Loopbane 4 oktober

Page 1

4 Oktober 2015

Proeftyd toets werker se vermoëns – 10

Loopbane Rapport

Dis ’n kuns om foute te herstel Groot aanvraag na bekwame motortegnici, in SA en oorsee Vida Booysen

D

ie skandaal oor Volkswagen se kullery met die uitlaatgassyfers van sy turbodieselvoertuie het die soeklig opnuut op die soort tegnologie laat val wat in vandag se motors gebruik word – en die groeiende behoefte aan tegnici om die nuwegeslagmotors in stand te hou. Vandag se voertuie word deur komplekse rekenaars en geïntegreerde elektroniese stelsels beheer. Dis waarom programmatuur van Volkswagen om die motors se uitlaatgasse te beheer dit kon regkry om slegs aktief te raak in amptelike toetse, terwyl hul uitlaatgasvlakke in werklikheid baie hoër as die wetlik toelaatbare perk is. Die werk van motorwerktuigkundiges het die afgelope jare ’n groot klemverskuiwing ondergaan van suiwer meganiese werk tot ’n meer tegnologiese benadering. Daar is ’n groot behoefte aan motorwerktuigkundiges wat gerekenariseerde toerusting kan gebruik en met elektroniese komponente kan werk, maar

ook hul slag met tradisionele meganiese gereedskap behou, sê Les McMaster, voorsitter van die werkwinkelvereniging van die motorbedryf (Miwa). “Die behoefte aan werkwinkeltegnici wat op ’n meer ingewikkelde vlak kan werk, is nie net groot in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd en heelwat van ons toptegnici word deur internasionale maatskappye weggerokkel.” Dit is nie verbasend as ’n mens in ag neem dat Amerika se buro vir arbeidstatistieke reeds in 2012 voorspel het dat die aantal werkgeleenthede vir motorwerktuigkundiges in daardie land teen 2020 met 17%, of ’n bykomende 124 800 werkgeleenthede, sou styg nie. Die groeiende aanvraag na motorwerktuigkundiges word aan die groei in die aantal voertuie toegeskryf, asook die feit dat nuwe voertuie ’n langer leeftyd op die pad het en die toenemende gebruik van gevorderde tegnologie, soos hibridiese brandstofstelsels. “Omdat die behoefte aan vaardige werkers die aanbod begin oorskry, sal dié motortegnici

Die werk van motorwerktuigkundiges het die afgelope jare ’n groot klemverskuiwing van suiwer meganiese werk tot ’n meer tegnologies­geïntegreerde benadering ondergaan.

met opleiding in gevorderde motortegnologie, soos rekenaarstelsels, baie goeie werkvooruitsigte in die buiteland hê,” sê McMaster. Maar daar is ook ’n groot behoefte aan vaardige en goed opgeleide motorwerktuigkundiges in Suid-Afrika. Volgens McMaster kan ’n spesialistegnikus ’n heel

respektabele salaris hier verdien – afhangende van sy vlak van kundigheid en ervaring. “ ’n Goeie spesialismotortegnikus kan tot R35 000 of meer per maand verdien.” Die motorherstelbedryf is ook ’n bedryf wat die vorming van kleinsakeondernemings, wat ’n groot werkskepper in Suid-Afrika

is, aanmoedig. Werkwinkeltegnici verrig ’n eiesoortige werk wat die vermoë vereis om daagliks teoretiese kennis met praktiese probleemoplossing te integreer. Hoewel die werk grootliks die instandhouding en herstel van ligte motorvoertuie behels, hou dit nie meer net met meganiese herstel-

werk verband nie, maar ook met werk aan elektroniese stelsels en rekenaars. McMaster verduidelik dat tegnici ook heelwat moet weet van hoe komplekse dele van die voertuig saamwerk. “Motorwerktuigkundiges moet in staat wees om met elektroniese toerusting te werk, die toerusting se handleidings verstaan en masjinerie wat rekenaaraangedrewe is kan herstel, terwyl hulle ook moet weet hoe om die krag- en handgereedskap wat steeds algemeen in gebruik is te hanteer. Omdat daar soveel verskillende dele aan ’n voertuig is, spesialiseer sommige motorwerktuigkundiges daarin om net een onderdeel te herstel. Sommiges sal byvoorbeeld net remme herstel terwyl ander uitsluitlik aan verkoelingstelsels werk. “Dit is ’n werk waar jy jou hand op die probleem kan lê en dit kan regmaak – dus is dit ’n baie bevredigende beroep,” sê McMaster. Probleemoplossing is ’n noodsaaklike vaardigheid as jy ’n loopbaan as motorwerktuigkundige oorweeg. Wiskunde en rekenaarwetenskap is ook goeie vakke om te neem as jy in hierdie loopbaanrigting belang stel. Formele opleiding sowel as indiensopleiding is noodsaaklik. “Daar is ’n hele aantal goeie

kursusse wat jy kan volg om ’n gesertifiseerde motorwerktuigkundige te word, terwyl dit hoogs aan te beveel is dat jy jou vakleerlingskap by ’n werkwinkel doen terwyl jy nog studeer.” Die meeste motorwerktuigkundiges sal hul loopbaan begin deur vir ’n werkwinkel te werk en eers ’n aantal jaar se praktiese ervaring op te doen voordat hulle hul eie onderneming open. Daar is ook ’n groot aantal gekwalifiseerde tegnici in Suid-Afrika wat op hul eie na onafhanklike werkwinkels gaan, terwyl ander vir handelaars of onderdele-verskaffers gaan werk. McMaster beveel sterk aan dat diegene wat reeds gekwalifiseer is en in die bedryf werk, hul vaardighede voortdurend moet vernuwe. “Gevorderde vaardighede is uiters gesog en daar is uitstekende indiensopleidingsprogramme beskikbaar, soos Miwa se meestersprogram vir tegnici wat jou formele opleiding tot die vereiste vlak sal verhoog.” Daar is geen twyfel daaroor dat die motorherstelbedryf op die punt van enorme veranderinge staan nie. “Werkwinkels wat voorbly by die verandering deur die heel vaardigste tegnici in diens te hê, sal beslis in die jare vorentoe die voordele pluk.”

