Page 1

Í2)È-A-SOS-FG01~Î

1

8

0

9

-

A

-

S

O

S

-

F

G

0

1

SOSIALE WETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS: GESKIEDENIS

Graad 9

A member of the FUTURELEARN group


Sosiale Wetenskappe Fasiliteerdersgids: Geskiedenis

1809-A-SOS-FG01

Í2)È-A-SOS-FG01~Î

Graad 9

Aangepas vir KABV

S Windell


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 SKEDULE EN TYDSBESTUUR .......................................................................................... 6 ASSESSERINGSVEREISTES .......................................................................................... 10 HULPBRONNE ................................................................................................................. 12 STUDIEWENKE EN -METODES ...................................................................................... 14 HOE OM BRONNE TE INTERPRETEER EN TE ONTLEED ............................................ 15 JAARBEPLANNING ......................................................................................................... 18 EENHEID 1: Die Tweede Wêreldoorlog (1939 – 1945) ................................................... 19 Les 1: Die opkoms van Nazi-Duitsland ................................................... 20 AKTIWITEIT 1: Memorandum ...................................................... 20 Les 2: Die Tweede Wêreldoorlog: Europa .............................................. 21 AKTIWITEIT 2: Memorandum ...................................................... 22 Les 3: Die Tweede Wêreldoorlog: Stille Oseaan .................................... 22 AKTIWITEIT 3: Memorandum ...................................................... 22 OEFENING 1: Memorandum ....................................................... 23 STUDEER / HERSIENING: ......................................................... 24 EENHEID 2: Die Kerntydperk en die Koue Oorlog ........................................................ 25 Les 4: Toenemende spanning tussen die Geallieerdes na die Tweede Wêreldoorlog in Europa ............................................................... 26 AKTIWITEIT 4: Memorandum ...................................................... 26 Les 5: Die einde van die Tweede Wêreldoorlog: Atoombomme en die aanvang van die Kerntydperk ...................................................... 26 AKTIWITEIT 5: Memorandum ...................................................... 26 Les 6: Definisie van die supermoondhede en die betekenis van “Koue Oorlog” ......................................................................................... 27 AKTIWITEIT 6: Memorandum ...................................................... 27 Les 7: Areas van konflik en wedywering tussen die supermoondhede in die Koue Oorlog ........................................................................... 27 AKTIWITEIT 7: Memorandum ...................................................... 27 Les 8: Die einde van die Koue Oorlog .................................................... 28 AKTIWITEIT 8: Memorandum ...................................................... 28 OEFENING 2: Memorandum ....................................................... 28 STUDEER / HERSIENING: ......................................................... 29 EENHEID 3: Keerpunte in die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis sedert 1948 ... 30 Les 9: Die universele verklaring van menseregte ná die Tweede Wêreldoorlog ............................................................................... 30 AKTIWITEIT 9: Memorandum ...................................................... 30 Les 10: Definisie van rassisme ................................................................. 31 AKTIWITEIT 10: Memorandum .................................................... 31 Les 11: 1948: Die Nasionale Party en apartheid ...................................... 31 AKTIWITEIT 11: Memorandum .................................................... 31

© Impaq

1


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

Les 12:

1950’s: Onderdrukking en niegewelddadige verset teen apartheid ...................................................................................... 32 AKTIWITEIT 12: Memorandum .................................................... 32 OEFENING 3: Memorandum ....................................................... 32 STUDEER / HERSIENING: ......................................................... 33 EENHEID 4: Keerpunte in die moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis: 1960, 1976 en 1990.............................................................................................................. 34 Les 13: 1960: Sharpeville-slagting en Langa-protesoptog ........................ 35 AKTIWITEIT 13: Memorandum .................................................... 35 Les 14: 1976: Die Soweto-opstand........................................................... 35 AKTIWITEIT 14: Memorandum .................................................... 35 Les 15: 1990: Die vrylating van Nelson Mandela en die opheffing van die verbod op bevrydingsbewegings ................................................. 36 AKTIWITEIT 15: Memorandum .................................................... 36 OEFENING 4: Memorandum ....................................................... 36 STUDEER / HERSIENING: ......................................................... 38 ADDENDUM A: WOORDELYS ......................................................................................... 39 BIBLIOGRAFIE ................................................................................................................. 42

