Gr 9-Lewensoriëntering-Handleiding

Page 1


Graad 9 • Handleiding Lewensoriëntering

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensoriëntering

Handleiding

Graad 9

SAMPLE

Aangepas vir KABV
LM van der Walt

VOORWOORD

Die handleiding is opgestel om aan die KABV-vereistes te voldoen. Elke les het ’n tydstoedeling sodat jy jou werk kan beplan. Die tydstoedeling vir Lewensoriëntering is twee ure per week Die Liggaamsopvoedingsafdeling is agter in die handleiding geplaas. Jy moet ten minste twee ure per week aan liggaamsopvoeding spandeer.

Elke les is verdeel in duidelike onderafdelings. Aan die einde van elke les is daar aktiwiteite en oefeninge wat jy moet voltooi. Die opdragte berei jou voor vir die eksamens en toetse en gee jou ’n idee of jy die werk onder die knie het.

Geen aktiwiteit in die handleiding is vir formele assessering nie. Verwys asseblief na die portefeuljeboek vir alle formele assesserings. Hieronder is ’n kort opsomming van die assessering.

KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4

Taak 1

Skriftelike Taak

Taak 2 Junie-eksamen

3

Novembereksamen

1

2

3

JAARPLAN

1 Lewenstylkeuses

2 Seksuele gedrag en seksuele gesondheid

3 Tydsbestuursvaardighede

4 Kwessies wat verband hou met burgerregte en -verantwoordelikhede

5 Grondwetlike waardes en Rolmodelle

6 Beskikbare opsies nadat graad 9 voltooi is

7 Loopbane en vakkeuses

8 Konsep: vrywillige diens

9 Gesondheids- en veiligheidskwessies wat verwant is aan Geweld

4 10 Verskaffers van studie- en loopbaanbefondsing

SAMPLE

11 Bydraes van verskillende religieë tot die bevordering van vrede.

12 Sportetiek in alle fisiese aktiwiteite

13 Uitdagende situasies: Depressie, hartseer, verlies, trauma en krisis

LIGGAAMS-

OPVOEDING

Eenheid 5

KWARTAAL

1

2

3

4

Veiligheidskwessies wat verband hou met fiksheidsaktiwiteite

Deelname aan aktiwiteite wat die liggaamlike gesondheidsvlak verbeter.

Veiligheidskwessies wat verband hou met sportdeelname.

Deelname aan en uitvoering van ’n spelplan vir individu of ’n spansport.

Veiligheidskwessies wat verband hou met bewegingsaktiwiteite.

Deelname en afronding van eie en portuurgroep se uitvoering van bewegingsaktiwiteite.

Veiligheidskwessies wat verband hou met buitelug ontspanningsprogramme

Deelname en uitvoering van beweging tydens ’n buitelugontspanningsprogram: STAP EN VOETSLAAN.

EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk

LEERDOELWITTE:

Nadat die eenheid voltooi is moet die leerder:

 Die invloed van die media, omgewing, vriende, gesin, kultuur en religie op persoonlike lewenstylkeuses identifiseer.

 Ingeligte besluitnemingvaardighede kan toepas.

 Selfversekerd en selfgeldend kan optree.

 Risikofaktore wat kan lei tot ongesonde seksuele gedrag kan identifiseer.

 Die gevolge van ongesonde seksuele gedrag kan herken.

 Strategieë implementeer om ongesonde seksuele gedrag te hanteer.

 Bewus te wees van plekke waar hulp ontvang kan word.

 Vaardighede ontwikkel om hul werk te kan bestuur en tyd doeltreffend kan benut.

 Te kan lees en skryf vir verskillende redes.

