Skeppende Kunste

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07

Eenheid
Eenheid 4: Visuele Kunste en visuele geletterdheid: Die kunste as erfenis en die rol van die kunstenaar in
Les 4.1: Visuele geletterdheid: Beeldende kunsdissiplines en die
Visuele geletterdheid: Navorsingsbevindings (Onderwerp 3) – 1 uur ...........................................................................................................
Eenheid 5: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media ......................... 34
Les 5.1: Ontwikkeling
Eenheid 8: Visuele Kunste: Die gebruik van kunselemente en ontwerpbeginsels om kuns te skep en te waardeer.................................................................................44
Les 8.2: Skep in 2D: Ontwerp ’n logo (Onderwerp 1) – 2 uur ................................ 48
Eenheid 9: Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; liggaam en stem ............. 50
Les 9: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min. ............ 50
Eenheid 10: Visuele Kunste: Visuele geletterdheid en skepping in 2D; drukgrafika 53
Les 10.1: Visuele geletterdheid: Drukgrafika (Onderwerp 3) – 1 uur
Les 10.2: Skep in 2D: Maak ’n krapbord (Onderwerp 1) – 4 uur 54
Eenheid 11: Drama: Drama-elemente in toneelskepping; waardering en besinning oor ’n opvoering .......................................................................................................
Les 11.1: Drama-elemente in toneelskepping (Onderwerp 2) – 7 uur .............. 58
Les 11.2: Waardering en besinning oor ’n opvoering (Onderwerp 4) – 30 min.
Leselemente
Elke eenheid bestaan uit die volgende leeraktiwiteite:
y ’n Uitdaging
y Inhoud
y Aktiwiteite om die uitdaging op te los
Dit behels ook:
y Leerdoelwitte
y Definisies
y Verrykende aktiwiteite (Vir die nuuskieriges)
y Opsommings
y Aktiwiteite vir selfassessering
Ikone


Leerdoelwitte Vir die nuuskieriges

Aktiwiteit
Inleiding
Die vak Skeppende Kunste bied blootstelling aan ’n reeks kunsvorms. Die doel van Skeppende Kunste is om leerders as kreatiewe en verbeeldingryke individue te ontwikkel deur al die sintuie, die liggaam en die verstand te gebruik. Hierdie vak behels verskeie skeppende en verbeeldingryke aktiwiteite.
Skeppende Kunste laat die leerders toe om ’n waardering vir die wyer kunsspektrum te ontwikkel. Dit skep ook die geleentheid om basiese kennis en tegnieke te verken deur die deelname aan kunsaktiwiteite wat leerders kan voorberei vir verdere studie in die kunsvorm van hul keuse in Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-fase). Impaq bied aan leerders die geleentheid om Dramatiese Kunste en Visuele Kunste in graad 10 tot 12 te neem. Daarom bestudeer ons slegs hierdie twee kunsvorme in graad 7 tot 9.
Die spesifieke doelstellings van Skeppende Kunste is om:
y Skeppende individue te ontwikkel.
y Die leerders aan dramatiese en Visuele Kunste bloot te stel.
y Basiese kunsopvoeding aan die leerders te bied.
y Kunstalent en aanleg te ontwikkel.
y Die leerders met die nodige basiese vaardighede vir verdere studie in Skeppende Kunste toe te rus.
y Bewustheid van kuns en verskillende kulture te ontwikkel.
y Die leerders aan verskeie loopbane in kuns bloot te stel.
y Kunsgeletterdheid en kunswaardering te ontwikkel.
y Lewensvaardighede te ontwikkel.
Die teoretiese en praktiese aspekte van hierdie vak hou verband met mekaar en word nie as afsonderlike afdelings beskou nie. Dit word wel afsonderlik geassesseer.
Skeppende Kunste fokus op:
Drama fokus op:
y Ontwikkeling van dramavaardighede: Stemontwikkeling; die gebruik van die stem; manipulering, kontrole en modulasie.
y Ontwikkeling van dramavaardighede: Fisieke ontwikkeling; opwarmings-oefeninge en ’n bewustheid van hoe die liggaam in toneelspel asook fisieke karakterisering gebruik word.
y Drama-elemente en hoe dit in toneelskepping gebruik word om kulturele gebeure met mekaar te verbind, ook die benutting van die speelruimte en tegniese elemente.
y Interpretasie en opvoeringstegnieke.
y Media en stereotipering.
y Om ’n waardering te kweek vir die prosesse rondom toneelskepping en opvoerings deur daaroor te besin en vakterminologie en konstrukte te gebruik.