© Impaq

2


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

JAARBEPLANNING EENHEID/ KWARTAAL 1

2

3

4

© Impaq

LES

BEGINDATUM

Les 1: Die opkoms van NaziDuitsland Les 2: Die Tweede Wêreldoorlog: Europa Les 3: Die Tweede Wêreldoorlog in die Stille Oseaan Les 4: Toenemende spanning tussen die Geallieerdes na die Tweede Wêreldoorlog in Europa Les 5: Die einde van die Tweede Wêreldoorlog: Atoombomme en die aanvang van die Kerntydperk Les 6: Definisie van die supermoondhede en die betekenis van “Koue Oorlog” Les 7: Areas van konflik en wedywering tussen die supermoondhede in die Koue Oorlog Les 8: Die einde van die Koue Oorlog (1989) Les 9: Die universele verklaring van menseregte na die Tweede Wêreldoorlog Les 10: Definisie van rassisme Les 11: 1948: Nasionale Party en apartheid Les 12: 1950s: Onderdrukking en nie-gewelddadige verset teen apartheid Les 13: 1960: Sharpevilleslagting en Langa-protesoptog Les 14: 1976: Die Sowetoopstand Les 15: 1990: Die vrylating Van Nelson Mandela en die ontbanning van vryheidsbewegings

18

EINDDATUM


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

Eenheid

1

EENHEID 1: Die Tweede Wêreldoorlog (1939 – 1945) LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • •

• •

Redes gee waarom die Verdrag van Versailles tot die Tweede Wêreldoorlog gelei het. Verstaan hoe die mislukking van die Republiek van Weimar en die Groot Depressie tot die opkoms van Hitler aanleiding gegee het. Identifiseer watter groepe Hitler vervolg het. Verduidelik en gee redes waarom die VSA by die Tweede Wêreldoorlog betrokke geraak het.

INLEIDING Duitsland is ná die Eerste Wêreldoorlog kwaai gestraf deur middel van die Verdrag van Versailles. Talle Duitsers het die Republiek van Weimar vir Duitsland se ekonomiese probleme verantwoordelik gehou. Die Groot Depressie het Duitsland swaar getref en sy ekonomie het in duie gestort. Baie mense het hulle tot Hitler en die Nazi-party gewend om Duitsland te red. Die Bemagtigingswet het Hitler in staat gestel om Duitsland in ’n fascistiese staat te omskep, en Nazi-Duitsland se aggressie jeens Europa het aanleiding gegee tot die Tweede Wêreldoorlog. Die Tweede Wêreldoorlog het ses jaar lank geduur. Ses miljoen Jode is tydens die oorlog vervolg en talle versetgroepe het teen die Nazi-regering in opstand gekom. Die Amerikaners het by die Tweede Wêreldoorlog betrokke geraak ná Japan se aanval op Pearl Harbour in 1941. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die wêreldorde verander, net soos dit ná die Eerste Wêreldoorlog die geval was. BELANGRIKE TERMINOLOGIE • • • • • • • • © Impaq

Republiek van Weimar Groot Depressie Bemagtigingswet Neurenbergwette Fascisme Menseslagting Verset Opstand 19


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

LES 1:

Eenheid

1

DIE OPKOMS VAN NAZI-DUITSLAND

Hierdie aktiwiteit kan in sy geheel gedoen word of dit kan afsonderlik, ná elke onderopskrif van Les 1, voltooi word. Die spotprent onder nr. 1 kan die grondslag vorm vir die les oor die Verdrag van Versailles. Die fasiliteerder kan die basiese stappe vir die ontleding van spotprente gebruik. Die hoofdoel van hierdie aktiwiteit is om vas te stel hoe Hitler en die Nazi's in Duitsland aan bewind gekom het. AKTIWITEIT 1: Memorandum 1.1 1.2