INLEIDING

Dit is belangrik vir die leerder om die lewensvaardighede wat hul aanleer te gebruik om hul persoonlike potensiaal te gebruik en ontwikkel. Dit stel die leerder in staat om doeltreffend te reageer op die uitdagings wat die wêreld om hul stel. Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en liggaamlike verandering. Dit is belangrik vir die leerder om te kan bou aan ’n positiewe selfbeeld en aanvaar te word deur hul

portuurgroep. Die eenheid stel die leerder in staat om nog verdere lewensvaardighede te ontwikkel. Dit help ook die leerder om ’n emosionele intelligensie te ontwikkel wat hul sal bemagtig om uitdagings te kan hanteer. Hierdie eenheid vul die werk gedoen in die vorige graad aan met nuwe kennis.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Alle nuwe terminologie is by elke les geplaas in die DEFINIEER blokkie.

Elke les is so saamgestel dat jy rustig daardeur kan werk en dan is daar vrae aan die einde van die les. Die vrae toets jou begrip van die leerstof. Daaris ook by sommige lesse vrae wat jou insig toets en toepassingsvrae om jou te help om die vereiste uitkomste te bemeester.

Daar is by elke les vir jou ’n tydsaanduiding. Dit is die aanbevole tydsduur wat jy het om die les deur te werk en jou vrae te voltooi.

1.1. Les 1: Doelwitstelling: Persoonlike leefstylkeuses (3 ure)

1.1.1

’n Gesonde leefstyl

• Wat is ’n gesonde lewe?

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) definieer gesondheid as ’n toestand van totale fisiese, geestelike en maatskaplike welsyn. Dit is nie net die afwesigheid van siekte nie. Die werklike definisie van gesondheid is die stappe, aksies en strategieë wat jy in plek stel om optimale gesondheid te bereik. ’n Gesonde leefstyl is om die verantwoordelikheid te neem vir jou besluite oor jou liggaam en die maak van slim keuses ten opsigte van jou gesondheid vir nou en die toekoms.

Die keuse wat jy egter maak ten opsigte van jou gesondheid behels ’n aantal aspekte:

• Oefening

• Dieet

• Slaap

• Emosionele- en geestesgesondheid

• Spiritualiteit

OEFENING

SAMPLE

Fisiese aktiwiteit sluit in alle vorme van spierbewegings. Dit kan wissel van alledaagse aktiwiteite tot sport. Doelgerigte oefening bestaan uit oefeninge wat ten minste drie tot vyf dae per week beoefen word. Dit is nodig om 20 – 60 minute per sessie te spandeer aan die oefening, om sodoende optimale resultate te bereik. Dit is aktiwiteite soos bv. stap, hardloop, fietsry of swem.

Die voordele van gereelde oefening is:

• Dit verbeter jou gesondheid.

• Dit laat jou beter oor jouself voel. Dit dra by tot jou geestesgesondheid.

• Dit verbeter jou voorkoms en dus verbeter dit jou selfbeeld.

• Dit kan jou sosiale lewe verbeter. Jy ontmoet baie nuwe mense as jy bv. by ’n sportklub of gym aansluit.

• Dit verbeter jou stamina en uithouvermoë.

DIEET/VOEDING

Gesond eet is nie ’n streng voedingsplan wat jou ontneem van jou gunsteling kos nie. Inteendeel gaan dit daaroor om goed te voel, meer energie te hê en jouself so gesond as moontlik te hou. Gesond eet gaan oor slim eet. Dit is nie altyd wat jy eet nie, maar hoeveel jy eet. Matigheid is die sleutel: elke persoon moet ’n balans handhaaf van koolhidrate, proteïene, gesonde vette, vesel, vitamienes en minerale.

Basiese riglyne oor voeding word as volg gegee deur die Kankervereniging van

Suid-Afrika:

• Eet elke dag rou groente en vrugte.

• Eet ten minste vyf porsies groente en vrugte per dag.

• Eet meer vesel. Eet jou vrugte en groente met die skil aan sover moontlik.

• Probeer meer heelgraankosse eet, soos Weetbix en hawermoutpap.

• Beperk jou inname van geprosesseerde kosse soos Weense worsies en polonie.

• Vermy te veel suiker en sout.

• Drink elke dag ten minste agt glase water.

• Vermy gaskoeldranke wat baie suiker bevat.

• Drink eerder rooibostee as koffie.