Visuele Kunste fokus op:
y Kunswaardering: om die kennis en verwysing van verskeie historiese kunsbewegings, kunstenaars en kunswerke uit te brei.
y Kunselemente en ontwerpbeginsels; waarneming, identifisering, beskrywing en toepassing van kennis deur vakterminologie en konstruksie.
y Skep in 2D; waarneming en interpretasie van die wêreld deur middel van skilderkuns en tekeninge.
y Skep in 3D; waarneming en interpretasie van die wêreld deur middel van konstruksie en modelleringstegnieke.
Skeppende Kunste fokus op die volgende onderwerpe:
y Drama:
Onderwerp 1: Ontwikkeling van dramavaardighede
Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping
Onderwerp 3: Interpretasie en opvoering van ’n keuse van dramavorms
Onderwerp 4: Waardering en besinning
ష
Onderwerp 5: Media en loopbane
y Visuele Kunste:
Onderwerp 1: Skep in 2D
Onderwerp 2: Skep in 3D ష
Onderwerp 3: Visuele geletterdheid
Die vakmateriaal en verwante assesseringselemnte is gebaseer op die temas en bepalings soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit.
Rooster en tydsbestuur
Kuns moet as ’n proses gesien word en dit geld vir beide Visuele Kunste en Drama. Die fasiliteerder en leerders moet ’n skedule uitwerk wat genoeg tyd inruim om kunswerke te skep, om te repeteer, te oefen en te besin. Twee uur per week word aan Skeppende Kunste toegeken. Die eenhede vir Drama en Visuele Kunste wissel mekaar af en die uitkomste word aan die begin van elke eenheid duidelik uiteengesit. Daar word van die leerders en die fasiliteerder verwag om elke week tyd aan Skeppende Kunste te bestee. Die eenhede is ontwerp om saam te werk en nie om op mekaar te volg nie. So kan eenheid 1 (Drama) en eenheid 2 (Visuele Kunste) beide in die eerste week begin word en dan oor tyd ontwikkel.
Die eenhede moet as volg afgehandel word:
Kwartaal 1: Eenheid 1 – 4
Kwartaal 2: Eenheid 5 – 8
Kwartaal 3: Eenheid 9 – 12
Kwartaal 4: Eenheid 13 – 16
Die voorgestelde tydstoedeling vir Skeppende Kunste graad 9
Aantal eenhede per jaar 16 eenhede/jaar
Aantal weke in graad 9 om die vakinhoud te bestudeer 40
Tydsduur van elke eenheid
Fasiliteerder bepaal tydsduur. Vier eenhede per kwartaal: 2 x Visuele Kunste 2 x Drama
Aantal eenhede (finale assessering, hersieningstyd uitgesluit) 16
Voorgestelde tydstoedeling per eenheid
Aantal lesse per eenheid
Tydsduur van elke les
Fasiliteerder bepaal tydstoedeling. 20 uur per kwartaal = 5 uur per eenheid
Eenhede verskil (2 – 4 lesse per eenheid)
Voorstel: 1 – 2 uur. Fasiliteerder bepaal die behoefte.
Totale voorgestelde tydstoedeling per jaar 80
Weeklikse skedule
Die voorgestelde weeklikse skedule van temas vir die volle graad 9-program
1.
2.
3.
4.
Voorgestelde bykomende leeswerk
The Essential Theatre (11th edition) deur Oscar G. Brockett, Robert Ball, John Fleming, Andrew Carlson.
200 Projects To Get You Into Art School deur Valerie Colston
Enige ander boeke of elektroniese bronne oor Visuele Kunste of Drama. Die handleiding het verwysings na internetskakels oor al die onderwerpe wat bespreek word.
Dit word sterk aanbeveel om kunsuitstallings, rolprente, TV-reekse, teaterproduksies en kunstefeeste se resensies te lees.