1.3 1.4 1.5.1 1.5.2 1.5.3 1.6

2.1 2.2 2.3.1

2.3.2 2.3.3 2.3.4

3.1 3.2

3.3.1 3.3.2

© Impaq

VSA – President Woodrow Wilson, Frankryk – President Clemenceau, Brittanje – Lloyd George (6) Woodrow Wilson – blywende vrede; Clemenceau – straf Duitsland; Lloyd George – wou nie Duitsland straf nie, maar die Britse volk het van hom geëis om dit te doen. (3) Duitsland moes volle verantwoordelikheid aanvaar vir die skade wat tydens die Eerste Wêreldoorlog aangerig is. (1) Die Republiek van Weimar. (1) Duitsland is gedwing om die vredesverdrag te teken sonder dat hy enige seggenskap daaroor gehad het. (2) Duitsland (1) Duitsland, want dit wys hoe Duitsland gedwing is om die vredesverdrag te teken, en die byskrif van die spotprent is in Duits. (2) Dit was nie regverdig nie omdat Duitsland nie uitgenooi is na die samesprekinge van die vredesverdrag nie, en die straf was streng. (2) Duitse Werkersparty (1) Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty of Nazi-party. (1) Die “Biersaal-Putsch” het op 8 November 1923 in München plaasgevind toe Hitler probeer het om die regering tot ’n val te bring. Die staatsgreep het misluk. (1) Hitler het ’n boek geskryf genaamd Mein Kampf (“My stryd”). (1) Die swastika-embleem van die Nazi-party. (1) Die SA (ook die stormtroepe of Bruinhemde genoem) is beveel om die vergaderings van politieke teenstanders te ontwrig en om Hitler teen wraakaanvalle te beskerm. (1) Werkloosheid en ’n swak ekonomie (1) Die Weimar-regering was polities uiters swak omdat die regering uit ’n koalisie van verskillende politieke partye bestaan het en hulle het met mekaar geargumenteer oor watter optrede nodig was betreffende verskillende krisisse, veral die ekonomiese krisis. (1) 3 000 000 (1) 6 100 000 (1)

20


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

3.3.3

4.1 4.2 4.3

5.1

5.2 5.3

6.1 6.2

6.3 6.4 6.5

Eenheid

Namate die ekonomie verswak het, het ondernemings en fabrieke toegemaak, wat werkloosheid tot gevolg gehad het.

1

(1)

Hulle het nog nie voor 1924 bestaan nie en Hitler wou die regering omverwerp. (1) Duitsland se ekonomie het verbeter en talle mense het van die regsgesinde groepe af wegbeweeg. (1) Duitsland het nog altyd sterk gewapende magte gehad; Duitsland moes dus herbewapen word. ’n Verbod moes op ander partye, insluitend die Kommunistiese Party, geplaas word. Duitsland moes Lebensraum hê om alle Duitssprekende lande en gebiede in Duitsland te verenig. Die Weimar-regering was swak en Hitler het die volk ’n sterk regering belowe wat die mense sou ondersteun. Dit was Hitler se idee dat die Duitsers die Ariese meesterras was. Hitler het ook welvarende nyweraars se ondersteuning gehad om sy idees regoor Duitsland te versprei. (5) Ingevolge dié wet is die Kabinet in staat gestel om vier jaar lank wetgewing aan te neem sonder dat dit eers deur die Reichstag goedgekeur hoef te word. (2) Die Führer of die leier. (1) Die Gestapo (geheime polisie) is gestig om enige teenstanders van Hitler en die Nazi-party te vernietig. (2) Jode, sigeuners, swart mense en Slawiese mense. (2) Dat die Duitsers bo ander rasse verhewe was, ’n meerderwaardigheidskompleks, rassisme en dat hul voorouers ander se meerderes was. (1) Dit lyk of dit ’n sukses was, want die leerders skryf oor hoe ’n Ariese persoon se voorkoms daar moet uitsien en hoe ander rasse lyk. (2) Kort, ronde gesig, plat neus, krullerige donker hare en donkerkleurige oë. (2) Aries en geen gemengde bloed nie. (2)

