Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Handleiding G09 ~ Tegnologie
VOORWOORD
Tegnologie kan gedefinieer word as die gebruik van kennis, vaardighede, waardes en hulpbronne om aan mense se behoeftes en begeertes te voldoen deur die ontwikkeling van praktiese oplossings vir probleme, deur sosiale en omgewingsfaktore in ag te neem.
INLEIDING
Hierdie boek is ontwikkel om die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te ondersteun. Die inhoud is georganiseer in onderwerpe wat in die KABV uiteengesit is. Die outeurs het gepoog om die boek se inhoud so omvattend as moontlik binne die raamwerk van die kurrikulum saam te stel.
Die hoofdoel van die boek is om leerders toe te rus met ’n goeie, basiese kennis van verskeie aspekte in tegnologie en om hulle te help om die teorie in die praktyk toe te pas.
Ons het spesiale voorsorg getref om:
• Die inhoud leerdervriendelik te maak.
• Die inhoud aantreklik te illustreer.
• Die inhoud bedryfsverwant te maak.
• Toepaslike en stimulerende aktiwiteite te verskaf.
• Ekstra aktiwiteite vir verdere oefening aan die einde van elke eenheid te verskaf.
• Leerders te motiveer om meer uit te vind oor die verskillende vakgebiede in tegnologie.
Die Tegnologie-handleiding word deur die Tegnologie-fasiliteerdersgids ondersteun.
STUDIEWENKE
• Moenie leerwerk tot die aand voor die eksamen of toets uitstel nie. Stel ’n studierooster op om jou tyd doeltreffend te benut.
• Kies ’n geskikte studiemetode wat by jou behoeftes pas en oefen dit dan in. Studievaardighede moet ingeoefen word as jy goed wil presteer.
• Jy kan enige studiemetode gebruik om Tegnologie te bemeester, maar om goeie uitslae te behaal, word die volgende beginsels voorgestel:
SAMPLE
1. Oorsig Kry ’n oorsig oor die werk wat geleer moet word. Lees alles vinnig deur om te sien waaroor die werk gaan.
2. Vrae Stel vrae op oor die werk wat jy kan gebruik om te leer: Waarom? Hoe? Wat? Waar? Wie? Wanneer? Watter? Byvoorbeeld: Wat is tekenkonvensies? Hoe word dit gebruik?
3. Lees en leer Lees en leer hierdie vrae deeglik.
4. Opsê Sê die vrae en antwoorde hardop sonder om jou boek te gebruik.
5. Kontroleer Indien jy die werk ken, verstaan en opsê, vergelyk jou antwoorde met die inhoud in die handleiding. Hou aan leer totdat jy alles onthou.
6. Herhaal Herhaal die werk elke dag.
VAKINHOUD EN BEPLANNING
KWARTAAL 1 EENHEID 1:
Ontwerpvaardighede
Leerdoelwitte
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy jou kennis en begrip omtrent die volgende kan demonstreer:
Kommunikasie
• Tekenkonvensies
• Eerstehoekse ortografiese projeksie
• Kunstenaarsvoorstellings
• Isometriese tekeninge
Inleiding
Tekeninge is visuele voorstellings op byvoorbeeld papier, mure, seildoek en klip. Verskillende vorms van tekeninge sluit sketse, foto’s, diagramme en grafieke in.
In Tegnologie word tekeninge gebruik om:
• Idees in die vorm van ’n aanvanklike skets te ontwikkel wat later tot die finale ontwerp lei.
• Idees en ontwerpe deur middel van ’n internasionaal aanvaarde taal te kommunikeer.
Wanneer ’n voorwerp ontwerp moet word, moet dit in die vorm van ’n skets of tekening voorgestel word sodat:
• Die leser ’n idee vorm van die aard van die voorwerp en hoe die voorwerp lyk.
• Spesifieke afmetings van die voorwerp, asook die skaal waarin die tekening geteken is, aan die leser verskaf word.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Isometriese projeksie ’n Metode om ’n driedimensionele (3D) tekening te maak gebaseer op hoeke van 30°.
SAMPLE
Ortografiese projeksie ’n Tweedimensionele (2D) tekening wat gebruik word om ’n werkstekening te maak. Dit gee gewoonlik drie verskillende aansigte van dieselfde voorwerp.
Kunstenaarsvoorstelling Wanneer gevorderde tegnieke soos kleur, tekstuur, skaduwees, en perspektief gebruik word om ’n tekening te maak wat ’n voorwerp realisties voorstel.
