêre, sal jou skynbaar van die wen lotto-nommers laat droom! Met die jare saam, sê Johan, het daar ‘n goeie samewerking met dié gemeenskap tot stand gekom. Jong voëls wat uit die nes val word nou gevang en terug na die reservaat gebring, waar hulle versorg word totdat hulle sterk genoeg is om self te vlieg. Voor vry-

lating word elke voël toegerus met ‘n geel merker op elke vlerk met ‘n unieke nommer om identifikasie te fasiliteer. Van die projek se aasvoëls is al tot in Botswana, Zimbabwe en selfs sover as Kimberley opgemerk. Boere kan aktief betrokke raak by die bewaringsprojek deur veilige karkasse vir die aasvoëls beskikbaar te stel. Dit beteken geen medisyne of middels wat dalk giftig kan wees vir die aasvoëls nie. Die beste, so sê Johan, is om die karkas in ‘n oop gebied naby ‘n klomp bome uit te sit. ‘n Terrein naby telefoon- of kraglyne moet liefs vermy word. Die reservaat bedryf ook ‘n aasvoëlrestaurant en boere is meer as welkom om skoon karkasse te skenk. As jy dalk een van die gemerkte aasvoëls opmerk, kan Johan geskakel word by 083 251 7071 of Arnaud le Roux (trust vir Bedreigde Natuurlewe) by 082 325 6578.


8

May 2011

Dit woel in die wildbedryf LiN Nuus: Die Pos Die Waterberg-bedryfskamer van Wildsboerdery Suid-Afrika (WRSA) het ’n baie suksesvolle velduitstappie na die York-familieplaas, “Yorksafari’s” buite Alma aangebied.  Dr Buks Henning van die “Age Group” het die werkwinkel saam met mnr Barry York aangebied. Die Yorks pas strookbeweiding vir wild en vee toe.

Lede kon die voor- en nadele van strookbeweiding opweeg ná ’n baie deeglike bespreking. “Die velduitstappie is deur ’n groot aantal wildsen beesboere vanuit die Waterberg-omgewing bygewoon. Hulle het deskundiges behoorlik met vrae gepeper,” het mnr Wouter Schreuders, voorsitter van die WRSA Waterbergbedryfskamer, gesê. Intussen is ’n opvolgwerkwinkel in die vooruitsig. Belanghebbendes is na afloop van die vergadering deur dr Peter Oberem, WRSA-direkteur in beheer van regulatoriese aangeleenthede, ingelig oor die resultate van Maart se TOPS-slypskool in Pretoria. Die WRSA beskou dit as ’n reuse-deurbraak dat natuurbewaring in die Westelike Provinsie oortuig kon word om sy benadering ten opsigte van sy wildsverspreidingsbeleid baie meer wildboervriendelik te maak. Daar was ook ’n deurbraak in besprekings met die departement van omgewingsbewaring met betrekking tot die regulasies ten opsigte van die verspreiding van

indringerspesies. Op die oog af blyk dit dat hierdie regulasies die wildboer se belange veel beter op die hart dra, aangesien die tipe spesies waarmee geboer kan word, verbreed sal word. Onlangse samesprekings tussen mnr Petrus de Wet van die Predator Management Forum (’n gesamentlike inisiatief van WRSA en veeboere) met die sentrale regering se me Lulu Johnson, beloof om positiewe resultate vir wildboere mee te bring. Terugvoering is ook gegee oor die vordering met die Waterberg Natural Produce, veral die vestiging van ’n verwerkingsaanleg vir wildsvleis uit die Waterberg. Volgens Oberem is 75% van die aandele reeds opgeneem. Lede het voorts terugvoering ontvang ten opsigte van die stigting van ’n interaktiewe webblad wat toegespits is op die wildnywerheid. Mnr Richardt York het meer hieroor vertel. Ander aspekte wat aangeraak is, was die aanwending van die internet vir WRSA- doeleindes soos gerekenariseerde uitreik van wildspermitte wat volgens York ondersoek word. Mnr Jaco Engelbrecht, voorsitter van die Naboomspruit Bedryfskamer, het aan die deelnemers ’n uiteensetting verskaf van WRSA as die formele spreekbuis van wildboere. Hy het ’n vurige pleidooi gelewer tot oorreding van WRSA-lidmaatskap aan diegene wat die vergadering bygewoon het. “Die regering sal net luister na ’n liggaam wat kan bewys dat hulle die wildboer verteenwoordig.  Slegs 2000 bona fide, opbetaalde lede sal die truuk nie doen nie,” het hy gesê. Dr Rupert Baber is die volgende gas wat genooi sal word om die bedryfskamer toe te spreek.

