Aartappelgeloof

Page 1

Januarie Ons Verbondsgod


1 Januarie

§Genesis 1-3; Romeine 1

’n Nuwe verbond Lees Hebreërs 8:1-13.

“Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees” – Hebreërs 8:10.

p hierdie eerste dag van die jaar wil ek vir jou vertel van die nuwe en opwindende verbond wat God met ons, sy kinders, gesluit het. Daar is baie beloftes by hierdie verbond ingesluit, maar ook voorwaardes. Hebreërs 8:8-10 sê: “Kyk, daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ’n nuwe verbond sal sluit… Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit, sê die Here: Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.” Luister na God se nuwe Ek sal hulle God wees, en hulle sal my verbond: Ek sal julle God wees, volk wees. Wat ’n eer! Wat ’n voorreg en julle sal my volk wees. om te weet God is my Vader, en ek is sy kind. Kan jy hierdie woorde vandag bely? Onthou, goeie mense gaan nie hemel toe nie; gelowiges gaan hemel toe. Dit is ’n feit. Jesus sê in Johannes 14:6: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Besluit vandag om getrou te bly aan jou liefdevolle Vader en sy nuwe verbond. Stel jou vertroue in Hom. Hy sal jou God wees, en jy sal sy kind wees. Wat kan beter wees as dit? Mag God jou ryklik seën namate jy in die verbond met Hom leef.

O

Gebed Here my God, vergewe my asseblief dat ek my verbond met U verbreek het. Dankie dat U, u kant van die verbond nooit sal verbreek nie. Ek sê vir U dankie vir u nuwe verbond met my. Amen.


§Genesis 4-6; Romeine 2

2 Januarie

Kinders van God, vir ewig Lees Romeine 8:1-17.

Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is – Romeine 8:16.

ns het gister oor God se nuwe verbond gepraat. ’n Verbond is ’n bindende ooreenkoms. Toe God ’n verbond met die Israeliete gesluit het, het Hy belowe om hulle God te wees en hulle het hulself daartoe verbind om God alleen te aanbid. Ek het ’n pragtige vrou, Jill en ons het ’n verbond met mekaar gesluit. Ek dra ’n trouring wat verklaar dat ek met een vrou, Jill getroud is. Sy dra ’n ring wat vir die wêreld sê sy is met een man getroud en dit is ek, Angus. Hierdie verbond mag nie verbreek word nie. Toe ek met my vrou getrou het, het ek gesê: “Tot die dood ons skei, sal ons Die Here sê: Ek sal jou een wees.” God wees en jy sal my In die Here se nuwe verbond met ons sê Hy: kind wees, vir ewig. Ek sal julle God wees en julle sal my kinders wees, vir ewig. Nie eens die dood sal ons skei nie. Die Here Jesus Christus word gebind deur sy beloftes en Hy sal altyd sy beloftes nakom. Ook ons moet ons kant van die verbond nakom. Romeine 8:19 sê: “Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is.” Dit beteken die mense van die wêreld wil sien wat ons, die Christene, die mense van die nuwe verbond, gaan doen. Ons het die antwoord. Ons leef in pas met God; daarom is ons die mense wat moet lei. Lei jy vandag ander mense na die Weg sodat hulle deel van God se nuwe verbond kan word?

O

Gebed Here, help my om U alleen te aanbid, want U is my God en ek is u kind. Help my om ander na U te lei, sodat U ook met hulle ’n verbond kan sluit. Amen.


3 Januarie

§Genesis 7-9; Romeine 3

Vertrou op die Naam van die Here Lees Psalm 20.

Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God – Psalm 20:8.

ierdie is die Bybelvers wat vandag in my hart brand, die Bybelse waarheid wat ek vandag met jou wil deel. En ek wil vir jou vra: In wat plaas jy vandag jou vertroue? As jy op geld vertrou, dit sal nie hou nie. As jy op jou besittings vertrou, dit sal vergaan. As jy op jou werk vertrou, dit is nie blywend nie. As jy op jou liggaamlike gesondheid vertrou, sal dit ook agteruitgaan. Ek wil vandag vir jou sê, ek kan die dag toe ek dertig geword het nog goed Daar is net een Persoon op wie onthou. En dit was jare gelede. Maar dit jy kan vertrou, en dit is die Here was ook die dag toe ek op hierdie plaas Jesus Christus. In sy reddende aangekom het, en dit voel soos gister. Jy genade kan jy jou vertroue volkome plaas. kan nie op jou geld, jou besittings, jou werk of jou liggaamlike gesondheid vertrou nie, want hierdie dinge is vandag hier en môre weer weg. Die waarheid is, jy kan op niks vertrou buiten die Naam van die Here jou God nie. Dit is hoekom ek so lief is vir die woorde van Josua 24:15: “Kies dan vandag wie julle wil dien … Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” Wie dien jy vandag? In wie plaas jy jou vertroue vir vandag en môre? Wanneer alles in hierdie wêreld in chaos verval, is daar net een Persoon op wie jy kan vertrou, en dit is die Here Jesus Christus. In sy reddende genade kan jy jou vertroue volkome plaas, vir ewig.

H

Gebed Here Jesus, dankie dat ek my vertroue in U kan plaas. Ek kies vandag opnuut om U te dien. Amen.


§ Genesis 10-12; Romeine 4

4 Januarie

Ons God is getrou Lees Hebreërs 13:5-8.

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid – Hebreërs 13:8.

s die Here Jesus Christus gister vir my ’n wonderwerk kon doen, kan Hy dit ook vandag vir my doen, en Hy kan dit môre vir my doen. Want Hy is die een wat nooit verander nie. Wat doen die Here vandag in jou lewe? Waaruit bestaan jou getuienis op hierdie oomblik, my vriend? Vertrou jy steeds op wonderwerke wat twintig jare gelede in jou lewe gebeur het? Of is die Here Jesus Christus vandag vir jou nog net so werklik soos destyds? Bejaarde mense stel soms die jongmense teleur, want elke keer wanneer hulle oor die Here praat, praat hulle oor die herlewing van jare gelede, soos oor die As die Here Jesus Christus wonderwerke en wonders wat in 1950 gister vir my ’n wonderwerk gebeur het. Hierdie jongmense was in kon doen, kan Hy dit ook 1950 nog nie eens gebore nie. Hulle vandag vir my doen, en Hy kan wil hierdie inspirerende verhale hoor, dit môre vir my doen. maar hulle wil ook hoor wat die Here vandag in jou lewe doen. Watter wonderwerk het verlede week in jou lewe gebeur? Waar gaan jy volgende week wees? Die Bybel sê in 1 Petrus 5:7: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy [Jesus] sorg vir julle.” Dít is hoe ons moet leef. Ons moet die Here met alles vertrou, oomblik vir oomblik, uur ná uur, dag ná dag, jaar ná jaar. En ons kan dit doen, want Hy is die Een wat dieselfde bly … gister en vandag en tot in ewigheid. Gebed

A

Dankie, Here Jesus, dat U gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde is. Dankie dat ek al my bekommernisse op U kan werp. U sal vir my sorg. Help my om te getuig van u getrouheid in my lewe. Amen.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.