TOTAAL: 50 LES 2:

DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG: EUROPA

Ná hierdie les moet die leerder verduidelik waarom die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Alhoewel dit ’n sensitiewe onderwerp is, kyk ons die “Finale Oplossing” en die redes dat die Nazi’s die Jode uitgewis het. Nommer 2 van Aktiwiteit 2 is basiese kaartwerk sodat die leerder inligting kan verkry oor die konsentrasiekampe. In nommer 3 van aktiwiteit 2 moet die leerder ’n paragraaf skryf. Die leerder moet agtergrondkennis hê om oor die opstand in die Warschau-ghetto te skryf. © Impaq

21


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

Eenheid

1

AKTIWITEIT 2: Memorandum 1.1 1.2

1.3 2.1 2.2 2.3 2.4 3.1 3.2 3.3 3.4

Lewensruimte (1) Frankryk en Brittanje het in September 1938 gereageer met hul versoeningsbeleid in München en het Hitler toegelaat om hierdie grondgebiede te beset omdat Hitler aangedui het dat hy nie nog grond sou beset nie. (2) 3 September 1939 (1) Chelmno, Treblinka, Auschwitz Birkenhau, Belzec, Sobibor, Mujdanek. 13 Pole Vught, in Nederland Die verwydering of uitsetting van die Jode uit die ghetto uit. Sy is ’n Jood. Die Joodse mense het nie genoeg kos gekry nie/was uiters maer. Die paragraafantwoord kan op enige manier deur die leerder geïnterpreteer word. Die riglynantwoord verskyn in die handleiding onder die opskrif, “Die opstand in die Warschau-ghetto”.

(4) (1) (1) (2) (1) (1) (1)

(5)

TOTAAL: 20 LES 3:

DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG: STILLE OSEAAN AKTIWITEIT 3: Memorandum In hierdie aktiwiteit gaan die leerder inligting in die handleiding gebruik om die vrae te beantwoord. Ons kyk weer na basiese kaartvaardighede in hierdie aktiwiteit om inligting oor die uitbreiding van die Japannese Keiserryk te verkry. Die fasiliteerder kan die kaart as deel van die les gebruik. 1. 2. 3. 4. 5. 6.1 6.2

Hulle was uiters aggressief teenoor mekaar. (1) Natuurlike hulpbronne en die uitbreiding van die Keiserryk. (2) Hulle sou dan die oorheersende mag in die Stille Oseaan wees en kon hul ryk verder uitbrei. (2) Die VSA se vlootbasis in die Stille Oseaan was by Pearl Harbour geleë. (1) Hulle het oorlog teen Japan verklaar. (1) Mantsjoerye, China, Korea, Franse Indochina, Birma, Siam. (7) Maleisië, Nederlands-Indië, Nieu-Guinee, Solomoneilande (4)

TOTAAL: 18 © Impaq

22


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

Eenheid

1

OEFENING 1: Memorandum In hierdie oefening moet die leerder die bronne lees en dan die bronne ontleed en interpreteer ten einde die vrae te beantwoord. Die fasiliteerder kan die bronne vir Les 3 as deel van die les gebruik. Die leerders moet in hierdie oefening statistiese bronne interpreteer. 1. 2. 3.

4. 5.

6. 7.

8. 9.