Boere trek streep teen “onsinnige” eiendomsbelasting LiN Nuus: Die Pos Samewerking tussen leierboere van Bela-Bela-distrik en die Springbokvlakte is die voorloper van ’n rolmaalbeweging téén die hemelhoë eiendomsbelasting van die Bela-Bela Munisipaliteit op landbougrond.

Boere het op Donderdag 12 Mei op ’n krisisvergadering by die Warmbad Veemark eenparig besluit om die omstrede belastingonreg van baie jare in die hande van die bestuurslui van georganiseerde landbou in dié gebiede te laat. na bl 10


9

May 2011

Waardevolle broodbome kom onder die hamer LiN Nuus: Bulletin ‘n Buitengewone veiling van broodbome en ander inheemse plante word die eerste naweek in Junie op die plaas Vlaklaagte tussen Gravelotte en Letaba Ranch gehou. Vlaklaagte is nagenoeg 25 km van Gravelotte en diep gewortel in die boswêreld duskant Letaba Ranch se grens. Die plaas is reeds met die toekenning van grondregte aan swart boere oorgedra, maar die eienaar, mnr Sybren Schaap (75), het die keuse om die boerdery voort te sit teen ‘n huur van meer as R2 000 per maand. Dit was ‘n familieplaas en Schaap se seun sou die boerdery voortsit, maar weens swak gesondheid

kan dit nie gedoen word nie. Schaap sê hy is self nie meer lus om aan te gaan nie en gaan hom in Phalaborwa vestig. Sy vrou Babs het hom ‘n klompie jare gelede ontval. Sedertdien het hy alleen saam met sy sewe Jack Russell-honde in die groot plaashuis aangebly en die kwekery versorg. Hy het ‘n beeskudde gehad, maar het reeds daarvan ontslae geraak. Wanneer ‘n mens by die plaashek inry, word jy begroet deur ‘n magdom goedversorgde broodbome van alle soorte en kleure. Dit sal opgeveil word in 599 lotte, waarvan sommige uit ‘n enkele plant en ander uit tien of meer plante bestaan. Etlike spesies inheems aan Suid-Afrika en die vasteland van Afrika pryk in die tuin saam met ‘n verskeidenheid uitheemse spesies wat Schaap deur die jare heen in die handel aangeskaf het. Onder die waardevolle spesies is die Encephalartos Modjadjii, E. Ferox, E. Dolomiticus, E. Princeps, E. Inopinus en ander. Elders op die werf staan ‘n verskeidenheid plante eie aan

Limpopo, wat mens deesdae net in goeie toestand by spesiale kwekerye kry. Dit sluit onder meer koedoelelies, impalalelies en verskeie ander soortgelyke bosveldvariëteite in. Agter die waenhuis staan ‘n groot aantal jong kremetartbome wat nuwe tuistes gaan kry, asook ander inheemse jongelinge wat plantkenners se bloed warm sal laat klop. Vir die veiling sal Schaap spesiale voorsorg moet maak, soos geriewe vir die veilinggangers, tydelike toilette, eetgoed ens. Die veiling word deur afslaers van Gauteng op Saterdag en Sondag 5 tot 6 Junie aangebied. Die veiling word landwyd en internasionaal geadverteer. Na die veiling sal Schaap en sy werkers elke verkoopte plant versigtig moet uithaal om dit aan die suksesvolle bieër te lewer. Intussen stap Sybren Schaap op die vooraand van die veiling elke dag deur sy “kinders” van baie jare en neem solank afskeid.


