1 minute read

Aktiwiteit 216: Homonieme en homofone

Fasiliteerdersgids 2/2

G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid 3 maak. Hulle kan dus soos seerowers aantrek, items gebruik wat ’n fakkel voorstel (of ’n fakkel uit papier maak), ens.

’n Voorbeeld van ’n raamwerk word gegee, waarop die leerders kan uitbrei (maar hulle hoef dit nie te gebruik nie). Hulle kan ook die jonger broer se naam verander (dit hoef nie Chris te wees nie).

Herinner die leerders dat die dele in kursief die scenario en die karakters se bewegings/optrede is.

Twee broers, Chris en Pierre, is op soek na ’n skat in ’n grot. Hulle staan in ’n donker grot en elkeen hou ’n fakkel vas. Vlermuise vlieg rond.

Pierre: (Kyk rond.) Ek weet nie of ons iets in hierdie donkerte sal opspoor nie ...

Chris:

Pierre:

Chris: Ons sal, ek’s seker daarvan. (Beweeg sy fakkel rond om lig te werp.)

Altyd die positiewe een, nè? (Lag.)

Ek was die vorige keer reg, was ek nie?

Pierre: ...

• Hierdie dialoog word weer in afdeling 2 gebruik. Maak seker die leerders gebruik nie die dialoog in afdeling 2 vir die rolspel nie. • Die formaat van ’n dialoog is dieselfde as die formaat van ’n toneelstuk (drama). • Die leerders doen toneelspel (drama, plays) in les 14, waar hulle weer rolspel gaan doen.

Aktiwiteit 216: Homonieme en homofone

20 minute

Die leerders het in les 7 oor homofone geleer. Hulle moes ook in aktiwiteit 214 die homofoon van “haal” gee (hael).

Vra dat hulle die sin voltooi: Homofone is woorde wat dieselfde klink, maar verskillend gespel word.

Skryf die sin op die bord en die leerders kies die regte spelling. Hulle moet ook sê wat die ander woord beteken.

Die twee broers hou (moed / moet) op hulle soektog.

• moed: die krag om dapper op te tree in moeilikheid of gevaar • moet: verplig wees om iets te doen

This article is from: