Issuu on Google+

’n

Publikasie

28 Januarie 2011

Afrika roep na SA boere

Net 5 palms inheems Wet op verblyfreg lol

Die natuur is deurmekaar

Advertensies - Jacques Smuts • Berigte & foto’s - Louis Roux • Grafika - Elsabé Lombard & Beulah Barnard


2

28 Januarie 2011

SA-boere kry al meer aanbiedings van Afrika-lande Die vestiging van SA boere in ander Afrika-lande kry al meer momentum, namate grond vir hulle beskikbaar gestel word. Net meer as 800 SA boere wat reeds belange in Mosambiek het, is nog 1,2 m ha in die Gasaprovinsie aan hulle beskikbaar gestel. In Desember is ‘n beraad met die hoë kommissaris in Maputo gehou om die rompslomp oor die vestiging van grondregter in te kort. Daar is ook besin oor die behoud van waardekettings met die verbouings van suiker, graan, subtropiese vrugte en bio-brandstof, waar SA organisasies daaruit voordeel kan trek. Met die totstandkoming van

AgriSamos, ‘n filiaal van Agri SA, word daar ook gestreef na Mosambiek se boere om aan Nampo deel te neem. Dit is die grootste boeresaamtrek in SuidAfrika. Die landbousekto in Mosambiek word ook sterk verteenwoordig deur Brasilië, Indië en China. Op 3 Februarie word samesprekings met die Kongolese department van landbou gehou, waarna die eerste groep SA boere daarheen sal uittrek om konsepkontrakte met die Kongolese regering te finaliseer. Die verwagting is dat die groep boere reeds in die winterseisoen daar sal begin plant.

Intussen sal afvaardigings uit die landbousektor Gaboen en Ghana besoek op versoek van die regerings om boere uit SA daar te vestig. Tanzanië het intussen die 24ste land geword wat toenadering tot boere van SA gesoek het. Die regering se voorkeure lê by Angola, waar 48 vk myl vir SA boere toegeken is, en Uganda, wat twee seksies van 42 vk myl beskikbaar gestel is. Die regering het ook die DRK op sy lys om die mynbousektor te ondersteun, Zambië en SuidSoedan. AgriSA het reeds ‘n ooreenkoms met Noord-Soedan onderteken vir die verbouing van suiker en ander varsprodukte.

Die meeste riviere in Limpopo was die aflgelope tyd in vloed.

Verskeie damwalle het in die Letsitele-omgewing gebreek, soos die een van mnr Carel Minnaar.

Billike verhoging vir plaasarbeiders Die billike 4,5% verhoging van minimum lone vir plaasarbeiders is ‘n verligting vir kommersiële boere, maar help min ten die verlies van tot 40% in werk verlies wat tot dusver aangeteken is. Boere moes weens die

nuwe lonestruktuur groot aanpassings maak om economies te oorleef, wat gelei het tot die vermindering van werkgetalle op plase in die groent-, vrugte en kwekerybedrywe. In Limpopo het koffie- en teeplantasies tot

stilstand gekom oor arbeidslone omdat dit nie meer kon meeding met produsente in Mlawi, Oeganda en Kenia nie. Die vasgestelde verhoging is volgens Agri SA nie te min haalbaar in die breë sin van die bedryf.


3

28 Januarie 2011

Nuwe wet op verblyfreg raak opkomende boere die ergste Opkomende boere in Limpopo en elders in Suid-Afrika is seker die ergste geraak deur die nuwe wet op verblyfreg wat in Desember so skuinsweg deur die parlement gesteun is. Verblyfreg gee soveel voordele aan plaaswerkers dat dit selfs kan indruis op die vloei van ‘n boerderybedryf. Die byna onbeperkte regte vir bewoners sluit die reg om vee aan te hou, boorde aan te plant, te saai en selfs op kommersiële basis landbou te bedryf. Dit geld nie net vir een plaas van die eienaar nie, maar vir die ander plase wat ook in sy besit is. Nog ‘n bepaling gee die plaasarbeider die reg om uitgebreide families aan te hou, soos neefs en niggies onder 18 jaar en selfs oueres wat nog skool-

