Aartappelgeloof

Page 1

Aartappelgeloof


Opdrag Ek dra hierdie boek op aan al my medegelowiges wat die begeerte het om Christus al hoe beter te leer ken. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood. – Filippense 3:10.


Erkennings Ek sê vir die Here dankie vir my dogters, Robyn Maclean en Jilly Hull, wat hulle heelhartig daartoe verbind het om hierdie boeke van ons deur die hele wêreld te versprei, sodat nog meer mense na ons Here Jesus Christus toe kan kom. Dankie, Jilly en Robyn. Ek weet nie wat ek sonder julle sou gedoen het nie. Ek wil dankie sê vir my dierbare vrou, Jill, wat soveel ure vir my bid terwyl ek die evangelie verkondig en die goeie nuus op papier neerskryf vir almal wat die Here en sy wil soek. Ek wil ook dankie sê aan Lukie Carelsen en sy span by Maranatha vir die wonderlike werk wat hulle doen om die evangelie van Jesus Christus te verkondig.


© Angus Buchan 2010 ISBN 978 1 92036 310 9 © Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word in enige vorm, of op enige manier, sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Die Bybelteks wat in hierdie boek aangehaal word, is geneem uit die 1983-vertaling met herformulerings van die Bybel in Afrikaans, tensy anders vermeld. Kopiereg © 1983, 1990. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Met toestemming. Omslagontwerp: Laetitia Le Roux Maranatha Christian Publishing Posbus X32823, Menlyn, 0063 Tel: 012 348 1891 www.maranatha.co.za Eerste uitgawe, derde druk 2011 Gedruk en gebind deur Pinetown Printers, Durban


Voorwoord Ek is oortuig dat die belangrikste deel van ’n Christen se lewe stilwordoomblikke by die Here is. Dit is uiters noodsaaklik dat elke gelowige elke dag ononderbroke tyd by Jesus sal deurbring. Ons het die verkwikking van hierdie tye by Hom nodig om ons roeping uit te leef, om ons wedloop hier op aarde te voltooi en om die taak te volbring waartoe die Here ons hier op aarde geroep het. Daarom hoop en vertrou ek dat hierdie boek ’n inspirasie sal wees vir elkeen wat dit lees. Ek bid dat jy elke oggend voordat jy jou dag aanpak, by die Here sal stil word. Gee die eerste vrugte van die dag vir Jesus en Hy sal jou verkwik en lei. Hy sal vir jou sy wysheid en bowenal sy vrede gee. Angus Buchan



Januarie Ons Verbondsgod


1 Januarie

!Genesis 1-3; Romeine 1

’n Nuwe verbond Lees Hebreërs 8:1-13. “Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees” – Hebreërs 8:10.

p hierdie eerste dag van die jaar wil ek vir jou vertel van die nuwe en opwindende verbond wat God met ons, sy kinders, gesluit het. Daar is baie beloftes by hierdie verbond ingesluit, maar ook voorwaardes. Hebreërs 8:8-10 sê: “Kyk, daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ’n nuwe verbond sal sluit… Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit, sê die Here: Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.” Luister na God se nuwe Ek sal hulle God wees, en hulle sal my verbond: Ek sal julle God wees, volk wees. Wat ’n eer! Wat ’n voorreg en julle sal my volk wees. om te weet God is my Vader, en ek is sy kind. Kan jy hierdie woorde vandag bely? Onthou, goeie mense gaan nie hemel toe nie; gelowiges gaan hemel toe. Dit is ’n feit. Jesus sê in Johannes 14:6: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Besluit vandag om getrou te bly aan jou liefdevolle Vader en sy nuwe verbond. Stel jou vertroue in Hom. Hy sal jou God wees, en jy sal sy kind wees. Wat kan beter wees as dit? Mag God jou ryklik seën namate jy in die verbond met Hom leef.

!