Hulpbronvereistes
Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi:
y Impaq-handleiding
y Impaq-portefeuljeboek
y Junie-eksamen
y Novembereksamen
y Kunsmateriale en verbruikbare items
y Toepaslike ruimte om kuns te skep (buite-area, studio, studeerkamer of ander aangewese ruimte)
y Toepaslike ruimte vir opvoerings (buite-area, skoolsaal, gemeenskapsaal, kerksaal of sitkamer)
y Gemaklike, toepaslike en beskermende klere
Inhoud en beplanning
Inhoud
Die handleiding is ontwerp om die nodige inligting aan die fasiliteerder en die leerders te verskaf en hulle aan elke onderwerp soos voorgeskryf deur die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) bloot te stel. Dit is belangrik dat jy vertroud is met die inhoud van elke les en eenheid en dat jy die uitkomste van elke les verstaan. Werk eers deur die agtergrondinligting en doen dan die praktiese en teoretiese aktiwiteite. Gebruik die handleiding saam met die fasiliteerdersgids en die voorgestelde elektroniese bronne om die lesse voor te berei. Gebruik prente, video’s, uitstappies en besprekings om die vak interessant te maak. Moedig die leerders aan en betrek hulle by die leerproses en stap saam met hulle om die wonder van Visuele Kunste en Drama te ontdek.
Beplanning
Die sukses van hierdie vak berus op deeglike beplanning. Werk deur die jaarplan en sorg dat jy die doelwitte, uitkomste, aktiwiteite en behoeftes verstaan. ’n Kunswerk of toneelstuk kan nie in een les saamgestel word nie. Die tydsduur, voorbereiding en navorsing sal van les tot les verskil. Kuns, hetsy Visuele Kunste of drama, is ’n skeppende proses. Moedig die leerders aan om hul eie kreatiwiteit te ontdek en te ontwikkel deur deeglik te beplan. Vat die leerders na ’n kunsgalery en gaan kyk na teaterproduksies sodat hulle hul kennis en ervaring op die aktiwiteite kan toepas. Gesels ook gereeld met die leerders oor kuns, kunswerke, teaterproduksies, TV en rolprente. Sorg dat hulle die nodige materiale en ’n geskikte ruimte het om hul volle potensiaal te ontdek.
Bespreek die uitdaging aan die begin van elke les en gee die leerders genoeg tyd om deur die inhoud te werk. Die moontlike oplossings vir die uitdaging kan dan aan die einde van die les bespreek word. Maak seker dat dit wel in hierdie volgorde geskied en nie al tydens die aanvang van die les nie. Leerders sal ’n meer sinvolle leerervaring hê as hulle tyd het om oor die inhoud van elke les te besin en om die impak van die aktiwiteite te ervaar en hul eie waarnemings te maak.
Hou rekord
Vir Visuele Kunste is dit belangrik dat die leerders hulle kunswerke, insluitend voorsketse en ander voorbereidingskunswerke, op ’n veilige plek bêre. ’n A3-plastieklêer behoort voldoende te wees. Skryf datums op die finale kunswerke en monteer dit om dit netjies te hou en hul leeftyd te verleng. Neem ook foto’s van die kunswerke en stoor dit elektronies. Vir Drama kan die leerders foto’s neem en video’s en klankgrepe (sound clips) opneem en elektronies stoor.
Assessering
Dit is soms ingewikkeld om kunswerke te beoordeel. Voordat enige kunswerk, opvoering of besinningsaktiwiteit geassesseer word, kyk weer na die doel van die les en die eenheid. Gebruik die voorgestelde rubrieke om die assesseringsproses te vergemaklik. Dit is beslis nie die enigste manier om kunsuitsette te assesseer nie, maar bied ’n basiese raamwerk om van te werk. Dit gee die fasiliteerder die geleentheid om die leerders se werk krities te evalueer om positiewe en goed deurdagte terugvoering te kan gee.
Voorbeeld van ’n assesseringsrubriek: Visuele Kunste
Assesseringskriteria
Navorsing: Die leerder het verskeie bronne geraadpleeg en dit toegepas deur verskeie idees en konsepte voor te lê. Die leerder kan sy of haar kunsuitsette staaf of verdedig.
Tegniese komponente: Die leerder toon tegniese aanleg deur hulpbronne suksesvol te gebruik en ook die toepaslike kunsmedia, -tegnieke en -prosesse in te span.
Kreatiewe proses: Die leerder het die kunselemente, ontwerpbeginsels, die boodskap van die kunswerk en die kulturele belang en impak op die samelewing doelgerig beplan.