10

May 2011

Farmers benefit from crossbreed programme LiN News: Bulletin An R8,6 million programme to crossbreed Angus bulls with local Nguni cows was launched in Limpopo province by agriculture MEC Dipuo Letsatsi-Duba recently. More than twenty emerging farmers have been selected to participate in the programme. According to provincial agriculture spokesman Mr Kenny Mathiva each farmer would receive an Angus bull to crossbreed with their Nguni cows as part of the Limpopo Angus-Nguni Cattle Development Programme. Letsatsi-Duba said at the launch the initiative was a partnership between the Industrial Development Corporation Nguni Cattle Development Trust in the province and a number of compa-

nies, including Pick ‘n Pay, Angus Beef Ltd, the Angus Breeders Society, Beefcor and the Agriculture Research Council. According to Letsatsi-Duba Angus SA and the research council had a good relationship with each other and the Angus industry in countries such as the USA, Canada, Australia and Britain. The programme in Limpopo would improve the existing Nguni cattle programme, which started in 2006 and benefited more than 80 farmers. They each received a loan of five Nguni cows and a bull. She said the number will be increased to 50 head of cattle per farmer or group of farmers in the next financial year so that more farmers can benefit.

Streep getrek teen “onsinnige” belasting van bl 8 Hulle sal die belastingwa tot voordeel van boere deur die drif trek nadat ’n nuwe vereniging gestig is om die saak verder te neem. Van die sprekers het gepleit vir saamstaan en saamwerk rondom die gemeenskaplike probleem. Die turksvy oor grondbelasting vir boere tussen die Waterberg Distriklandbou-unie en die munisipaliteit kom reeds oor baie jare, maar van die regstelling van die saak het tot dusver dadels gekom. Die onderhandelings was al op die spoor, ontspoor en op ’n dooie punt terwyl boere in die Bela-Bela-munisipale gebied die afgelope jare van vyf tot tien keer hoër as hulle medeboere op Modimolle belas word. Vir die meeste landbouers is dit nou tot hier toe en nie verder nie. Hulle eis van die Bela-Bela Munisipaliteit “om die regte belasting” te betaal. Intussen het hulle “nee” gesê vir “uitbuiting en onregmatige eiendomsbelasting”. Mnr Jaco Bogaards, voorsitter van die Waterberg Distriklandbou-unie, het gesê boere het hulle met die hoë eiendomsbelasting “teen ’n muur vasgeloop. Hulle het op die punt gekom wat nie aanvaarbaar is vir boere nie. Daarom die vergadering om oor die pad vorentoe te besin”. Mnr Chris Wagner wat al jare veg teen die belastingonreg van boere in die Bela-Bela-distrik, het in sy inleidende gesprek tydens die vergadering skok-belastingsyfers bekendgemaak as vergelyking tussen wat boere op Modimolle en Bela-Bela vir dieselfde grond sou betaal. In 2009 het ’n boer op Bela-Bela R29 000 betaal terwyl die rekening op Modimolle R4 539 sou wees. In net agt jaar het die eiendomsbelasting-rekening van ’n boer op BelaBela van R2 975 tot R20 000 verhoog. Volgens hom gaan daar “niks uit die raad kom wat vir boere iets beteken as hulle druk uitoefen en beskaaf rumoer maak nie”. Mnr Dries Enslin wat by verskeie munisipaliteite in onderhandelings oor te hoë eiendomsbelasting betrokke was, het gesê die probleem “kom min of meer in elke munisipaliteit voor”. Sy raad was om boere met dieselfde probleem in ’n gebied bymekaar te kry en ’n grond-eienaars-vereniging te stig. “Verklaar ’n dispuut en registreer die gestigte vereniging as geaffekteerde party by die munisipaliteit, wat hom sal dwing om sy eie wetgewing te volg. Intussen moet die boere sorg dat sy “papierspoor” te alle tye reg is vir sy stryd om die tafel, of andersins. Leiers van georganiseerde landbou in die gebied gaan binnekort na die ronde tafel om die proses aan die gang te kry. Belanghebbendes sal kennis kry van verdere planne.