Gebed Here my God, vergewe my asseblief dat ek my verbond met U verbreek het. Dankie dat U, u kant van die verbond nooit sal verbreek nie. Ek sê vir U dankie vir u nuwe verbond met my. Amen.


!Genesis 4-6; Romeine 2

2 Januarie

Kinders van God, vir ewig Lees Romeine 8:1-17. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is – Romeine 8:16.

!

ns het gister oor God se nuwe verbond gepraat. ’n Verbond is ’n bindende ooreenkoms. Toe God ’n verbond met die Israeliete gesluit het, het Hy belowe om hulle God te wees en hulle het hulself daartoe verbind om God alleen te aanbid. Ek het ’n pragtige vrou, Jill en ons het ’n verbond met mekaar gesluit. Ek dra ’n trouring wat verklaar dat ek met een vrou, Jill getroud is. Sy dra ’n ring wat vir die wêreld sê sy is met een man getroud en dit is ek, Angus. Hierdie verbond mag nie verbreek word nie. Toe ek met my vrou getrou het, het ek gesê: “Tot die dood ons skei, sal ons Die Here sê: Ek sal jou een wees.” God wees en jy sal my In die Here se nuwe verbond met ons sê Hy: kind wees, vir ewig. Ek sal julle God wees en julle sal my kinders wees, vir ewig. Nie eens die dood sal ons skei nie. Die Here Jesus Christus word gebind deur sy beloftes en Hy sal altyd sy beloftes nakom. Ook ons moet ons kant van die verbond nakom. Romeine 8:19 sê: “Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is.” Dit beteken die mense van die wêreld wil sien wat ons, die Christene, die mense van die nuwe verbond, gaan doen. Ons het die antwoord. Ons leef in pas met God; daarom is ons die mense wat moet lei. Lei jy vandag ander mense na die Weg sodat hulle deel van God se nuwe verbond kan word?

Gebed Here, help my om U alleen te aanbid, want U is my God en ek is u kind. Help my om ander na U te lei, sodat U ook met hulle ’n verbond kan sluit. Amen.


3 Januarie

!Genesis 7-9; Romeine 3

Vertrou op die Naam van die Here Lees Psalm 20. Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God – Psalm 20:8.

"

ierdie is die Bybelvers wat vandag in my hart brand, die Bybelse waarheid wat ek vandag met jou wil deel. En ek wil vir jou vra: In wat plaas jy vandag jou vertroue? As jy op geld vertrou, dit sal nie hou nie. As jy op jou besittings vertrou, dit sal vergaan. As jy op jou werk vertrou, dit is nie blywend nie. As jy op jou liggaamlike gesondheid vertrou, sal dit ook agteruitgaan. Ek wil vandag vir jou sê, ek kan die dag toe ek dertig geword het nog goed Daar is net een Persoon op wie onthou. En dit was jare gelede. Maar dit jy kan vertrou, en dit is die Here was ook die dag toe ek op hierdie plaas Jesus Christus. In sy reddende aangekom het, en dit voel soos gister. Jy genade kan jy jou vertroue volkome plaas. kan nie op jou geld, jou besittings, jou werk of jou liggaamlike gesondheid vertrou nie, want hierdie dinge is vandag hier en môre weer weg. Die waarheid is, jy kan op niks vertrou buiten die Naam van die Here jou God nie. Dit is hoekom ek so lief is vir die woorde van Josua 24:15: “Kies dan vandag wie julle wil dien … Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” Wie dien jy vandag? In wie plaas jy jou vertroue vir vandag en môre? Wanneer alles in hierdie wêreld in chaos verval, is daar net een Persoon op wie jy kan vertrou, en dit is die Here Jesus Christus. In sy reddende genade kan jy jou vertroue volkome plaas, vir ewig. Gebed Here Jesus, dankie dat ek my vertroue in U kan plaas. Ek kies vandag opnuut om U te dien. Amen.


! Genesis 10-12; Romeine 4

4 Januarie

Ons God is getrou Lees Hebreërs 13:5-8. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid – Hebreërs 13:8.