gaan. Hulle kry selfs onbeperkte reg tot begrafnisse op die plase. AgriSA beskou die nuwe wet op verblyfreg as kortsigtig. Opkomende swart boere word aangemoedig, maar die wetsbepaling ruk hulle terug tot ellende. Hoe moet hulle vordering maak as daar ‘n magdom onproduktiewe mense op die eiendom bly? Onder die ESTA-bedeling het die Limpopo- gebied juis meer as 30 000 werkgeleenthede verloor weens ondeurdagte besluite deur die regering. Nog ‘n betwisbare bepaling in die wet is die skepping van sogenaamde die arbeidsdorpies tussen plase. Dr Theo de Jager, adjunk-president van AgriSA, sê die georgani-

seerde landbou stem in daarmee, maar is skepties oor die lewering van dienste soos krag, water, riool en ander geriewe, omdat dit deur munisipaliteite voorsien moet word. Waar hierdie dorpies gevestig gaan word, sal ook neerkom op die brutale onteiening van landbougrond. “Die implementering en hantering van grondhervorming in SA word regoor die wêreld beskou as die grootste mislukking. Agri SA kommentaar moet op 24 Februarie ingehandig word, maar die organisasie gan eers by die grondwetlike hof ‘n draai gooi.” Hy sê die baanrekord van die departement van grondsake is swak en die oordeel is hopeloos.

New farmers harvest first crop

as they were employed by the previous owner for several years. Last year they received a tractor and implements, as well as admission to NTK for acquiring seed and pesticides. Their first crop is butternuts which is to be harvested at the end The next venture for Rapatsa and his of the month, but they might decolleagues is tomatoes. This is where lay the marketing of the crop due the seedlings will be grown. to price changes. A group of three black farmers who acquired 21 hectares of land near Tzaneen Airport more than two years ago, are finally experiencing progress in their efforts to produce crops. Afrer receiving the land they had to wait at least twenty months for assistance from the department of agriculture to get the project going. They had the land and skills, but no other support to start farming. Mr Peter Rapatsa says the three of them had gained proper knowledge of farming with vegetables Mr Peter Rapatsa displays the first crop on the land he and two others acquired more than two years ago in the California-area outside Tzaneen.


4

28 Januarie 2011

Groenbone bly steeds ’n staatmaker Die produksie van groenbone bly steeds ‘n aantreklike opsie as wisselbou en kontantgewas. Die produsent daarvan moet egter kennis neem van die diversiteit in vraag wat die afgelope tyd by verbruikers ontwikkel het en sodoende sorg dra dat sy produk en die kwaliteit daarvan markgerig bly. Groenbone word hoofsaaklik vir bemarking deur die Nasionale Varsprodukte Markte en kettingwinkelgroepe geproduseer. Met die produksie van

kwaliteit groenbone is korrekte verbouingspraktyke en die keuse van die regte variëteit om in die spesifieke behoeftes te voldoen, van deurslaggewende belang. Klassifikasie van Groenbone Groenbone word in twee hoofgroepe verdeel, naamlik Rankbone en Stambone. Rankbone is nie meer van kommersiële belang nie, weens die hoë verbouingskoste daarvan. Vandag bestaan feitlik alle kommersiële aanplantings uit stambone wat in vyf basiese groepe verdeel kan word:

Die bovermelde tabel illustreer die belangrikheid daarvan dat die produsent bewus moet wees van die mark waarvoor hy produseer. Die keuse van ‘n geskikte variëteit is dan ook uiters belangrik om aan die vereistes van die kliënt/mark te voldoen. Genetiese faktore wat die opbrengs van groenbone bepaal Groenbone is een van die min groentegewasse waar saad een van die duurste insetfaktore is, die keuse van die korrekte variëteit is dus belangrik. In hierdie keuse moet die vermoë van die variëteit aan die volgende vereistes, wat die opbrengs van groenbone in ‘n groot mate bepaal, voldoen:

• Die gemiddelde opbrengs van stambone is 10 tot 15 ton per hektaar. • In die evaluering van Sakata se variëteite, wat uit ‘n unieke Suid-Afrikaanse teelprogram vrygestel word, is hierdie variëteite se genetiese vermoë om peule ten volle te ontwikkel sonder dat die peule verhard en draderig raak van deurslaggewende belang. Opbrengste van tot 21 ton per hektaar is al in die Hoedspruit omgewing met van hierdie variëteite behaal. • ‘n Tweede belangrike faktor is die verdraagsaamheid van die variëteit teen siektes soos veral blaarroes. Op groenbone is dit sekerlik by verre die belangrikste blaarsiekte in Suid-Afrika. Omgewingsfaktore wat ‘n rol speel in die produksieproses Groenbone is ‘n matige weer gewas wat uiters gevoelig is vir lae temperature en ryp. Alle groenboonvariëteite is uiters gevoelig vir hoë temperature tydens die kritiese tyd van blomvorming. Die gemiddelde temperatuur vereistes vir optimale produksie is tussen 15 en 21oC. Gemiddelde temperature bo 28oC of laer as 10oC sal groei vertraag. Gedurende die blomset en vroeë vrugvorming stadium sal temperature hoër as 30oC, of temperature laer as 17oC, ‘n onegalige drag (“split pot set”) tot gevolg hê. Sodanige temperature veroorsaak dat van die blomme en vroeë peultjies afspeen terwyl sommige blomme en peule voortgaan om te ontwikkel. Sodra gunstige toestande weer ontstaan vorm die plant nuwe blomme wat in peule ontwikkel. Die gevolg is dat die peule in verskillende stadiums van ontwikkeling is met ‘n gevolglike onegalige oes. Navorsing dui daarop dat hitte stres gedurende die kritiese tye (blomvorming) lei tot steriele stuifmeel wat swak bestuiwing en gevolglike swak opbrengste tot gevolg het (krom peule ontstaan as


5

28 Januarie 2011 Vanaf bl 4. dit kan voorkom word, deur met kort tussenposes te besproei om die onmiddellike omgewing van die plant koel te hou. Grondtemperature is ook van deurslaggewende belang vir saad ontkieming en die ontwikkeling van die kiemplant. Die optimale temperatuur vir goeie eenvormige ontkieming is 15.5 tot 29oC. Swak ontkieming sal verkry word by grondtemperature laer as 10oC en bo 32oC. Grondvereistes Groenbone kan verbou word op ‘n wye verskeidenheid grondtipes mits dit relatief vrugbaar is, maar groei nie goed op versuip gronde nie. Eenvormige grondtipe en tekstuur sal eenvormige gewasontwikkeling en oesbekwaamheid verseker. Die optimale pH is 6.0 tot 7.0. Sommige groenboon variëteite is sensitief vir mangaantoksisiteit wat voorkom by ‘n pH laer as 5.3. Bemestingsriglyne Weens die relatiewe kort groeiperiode van die boontjieplant is dit belangrik dat voldoende voedsel ten alle tye tot die plant se beskking moet wees. Optimum bemesting sal lei tot ‘n topgehalte produk, hoë opbrengs en dus maksimum wins. Weens die diversiteit van grondtipes is dit onmoontlik om ‘n spesifieke bemestingsaanbeveling sonder ‘n grondontleding te maak. Die volgende riglyne moet egter in aanmerking geneem word: Ontrekking van Makro bemestingselemente per ton bone geproduseer

Stikstofbestuur Die toediening van stikstof verdien spesiale aandag. In menige gevalle blyk dit dat produsente meer stikstof gebruik as wat benodig word. Navorsing op sanderige besproeiingsgronde het deurgaans geen opbrengsverhoging getoon waar meer as 60 kg stikstof per hektaar toegedien is nie. Hierdie waarde daal tot 30 - 40 kg stikstof op swaarder gronde. Variëteite verskil ten opsigte van stikstofbehoeftes en die stikstof bemestingsprogram moet hiervolgens aangepas word. Plantpopulasie beïnvloed ook stikstofbehoeftes. Die persepsie is dat ‘n verhoogde plantestand meer stikstof benodig - dit is nie altyd noodwendig die geval nie. Spasiëringspa-

trone wat voorsiening maak vir ‘n beter rangskikking van plante in verhouding tot die spasies, ver-