(Inligting geneem uit: www.cansa.com)

Dit is goed om te leer van die basiese voedingsbeginsels en voedselgroepe:

NAAM VAN

VOEDINGSTOF

KOOLHIDRATE

PROTEÏENE

GESONDE VETTE

VESEL

MINERALE

FUNKSIE VAN

VOEDINGSTOF

Gee energie

Help jou liggaam om te groei en herstel

Verskaf energie en die opbou van jou liggaam

Dit help met die vertering van jou kos

Yster verseker gesonde bloed.

Kalsium is nodig vir gesonde bene en tande. Magnesium help om jou senuweestelsel in stand te hou.

VITAMIENE A, B, C, D, E Vitamiene hou jou vel, tande, bene en algemene gesondheid in stand.

KOSSOORTE WAARIN

DIT GEVIND WORD

Aartappels, rys, graan, pasta, brood, vrugte en groente

Rooivleis, pluimvee, vis, suiwelprodukte, eiers en bone.

SAMPLE

Suiwelprodukte, rooivleis, avokado, canola olie, canola margarien, neute en sade.

Graan, vrugte, brood en groente

Vars vrugte en groente

Suiwelprodukte, eiers, vars vrugte en groente. Vitamienaanvullings.

SLAAP

Slaap het ’n belangrike invloed op ons daaglikse lewe en ons funksionering. Dit beïnvloed jou fisiese en geestelike gesondheid. As jy genoeg slaap kry, sal jy stres en uitdagings beter kan hanteer. Die hoeveelheid slaap wissel van persoon tot persoon. Tieners benodig ten minste nege ure slaap per dag om optimaal te kan funksioneer en te groei. Volwassenes benodig 6 tot 8 ure slaap per dag.

EMOSIONELE EN GEESTESGESONDHEID

Die korrekte voeding, gereelde oefening en genoeg slaap dra als by tot ’n gesonde emosionele toestand. Jy moet strategieë ontwikkel om jou stres te beheer en bestuur. Maak genoeg tyd vir jou vriende en familie. Aanvaar hulp en ondersteuning van vriende en familie as jy deur ’n moeilike tyd gaan.

SPIRITUALITEIT

Spiritualiteit het nie te doen met jou spesifieke geloof nie. Dit is jou verbintenis met ander mense en met die lewe self. Dit is belangrik om godsdienstige en spirituele waardes te hê. Dit help jou om in voeling met jouself te bly en die aanslae van die lewe meer effektief te hanteer.

DEFINIEER:

SAMPLE

Spiritualiteit: ’n Persoon se gevoel van vrede en verbintenis met ander persone en die persoon se geloof in die betekenis van die lewe. (CANSA)

Portuurgroep: Persone wat dieselfde ouderdom as jy is.

Lewenstylkeuse: Dit is die manier wat jy kies om jou lewe te lei.

1.1.2 Die invloed van sekere faktore op leefstylkeuses

Ons gaan kyk na hoe sekere faktore jou leefstylkeuses beïnvloed:

o DIE MEDIA

Die massamedia is ’n kragtige bron van kommunikasie. Die media se rol in die samelewing is om inligting te versprei. Die TV, Internet, tydskrifte en koerante bereik elke dag miljoene mense. Wanneer ons van media gebruik maak, moet ons krities dink oor dit waarna ons kyk, wat ons lees en wat ons hoor. Ons moet kan identifiseer watter invloed dit op ons gedagtes, houdings en gedrag het.

Tieners word maklik beïnvloed deur dit wat die media aan hul voorhou. Die media skep ’n vaste idee oor mense en karakters. Die media manipuleer jongmense deur dit wat hul aan julle voorhou. Jy wil dalk graag soos ’n sekere bekende filmster wees. Dit kan daartoe lei dat jy verkeerde lewenstylkeuses maak. Jy hou dalk op eet, omdat jou held of heldin baie maer is. Jy begin dalk te rook, omdat die persoon dit doen!