#

s die Here Jesus Christus gister vir my ’n wonderwerk kon doen, kan Hy dit ook vandag vir my doen, en Hy kan dit môre vir my doen. Want Hy is die een wat nooit verander nie. Wat doen die Here vandag in jou lewe? Waaruit bestaan jou getuienis op hierdie oomblik, my vriend? Vertrou jy steeds op wonderwerke wat twintig jare gelede in jou lewe gebeur het? Of is die Here Jesus Christus vandag vir jou nog net so werklik soos destyds? Bejaarde mense stel soms die jongmense teleur, want elke keer wanneer hulle oor die Here praat, praat hulle oor die herlewing van jare gelede, soos oor die As die Here Jesus Christus wonderwerke en wonders wat in 1950 gister vir my ’n wonderwerk gebeur het. Hierdie jongmense was in kon doen, kan Hy dit ook 1950 nog nie eens gebore nie. Hulle vandag vir my doen, en Hy kan wil hierdie inspirerende verhale hoor, dit môre vir my doen. maar hulle wil ook hoor wat die Here vandag in jou lewe doen. Watter wonderwerk het verlede week in jou lewe gebeur? Waar gaan jy volgende week wees? Die Bybel sê in 1 Petrus 5:7: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy [Jesus] sorg vir julle.” Dít is hoe ons moet leef. Ons moet die Here met alles vertrou, oomblik vir oomblik, uur ná uur, dag ná dag, jaar ná jaar. En ons kan dit doen, want Hy is die Een wat dieselfde bly … gister en vandag en tot in ewigheid. Gebed Dankie, Here Jesus, dat U gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde is. Dankie dat ek al my bekommernisse op U kan werp. U sal vir my sorg. Help my om te getuig van u getrouheid in my lewe. Amen.


5 Januarie

! Genesis 13-15; Romeine 5

Laat jou lewe aan die Here oor Lees Psalm 37:1-7. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg – Psalm 37:5.

$

aar was eendag ‘n jong man wat ’n pragtige plaas by sy pa geërf. Hy het ’n rekord koringoes gehad en alles het vir hom voorspoedig verloop. Ongelukkig het hy toe op sy intellek begin staatmaak en nie meer op God vertrou nie. Hy het dinge sonder God begin aanpak. Hy het ’n belegger gevra vir raad met sy oes en sy geld. Die belegger het gesê: “Moenie jou inkomstebelasting betaal nie, en moenie jou skuld betaal nie, want dit is jou geld. Verkoop al jou trekkers (sy trekkers was nog in ’n goeie toestand), koop nuwe trekkers op huurkoop sodat jy nie ’n klomp geld op een slag hoef uit te gee nie. Dan sal jy meer geld hê om te spandeer.” Die jongman het hierdie raad gevolg, en nie gedoen wat die Bybel sê nie. Die Bybel Laat jou lewe aan die Here sê ons moet by niemand in die skuld wees oor en vertrou op Hom. Hy sal jou die begeertes van jou nie. Wat hierdie belegger nie besef het nie, hart skenk. was dat die Rand op die punt was om te val. Toe die Rand val, het die jong man se huurkoop-paaiemente gestyg en hy kon sy skuld nie betaal nie. Hulle het op die plaas beslag gelê om sy skuld te betaal. Hierdie jong man het eens ’n rekordoes op die lande gehad en hy het niemand iets geskuld nie. Maar omdat hy nie op die Here vertrou het nie en nie volgens sy wil geleef het nie, het hy alles verloor. Wie volg jy vandag?

Gebed Here my God, ek kies vandag om U te volg, om my lewe aan U oor te laat. Dankie vir u belofte dat U vir my die begeertes van my hart sal skenk. Amen.


! Genesis 16-17; Romeine 6

6 Januarie

Erken dat Ek God is Lees Psalm 46. Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde – Psalm 46:11.