Tenko Birma-Thailand-spoorlyn. Nee. Hulle het oorleef op ’n karige dieet van rys en groente. Die gevangenes het selde enige vet in hul dieet gekry en almal van hulle was voortdurend honger. Die meerderheid het oorleef op gort, groen bredie, vleis of vis een maal per maand en seewierbredie. 48 uur. Hulle is in kasernes gehuisves en moes gemeenskaplike areas gebruik om te bad, klere te was en te eet. Dit was vir almal ’n baie emosionele tyd. Party van die geïnterneerdes het gesterf weens ontoereikende mediese sorg en die hoë vlakke van emosionele spanning waaraan hulle gely het. 6 024 533 Hierdie twee lande het groot Joodse bevolkings gehad. Daar is ook groot getalle burgerlikes wat in dié twee lande vermoor is. Rusland

GEALLIEERDE LANDE Rusland China Joego-Slawië Pole Frankryk Groot-Brittanje VSA Griekeland TsjeggoSlowakye Nederland Filippyne België Finland Kanada Australië © Impaq

STERFGETALLE 27 miljoen 9,3 miljoen 1,66 miljoen 6,27 miljoen 595 000 495 000 413 000 410 000 322 000 249 000 118 000 99 000 80 000 39 000 35 000 23

SPILMOONDHEDELANDE Duitsland Italië Japan Bulgarye Roemenië Hongarye Oostenryk

(1) (1)

(3) (1)

(5) (1)

(2) (2)

STERFGETALLE 5,69 miljoen 430 000 2 miljoen 25 000 915 000 800 000 405 000


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

Albanië Indië Nieu-Seeland TOTAAL: 10.

Eenheid

30 000 25 000 17 000 17 673 000

1

6 145 000

(10) Want baie lande het vir ander lande geveg en die meeste veldslae is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in hierdie lande gevoer. (2) TOTAAL: 28

Die leerder moet TAAK 1 in die portefeuljeboek voltooi. Die doel van hierdie taak is om te sien hoe propaganda ’n rol in Nazi-Duitsland gespeel het. Die leerder moet ’n riglyn gebruik om die vrae te beantwoord en die visuele bronne te interpreteer.

STUDEER / HERSIENING: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12.

© Impaq

Die Verdrag van Versailles is op 28 Junie 1919 onderteken. Die Republiek van Weimar het van 1919 tot 1933 oor Duitsland geheers. Die Groot Depressie het 1929 begin en Duitsland is die ergste daardeur geraak. Hitler het in 1933 die Rykskanselier van Duitsland geword en het Duitsland in ’n fascistiese staat omskep. Die Bemagtigingswet het aan Hitler absolute mag verleen en hy het die Führer van Duitsland geword. Die Neurenbergwette is uitgevaardig en Jode is daarkragtens van hul regte as burgers van Duitsland ontneem. Die Tweede Wêreldoorlog het op 3 September 1939 uitgebreek as gevolg van Nazi-Duitsland se aggressie. Die Finale Oplossing – uitwissing van die Jode. Die Warschau-ghetto as voorbeeld van verset teen die Nazi’s. Die Tweede Wêreldoorlog het op 8 Mei 1945 in Europa geëindig. Japannese magte het Pearl Harbour op 7 Desember 1941 aangeval. Die VSA het op 8 Desember 1941 oorlog teen Japan verklaar en het by die Geallieerde magte aangesluit om Nazi-Duitsland en Japan te verslaan.

24


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

Eenheid

2

EENHEID 2: Die Kerntydperk en die Koue Oorlog LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • • •

Identifiseer die twee supermoondhede ná die Tweede Wêreldoorlog. Verstaan waarom die Koue Oorlog begin het. Verduidelik die verskil tussen kapitalisme en kommunisme. Verduidelik waarom daar ’n wapen- en ruimtewedloop was. Gee redes waarom die Berlynse muur gebou is. Verduidelik waarom die Sowjetunie ophou bestaan het.