Die boer lees


May 2011

11


12

May 2011

Du Roi celebrates Wellness Day

LiN News: Bulletin Wellness Day, Ms Rebecca Maluleke, explained that challenges in the work place. A jubilant crowd gathered at the Hlanganani Cen- it was an effort to bring employers and employees It is supported by the International Organisation for tre near the Junction outside Letsitele last Saturday, together, with the aim to focus on issues such as to- Migrations and include groups such as USAID, IOM, where Du Roi Nursery held their Wellness day for getherness in the fight against HIV/Aids and other Indigo Fruits, ClemenGold, ChoiCe Trust, US Presi2011. dent’s Emergency Plan for Aids Relief Under the slogan “The and Hanyani (Live) Change Agents. healing power of togethMaluleke said the focus was on caerness” the employees of pacity building for training, life skills Du Roi and other invited and recreational activities. “Since 2009 guests joined in fun and tremendous changes were experigames which started with enced and Du Roi has played a big role a Yoga warm up and a fun in achieving this. This is part of manrun at 07:30 in the mornagement’s revelation to show that they ing and ended eventually care.” with a prize giving ceremony in the afternoon. The sports events in- ABOVE LEFT: Ms Rebecca Maluleke was the co-ordinator of the Wellness Day and Mr Abraham van Rooyen cluded ladies’ and men is a director of Du Roi Nurseries. ABOVE RIGHT: Patience Khoza blows the vuvuzela. BOTTOM LEFT: Two of soccer games, netball and the guests were Mss Gloria Hlavangwana and Girley Mnisi. BOTTOM RIGHT: Kenneth Baloyi concentrates in the men’s tug of war. RIGHT: The ladies participated eagerly in the tug of war. board games like monopoly, scrabble and chess. The big draw card was the ladies’ and men’s tug of war between staff members and the ladies tug of war between the management, followed by a skipping rope. The organisation ChoiCe was introduced to the people and the far reaching benefits of this wellness organisation was outlined in detail. The co-ordinator of the


May 2011

13


14

May 2011

Grondwaardes — deel van die politieke spel?

LiN Nuus: Bosveld Bulletin sie sien dat 92% van die ekonomie, Hoe versoen ‘n mens twee wêrelds- landbougrond en privaateiendom aan beskouinge veral as dit by grond kom? swart landsburgers behoort. Aan die een kant is daar dié wat glo Hoewel Gugile Nkwinti, minister dat grond besit kan word en dat dit van landelike ontwikkeling en grondproduktief bewerk moet word om hervorming, op sy beurt gesê het dat voedselsekuriteit vir die land te verse- grondhervorming binne die grondker. Dan is daar dié wat glo dat grond wetlike raamwerk van die land moet ‘n politieke wapen is waarmee stemme plaasvind, het hy ook onlangs gesê dat gewen kan word om ‘n politieke posisie grondeise heropen sal word en dat die te versterk. Dit is volgens mnr Bennie afsnydatum van 1913, die jaar waarin van Zyl, hoofbestuurder die Wet op Naturellegrond van TLU-SA juis hierdie gepromulgeer is, terugideologiese verskille wat geskuif sal word. groot onsekerheid in landIn reaksie hierop het boukringe veroorsaak. Van Zyl gesê, “Dit is hierVan Zyl meen dat daar in die tipe uitsprake wat die die regering ‘n sterk strewe landbousektor in groot onna nasionalisering is. “Selfs sekerheid dompel en voedwaar grond aan eisers selsekuriteit in gedrang oorgedra is hou die regebring. Die regering verkonring die titelakte en word dig verskeie leuens oor die hierdie boere gewaarsku geskiedenis van grond in dat as hulle die grond nie hierdie land. ‘n Groep onafproduktief bewerk nie die hanklike demograwe het Van Zyl regering die grond by hulle in 2001 in ‘n verslag aan sal vat. Dit is niks anders as die nasio- die Ontwikkelingsbank getoon dat nalisering van grond nie.” 44% van landbougrond aan wit boere Voorverkiesingsuitsprake soos dié van behoort. Sedertdien is sowat 7% aan ANC-jeugleier Julius Malema dat gron- swart boere oorgedra. Ek skat dat wit donteiening sonder vergoeding deur boere vandag minder as 35% landbouwetgewing ingevoer moet word en dat grond besit. boere 80% van privaatgrond gratis aan “TLU-SA vra nou al ‘n geruime tyd dat ‘n die staat moet gee, het verskeie wenk- grondoudit gedoen moet word. Vir ons broue laat lig. Hierdie tipe uitsprake is gaan dit uit en uit oor produktiwiteit en volgens Van Zyl deel van ‘n nasionale die regering het self erken dat 90% van demokratiese revolusie. Volgens hom plase wat in die 2009-’10 boekjaar wil voorstaanders van hierdie revolu na bl 19


