Grade 4 Fasiliteerdersgids 2/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 18

Eenheid

3

Fasiliteerdersgids 2/2 G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Voorbeeld • Leerder 1: “Ek gaan soek na skatte en ek vat ’n fakkel saam.” • Leerder 2: “Ek gaan soek na skatte en ek vat ’n fakkel en ’n kaart saam.” • Leerder 3: “Ek gaan soek na skatte en ek vat ’n fakkel, ’n kaart en ’n boek saam.” • Leerder 4: “Ek gaan soek na skatte en ek vat ’n fakkel, ’n kaart, ’n boek en ’n broodjie saam.” • Leerder 5: “Ek gaan soek na skatte en ek vat ’n fakkel, ’n kaart, ’n broodjie en ’n hoed saam.” (Die leerder het “’n boek” uitgelaat en is uit die spel.) • Leerder 1: “Ek gaan soek na skatte en ek vat ’n fakkel, ’n kaart, ’n boek, ’n broodjie en ’n pen saam.” (Omdat leerder 5 uit die spel is, word “hoed” nie by die lys gevoeg nie.) • So gaan die leerders aan tot daar een leerder oor is.

Die leerders moet die regte Afrikaanse woordeskat gebruik. Help hulle indien hulle sukkel.

Vir die nuuskieriges: Jy kan ook vir die leerders ’n skattejag (treasure hunt) opstel, waar hulle leidrade moet volg om by die skat uit te kom.

Aktiwiteit 212: Lees hardop 40 minute

Leerders oefen om die deel uit “Die goue uil” hardop te lees. Hulle kan weer na die wenke van die vorige lesse kyk, maar hulle behoort dit al te ken. Leerders werk saam met ’n maat en gee mekaar ’n punt. 1 – glad nie

2 – kan verbeter

3 – soms

Kriteria

4 – meestal

5 – uitstekend

Punt (omkring)

Het jy die woorde reg uitgespreek?

1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy oogkontak met die gehoor gemaak?

1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy vlot en met gevoel gelees?

Het jy die leestekens gehoorsaam?

1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5

“Klink maklik genoeg vir seerowers soos ons,” spot Pierre terwyl hy in die vlak water spring en die bootjie goed anker – dit sal nie ’n goeie ding wees as die bootjie wegdryf nie ... Ons beplan dit al maande lank, bestudeer kaarte en probeer die raaisel ontsyfer. Ons loop na die grot toe. Dis pikdonker, koud en ruik klam. Vlermuise fladder weg en ons fakkels gooi skaduwees teen die slymerige mure van die grot. Klein diertjies skarrel weg onder ons voete. Ons loop in die donker grot in en soek rond met ons fakkels.

© Optimi

10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Grade 4 Fasiliteerdersgids 2/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal by Impaq - Issuu