INLEIDING Die Kerntydperk het begin toe die VSA die atoombom gedurende die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel het en dit op Japan laat val het. Rusland was aan die Geallieerdes se kant tydens die Tweede Wêreldoorlog, maar ná die oorlog was die Geallieerdes verdeeld oor OosEuropese lande. Die VSA en die Weste wou hê dat hierdie lande onafhanklik en vry van kommunisme moes wees, maar Rusland het geweier om hierdie lande af te staan en het gevolglik kommunistiese regerings daar gevestig. Die VSA wou graag die verspreiding van kommunisme keer. Die wedywering en spanning tussen die twee kante het aanleiding tot die Koue Oorlog gegee en dit het van 1945 tot 1989 geduur.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE • • • •

© Impaq

Kapitalisme Kommunisme Atoombom Supermoondhede

25


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

LES 4:

Eenheid

2

TOENEMENDE SPANNING TUSSEN DIE GEALLIEERDES NA DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG IN EUROPA AKTIWITEIT 4: Memorandum In hierdie aktiwiteit moet die leerder tussen die twee ideologieë van kapitalisme en kommunisme onderskei. 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8

Rusland/Kommunisme VSA/Kapitalisme Rusland /Kommunisme VSA/Kapitalisme Rusland /Kommunisme VSA/Kapitalisme VSA/Kapitalisme Rusland /Kommunisme

(1) (1) (1) (1) (1) (1) (1) (1)

2.

VSA – Truman; Rusland – Stalin

(2) TOTAAL: 10

LES 5:

DIE EINDE VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG: ATOOMBOMME EN DIE AANVANG VAN DIE KERNTYDPERK AKTIWITEIT 5: Memorandum In hierdie aktiwiteit moet die leerder bronne ontleed en interpreteer en ’n argument opbou deur ’n paragraaf te skryf om aan te dui of dit reg was dat hierdie atoombomme op Japan laat val is. 1.

2. 3.

Toshiko Saski – vergruisde been en loop mank. Ander slagoffers – stukkies vel wat van hul arms afhang/hare wat afgeskroei is. Nakamura – bestralingsiekte. (6) Die hele stad is vernietig en alles was aan die brand. (2) Die leerder moet eers saam met die vraag stem of daarvan verskil en dan, deur die tabel onder 5.3 te raadpleeg, redes vir sy/haar antwoord gee. (4) TOTAAL: 12

© Impaq

26


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

LES 6:

Eenheid

2

DEFINISIE VAN DIE SUPERMOONDHEDE EN DIE BETEKENIS VAN “KOUE OORLOG” AKTIWITEIT 6: Memorandum Hierdie aktiwiteit dra by tot die jaarpunt. In hierdie aktiwiteit gaan die leerder inligting in die handleiding gebruik om die vrae te beantwoord. 1. 2. 3. 4. 5.

’n Land wat ’n oorheersende posisie op internasionale gebied inneem en in staat is om gebeure wêreldwyd te beïnvloed. (2) Albei kante sou mekaar deur kernoorlogvoering vernietig het. (2) Stuitingsbeleid (1) Die wapenwedloop, die ruimtewedloop, propaganda, sport, spioenasie, ekonomiese hulp. (4) 44 jaar lank. (1) TOTAAL: 10

LES 7:

AREAS VAN KONFLIK EN WEDYWERING SUPERMOONDHEDE IN DIE KOUE OORLOG

TUSSEN

DIE

AKTIWITEIT 7: Memorandum In hierdie aktiwiteit gaan die leerder inligting in die handleiding gebruik om die vrae te beantwoord en om die korrekte feite vir die stellings te verkry. 1.1 1.2 1.3 1.4

1.5 1.6

2.1 2.2 © Impaq

Op 12 April 1961 word die kosmovaarder Yuri Gagarin die eerste man in die ruimte. (1) Toe die maanlanding plaasgevind het, was Richard Nixon die Amerikaanse president. (1) Die eerste dier wat in 1957 om die aarde gewentel het, was Laika, die ruimtehond. (1) President Kennedy het in 1961 gesê dat die VSA voor die einde van die 1960’s ’n man op die maan sou sit en hom veilig sou terugbring aarde toe. (1) Die Amerikaanse ruimteprogram wat geloods is om die VSAruimtevaarders maan toe te stuur, is Apollo 11 genoem. (1) Op 20 Julie 1969 het drie Amerikaanse ruimtevaarders (Armstrong, Aldrin en Collins) die maan bereik. (1) Die Berlynse lugbrug. A – President Truman; B – Joseph Stalin Die VSA en Rusland was die twee supermoondhede ná die oorlog. 27