15

May 2011

Lietsjie-saailinge is komposman se staatmaker LiN Nuus: Bulletin ‘n Komposmaker van Georges Valley buite Tzaneen stuur maandeliks ‘n groot deel van 30 000 lietsjie-saailinge na Afrika-lande, waar dit met groot nut vir die vasteland in plantasies gevestig word. Dit is in groot aanvraag en die vestiging daarvan word deur Europese instansies teen miljoene rande gefinansier. Die komposmaker is mnr Brian Aucamp van Protea Organiese Produkte. Hy is ‘n boer met ‘n passie vir dennebas. Aucamp het in 1980 met sy komposaanleg begin en aanvanklik elke hopie kompos met die hand gemaak, vir eie toediening op sy plaas. Later het die sukses van sy kompos ander boere bereik en hy het bestellings begin neem. Dit het gelei tot die oprigting van ‘n komposaanleg en die kommersiële verskaffing van dié groeimedium uit dennebas. Die bas word in groot hoeveelhede van die plaaslike saagmeulens verkry. Die groeimedium is veral gewild onder orgidiëkwekers in Gauteng

waar Aucamp ‘n bemarker aangestel het om dit te versprei. Dit gaan ook na handelaars in Tzaneen, Polokwane, Hoedspruit, Louis Trichardt, Roedtan en verskeie ander dorpe in Limpopo. Dit neem drie maande om die kompos voor te berei. Al die siwwe en masjinerie in die aanleg is deur Aucamp en sy span werkers self uit afvalmateriaal gebou. Hulle beplan reeds vir die bou van ‘n eie komposroteerder wat ook uit afvalmateriaal gemaak sal word. Die dennebas in stukke van 50 mm en groter is baie gewild by kwekerye as versiering in blombakke en

ander gebruike. Dit bly sy kernproduk en hy lewer gemiddeld dertig ton bas per maand aan die handel. Die kweek van lietsjie-saailinge word op lietsjiebome gedoen deur ‘n spesiale entproses en het net meer as ‘n jaar gelede begin. Verskeie lietsjieboere se bome word vir dié doel ingespan, wat Aucamp en sy span in staat stel om tot 1 500 lietsjieboompies per dag te produseer. Nagenoeg 40% hiervan word in SA versprei en die res gaan na ander Afrika-lande. Net die variëteit Mauritius word voortgebring