LES 1: Tekenkonvensies
Tekenkonvensies is nodig om idees suksesvol te kommunikeer. Dit stel ’n mens in staat om ’n idee te interpreteer en ’n geheelbeeld van ’n voorwerp te vorm
Benodighede
• ’n Drukpotlood (clutch pencil) met 0.5 mm HB-lood.
• ’n Drukpotlood met 0.3 mm 2H-lood is opsioneel.
• Wiskundestel (tekeninstrumente).
• Potlood, uitveër, liniaal en ’n stel tekendriehoeke.
• A4-papier
• 6 mm-dubbelkantkleefband vir die bou van modelle.
SAMPLE
• Ander materiale en toerusting wat nodig is om die PAT te voltooi, soos uiteengesit in die fasiliteerdersgids.
Konvensies sluit in:
• Lynsoorte: buitelyne, konstruksielyne, verborge gegewenslyne en middellyne.
• Skaal: grootte op papier in vergelyking met die werklike grootte van ’n voorwerp, bv. 1 : 100.
• Afmetings: mates van ’n voorwerp se vlakke gemeet in millimeter (mm).
1.1 Soorte lyne vir tekeninge
Die gebruik van die verskillende soorte lyne gee aan die leser ’n duidelike beeld van die voorwerp. Sekere vlakke word beklemtoon, terwyl die ander minder belangrike vlakke verdof word. Bestudeer die onderstaande lynsoorte.
1.1.1 Buitelyne (donker)
Voorbeeld van lyn Beskrywing
• Dik
• Donker
• Aaneenlopend
Teken met ’n pacer met 0.5 mm HB-lood.
1.1.2 Konstruksielyne (dof)
Voorbeeld van lyn Beskrywing
Teken met ’n pacer met 0.5 mm 2H-lood. (0.3 mm-lood kan ook gebruik word.)
• Baie dun
• Lig (dof)
• Aaneenlopend
1.1.3 Verborge gegewens (strepieslyn)
Voorbeeld van lyn Beskrywing
Gebruike Voorbeeld in tekeninge
• Buitelyne in tekenwerk.
SAMPLE
Teken met ’n pacer met 0.5 mm 2H-lood.
• Dun
• Medium (dof)
• Onderbroke kortstrepieslyn
• Afronding van ’n tekening
Gebruike Voorbeeld in tekeninge
• Vou- of buiglyne
• Afmetingslyne
• Konstruksielyne
Gebruike Voorbeeld in tekeninge
• Versteekte besonderhede (ook genoem verborge gegewens of versteekte detail).
Handleiding G09 ~ Tegnologie Eenheid
1.1.4 Middellyne (ketting)
Voorbeeld van lyn Beskrywing Gebruike Voorbeeld in tekeninge
Teken met ’n pacer met 0.5 mm 2H-lood
• Dun
• Medium (dof)
• Onderbroke lank-en-kortstrepieslyne Middellyne
1.1.5 Afmetingslyn vir mates
Voorbeeld van lyn Beskrywing Gebruike Voorbeeld in tekeninge
Teken met ’n pacer met 0.5 mm 2H-lood.
• Baie dun
• Medium (dof), aaneenlopend met pylpunte aan die begin en einde met afmetings
1.1.6 Gegolfde lyne
Lengte, breedte en hoogte van ’n voorwerp.
Voorbeeld van lyn Beskrywing Gebruike Voorbeeld in tekeninge
Teken met ’n pacer met 0.5 mm 2H-lood.
SAMPLE
• Medium (dof)
• Egalig met vryhand getrek
Aanduiding van snitte in ’n as.
1.1.7 Horisontaal
Beskrywing
Horisontaal verwys na die horison, parallel met die aardoppervlakte
Voorbeeld van lyn Lyn in voorbeeld gebruik
1.1.8 Vertikaal
Beskrywing
Vertikaal verwys na ’n vlak wat 90°(loodreg) tot die horisontale lyn van die aardoppervlakte is.
1.1.9 Pylpunt
Beskrywing
’n Pylpunt het ’n bepaalde grootte. Dit is gewoonlik
3 mm lank en hang af van die grootte van die tekening. Die breedte of dikte van die pylpunt is 1 mm.
SAMPLE
Voorbeeld van lyn Lyn in voorbeeld gebruik
Voorbeeld van lyn Lyn in voorbeeld gebruik
Die pylpunt begin en eindig op ’n verlengingslyn wat die hoeke aandui waartussen gemeet word.
