Handleiding 4/4 G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
2.2
Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. a)
b)
Die groot seun lag. Hy kyk rond na die kinders om hom. (terwyl)
Eenheid
4
Daar is nie ’n komma voor alle voegwoorde nie.
Robbie raak hartseer. Almal lag vir hom. (want)
Aktiwiteit 326: Bedrywende en lydende vorm Het jy al gehoor as iemand sê iets “word deur” iemand gedoen? Byvoorbeeld: Die bal word deur die seun gegooi. Ons noem dit die lydende vorm.
Pasop om nie verward te raak tussen bedrywende en lydende vorm en direkte en indirekte rede nie.
Bedrywende en lydende vorm (Active and passive voice) Onthou jy wat die onderwerp, voorwerp en gesegde in ’n sin is? Die woordorde is altyd belangrik. • • •
Onderwerp (subject): Wie of wat die handeling doen. (Wie doen die werkwoord?) Voorwerp (object): Die persoon of ding waarmee of waaraan die handeling gedoen word. (Waarmee word dit gedoen? / Waaraan word dit gedoen?) Gesegde (verb): Die aksie wat gedoen word. (Wat word gedoen?)
Onthou, die lidwoord of voornaamwoord gaan altyd saam met die onderwerp of voorwerp, byvoorbeeld ’n bal, sy hond; nie net bal en hond nie.
Bedrywende vorm •
Ons praat gewoonlik in die bedrywende vorm (active voice):
•
Onthou dit só: Om bedrywig te wees beteken om besig of aktief te wees – dit gebeur nou.
•
In die bedrywende vorm word gesê wie doen wat waaraan.
•
Die seun gooi die bal.
In die bedrywende vorm is die woordorde gewoonlik onderwerp, gesegde, voorwerp. Die seun gooi die bal. 15
© Optimi