Gr 9-Tegnologie-Fasiliteerdersgids

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

VOORWOORD

Tegnologie kan gedefinieer word as die gebruik van kennis, vaardighede, waardes en hulpbronne om aan mense se behoeftes en begeertes te voldoen deur die ontwikkeling van praktiese oplossings vir probleme, deur sosiale en omgewingsfaktore in ag te neem.

INLEIDING

Hierdie boek is ontwikkel om die nuwe Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te ondersteun. Die inhoud is georganiseer in onderwerpe wat in die KABV uiteengesit is. Die outeurs het gepoog om die boek se inhoud so omvattend as moontlik binne die raamwerk van die kurrikulum saam te stel.

Die hoofdoel van die boek is om fasiliteerders toe te rus met ’n goeie, basiese kennis van verskeie aspekte in tegnologie en om die leerders te help om die teorie in die praktyk toe te pas.

Ons het spesiale voorsorg getref om:

• Die inhoud fasiliteerder-vriendelik te maak.

• Antwoorde vir aktiwiteite en oefeninge te verskaf.

• Assesseringsrubrieke vir praktiese assesseringstake te verskaf.

Die doel van die Tegnologie-fasilitieerdersgids is om die Tegnologie-handleiding te ondersteun.

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Die onderrigtyd vir Tegnologie is twee ure per week. Aangesien hierdie vak ’n praktiese komponent insluit, moet die fasiliteerder toesien dat genoeg tyd toegelaat word om die PAT’s te voltooi.

Die verskillende temas, toetse, eksamenvraestelle en PAT’s moet bespreek en voltooi word soos aangedui in die assesseringsprogram. Omdat daar in kwartaal 4 baie min tyd is voordat die eksamen begin, word aanbeveel dat die PAT in die tweede of derde kwartaal gedoen word.

SAMPLE

NAAM VAN LEERDER: JAAR:

ASSESSERINGSVEREISTES

TEGNOLOGIE GRAAD 9 ASSESSERINGSPROGRAM

10 + 10 + 10 + 10 Gekombineerde

5 + 5 + 5 + 5

Novembereksamen

Kwartaal 1 + Kwartaal 2 + Kwartaal 3 + Kwartaal 4

STUDIEWENKE

• Leerders moet elke eenheid se aktiwiteite voltooi. Dit sal hulle help om te fokus op die inhoud wat gedek is en ’n aanduiding wees of hulle die werk begryp. Maak seker leerders verstaan die konsepte voordat daar met nuwe inhoud begin word.

• Maak seker dat die korrekte inhoud per kwartaal behandel word.

• Help leerders met ’n studierooster om hulle tyd doeltreffend te benut.

• Help die leerders om ’n geskikte studiemetode te kies wat by elke leerder se behoeftes pas.

• Hulle kan enige studiemetode gebruik om Tegnologie te bemeester, maar om goeie uitslae te behaal, word die volgende beginsels voorgestel:

1. Oorsig Kry ’n oorsig oor die werk wat geleer moet word. Lees alles vinnig deur om te sien waaroor die werk gaan.

2. Vrae Stel vrae op oor die werk wat jy kan gebruik om te leer: Waarom? Hoe? Wat? Waar? Wie? Wanneer? Watter? Byvoorbeeld: Wat is tekenkonvensies? Hoe word dit gebruik?

3. Lees en leer Lees en leer hierdie vrae deeglik.

4. Opsê Sê die vrae en antwoorde hardop sonder om jou boek te gebruik.

5. Kontroleer Indien jy die werk ken, verstaan en opsê, vergelyk jou antwoorde met die inhoud in die handleiding. Hou aan leer totdat jy alles onthou.

6. Herhaal Herhaal die werk elke dag.

SAMPLE

VAKINHOUD EN BEPLANNING

KWARTAAL 1 EENHEID 1: Ontwerpvaardighede

LEERDOELWITTE

Nadat die leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle hulle kennis en begrip van die volgende kan demonstreer:

Kommunikasie

• Tekenkonvensies

• Eerstehoekse ortografiese projeksie

• Kunstenaarsvoorstelling

• Isometriese tekeninge

Inleiding

Tekeninge is visuele voorstellings op byvoorbeeld papier, mure, seildoek en klip. Verskillende vorms van tekeninge sluit sketse, foto’s, diagramme en grafieke in.

