Eenheid
1
Handleiding G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Aktiwiteit 6: Dra ’n gedig voor Oefen om die gedig saam met die bewegings voor te dra. As jy die woorde uit jou kop ken en die bewegings saam kan doen, dra die gedig saam met die klas voor. Bring iets soos ’n hoed saam om die gedig voor te dra. Jy kan selfs jou skooltas in jou hand hou.
Met my tassie Met my kleine tas die wêreld in (dra jou tassie) So gaan ek my reis begin Met die getjoeke-tjoek van ’n trein (beweeg jou arms soos ’n trein) Rits ek na die Namib-woestyn Op in Afrika tot by die Nyl (maak jou hande soos water wat vloei) Vandaar wil ek oor al die waters seil Na Peru en die rivierdolfyne (swem soos ’n dolfyn) Só maak ek die wêreld myne Oor al die kontinente heen (wys wyd met jou arms) Bly my land die beste een Met my reise is daar ’n les: (wys met jou vinger) My land is oos, wes, tuis bes!
Weet jy waar die lande in die gedig is?
Wat is die windrigtings in Afrikaans? Windrigtings is altyd met ’n kleinletter – in Engels én Afrikaans (tensy dit in ’n eienaam is).
Woordeskat tjoeke-tjoek (of tjoek-tjoek, choo-choo): die geluid van ’n trein rits (zip): vinnig rondbeweeg kontinente (continents): vasteland, groot landmassa omring deur water Vir die nuuskieriges: Wat is die verskil tussen ’n seedolfyn en ’n rivierdolfyn?
© Optimi
22