National Department of Tourism The Department of Tourism is an equal opportunity, affirmative action employer. It is our intention to promote representivity (race, gender and disability) in the Department through the filling of this post. Post:

Deputy Director: Executive Support (Office of the Director-General) (Ref. NDT36/2015)

Salary: R569 538 per annum (all-inclusive remuneration package) Centre: Pretoria Requirements: • An appropriate recognised 3-year degree or National Diploma (NQF6) in a relevant field and extensive relevant experience in rendering executive support services in a similar environment • The ability to work independently with limited supervision • Good coordination, Human Resource Management, communication (verbal and written), interpersonal and stakeholder liaison skills • The ability to work under pressure • Willingness to work extended hours • Extensive financial management, project management and minute taking knowledge. Duties: The successful candidate will be required to provide overall executive support services to the Office of the Director-General and will perform the following key functions: • Manage the Director-General’s diary and the Department’s activity calendar • Coordinate and update the DG stakeholder register • Oversee the DG’s travelling logistics • Coordinate the preparation and support for all the Director-General’s meetings • Assist with the management of the Director-General’s personal/private matters within an agreed framework • Manage support staff and other resources in the Office of the Director-General. Enquiries: Mr G Moroke, tel. (012) 444-6166 Note: In order to be considered, applications must be submitted on a Z83 form, accompanied by all required certified copies of qualifications, Identity Document, proof of citizenship if not an RSA citizen and a comprehensive CV (including three contactable references). It is the applicant’s responsibility to have foreign qualifications evaluated by the South African Qualifications Authority (SAQA). Correspondence will be limited to short-listed candidates only. If you have not been contacted within 3 months of the closing date of this advertisement, please accept that your application was unsuccessful. All non-SA citizens must attach a certified proof of permanent residence in South Africa. The Department reserves the right not to make an appointment. Short-listed candidates will be subjected to screening and security vetting to determine their suitability for employment. Applications: Applications, quoting the relevant reference number, must be forwarded for the attention of Mr E Masindi to the Department of Tourism, Private Bag X424, Pretoria 0001 or hand delivered at Tourism House, 17 Trevenna Road, Sunnyside, Pretoria 0001. Closing date: 19 October 2015 at 16:30 E-mailed, faxed and late applications will not be considered.

To view full adverts for the below-mentioned posts, go to www.rtmc.co.za Head: Financial Management (Ref No. RTMC/H: FM/ 2015) Salary Package: Management Position (Negotiable)

Head: Marketing & Communication (Ref No. RTMC/H: MC/ 2015) Salary Package: Senior Management Position) (Negotiable)

Sub Head: Contract Management (Ref No. RTMC/SH:CM/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

Sub Head: Tender/Quotation Evaluation (Ref No. RTMC/SH: T/QE/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

Sub Head: Asset Management (Ref No. RTMC/SH:AM/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

Budget Analyst Forecasting (Ref No. RTMC/BAF/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

Senior Financial Administrator (Ref No. RTMC/MVE/2015) Salary Package: (Negotiable)

Supply Chain Management Practitioner: Fleet Management (Ref No. RTMC/SCMP:FM/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

Cluster Head: Provincial Crash Investigation (Ref No. RTMC/CH/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

Mechanical Vehicle Examiner (Ref No. RTMC/MVE/2015) Salary Package: (Negotiable)

Senior Crash Scene Investigators (Ref No. RTMC/SCSI/2015) Salary Package: (Negotiable)

Reconstruction Expert (Ref No. RTMC/RE/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

Senior Lecturers (Ref No. RTMC/SLFT/ 2015) – Fulltime (Ref No. RTMC/SLPT/ 2015) – Part time Salary Package: (Negotiable)

Junior Lecturers (Ref No. RTMC/JLFT/ 2015) – Fulltime Ref No. RTMC/JLFT/ 2015) – Part time Salary Package: (Negotiable)

ETQA Practitioners (Ref No. RTMC/ETQA P/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

Personal Assistant to Divisional Head: Training (Ref No. RTMC/PA:DHT/2015) Salary Package: Negotiable

Admin Assistant: Office of the CEO (Ref No. RTMC/AAOCEO/ 2015) Salary Package: (Negotiable)

To apply please log on to http://recruitment.rtmc.co.za. E-mailed or faxed applications will not be accepted. The RTMC reserves the right not to make an appointment. Due to the large number of applications we envisage receiving, applications will not be acknowledged. If you have not received any response from us within 3 months, please consider your application unsuccessful.

X

Enquiries: Mr. K Maponyane and Ms. D Wechoemang at (012) 999 5200 Closing date: 16 October 2015 NB: No late applications will be accepted.

Kone Solutions K25671

WORD GESOEK

deur die beste BY CAREERS24

X1QMAD6W-TD041015

Laai jou CV op Careers24 en kom in die soeklig van die top-werkgewers in die land. Besoek www.careers24.com vir die beste werksgeleenthede beskikbaar en doen dadelik aanlyn aansoek. Careers24 is Suid-Afrika se nommer een loopbaanwebtuiste. Vind alle werksgeleenthede by Rapport en meer by www.careers24.com

Careers24

@Careers24Jobs


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.