%

k het ’n Zoeloe-predikant met die naam William Duma geken. Eendag het William in ’n oorvol bus gery. Die bestuurder was ’n groot man, en hy het so vinnig as moontlik gery. William Duma was ’n klein man, effens skeel, en hy het ’n bril gedra. Hy het nie soos ’n magtige man van God gelyk nie, maar ek kan vandag vir jou sê, hy was ’n reus in Jesus. William het op die voorste sitplek gesit, langs die bestuurder. Toe hulle om ’n draai in die middel van die bos kom, het die Heilige Gees vir William gesê: “Klim onmiddellik van die bus af.” William Duma het dadelik opgestaan en die Bedaar en wag op God. alarmknoppie gedruk. Die bestuurder het skerp Hy sal met jou praat. rem getrap, opgestaan en gevra: “Wie het dit gedoen?” William het geantwoord: “Meneer, dit was ek. Die Here het gesê ek moet van die bus afklim.” “Jy’s gek!” Met hierdie woorde het hy die deur oopgemaak en vir arme William letterlik uit die bus geskop en sy tas agter hom aan gegooi. Weet jy wat het toe gebeur? ’n Paar meter verder, om ’n blinde draai, het hierdie bus trompop teen ’n twintigtonvragmotor gebots. Die vragmotor het die voorste passasiersitplek geheel en al vermorsel, presies daar waar hierdie man van God gesit het. William Duma sou dood gewees het. Maar hy het gehoor toe God met hom gepraat het, en hy was gehoorsaam. Vra jy dalk vandag: “Wat moet ek doen?” Dit is baie eenvoudig. Raak stil, en weet dat die Here met jou sal praat deur sy Woord, deur sy skepping, deur omstandighede, en deur sy stil en kalm stem. Gebed My Vader in die hemel, dankie dat ek kan bedaar en erken en weet U is my God. Amen.


7 Januarie

! Genesis 18-19; Romeine 7

Vertrou op God vir ’n wonderwerk Lees Matteus 7:7-12. “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word” – Matteus 7:7.

&

erwyl ek hierdie stuk skryf, beplan ons ’n genesingsdiens op ons plaas. Ons sal bid vir dié mense wat siek is en vir almal wat swaarkry. Ek het so pas gehoor dat ’n familie wat bestaan uit ’n pa, ’n ma en twee dogters van Kaapstad af hierheen sal vlieg vir die diens. Hulle sal meer as twee duisend kilometer reis om hier te wees. Hulle verhaal is hartseer, maar ons vertrou die Here dat dit ’n fantastiese einde sal hê. Die ma van hierdie familie is om en by Watter probleme of hartseer veertig jaar oud. Toe sy aan verblindende jy ook al ervaar, kies vandag hoofpyne begin ly het, het sy onmiddellik om jou vertroue in die Here dokter toe gegaan. Al die dokters by wie sy te plaas. Vra Hom wat jy was, het vir haar gesê hulle kan ongelukkig nodig het, en Hy sal dit vir niks vir haar doen nie. Sy het ’n gewas in die jou gee. middel van haar brein. Hierdie familie vlieg hierheen omdat hulle vertrou op die genesende krag van die Here Jesus Christus. Ons sal hierdie ma met olie salf, gelowig vir haar bid, en God vertrou vir ’n verstommende wonderwerk in haar lewe. Het jy vandag ’n wonderwerk in jou lewe nodig? En op wie vertrou jy vir hierdie wonderwerk? Wat jy ook al nodig het, kies vandag om jou vertroue in die Here te plaas. Vra vir Hom wat jy nodig het, en Hy sal dit vir jou gee. Dit is sy belofte in sy Woord. Gebed Hemelse Vader, dankie dat ek op u Naam kan vertrou. Ek glo dat ek hierdie berg voor my sal kan verskuif omdat ek my vertroue volkome in U plaas. Amen.