In Tegnologie word tekeninge gebruik om:

• Idees in die vorm van ’n aanvanklike skets te ontwikkel wat later tot die finale ontwerp lei.

• Idees en ontwerpe deur middel van ’n internasionaal aanvaarde taal te kommunikeer.

Wanneer ’n voorwerp ontwerp moet word, moet dit in die vorm van ’n skets of tekening voorgestel word sodat:

• Die leser ’n idee vorm van die aard van die voorwerp en hoe die voorwerp lyk.

• Spesifieke afmetings van die voorwerp, asook die skaal waarin die tekening geteken is, aan die leser verskaf word.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Isometriese projeksie: ’n Metode om ’n driedimensionele (3D) tekening te maak gebaseer op hoeke van 30°.

SAMPLE

Ortografiese projeksie: ’n Tweedimensionele (2D) tekening wat gebruik word om ’n werkstekening te maak. Dit gee gewoonlik drie verskillende aansigte van dieselfde voorwerp.

Kunstenaarsvoorstelling: Wanneer gevorderde tegnieke soos kleur, tekstuur, skaduwees, en perspektief gebruik word om ’n tekening te maak wat ’n voorwerp realisties voorstel.

LES 1: Tekenkonvensies

Instruksies

1. Maak seker dat die leerders al die benodighede het.

2. Gebuik die bykomende oefeninge in die les om nuwe werk vas te lê.

3. Voltooi aktiwiteit 1 in die handleiding.

Bykomende oefening

SAMPLE

Lynsoorte

Instruksies

Gebruik ’n vierkant om die volgende lynsoorte te oefen:

1. Buitelyn

2. Konstruksielyn

3. Strepieslyn

4. Middellyn

5. Afmetingslyn

MEMORANDUM

4 en 5)

SKALE

Instruksies

Teken die voorwerp hieronder (10 mm x 10 mm) wat in ware grootte gegee is op die volgende skale:

1. 1 : 1

2. 2 : 1

MEMORANDUM

1. 1 : 1 2. 2 : 1

AANSIGTE

INSTRUKSIES

Gebruik die voorwerp hieronder om die verskillende aansigte aan te dui:

1. Rooi – Boaansig

2. Geel – Syaansig

3. Blou – Vooraansig

MEMORANDUM

3. Boaansig Syaansig Vooraansig

1. 2. 3.
1. 2.

Aktiwiteit

1 MEMORANDUM

Instruksies

1. Bestudeer die tekening hieronder en identifiseer die toepassing van die verskillende lyne soos in die woordbank aangedui.

2. Voltooi dan die tabel.

Tabel

Afmetingslyn / Buitelyn / Konstruksielyn / Middellyn / Verlengingslyn / Verborge detail (versteekte besonderhede)

Nommer Lynsoort

Beskrywing van die lyn

1 Verlengingslyn Dun, medium en aaneenlopend.

2 Buitelyn Dik, donker en aaneenlopend.

SAMPLE

3 Konstruksielyn Dun, lig en aaneenlopend.

4 Konstruksielyn Dun, lig en aaneenlopend.

5 Buitelyn Dik, donker en aaneenlopend.

6 Middellyn Dun, medium, lank en kortstrepielyne.

7 Afmetingslyn Dun, medium, aaneenlopend met pylpunte aan die begin en einde met die mate-aanduiding.

8 Verborge detail Dun, medium en kortstrepielyne.

• Omvattende verduidelikings van konsepte in eenvoudige taal.

• Interaktiewe, pret en praktiese aktiwiteite met alledaagse voorwerpe wat leerders help om die konsepte te bemeester.

• Sluit tekenblaaie en stap-vir-stap-instruksies vir tekeninge in.

• Alfabetiese lys van belangrike terminologie vir maklike naslaan.

• Leerders word gewys hoe om die praktiese assesseringstake te voltooi.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 9-Tegnologie-Fasiliteerdersgids by Impaq - Issuu