Nuus
Vaalweekblad, 9 September 11 September 2015
3
Ongeluk eis 19jarige Carla du Plessis
VEREENIGING. - ’n Donker wolk hang oor familie en vriende van Brandon du Plessis (19), nadat hy Sondagoggend noodlottig in ’n motorongeluk beseer is. Voor dié tragedie hom in Karibastraat, Drie Riviere tusen 00:00 en 01:00 op 6 September afgespeel het, het Brandon ’n heerlike aand saam met sy familie gehad toe hulle sy niggie Jeanri Bester, se sestiende verjaardag in Parys gevier het.Volgens Brandon se ma, Juliana het Brandon en ‘n vriend, Zhandré, by vriende gaan kuier toe die ongeluk gebeur het. Volgens Chitra Bodasing, ‘n woordvoerder van ER24 het Brandon beheer oor die voertuig verloor en van ’n treinbrug wat sowat 20 meter hoog is, afgery. Die voertuig het twee keer in die lug omgeslaan voor dit die grond, met die voorkant eerste, getref het. Toe noodpersoneel van ER24 en Emfuleni Brandweer by die toneel opdaag, was Brandon in die voertuig vasgekeer. Lewenskake is gebruik om hom uit die wrak te sny, maar noodpersoneel kon weens die graad van sy beserings, niks vir hom doen nie. Volgens André Bronkhorst, takbestuurder van ER24 Vaaldriehoek het hy ernstige hoof,- nek- en borsbeserings opgedoen. Brandon was ’n graad 11-leerling aan die Impak Skool in Vanderbijlpark. “Hy was ’n opgewekte kind en ’n mensemens. Hy het ’n pragtige glimlag gehad en almal was lief vir hom,” sê sy ma, Juliana. Die wrak waarin Brandon gesterf het en Zhandré Hy het ook ’n groot liefde vir skaatsplank ry ernstig beseer is. gehad. Volgens Juliana was hy ’n regte waaghals en sou alles met wiele probeer ry. “Hy het nog baie pyn en hoewel hy sy voet “Brandon was lief vir die lewe, veral die buite- kan beweeg, het hy nie gevoel in sy tone nie,” lewe. Hy was liefdevol en het altyd geglimlag. sê Schalk Neethling, Zhandré se pa. Ons het ’n wonderlike aand gehad en kon die Zhandré is ’n matriekleerling aan HTS Carel laaste tydjie wat Brandon by ons was geniet,” de Wet en is tans besig met sy rekordeksamen. sê Heidi Bester, sy tannie. “Ons hoop dat hy volkome sal herstel,” sê mnr. Brandon se vriend, Zhandré Neethling (20) Gawie Richter, skoolhoof van HTS Carel de Wet. wat saam met hom in die voertuig was, is in ’n * Brandon laat sy pa Bertie, ma Juliana en twee kritieke toestand na Mediclinic Vereeniging ge- broers, JJ (26) en Morné (11), agter. Hy word neem vir verdere behandeling. op Vrydag 11 September om 13:00 vanuit die NG Hy het onder meer sy been gebreek en moes Kerk Vaalrivier op die Barragepad begrawe. ’n operasie ondergaan om dit te herstel.
900 klagte teen pedofielpa Schalk le Roux
SASOLBURG. – Die pedofiel-pa van Vaalpark wat verlede jaar in hegtenis geneem is weens die maak en verspreiding van kinderpornografie, staar 900 aanklagte in die gesig. Die 42-jarige man is op 16 Oktober verlede jaar in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk van Interpol ontvang het dat hy bedrywig was op ‘n pedofielnetwerk op die internet. Nadat die polisie op sy rekenaars en elektroniese toestelle beslag gelê het, het dit aan die lig gekom dat hy onder meer kinderpornografie van sy eie twee dogters en nog 17 ander minderjarige meisies gemaak en versprei het. Die saak word vir bykans ‘n jaar al ondersoek en daar is reeds meer as 190 000 bewysstukke bymekaargemaak. Die bevelvoerder van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, Heila Niemand, sê in haar loopbaan van 25 jaar in die polisie het dié saak haar die ergste geraak. Die saak neem so lank aangesien daar baie slagoffers is en die pornografiese materiaal wêreldwyd versprei is. Sy sê daar is baie elektroniese bewysstukke en dit neem tyd om alles te ontleed en te versamel. Sy sê die ondersoekspan moet presies bepaal met wie die beskuldigde almal gekorrespondeer het en elke leidraad moet opgevolg word. Niemand meen dit is ʼn uiters komplekse saak wat nie sommer vinnig afgehandel kan word nie, omdat daar so baie aanklagte teen die beskuldigde is. Die saak is Dinsdag in die landdroshof in Sasolburg uitgestel tot Donderdag 10 September, aangesien die beskuldigde moes aansoek doen by Legal Aid vir ‘n Pro Bono advokaat om hom te verdedig omdat hy nie self een kan bekostig nie. Sodra ‘n advokaat aangewys is, sal daar besluit word oor waar en wanneer die verhoor teen hom sal begin.
Zhandré Neethling sterk tans in die Mediclinic Vereeniging aan.
Wyle Brandon du Plessis (19) van Vereeni ging.
SAP Supreme Cup: Kom stap vir Cansa op die renbaan
Hope gesinspret, fantastiese kos en opwindende perdesport is op die program by die SAP Supreme Cup wat op 26 September heeldag by die Vaal-renbaan plaasvind. Maar dis nie al nie... Vaalweekblad is mediaborg van dié dag en bied terselfdertyd ‘n pretstap aan waarin derduisende rand se pryse in gelukkige trekkings gewen kan word. Vir die eerste keer in die Vaaldriehoek se geskiedenis gaan mense aan ‘n massa-pretstap op die perdebaan deelneem! Vrolike, veilige pret vir die hele gesin. Skryf sommer dadelik in, want ons gaan die aantal deelnemers tot net ‘n paar duisend beperk om die renbaan nie te beskadig nie. Kom wees deel van dié geskiedkundige pretstap ten bate van Cansa en registreer sommer dadelik by www.ticketpros.co.za
(Soek na die blokkie: Vaalweekblad - Fun Run). Diegene wat nie internet het nie, kan nader aan die datum by sekere plaaslike kettingwinkels gaan inskryf. Hou net Ster en Vaalweekblad dop. Inskrywings vir die pretstap kos R50 vir volwassenes en R20 vir alle kinders onder 18 jaar. Hierdie gaan ‘n ware gesinsdag wees en geen verdere hekgeld gaan betaalbaar wees
nie. Bekende sangers, interessante stalletjies en daglange pret en vermaak vir die kleinspan is ook op die program. Jy kan natuurlik ook ‘n perd of twee ondersteun en dalk ‘n fortuin wen! Vir dié wat nog nie weet hoe om ’n perd te kies nie, gaan die Vaal-renbaan se kenners binnekort aanwysings in Ster en Vaalweekblad gee. Hou ons koerante dop vir meer inligting!