Voorlegging: Die leerder het ’n kreatiewe, verbeeldingryke en oorspronklike kunswerk voorgelê. Die finale uitset is in lyn met die projekplan en dui op toepassing en ’n positiewe poging.
Persoonlike groei: Die leerder toon voortgesette persoonlike groei en ’n dieper waardering vir die skeppende proses en tegniese moontlikhede.
Nie bereik nie (0)
Voldoende bereik (1) Uitstekend bereik (2)
Voorbeeld van ’n assesseringsrubriek: Drama
Assesseringskriteria
Navorsing: Die leerder het verskeie bronne geraadpleeg en dit toegepas deur verskeie idees en konsepte voor te lê. Die leerder kan sy of haar drama-uitsette staaf of verdedig.
Tegniese komponente: Die leerder toon tegniese aanleg deur hulpbronne suksesvol aan te wend en gebruik ook die toepaslike drama- en opvoeringstegnieke en -prosesse. [Die assesseerder kan verskeie elemente uitlig, bv. stemgebruik (toonhoogte, tempo, infleksie, pouses, modulasie, uitspraak, projeksie, ens.), gebruik van die liggaam (doelbewuste beweging, ruimtelike bewustheid, vaslê van bewegings, vloei, ens.) en tegniese elemente (doeltreffende gebruik van rekwisiete, kostuums, grimering, beligting, ens.)].
Kreatiewe proses: Die leerder het die drama-elemente, die opvoering en die kulturele belang en impak op die samelewing doelgerig beplan.
Voorlegging: Die leerder se voorlegging is afgerond, kreatief, verbeeldingryk en oorspronklik. Die finale uitset stem ooreen met die projekplan. Daar is moeite gedoen en die toepassing is sinvol.
Persoonlike groei: Die leerder toon voortgesette persoonlike groei en ’n dieper waardering vir die skeppende proses en tegniese moontlikhede.
Nie bereik nie (0) Voldoende bereik (1) Uitstekend bereik (2)
Voorbeeld van ’n assesseringsrubriek: Geskrewe besinning
Assesseringskriteria
Fokus: Die doel van die essay/mondelinge bespreking is duidelik. Dit wys dat die leerder deeglik navorsing gedoen het en insig van die inhoud en konteks toon.
Organisasie: Die leerder se geskrewe besinning is aangrypend en georden. Dit bestaan uit ’n inleiding met ’n verstaanbare verduideliking, doeltreffende oorgang (wat die inhoud en konteks ondersoek) en ’n sinvolle gevolgtrekking.
Inhoud: Die leerder verstaan die inhoud en toon ’n selfreflekterende analise wat deur detail ondersteun word. Die leerder gebruik die gegewe inligting en brei daarop uit.
Voorlegging: Die leerder se geskrewe voorlegging is afgerond, kreatief, verbeeldingryk en oorspronklik. Die taal, woordkeuses en sinskonstruksie is gesofistikeerd.
Persoonlike groei: Die leerder toon volgehoue persoonlike groei met betrekking tot geskrewe of mondelinge besinning en ’n dieper waardering vir die skeppende proses.