Dit is belangrik om te weet dat die media jou begeertes teiken en nie noodwendig dit wat jy nodig het nie. Hulle wil hul produkte verkoop en pas hul strategie daarvolgens aan. Die advertensies laat jou glo dat as jy ’n sekere item koop dit jou gelukkig sal maak. Jy moet besef dat hul net ’n illusie by jou skep en dat dit nie die waarheid is nie.

o DIE OMGEWING EN SAMELEWING WAARIN JY WOON

Die omgewing waarin jy woon bepaal die plekke en mense waaraan jy blootgestel word elke dag. Navorsing toon dat tieners wat in buurte grootword waar daar baie geweld is, geneig is om deel te neem daaraan. Dit is in baie gevalle nie omrede hul dit wil doen nie. Hulle vrees vir hul veiligheid as hulle nie daaraan deelneem nie. Daarom gebeur dit dikwels dat hul tot bendes behoort.

Tieners wat in meer beskermde en gegoede omgewings woon, kom minder in aanraking met verkeerde leefstylkeuses. Hulle is egter nie gevrywaar daarvan nie.

Die samelewing waarin jy woon het ook ’n bepalende effek op die keuses wat jy maak. Dit is die mense wat as rolmodelle vir jou optree. In die samelewing waarin jy jou bevind, word daar sekere waardes en norme vooropgestel wat lede moet nakom.

In sekere samelewings word gedrag aanvaar soos voorhuwelikse seks, drank- en dwelmmisbruik en geweld. Die kinders wat in hierdie tipe samelewings of gemeenskappe grootword, word elke dag daaraan blootgestel. Hulle ervaar die optredes dus as die norm. Kinders wat in gemeenskappe grootword waar hierdie keuses as verkeerd beskou word, is dus geneig om goeie lewenstylkeuses te maak. Dit hang egter van elke persoon af wat sy of haar keuse vir hulle lewe sal wees.

o VRIENDE EN PORTUURGROEPE

Jou vriende vorm ’n baie belangrike deel van jou lewe tydens jou tienerjare. Dit is die mense wat jou help in moeilike tye en saam met wie jy baie tyd spandeer. Jou vriende het ’n bepalende invloed op die keuses wat jy maak. Jy wil hulle te alle tye tevrede stel en is bang jy verloor hulle vriendskap as jy nie wil deel wees van hul aktiwiteite nie. Jy moet self besluit of jy verkeerde dinge saam met hulle wil doen. Dit is belangrik om selfgeldend op te tree in jou vriendskappe. Jou maats moet weet wat vir jou belangrik is. Jy moet jou waardes en norme uitleef, sodat jy ’n rolmodel vir jou vriende kan wees.

Verryk jouself met kennis aangaande sekere onderwerpe, soos ongesonde seksuele gedrag, rook, die gebruik van alkohol en dwelmmisbruik. Vertel jou maats van die gevare daarvan.

Jou portuurgroep is almal wat dieselfde ouderdom as jy is. Dit is gewoonlik die groep mense waaruit jy jou vriende kies.

o JOU GESIN

SAMPLE

Jou gesin handhaaf ’n sekere lewenstyl. Jou ouers verkies dalk om nie te rook of te drink nie, hulle eet gesond en oefen gereeld. Jou ouers se lewenstylkeuses sal jou lewenstylkeuses beïnvloed. Dit is die voorbeeld wat aan jou gestel is en dit sal jou lei in jou besluite. Jy moet dankbaar wees as jy blootgestel word aan gesonde lewenstylkeuses binne jou gesins- en familieverband. Nie alle kinders het daardie voorreg nie. Sommige kinders word blootgestel aan mishandeling, drank- en dwelmmisbruik en seksuele losbandigheid.

o JOU KULTUUR EN RELIGIE

Kultuur en religie loop gewoonlik hand aan hand. Die kultuur waaraan jy behoort het sekere bepalings aangaande lewenstylkeuses. Wat in sommige kulture aanvaarbaar is, is in ander kulture nie die norm nie. Dit is soos bv. voorhuwelikse seks. In, veral, die Westerse kultuur is dit iets wat as onaanvaarbaar beskou word. Daar is egter kulture wat dit vereis, sodat die vrou se vrugbaarheid bepaal kan word.