(3) (2)


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

2.3

2.4 2.5

Eenheid

2

Berlyn. Die VSA wil graag vir Wes-Berlyn kapitalisties hou en die verspreiding van kommunisme verhinder. Rusland wil graag die hele Berlyn besit en nie net Oos-Berlyn nie. (1) ’n Atoombom. (1) Albei leiers was bevrees dat hierdie voorval op ’n volskaalse oorlog sou uitloop, en Stalin het geweet dat die VSA ’n atoombom het wat hulle reeds op Japan gebruik het. (2) TOTAAL: 15

LES 8:

DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG AKTIWITEIT 8: Memorandum Hierdie aktiwiteit dra by tot die jaarpunt. In hierdie aktiwiteit gaan die leerder inligting in die handleiding gebruik om die vrae te beantwoord. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Mikhail Gorbachev Glasnost en Perestroika. Glasnost – oopheid; Perestroika – herstrukturering 15 Rusland 24 Desember 1991 Boris Yeltsin

(1) (2) (2) (1) (1) (2) (1) TOTAAL: 10

OEFENING 2: Memorandum Hierdie aktiwiteit dra by tot die jaarpunt. Die leerder moet bronne ontleed en interpreteer deur hul vroeë kennis van Eenheid 2 hier toe te pas. 1. 2. 3. 4. 5.

© Impaq

Nikita Khrushchev. (1) Hy het die Oos-Duitsers aangemoedig om Wes-Berlyn te isoleer deur ’n muur daarom te bou. (2) Dit is die hoofkleur van die Russiese vlag en die kleur rooi word altyd met kommunisme geassosieer. (2) Kommunisme (1) Rusland. Die hamer en sekel op die seekatkop, en die seekat lyk soos Stalin. (2)

28


Fasiliteerdersgids G09 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskienenis

6. 7. 8.

9. 10. 11. 12.

Eenheid

2

Dat die kommunisme die wêreld wil oorneem en die kommunistiese ideologie na ander lande wil uitbrei. (2) Ja, dit is bevooroordeeld omdat dit in die VSA geproduseer is wat antikommunisties is. (2) Tydens ’n krisis was die gevaar daar dat die spanning daartoe kon lei dat albei kante hul kernmissiele sou lanseer, wat ’n kernoorlog sou laat uitbreek het. (1) Om die spanning en konflik tussen die twee lande te simboliseer asook hoe elke land die wêreld wil oorheers. (2) Dat as die spanning tussen die twee lande nie uit die weg geruim sou word nie, dit tot ’n kernoorlog sou lei, wat die wêreld sou vernietig. (2) Die wapenwedloop (1) JF Kennedy (2) TOTAAL: 20

STUDEER / HERSIENING: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

© Impaq

Spanning het ná die Tweede Wêreldoorlog tussen die Geallieerde lande ontwikkel. Atoombomme is op Japan laat val. Die Tweede Wêreldoorlog eindig September 1945 nadat Japan sy wapens neergelê het. Die Kerntydperk het toe ’n begin. ’n Koue Oorlog het tussen die VSA en Rusland ontstaan. ’n Wapenwedloop en ruimtewedloop het tussen die twee supermoondhede ontstaan. Berlyn het die fokuspunt van die Koue Oorlog in Europa geword. Die Koue Oorlog het in 1989 geëindig. Rusland het in 1991 ontbind en 15 nuwe, onafhanklike republieke het tot staan gekom.

29

Gr 9-Sosiale Wetenskappe-Fasiliteerdersgids Geskiedenis 1  
Gr 9-Sosiale Wetenskappe-Fasiliteerdersgids Geskiedenis 1