Nie bereik nie (0) Voldoende bereik (1) Uitstekend bereik (2)
Inhoud Teikendatum*
Eenheid 1: Drama
1.1Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)
1.2Die media en loopbane (1 uur)
Eenheid 2: Visuele Kunste
2.1 Visuele geletterdheid: Kunselemente en ontwerpbeginsels wat vir kunswaardering en -skepping gebruik word (1 uur)
2.2Skep in 2D: Skilder (4 uur)
Eenheid 3: Drama
3.1Drama-elemente in toneelskepping (5 uur, 30 minute en repetisietyd)
3.2Waardering en besinning (1 uur en eie navorsingstyd)
Eenheid 4: Visuele Kunste en visuele geletterdheid
4.1 Visuele geletterdheid: Beeldende kunsdissiplines en die kunste as erfenis (2 uur)
4.2 Visuele geletterdheid: Die rol van die kunstenaar in die samelewing (2 uur)
4.3Visuele geletterdheid: Navorsingsbevindings (1 uur)
Eenheid 5: Drama
5.1Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)
5.2Die media: Stereotipes in rolprente (2 uur en eie navorsingstyd)
Eenheid 6: Visuele Kunste
6.Skep in 3D: Konstruksie (4 uur)
Eenheid 7: Drama
7.Interpretasie en opvoering van ’n keuse van dramatiese vorms (5 uur, 30 minute en repetisietyd)
Eenheid 8: Visuele Kunste
8.1Skep in 2D: Skilder ’n stillewe (4 uur)
8.2Skep in 2D: Ontwerp ’n logo (2 uur)
Eenheid 9: Drama
9.Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week)
Eenheid 10: Visuele Kunste
10.1 Visuele geletterdheid: Drukgrafika (1 uur)
10.2Skep in 2D: Maak ’n krapbord (4 uur)
Eenheid 11: Drama
11.1Drama-elemente in toneelskepping (7 uur en repetisietyd)
11.2Waardering en besinning oor ’n opvoering (30 minute)
Eenheid 12: Visuele Kunste
12.1Visuele geletterdheid: Popkultuur en popkuns (1 uur)
12.2Skep in 2D: Skep ’n popkultuurkunswerk (4 uur)
Eenheid 13: Drama
13.Ontwikkeling van dramavaardighede (15 minute per week) Sample
Eenheid 14: Visuele Kunste
14.1Visuele geletterdheid: Toneelpoppe (1 uur)
14.2Skep in 3D: Maak ’n marionet (4 uur)
Eenheid 15: Drama
15.1Interpretasie en opvoering: Radiodrama (7 uur en repetisietyd)
15.1Waardering en besinning oor ’n opvoering (30 minute)
Eenheid 16: Visuele Kunste
16.1Skep in 2D: Figuurtekeninge (5 uur)
Hersiening
Sample
*Voltooi die teikendatum vir elke les volgens jou jaarplan vir die vak. Neem kennis dat die inhandigingsdatums van die formele assessering, soos in die portefeuljeboek vervat, streng nagekom moet word.
Eenheid 1
Drama: Ontwikkeling van dramavaardighede; die media en loopbane
Die opwarmings- en afkoelingsoefeninge om die liggaam en stem vir opvoerings voor te berei wat in graad 7 en 8 behandel is, word in hierdie eenheid hersien. Akteurs moet die oefeninge ken en toepas om hulle konsentrasie te verbeter, om beserings te voorkom, om stres en angs te beheer, om vir toneelspel voor te berei en om die beste moontlike opvoering te verseker.
Die eenheid ondersoek ook die sepie (soap opera) as televisiegenre en hoe dit as kommunikasie-kanaal in die media gebruik word.
Hierdie les kan nie eenmalig gedoen word nie. Dit moet weekliks geoefen en herhaal word. Dit is veral belangrik om die opwarmingsoefeninge voor ’n opvoering te doen. Spandeer minstens 15 minute per week hieraan.

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie eenheid moet die leerders: y die doel van opwarmings- en afkoelingsoefeninge kan verduidelik y ’n opwarmingsroetine kan ontwikkel en dit suksesvol uitvoer y ’n afkoelingsroetine kan ontwikkel en dit suksesvol uitvoer
y asemhaling kan reguleer
y fisieke opwarmingsoefeninge kan uitvoer
y die terme “media” en “massamedia” kan verduidelik y die sepie (soap opera) as genre kan identifiseer y geykte karakters (stock characters) en hul stereotipiese eienskappe kan identifiseer
Les 1.1: Ontwikkeling van dramavaardighede (Onderwerp 1) – 15 min.
Inleiding
Hierdie les fokus daarop om die leerders se stemme en liggame voor ’n opvoering op te warm. Soos met enige fisieke aktiwiteit, is dit belangrik om die liggaam voor te berei en te kondisioneer om optimaal te funksioneer.
Opwarmingsoefeninge kan beserings voorkom, dit help akteurs om beter te konsentreer en berei hulle voor vir die taak wat voorlê. Moedig die leerders aan om opwarmingsoefeninge saam met hulle medeakteurs te doen om die band en kommunikasie tussen hulle te versterk.
Afkoelingsoefeninge sal die leerders se liggame en stemme help om te herstel en te herlaai. Dit help hulle ook om te bedaar en al die stres en verhoogde emosies te ontlaai wat tydens die opvoering opgebou het.