Die geloof wat jy beoefen beïnvloed jou lewenstylkeuses. Verskillende gelowe stel verskillende norme voorop. Die Christelike geloof, bv. glo dat jy nie jou liggaam mag skade aandoen nie. Daarom glo hul dat oormatige gebruik van alkohol, dwelmmisbruik en voorhuwelikse seks sonde is.

Jy kan nou sien hoeveel verskillende faktore daar is wat jou kan beïnvloed in die lewenstyl wat jy vir jouself en jou toekoms kies. Dit maak nie saak uit watter tipe omstandighede jy kom nie, jy bepaal jou keuses wat jy maak. Jy kan jou agtergrond en ondervindinge gebruik om die regte lewenstylkeuse te maak vir jou!

KERNINHOUD:

Jy moet tydens die les leer wat dit is om ’n lewenstylkeuse te maak. Daar is soveel faktore wat elke dag ’n impak het op die keuses wat jy maak en die wyse waarop jy lewe.

Dit is belangrik vir jou om na al die verskillende faktore te kan kyk, dit te ontleed en die regte keuses daaruit te maak. Jy moet goeie besluite kan neem oor jou lewe en jou toekoms.

Jy moet selfversekerd en selfgeldend kan optree in jou verhoudings met ander mense. Jy kan slegs selfversekerd optree as jy wel seker is van wie jy is en wat jy wil bereik. Selfgeldend beteken nie dat jy arrogant is nie. Dit beteken net dat jy met vertroue en doelgerigtheid besluite kan neem en daarby hou!

1.1.3 Besluitnemingsvaardighede

Jy moet as ’n tiener alreeds besluite neem oor jou toekoms. Dit sluit jou lewenstylkeuses in. Jy kan slegs jou drome in realiteit verander, as jy vir jouself doelwitte stel. Dit help jou om te weet waarheen jy op pad is in die lewe.

Hoe stel ek doelwitte vir myself, veral as dit kom by my lewenstylkeuses?

1. Maak seker dit is iets wat jy wil hê, of wil doen en nie iets wat iemand anders van jou verwag nie, bv. jy wil nie alkohol drink nie, omdat dit jou vaste oortuiging is dat ’n mens sy liggaam moet oppas. Jy weerhou jou nie net daarvan omdat jou ouers dit verbied nie.

2. Jou doelwitte moet ooreenstem met jou waardes en norme, bv. jy heg waarde aan die gesondheid van jou liggaam, dus gebruik jy nie alkohol nie.

3. Dit moet nie in teenstelling staan met jou ander doelwitte nie, bv. jy wil nie alkohol gebruik nie, maar jy rook sigarette.

4. Jy moet jou doelwit op ’n positiewe wyse hanteer. Moenie negatief daaroor wees en dalk partytjies vermy, omrede jy bang is dat jy wel aan die versoeking om te drink sal toegee nie. Sien dit as ’n positiewe stap om vir jou maats ’n rolmodel te wees.

5. Skryf jou doelwitte neer.

6. Hersien jou doelwitte gereeld:

• Watter voordele is daar as jy jou doelwit bereik?

• Watter struikelblokke moet jy oorkom om dit te bereik?

• Identifiseer mense wat jou kan help om dit te bereik.

• Maak ’n lys van jou vermoëns om dit te bereik, soos bv. jou deursettingsvermoë.

As jy nou deur al die stappe gewerk het en vir jou ’n doelwit daargestel het, kan jy beweeg na die BESLUITNEMINGSPROSES.

Die wyse waarop jy besluite neem, beïnvloed jou besluite. Om goeie besluite te neem vereis baie oefening. Watter strategieë gebruik jy om besluite te neem?

 Maak jy impulsiewe besluite of oorweeg jy die voor- en nadele?

 Maak jy jou besluite alleen, of vra jy iemand se hulp?

 As iemand vir jou leiding en raad gee, aanvaar jy dit?

As jy besluite neem op ’n metodiese wyse en dit minder emosioneel benader, maak jy meer ingeligte besluite. Om meer ingeligte besluite te neem moet jy aan die gevolge van jou besluit dink voordat jy die besluit neem.

