Klaserie Chronicle Klaserie Kroniek No: 11; April 2009
Die Afrikaanse Geelvlekmossie is vas en die Gouewebspinnekopwyfie kan nie wag dat alles bedaar sodat sy van naby kan gaan kyk nie!
An astonishing sight for visitors from Ladybrand. The writer of the article below, M.C. Fourie, captured this image on camera of a Yellowthroated Petronia (formerly known in South Africa as an African Yellow-throated Sparrow) Petronia supercilliaris [805] caught up in the web of a Golden orbweb spider - Nephila senegalensis. See Page 9 for more on this spider.
Diè goue vangnette is dodelik Geelvlekmossie raak Gouewebspinnekop se prooi! Berig en foto’s deur M.C. Fourie van Ladybrand
O
nlangs was daar verstommende foto’s in e-posse in omloop van ‘n groot Australiese Golden orbweaver spinnekop wat ‘n voëltjie gevang het. Suid-Afrika se eie groot, gemoedelike Gouewebspinnekop (Engels: Golden orb-web spider) (Nephila senegalensis) staan egter nie ‘n tree terug vir die Aussie-een nie. In Februarie was ‘n paar Ladybranders ooggetuies van hoe ‘n geelvlekmossie deur die sterk spinnerakweb van ‘n Gouewebspinnekop in die Klaserie Privaat Natuurreservaat gevang is. Die besondere gebeurtenis het hom afgespeel op Charloscar, die wildplaas van Bill (T.D.) de Bruyn van Vastrap, Ladybrand, en dit is aangenaam om dit met die lesers te deel. Soos die Klaserie se mense maar te goed weet was die spinnerakke van die Gouewebspinnekoppe vanjaar weer besonder volop tussen die struike en bome. Die twee-
spoorpaadjies op die plase is letterlik oral blokkeer deur die sterk geel nette van die langbeenwagters. Mens moes letterlik die ou groot moeders uit die pad uit weghark om te kon ry! Saam met Chris en Kitty Beukman was my vrou, Ronél, en ek gaste van Bill en Karine de Bruyn van Ladybrand. Ons was op ‘n besigtigingsrit toe ons op hierdie verstommende toneel afgekom het. Die voëltjie het nie ‘n kans gestaan nie. Hoe meer hy gespartel het hoe vaster het die taai geel spinnedrade hom verstrengel. Die groot spinnekopmoeder was deurentyd digby die voëltjie rond, baie belangstellend en nuuskierig. Astri Leroy van Ruimsig, naby Johannesburg, spinnekopkenner en mede-outeur van Spiders of Southern Africa het later in ‘n gesprek ons vermoede bevestig dat die Vervolg op bladsy 3 ...
Bill de Bruyn het besluit die geelvlekmossie moet maar losgemaak en weer ‘n kans gegee word. Die voëltjie kon egter glad nie vlieg nie alvorens al die taai fyn spinnedrade met sorg uit die veertjies verwyder is nie.
“My brother asked the birds to forgive him; that sounds senseless, but it is right; for all is like an ocean, all is flowing and blending; a touch in one place sets up movement at the other end 1 of the earth.”- Feodor Dostoyevsky (1821–1881), The Brothers Karamazov, 1880