Bemesting riglyne vir ‘n teikenopbrengs van 15 ton bone per ha (tabel hieronder)

hoog die effektiwiteit van voeselopname, insluitend stikstof. Organiese materiaal in die grond dien ook as bron van stikstof. Die tyd van stikstoftoediening word beïnvloed deur grondtipe. Navorsing en demonstrasies op swaarder gronde (droëland of besproeiing) het bewys dat stikstof toegedien kan word voor of tydens saai. Op sanderige gronde is die tydsberekening van stikstoftoediening baie belangrik as gevolg van potensiële loging. Navorsing

Die bg inligting is slegs basiese riglyne en daar word aanbeveel dat ‘n grondanalise uitgevoer word voor aanplanting, om ‘n korrekte bemestingsprogram saam te stel. In die algemeen word fosfaat, kalium en noodsaaklike sekondêre mikro-nutriënte tydens planttyd met die planter toegedien. Plantertoediening van misstowwe moet presies geskied, aangesien stambone sensitief is vir ‘n oormaat soute. Daar moet noukeurig gelet word op die plasing van die kunsmisband in verhouding tot die saad. Die kunsmisband behoort ten minste 50 mm aan die sykant en 50 mm onder die saad te wees om brandskade te voorkom. Plantpopulasie Die optimum gebruik van tussen-ry plantspasiëring, asook spasiëring in die ry maksimaliseer produktiwiteit en minimaliseer saadbehoeftes. Huidige spasiëring/populasievoorstelle hang af van grondtipe en beskikbaarheid van besproeiing. Op sandgronde wat besproei word is die optimum plantestand 20 tot 29 plante/m in die ry en 60 tot 90 cm tussen rye vir handoes (meganiese oes 45 cm). Dit gee ‘n populasie van 220 000 tot 330 000 plante/ha. Op onbesproeide swaarder gronde is die optimum finale plantestand 18 tot 24 plante /m en 60 tot 90 cm tussen rye vir handoes (meganiese oes 45 cm). Dit gee ‘n plantestand van 195 000 tot 255 000 plante/ha. Die saaidigtheid (kg/ha) benodig om hierdie populasie te bereik hang af van ontkiemingspersentasie en saadgrootte.

Reguit, donkergroen bone is altyd ‘n wenner

op sandgronde het bewys dat die hoogste opbrengste verkry word indien 2 of 3 toedienings tussen gewas aanplanting en die reproduktiewe fase toegedien word. Die hoeveelheid stikstofbemesting moet verminder word indien die stamboon aanplanting deur Wortelvrot geteister word, aangesien die plant se vermoë om stikstof op te neem aansienlik verminder word. Met die voorafgaande riglyne kan ‘n tipiese groenboon bemestingsprogram soos volg daar uitsien:


6

28 Januarie 2011

Net vyf palms is inheems aan SA Die wêreld het 3 600 verskillende palmspesies, waarvan net vyf soorte inheems aan Suid-Afrika is. Drie daarvan kom in Limpopo voor. Onder hulle is die wilde dadel wat vanaf Gravelotte tot by die Kruger Nasionale Park te sien is. Nog ‘n inheemse soort is die lalapalm (Hyphaene coriacea). Dit het ‘n harde wit kern en staan ook bekend as plantivoor. In die middel van die vorige eeu, toe volstruisLalapalm vere hoog in die mode was, is dié plantivoor gebruik om knope vir die volstruisveer-uitrustings te maak. Kommer bestaan oor die toekoms van die lalapalm, omdat sy nuwe blare geoes word vir die brou van ‘n sterk bier. Die blaar fermenteer baie vinnig en word veral in die omgewings van Giyani en Bosbokrant vir dié doel gestroop en vrek later. Die borassuspalm (borasus aethiopum) is beperk tot die Leydsdorpomgewing en kan nie oorgeplant word nie. Die palm kom ook in Ethi-

opië voor. Die legende lui dat die koningin van Skeba toentertyd op haar versamelingstogte van goud, koper en yster die palm daar laat vestig het. Dit is ook bekend as Skeba-palms. Aan die Transkeise wildekus groei die Pondo-palm (jubaeopsis caffra). Volgens oorlewering word die saad van die palm met wastyd in ‘n bad gegooi. Wanneer mense saam bad, sal die saad sorg dat daar nie rusie tussen die mense sal wees nie. Die sade kan op die see dryf en vir jare lank oorleef. Tzaneen is een van die palmrykste dorpe in die land met meer as 200 spesies. Die Groter Tzaneen Munisipaliteit moet krediet kry vir sy lanings jakkalsstertpalms in die hoofstraat, wat goed bewaar gebly het. Dit is inheems aan Australië en vandag is dit ‘n kriminele oortreding om dié palm uit Australië te neem. Die GTM het die palms tien jaar gelede by die kwekery Carpe Diem gekoop en dit sedertdien vertroetel.