! Genesis 20-22; Romeine 8:1-21

8 Januarie

In moeilike omstandighede … Lees Psalm 18:2-4, 26-37. Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting – Psalm 18:3.

!

ns plaas is in KwaZulu-Natal, en hier is baie boomplantasies in die omgewing. Die gevaar van ’n brand, veral in die droë wintertyd, is dus groot. Ek het die Here Jesus Christus maar ’n paar weke geken en was ongeveer ’n jaar op die plaas toe ek besluit het om voorbrandpaaie te maak saam met Simeon, my voorman. Vertrou op die Naam van die ’n Rukwind het opgekom. Omdat die Here. Hy sal jou toerus met krag reënseisoen verby en alles droog was, het en jou op die regte pad lei. die vlamme tot in die struikgewasse daar naby gespring. Skielik was daar ’n tierende brand reg voor ons. “Here,” het ek gesê, “as hierdie brand tot in die plantasies versprei, is ons vandag bankrot.” Al wat ons daardie dag kon doen, was om te probeer keer dat die brand versprei – en om tot God te bid. Dalk is jy nou midde-in ’n krisis. Jy moet ’n besluit neem. Dalk is jou onderneming bankrot verklaar. Dalk het die dokter vir jou gesê jy het drie maande oor om te leef. Dalk het jy verkeerde keuses gemaak en nou weet jy nie wat jy volgende moet doen nie. Onthou dan, sommige vertrou op strydwaens of op perde, maar ons vertrou op die Naam van die Here. Dit is presies wat ek gedoen het daardie dag wat die brand uitgebreek het. Ons Here sal ons toerus met krag en Hy sal ons skild en ons skuilplek wees. Hy sal vir ons wysheid gee in tye van swaarkry. Gebed Hemelse Vader, dankie dat ek op U kan vertrou. Help my om in moeilike omstandighede die regte keuses te maak en om by U te skuil, want U is my rots en my veilige vesting. Amen.


9 Januarie

! Genesis 23-24; Romeine 8:22-39

Ons troos in swaarkry Lees Psalm 119:49-64. Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou – Psalm 119:49-50.

!

p 11 September 2001 het ons met afgryse gesien hoe die "Twin Towers" in New York inmekaarstort. Voor daardie dag sou jy waarskynlik gesê het so iets is onmoontlik. Maar dit het tog gebeur. Niks in hierdie wêreld is immers onvernietigbaar en bly vir ewig staan nie. Al wat in hierdie lewe vir ewig vasstaan, is die Woord van God wat met sy beloftes gevul is. In sy Woord verseker die Here ons dat Hy sy beloftes aan ons sal onthou. Ons kan op Hom vertrou en Hom selfs aan sy beloftes herinner. Dit is presies wat ek gedoen het die dag toe die brand op my plaas uitgebreek het en ek nie geweet Die Here gee vir ons hoop en het wat ek moet doen nie. Daardie troos in ons tye van swaarkry. Sy beloftes sal ons bewaar. dag het ek gekies om my vertroue in die Here te stel. Ek het Hom aan sy beloftes herinner. Ek het gebid: “Here, U het gesê …” “Here, U het gesê: ‘Kom na My toe.’ Ek kom nou na U toe, Here.” “Here, U het gesê: ‘Werp jou bekommernisse op My.’ Ek werp my bekommernisse nou op U, Here.” En die Here het my geantwoord met reën uit die hemel. Bid hierdie gebed saam met my in tye van swaarkry. Die Here sal jou troos: “Los jou laste nou hier by My en kyk wat Ek vandag vir jou sal doen.” Plaas jou vertroue in die Here. Sy beloftes sal jou bewaar. Halleluja! Gebed My Here en Verlosser, dankie vir u Woord gevul met u beloftes. Dankie dat ek op U kan vertrou om in my behoeftes te voorsien en my te help. U is my getroue God. Amen.