16

May 2011

Mabunda presteer in verlate

Eienaars van die sitrusplaas Mabunda nagenoeg uitvoer te hanteer. woongebiede, maar seisoenwerkers word ook uit twintig km noordoos van die Eiland het verlede week Die bedryf het so suksesvol gegroei dat Mabunda buurlande in diens geneem. Die boere van Mabunda plant ook pampoene, bottwee nuwe Landini-trekkers in ontvangs geneem, om verlede jaar 450 000 kartonne sitrus uitgevoer het, hul suksesvolle boerdery mee voort te sit. terskorsies en Hubbard-pampoene as wisselgewasse met ‘n omset van R22m. Die verskil op hierdie plaas met sy 25 swart eienaars Malungane sê dit het soms broekskeur gegaan, maar op etlike hektaar waar nuwe boorde aangelê is. Dit is dat hulle nie ‘n sent van die regering ontvang nie en hulle het sonder enige staatshulp deurgedruk. Van- is bestem vir die Johannesburgse varsproduktemark alles uit hul eie sak betaal. dag word die 300 ha suksesvol bedryf en elk van die (Jo’Burg Market). Die uitvoersitrus is “Fair Trade” Mabunda is feitlik die enigste volhoubare plaas wat in dié gegeakkrediteer, wat beteken dat bied oorgebly het. Voorheen was ‘n sekere persentasie van die verdiende bedrag uit uitvoere dit ‘n boordryke streek soortgelyk aangewend kan word vir ophefaan dié rondom Letsitele, maar het heeltemal tot ‘n woesteny fingswerk in die streek. verval sedert die grond tussen Hulle is juis besig met die twintig en dertig jaar gelede aan oprigting van ‘n gemeenskapsswart boere oorgedra is. opleidingsentrum op die plaas, wat ook die boerdery se nuwe Mabunda Farmers’ Co-op is in 1998 gestig en elkeen van die hoofkantoor sal wees. Hulle het 25 eienaars het tien ha gehad reeds ‘n nabygeleë skool van waarop sitrus verbou is. Hulle het skooluniforms voorsien en vyf ook ‘n lang verbintenis met Du Mnre David Hlungwane en Bishop Baloyi is mede-eienaars Mnr Bennet Malungane is mede-eienaar rekenaars aan die skool geskenk, Roi Kwekery gehad wat as stratedanksy die premies uit Fair Trade. en help met die oprigting van die opleidingsentrum. en plaasbestuurder op Mabunda. giese vennoot tot die werksaamNog ‘n vertakking wat nou aanhede toegetree het. Du Roi is sedert 2008 nie meer eie-naars is aktief by die een of ander faset van die dag geniet, is die voorbereiding van vyf hektaar waarbetrokke nie. boerdery betrokke. Hy is self deur die bestuur as plaas- op pikante rissies onder kontrak vir die maatskappy Mnr Bennet Malungane, een van die eienaars, is die bestuurder in diens geneem en hou die leisels vas. Peppadew International verbou gaan word. plaasbestuurder. Hy vertel elkeen het aanvanklik op Die plaas se makrobesproeiing kom uit die NondHulle is ook besig met onderhandelings om ‘n verhul deel van die grond voortgegaan, maar die vorde- weni-dam in die Groter Letabarivier wat aan die hoof- dere 160 ha grond van die stamowerheid te verkry, ring was nie na wense nie. Vyf jaar gelede het hulle sentrum van die plaas grens. Die dam voorsien ook om hul sitrusplantasies uit te brei. Die boerdery floreer, maar hulle het ook groot pro30 000 kartonne sitrus uitgevoer, maar besef dat die water aan die dorpies Xitlakati, Khashane, Majeje en bleme wat uit die weg geruim moet word. Die pad opbrengs baie groter kan wees. Selwane. ‘n Nuwe bestuurstelsel is tot stand gebring waarin Benewens ‘n permanente werkspan van 66 mense vanaf die Eiland tot die plaas is in ‘n haglike toestand, almal saam onder een liggaam werk en alle produksie (28 mans en 38 vroue) het hulle ook 250 seisoenwer- maar pleidooie tot die provinsiale paaie-afdeling val na bl 17 koördineer, met ‘n agentskap wat aangewys is om alle kers in diens. Die meeste kom uit die aangrensende op dowe ore.


May 2011

vlakte Die verpakking word by die Alto-pakhuis van CP Minnaar en Seun gedoen. Die pad is egter so sleg dat dit skade aan die produkte en vragmotors meebring. Baie landbouverwante instansies bied hulp aan, maar sien nie kans om hulle te besoek nie weens die toestand van die pad. Die pakhuis is te ver en hulle beplan reeds om hul eie pakhuis op die plaas op te rig, maar dit sal alles uit hul eie sakke betaal moet word. REGS: Mnr Dawid Grobbelaar van Tzaneen Swaarvoertuie staan by die operateurs en werktuigkundiges van Mabunda.

Twee splinternuwe Landini-trekkers is verlede week deur Tzaneen Swaarvoertuie op Mabunda afgelewer.

Pampoene en botterskorsies word op groot skaal in nuwe boorde gekweek.

Die Nondweni-dam in die Groter Letaba is die sitrusplaas se waterbron. Met die groot reĂŤn in Januarie het dit oorstroom en die hele plaaswerf onder water gehad.