28 Januarie 2011

7


8

28 Januarie 2011

Avo-simposium is om die draai Die bekendstelling van ‘n nuwe masjien vir ultra-lae volume toediening van swamdoders vir die beheer van avokado-siektes is een van die hoogtepunte by vanjaar se navorsingsimposium van die SA Avokado kwekersvereniging (SAAGA). Dit staan bekend as die “pulsfog” masjien wat ‘n groot besparing van water en koper meebring en word reeds met groot sukses in Brasilië aangewend. Die masjien is daarvandaan ingevoer en kos

nagenoeg R180 000. Mnr Gerhard Nortjé, tegniese bestuurder van Subtrop, sê die simposium word op 17 Februarie by die Tzaneen Country Lodge gehou. As ‘n reel was dit in die verlede altyd by die Magoebaskloof Hotel gehou. Dit word beskou as ‘n verhoog vir die afgelope jaar se navorsing wat deur SAAGA onderneem is. Nagenoeg 200 produsente en ander rolspelers in die bedryf word by die simposium verwag. Onder die besprekingspunte is marktoegang, na-oes siektebeheer, die bestuur van die avokado koueketting en die onderhouding van koue temperature vir vrugkwaliteitsbeheer. Verslag sal ook gelewer word oor die politieke en handelsproses om marktoegang te bewerkstellig en hoe daarmee gevorder word. Die ontwikkeling van ‘n voorspellingsmodel vir die beheer van stinkbesies en ‘n geintegreerde plaagbeheer vir kokosneutbesies op avokado’s sal ook bespreek word, terwyl ‘n voorlopige verslag oor die vordering met kouebehandeling-navorsing op die nuwe plaag Bactrocera invadens in Kenia ook aandag sal geniet. Nortjé sê meer inligting oor die uitwerking van vlermuise op die beheer van stinkbesies sal bekend gemaak word, asook die moontlike voordele van feromone in die toekomstige beheer van dié besies. Die evaluering van deklae op die kwaliteit, opbrengs en voedingswaarde is ook op die program. Geen hoofsprekers sal vanjaar optree nie, behalwe prof John Bower, tegniese direkteur van SAAGA, wat ‘n opsomming van die vereniging se navorsingsprojekte sal uiteensit. Verlede jaar het SAAGA R2,5 miljoen aan navorsing bestee, wat waardevolle inligting aan produsente besorg het.

Natuur is deurmekaar, sê Subtrop Die natuur is behoorlik deurmekaar as gekyk word na die rampe wat avo-produsente die afgelope tyd getref het, sê navorsingskoordineerder Gerhard Nortjé van Subtrop in Tzaneen. Benewens haelskade wat avo-oeste streepstreep uitgewis het, word ander produsente van subtropiese vrugte deur vloede geteister. Die kommersiële verbouing van subtropiese vrugte is onderhewig aan alternatiewe drag, wat beteken dat opbrengste die een jaar hoog is en die volgende jaar laag. Dié toestand het verskeie oorsake, waarvan klimaat en bemesting die belangrikstes is.

Danksy jare se navorsing is alternatiewe drag in ‘n groot mate uitgestryk. Die afgelope tien jaar het die avo uitvoersyfers tussen nege miljoen en twaalf miljoen kartonne gewissel. Vanjaar lyk die prentjie egter heelwat swakker weens die hailstorms. Sommige boere het dit vrygespring, maar die oes sal waarskynlik 35% laer wees met ‘n totaal van 7,5 miljoen kartonne van vier kg elk. Bemesting het in die verlede ‘n groot rol gespeel, maar produsente het dit met noukeurige beplanning uitgestryk. Wat die natuur betref, is produsente net aan die genade oorgelaat, sê Nortjé.


AgriBulletin January 2011