! Genesis 25-26; Romeine 9:1-15

10 Januarie

Kyk hoe die Here julle red Lees Eksodus 14:5-31. “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg” – Eksodus 14:14.

$

ie Israeliete het uit Egipte gevlug, maar skielik was hulle vasgevang tussen die Rooisee en die magtigste leër in die wêreld van destyds wat in woede agter hulle aan gejaag het. Die soldate van Egipte was goed gewapen, en die Israeliete was ’n groep slawe met geen wapens nie. Hulle het na die see voor hulle gekyk, en toe na die stofwolk agter hulle wat die farao se soldate en strydwaens opgeskop het. Hulle was letterlik tussen twee vure vasgevang. Hulle het na Moses toe gedraai en vir hom gevra: “Wat gaan ons nou maak? Hoekom het jy ons hier na die woestyn toe gebring om hier te sterf ? Hoekom het jy ons Die Here spesialiseer in nie net daar in Egipte gelos nie? Ten minste wonderwerke. kon ons daar ordentlik begrawe word.” Moses het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie” (Eks 14:13). Met hierdie woorde het Moses sy vertroue in God geplaas, sy kierie uitgesteek, en daar het ’n pad deur die magtige Rooisee verskyn. Wat ’n wonderwerk! Die hele volk het deur die see gestap. Die vyand het agter hulle aangejaag, en die Here het die see oor hulle laat toespoel. Weet jy dat Israel van daardie dag af tot nou toe nog nooit weer las van Egipte gehad het nie? Die Here spesialiseer in wonderwerke. Gee vir Hom die kans om vir jou in jou situasie te sorg. Die vyand wat jy vandag sien, sal jy nooit weer so sien nie.

Gebed Here my God, ek plaas my vertroue in U om vir my te veg. Help my om kalm te bly, om vas te staan en te kyk hoe U my red. Amen.


11 Januarie

! Genesis 27-28; Romeine 9:16-33

Nader tot God Lees Jakobus 4:7-10. Nader tot God en Hy sal tot julle nader – Jakobus 4:8.

'

are gelede was ek saam met my dierbare vrou, Jill, op ’n wildplaas om te rus. In daardie wonderbaarlike omgewing het die Heilige Gees met my begin praat. Wanneer ’n mens bewus raak van hierdie pragtige wêreld wat die Here gemaak het, begin die Heilige Gees dikwels in jou hart fluister. Hy doen dit beslis met my, dalk omdat ek ’n boer is. Die Gees het vir my gesê: “Jy moet stadiger leef. Jy is gans te besig. Jy moet terugkeer na jou eerste liefde.” “Maar, Here,” het ek gesê, “ek verkondig elke week die evangelie, soms selfs vier of vyf keer per maand by byeenkomste. Ek vlieg oor die wêreld heen. Mense begin Die Here het jou in die glo; mense word genees; huwelike word eerste plek geskep om gemeenskap met Hom te gered; jongmense word uit die mag van geniet. dwelms en alkohol bevry. Here, ek werk vir U!” Die Here het gesê: “Pas op, want Ek is bang jy begin jou eerste liefde in die steek laat.” Dalk vra God vandag vir jou hierdie selfde vrae: Is jy nog so lief vir Hom soos aan die begin? Staan jy steeds soggens vroeg op om op die Here te wag? Wanneer jy die Naam Jesus hoor, brand die trane steeds in jou oë? Is daar ’n warm gevoel in jou hart wanneer mense oor die Verlosser van die wêreld praat? Of is jy te besig om vir die Here te werk? Die Here het jou nie geskep om vir Hom te werk nie. Die Here het jou in die eerste plek geskep om gemeenskap met Hom te geniet. God begeer om tyd saam met jou deur te bring. Hy wil met jou gesels in die koelte van die dag. Gebed My Skepper, dankie vir die gemeenskap met U wat ek kan geniet. Hou my naby aan U. Amen.


