Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 9 JULIE 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Groot lof vir sanger
Wen in talentkompetisie vir senior burgers Tharine Geldenhuys
‘As jong meisie in my matriekjaar het ek die trofee vir sang verower en is destyds gekies as een van die meisies vir die eerste Vrystaatse Jeugkoor.’ – Anette Jonker
ANETTE JONKER is lief vir die verhoog. Sy het al op agtjarige ouderdom aan kunswedstryde deelgeneem en baie gewen. Vandag, ouer as vyf dekades, het sy nóg ’n kompetisie met haar uitsonderlike sang gewen. Dié haarkapper van Kroonstad het aan die eerste landwye Afrikaanse talentkompetisie vir senior burgers deelgeneem en die afdeling vir ’n Afrikaanse liedjie gewen. Van die land se bekendste en suksesvolste sangers en musikante, wat self ook senior burgers is, het as beoordelaars opgetree. Twee van die Afrikaanse sangers met internasionale status, Mimi Coertse en Rouel Beukes, was die hoofbeoordelaars. Anette het al die verhoog aan met Rouel gedeel. “Dis lekker om erkenning so te kry. As jong meisie in my matriekjaar het ek die trofee vir sang verower en is destyds verkies as een van die meisies vir die eerste Vrystaatse Jeugkoor,” vertel Anette. Die beoordelaar Lance James het op die talentkompetisie gesê dit is “hoog tyd dat ons aan ons senior burgers wat nog oor sang- en musiektalent beskik, die geleentheid bied om van hulle te laat hoor.” Met Gé Kortsten se treffer Ek kyk graag so diep in jou oë het dié mooi vrou van Kroonstad “byna dag en nag geoefen om die woorde onder die knie te kry”. “Ek het myself nie in die steek gelaat nie,” sê sy laggend. Die pryswennerkonsert het op 27 Junie in die Lemon Jac-teater in Centurion, Gauteng, plaasgevind. ’n CD-opname van die treffers ten bate van die ATKV-Centurion se verskeidenheid omgeeprojekte, Ons eer ons senior burgers, sal opgeneem word. Dit sal nie in die handel beskikbaar wees nie, maar soos wat die ATKV skenkings van die publiek en ondernemings ontvang, sal ’n eksemplaar aan elke ouetehuis en aftreeoord
Luister na ’n video-opname van Anette waar sy die wenlied sing by www.kroonnuus.co.za
gegee word. Ná skool het sy sangopleiding by Noleen Mitchell ontvang en ook die mikrofoontegniek en verdere sangopleiding by Eve Boswell gekry. As solis is sy ’n bekende op Kroonstad en het by Sheila Fox en haar man in Bloemfontein opgetree. In die destydse Sukovs-vrouekoor het sy ook in die karmina-sanger as solis opgetree. Sy het ’n fyn oor vir musiek en het menige jong sanger al geïnspireer om die regte sangstem te ontwikkel. In 1973 het sy en haar oorlede man, Danie, hulle by die gevangenisdiensorkes op Kroonstad aangesluit en sy het die fagot bespeel. Saam met dié orkes het sy talle gehore landwyd met haar mooi sang bekoor. Vandag is die orkes ontbind, maar Kroonstad se musiektalent reis selfs oorsee as die SA Leërorkes. Anette word baiekeer genooi om saam met die orkes op te tree. Dit is ook nie ongewoon dat haar dogter, Carla Steyn, en haar skoonseun, Carel, ook die musikale voetspore in die orkes volg nie. Ander bekendes saam met wie sy opgetree het, is Sjoert Beuke, Danie Niehaus, Anton Goosen en André Schwartz. Saam met Rouel en Charl van Heyningen het sy in die produksie Singing Christmas opgetree.
ANETTE JONKER is Kroonstad se sangtrots.
Foto: Verskaf