
2 minute read
Aktiwiteit 5: Lettergrepe en klankgrepe
Aktiwiteit 5: Lettergrepe en klankgrepe
Onthou jy wat lettergrepe en klankgrepe is?
reis-ge-nootwê-reldstoom-ske-petyd-so-nes
Lettergrepe en klankgrepe
’n Lettergreep (syllable) is ’n deeltjie van ’n woord – dit is die kleinste kombinasie van letters waarin ’n woord volgens spelling verdeel kan word.
Byvoorbeeld die woord “sit” het net een lettergreep. As jy jou hande probeer klap om die lettergrepe te soek, sal jy sien dat jy jou hande net een keer kan klap.
Met lettergrepe word ’n woord opgebreek net soos dit geskryf word: jak-kals, mod-der, tas-se.
Lettergrepe kan oop of geslote wees. Dit gaan oor die letter waarop die lettergreep eindig.
• ’n Lettergreep is oop as dit op ’n vokaal eindig. • ’n Lettergreep is geslote as dit op ’n konsonant eindig. Die woord “geslote” kom van die woord “(ge)sluit”. As iets gesluit is, beteken dit “toe”.


Oop lettergreep Geslote lettergreep
Klankgrepe is wanneer ’n woord volgens die uitspraak of klank daarvan opgebreek word. Dit is wat jy hoor as jy die woord sê: ja-kals, mo-der, ta-se. Jy hoor net een konsonant, nie twee nie.
Kyk na die voorbeelde: • bek-ke: die eerste lettergreep is geslote en die tweede lettergreep is oop. • bot-tel: die eerste én die tweede lettergreep is geslote. • bo-me: die eerste én die tweede lettergreep is oop.
Lettergrepe
lig-gaam sin-ne jak-kals mod-der tas-se
Klankgrepe
li-gaam si-ne ja-kals mo-der ta-se
Knip vyf woorde uit ’n koerant of tydskrif en verdeel die woorde in lettergrepe. Knip die lettergrepe uit en plak dit in jou werkboek. Skryf ook die klankgrepe van die woord langsaan.
Lees die paragraaf en beantwoord die vrae in jou werkboek.
Vroeg die volgende oggend vertrek Phileas en Jean. Phileas het die reis haarfyn beplan – en hulle behoort maklik oor 80 dae terug te wees. Hulle reis met stoomskepe en treine na baie lande – van Londen na Egipte, na Indië en China, na Japan, en San Francisco en New York in Amerika.
1. Verdeel die woorde in lettergrepe. 2. Verdeel die woorde in klankgrepe. 1.1 vertrek 2.1 oggend 1.2 beplan 2.2 orkane 1.3 stoomskepe 2.3 gesiggie 1.4 treine 1.5 Egipte
3. Wat is die Engelse woord vir die volgende? 3.1 wêreld 3.2 stoomskip 3.3 lande 3.4 orkaan 3.5 tydsone