! Genesis 29-30; Romeine 10

12 Januarie

Vriend van God Lees Hebreërs 11:1-11. As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon – Hebreërs 11:6.

'

ohn Wesley, daardie groot prediker, het gesê: “Verkondig geloof totdat jy dit ontvang, en wanneer jy dit ontvang, sal jy geloof verkondig.” Wat is geloof ? Geloof is om seker te wees van wat ons hoop en van wat ons nie kan sien nie (Heb 11:1). Abraham is die vriend van God genoem omdat hy in God geglo het. Die Bybel sê God het vanuit die hemel neergekyk en gesê: “Daardie man, Abraham, is my vriend.” Hoekom het Hy dit gesê? Omdat Abraham ’n goeie man was? Nee. Abraham Gee jou berg vir Jesus, glo was nie altyd ’n goeie man nie. Om sy eie in Hom, en Hy sal dit in ’n lewe te red was hy dan selfs bereid om te molshoop verander. jok en te sê sy vrou is sy suster. En nie net een keer nie, maar twee keer! Ek dink nie dit tel as ’n goeie daad in hierdie lewe nie. Sou jy bereid wees om te sê jou vrou is jou suster om jou lewe te red? Hoekom het God dan vir Abraham “my vriend” genoem? Jakobus 2:23 sê: “So is die Skrif vervul wat sê: ‘Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,’ en hy is ’n vriend van God genoem.” Geloof sien dinge wat nie met die oog gesien kan word nie. Geloof lag oor die onmoontlike. Jy sê dalk: “Maar hier staan nou so ’n groot berg voor my dat ek nie kan lag nie.” My vriend, gee dit vir Jesus, glo in Hom, en Hy sal dit in ’n molshoop verander.

Gebed Here my God, ek wil u vriend genoem word omdat ek in U glo. Gee aan my die geloof van die geloofshelde van Hebreërs 11. Amen.


13 Januarie

! Genesis 31-32; Romeine 11:1-18

Tyd in die teenwoordigheid van God Lees Psalm 119:145-152. Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord – Psalm 119:148.

"

oe leer ken ek daardie pragtige merrie van my wat ek nou afrig? Deur tyd saam met haar deur te bring. Dit is hoe ek haar leer ken, en hoe sy sal leer om my te vertrou. Hoe leer ken jy die Here, en hoe leer jy om op Hom te vertrou? Deur tyd in sy teenwoordigheid deur te bring, en oor sy Woord na te dink. Sommige van ons bring nie tyd by God deur nie. Dit is hoekom ons nie op God kan vertrou nie, maar eerder ons vertroue in ons geld, in die tegnologie en selfs in ons gesondheid plaas. Wanneer ek na jongmense luister, kan ek hoor in Hoe leer ken jy die Here, wie hulle hulle vertroue plaas. Wanneer en hoe leer jy om op Hom ek mense hoor preek, kan ek soms hoor te vertrou? Deur tyd in sy waar hulle vertroue lê. As Jesus nie die teenwoordigheid deur te bring. middelpunt van jou lewe is nie, sal jy nie op Hom vertrou nie. ’n Boer kan ’n rekordoes kry, maar dit alles verloor. Onthou jy die ryk dwaas van Lukas 12:13-21? Hy het gesê: “Ek gaan groter skure bou. Ek gaan my wonderlike oes daarin bêre. Dan sal ek gaan sit en eet en drink en die lewe geniet.” Die Here het gesê: “Jou dwaas! Besef jy nie dat jou lewe vannag nog van jou af weggeneem sal word nie? Jy gaan My ontmoet, en al jou besittings sal hier op die aarde agterbly.” Ruim tyd vir God in. Bring tyd in sy teenwoordigheid deur. Leer ken Hom. Vertrou op Hom. Dan sal jy ryk wees in die Here. Gebed Here, help my om meer tyd vir U in my besige dag in te ruim. Ek wil aan u voete sit en U beter leer ken. Amen.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.