Onthou die volgende inligting oor verlengingslyne en afmetingslyne.
Beskrywing
• Middellyne kan ook as verlengingslyne gebruik word.
Verlengingslyne
Mates
• In ortografiese projeksies word verlengingslyne deurgaans toegepas op ’n 90°-hoek tot die afmetingslyn (maatlyn/dimensielyn) of tot die tekenlyne.
• ’n Verlengingslyn begin gewoonlik 2 mm vanaf ’n tekenlyn wat ’n tekening afrond.
• Verlengingslyne is gewoonlik 12 mm lank.
• Die dimensie-aanduider (mate in millimeter) moet 1 mm vanaf die afmetingslyn geskryf word.
• Die afmetings (mate geskryf in millimeter) moet 3 – 5 mm hoog geskryf word.
• Afmetings word van links na regs gelees.
Die onderskeie lyne en hul gebruike word in die tekeninge hieronder getoon.
Voorbeeld 1
A Buitelyne
B Afmetingslyne vir mate
C Middellyn
D Verborge gegewens
E Konstruksie
SAMPLE
Voorbeeld 2
Centre line
1.2 Skaal
Alle tekeninge word volgens ’n bepaalde skaal geteken. ’n Skaal dui die verhouding tussen die tekening en die ware grootte van die voorwerp aan.
’n Skaal word in ’n bepaalde verhouding aangedui, bv. 1 : 2 waar 1 altyd die ware grootte van die voorwerp is en die 2 die grootte van die tekening aandui.
Die skale kan ook soos ’n breuk hanteer word, bv:
• 1 : 2 kan geskryf word as dus sal dit van die ware grootte wees.
• 2 : 1 kan geskryf word as dus sal dit 2 keer die ware grootte wees.
Belangrik: 1 is altyd die ware grootte
SAMPLE
Handleiding G09 ~ Tegnologie Eenheid
Die gebruik van verskillende skale.
Belangrik: Die blokkie met die patrone is die ware grootte van die voorwerp.
• 1 : 1 Afmetings volgens die werklike grootte van ’n voorwerp geteken.
• 1 : 2 Afmetings is die helfte van die werklike voorwerp se grootte.
• 2 : 1 Afmetings is dubbel die werklike voorwerp se grootte.
SAMPLE
• 3 : 1 Afmetings is driedubbel die werklike voorwerp se grootte.
Skale kan op verskillende maniere gebruik word omdat die ware grootte van voorwerpe nie altyd op ’n vel papier gaan pas nie. Dit kan kleiner of groter as die ware grootte van die voorwerp geteken word en dit word skaal genoem.
Voorbeeld 1
SAMPLE
Skaal 1 : 2 Skaal 1 : 1 Skaal 2 : 1
Voorbeeld 2
1.3 Afmetings
Double size
Dubbel grootte
Afmetings is die mate van ’n voorwerp in ’n tekening en word net in millimeter (mm) weergegee. Die hoofmate van ’n voorwerp in ’n tekening dui die lengte, hoogte en breedte/ wydte aan.
Tweedimensionele tekeninge (2D) gee twee dimensies of vlakke met afmetings weer.
SAMPLE
Driedimensionele tekeninge (3D) gee drie dimensies of vlakke met afmetings weer.
Aktiwiteit 1
Die toepassing van die verskillende lynsoorte.
Instruksies
1. Bestudeer die tekening hieronder en identifiseer die toepassing van die verskillende lyne soos in die woordbank aangedui. 2. Voltooi dan die tabel.
Die aansigte van ’n voorwerp in die eerstehoekse ortografiese projeksie. Eerstehoekse ortografiese projeksie is tweedimensionele tekeninge. Met ander woorde, dit is 2D, slegs twee dimensies (een aansig) word vertoon.
Die motor word gebruik om die onderstaande aansigte te verduidelik
Vooraansig
Boaansig
Dit is die aansig soos van voor gesien. Die vooraansig is gewoonlik die aansig wat die meeste besonderhede toon.
Dit is die aansig van bo gesien.
• Omvattende verduidelikings van konsepte in eenvoudige taal.
• Interaktiewe, pret en praktiese aktiwiteite met alledaagse voorwerpe wat leerders help om die konsepte te bemeester.
• Sluit tekenblaaie en stap-vir-stap-instruksies vir tekeninge in.
• Alfabetiese lys van belangrike terminologie vir maklike naslaan.
• Leerders word gewys hoe om die praktiese assesseringstake te voltooi.