Een van die nuwe trekkers staan voor die opleidingsentrum met mnre Kenneth Ngobeni, David Hlungwane, Bennet Malungane en Bishop Baloyi.

17


18

Sleepwaens vol pomelo’s staan en wag in Letsitele om verpak en verskeep te word. Die sitrusboere is reeds heeltyds vasgevang in die oesseisoen. Die pomelo-oes lyk goed, hoewel die vrugte vanjaar ietwat kleiner is as verlede jaar.

May 2011

Help ons met die naam van hierdie plant

Dié welgeskape vrug is onlangs deur ’n fotograaf van die Bulletin in die natuur naby Tzaneen teëgekom. Dit is waarskynlik verlangs familie van die verbode gifplant Queen of the Night, maar ons kon dit nie met sekerheid vasstel nie. As ‘n leser dalk meer kennis hieroor dra, laat weet ons asseblief.

ZZ2 nou ook in bosbou

Die omvangryke maatskappygroep ZZ2 van Mooketsi diversifiseer voortdurend met sy produkte en beleggings. Die jongste toevoeging tot die lang lys produkte is ‘n denneplantasie van 50 ha by Houtbosdorp, waar die maatskappy die grootste deel van die gebied gekoop het. Die boompies op die heuwellandskap is nog klein, maar groei volgens waarnemers besonder vinnig weens die mistige toestande wat daar heers. Nog ‘n aangrensende lap aarde gaan skoongemaak word vir verdere plantings van dennebome vir die houtbedryf.


19

May 2011

Grondwaardes — politieke spel? van bl 14 oorgedra is, nie presteer het nie.” Die vise-president van AgriSA, dr Theo de Jager, glo dat Nkwinti se uitsprake ‘n goedkoop verkiesingsfoefie was. “Die minister het self erken dat grondrestitusie nie werk nie. Die regering het R28 miljard aan grondhervorming bestee, maar het niks om daarvoor te wys nie.” Daar is nie een restitusieprojek wat as ‘n sukses voorgehou kan word nie. Dan is die regering so agter met die hele proses dat huidige eise nie binne die volgende tien jaar afgehandel sal word nie. Wat die huidige proses betref, is daar op meer as 13 000 plase, vir party so lank as elf jaar al, onafgehandelde eise wat reuse-ekonomiese skade veroorsaak. De Jager meen dit is veral in Limpopo waar dorpe in duie stort omdat beleggers hulle geld weens grondeise onttrek. “As die regering die grondeiseproses weer oopgooi sal hierdie kanker verder versprei.” Volgens De Jager het die departement intussen aan die unie die versekering gegee dat die proses nie weer oopgestel sal word nie en dat die minister nie ‘n mandaat van die ANC gehad het om sulke uitsprake te lewer nie.

Die hoofbestuurder van Absa AgriBesigheid, dr Ernst Janovsky, stem saam dat politieke uitsprake onsekerheid in die landboumark veroorsaak. Hy meen egter dat dit ‘n minimale effek op die prys van landbougrond het. “Grondpryse word grotendeels bepaal deur die ekonomie. Ons sien wel dat die aantal ‘lewensstylkopers’, dit is nou mense wat geld in stede verdien en dan weens lewensstylkeuses landbougrond koop, afgeneem het. Dié wat wel besluit om te koop, bring kapitale verbeteringe aan en dit stoot lanbougrondpryse op. “Daar is steeds baie boere wat winsgewend genoeg boer om die buurman se grond te koop. Hierdie tipe koper besit reeds grond en is bereid om die risiko te dra. “Die derde tipe koper is boere wat grond aan die regering weens grondeise verkoop het. Vyftig persent van hierdie boere wil steeds boer en koop weer grond.” Volgens Janovsky groei landbougrond se waarde tans teen 10% per jaar en is daar wêreldwyd ’n groot politieke wil om landbou in Afrika aan te spoor. Ten spyte van al die probleme bestaan daar volgens hom unieke kanse om die landboubedryf in Suid-Afrika uit te brei.

— die boer se genoot


20

May 2011


AgriBulletin May 2011