Onderwerp 1 in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Skeppende Kunste verwys na die ontwikkeling van drama vaardighede. Die les moet binne 15 minute afgehandel word, maar moet elke week – en veral voor opvoerings – herhaal word.
Opsomming
’n Akteur moet altyd goed voorberei vir enige opvoering. Die leerders moet vertroud wees met die terme, bewegings en ruimtelike oriëntasie. Hulle moet ook gefokus wees. Liggaamen stemopwarmingsoefeninge help die akteur om fisiek en psigies voor te berei en om al die sintuie te verskerp. Dit verseker ook dat die liggaam en stem gereed is vir die opvoering en om moontlike beserings te voorkom. Hierdie oefeninge help om spanning en angs te verlig. Dit is belangrik om ná ’n opvoering te ontlaai en van spanning en opgeboude energie ontslae te raak.
Laat selfassessering toe
Kyk hoe die leerders se liggame en stemme op opwarmingsoefeninge en afkoelingstegnieke reageer.
y Die leerders doen ’n klein eksperiment.
y Hulle dra ’n kort monoloog of gedig aan die klas, ’n vriend, hul gesin of fasiliteerder voor sonder om op te warm.
y Daarna moet hulle hul gevoelens neerskryf:
ష Hoe het die opvoering verloop?
ష Het jy enige foute gemaak?
ష Hoe voel jou liggaam ná al die opwinding? Is jou asemhaling rustig of gejaagd?
Vra ook die gehoor se terugvoering.
y Die leerders moet weer die gedig of monoloog op ’n ander dag voordra. Hierdie keer moet hulle eers ten minste 15 minute aan opwarmingsoefeninge spandeer.
y Aan die einde moet hulle weer neerskryf hoe hulle gevoel het en hoe die opvoering verloop het. Hulle kan hul notas vergelyk en bepaal of die opwarmingsoefeninge ’n invloed op die gehalte van hul opvoering gehad het – was hulle meer gefokus, meer voorbereid en minder angstig?
Sample
Help die leerders met die opwarmings- en afkoelingsoefeninge vir die liggaam en stem. Hierdie soort oefeninge werk die beste as dit saam met iemand gedoen word. Kyk na die video’s soos in die handleiding uiteengesit. Motiveer die leerders om te besin oor die aktiwiteite en notas te maak; ’n paragraaf is voldoende. Hulle kan ook die gehoor se terugvoering neerskryf.
Los die uitdaging op
LEERDERS MOET DIE UITDAGING OPLOS
Hoe kan ’n akteur tydens ’n opvoering normaal asemhaal?
Wanneer jy toneel speel, moet jy ’n klomp verskillende faktore in ag neem: jou eie opvoering, verskeie tegniese elemente en om al jou woorde en bewegings te onthou. Dan moet jy ook jou medeakteurs en die gehoor in ag neem.
Asemhaling moet glad nie in die pad van goeie toneelspel staan nie. Dit is belangrik dat die akteur deeglik voorberei om ’n goeie opvoering te lewer – dit sal altyd ’n opwarmingsroetine insluit. Die oefeninge sal nie net die akteur se konsentrasie verbeter nie, maar verseker ook dat daar genoeg suurstof in die brein is om optimaal te funksioneer. Die opwarmingsoefeninge berei ook die liggaam voor om onder stres te funksioneer.
Les 1.2: Die media en loopbane (Onderwerp 5) – 1 uur
Inleiding
Hierdie les handel oor die sepie (soap opera) as televisiegenre en hoe dit as kommunikasiekanaal in die media gebruik word.
Onderwerp 5 in die KABV verwys na die media en loopbane. Die les moet verkieslik binne een uur afgehandel word en sluit eie navorsingstyd uit.

Vir die nuuskieriges
Sample
Kyk ’n paar episodes van enige Suid-Afrikaanse sepie of telereeks en kyk of jy die geykte karakters (stock characters) en scenario’s kan identifiseer. Bepaal dan hoe en waarom die karakters in die sepie gebruik word.
Wenke vir die fasiliteerder
Sorg dat die leerders ’n sepie kyk en bespreek dan die karakters saam met hulle. Gebruik dramaterminologie soos newekarakters, plat karakters, ens. Motiveer die leerders om hierdie soort karakters in ander media te identifiseer, byvoorbeeld in rolprente of selfs mense waarmee hulle te doen kry