Die volgende vier stappe help jou om ingeligte besluite te neem.

STAP 1: IDENTIFISEER DIE PROBLEEM. Wat is die besluit wat jy moet neem? Fokus op die presiese probleem.

STAP 2: IDENTIFISEER OPLOSSINGS. Wat is die verskillende keuses wat jy kan maak? Versamel inligting oor al die verskillende opsies. Dink aan al die verskillende moontlike wyses waarop jy die probleem kan oplos.

STAP 3: OORWEEG DIE VOOR- EN NADELE VAN ELKE OPSIE. Jy moet nie net die gevolge vir jouself in ag neem nie, maar ook hoe dit die mense om jou sal beïnvloed.

STAP 4: BESLUIT WATTER OPSIE DIE BESTE IS. Bespreek die opsies met jou familie, vriende, gesin of enige een wat jy vertrou, voordat jy finaal ’n besluit neem.

Jy het nou ’n besluit geneem. Dit is soms moeilik om jou besluit met ander te deel.

Jou besluit kan miskien nie almal tevrede stel nie. Jy moet egter selfversekerd en selfgeldend optree, sodat jy ernstig opgeneem kan word.

Stappe om jou te help om meer selfversekerd en selfgeldend op te tree:

1. Identifiseer ’n persoon wat jy dink selfversekering uitstraal. Gebruik die persoon as mentor. Kyk hoe die persoon optree, en leer daaruit.

2. Praat met jou lyf. Jou fisieke houding bepaal of jy selfversekerd voorkom. Moenie vroetel of oogkontak vermy nie. Handhaaf ’n goeie postuur en beweeg met selfvertroue.

3. Praat hard en duidelik.

4. Sien jouself as vol selfvertroue. Dit is belangrik wat jy van jouself dink. Waak daarteen om arrogant voor te kom.

5. Oefen selfvertroue in. Gebruik verskillende situasies waarin jy jou bevind om jou optrede te oefen.

6. Maak te alle tye oogkontak met die persoon of persone waarmee jy ’n gesprek voer.

7. Oefen hoe jy verwerping gaan verwerk en hanteer. Leer jouself om dit met grasie te aanvaar en nie dat dit jou negatief beïnvloed nie.

8. As jy in ’n gesprek is, kies jou onderwerp so dat almal daaraan kan deel hê. Kies ’n onderwerp wat relevant is.

9. Verkies om negatiewe kommentaar te vergeet.

10. Kies persone wat positiewe houdings het, en omring jou met mense wat dieselfde belangstellings as jy het.

Jy het nou genoeg inligting om ingeligte lewenstylkeuses te maak!

VIR DIE NUUSKIERIGES:

SAMPLE

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dat tabak teen 2030 waarskynlik al meer as 8 miljoen lewens wêreldwyd sou eis. Gaan doen navorsing oor die volgende aspekte van tabak:

• Geskiedenis van tabak

• Tabakproduksie

• Die gevare van rook

• Rook en jongmense

In die Fasiliteerdersgids is inligting oor die onderwerp wat jy saam met jou fasiliteerder kan bywerk as jou navorsing voltooi is.

AKTIWITEIT 1:

Vraag 1:

Die volgende vraag handel oor die invloed van die media op jou persoonlike leefstylkeuses. Kies enige program wat jy op tv kyk. Jy moet na aanleiding van die program die volgende vrae antwoord:

1. Wat is die program se naam? (1)

2. Wat is die name van twee hoofkarakters. (2)

3. Hoe oud is die hoofkarakters en hoe trek hulle aan? (4)

4. Waarom is dit jou gunsteling program? Noem twee redes. (2)

5. In watter land of stad speel die storie af? (1)

6. Watter ouderdomsgroep, dink jy, is die teikengroep van die program? Hoekom sê jy so? (2)

7. Watter van die karakters is jou gunsteling en waarom sê jy so? Noem twee karakters. (4)

8. Wat is die karaktertrekke van die karakter wat jy graag sou wou hê. Noem twee karaktertrekke. (2)

9. Watter karakter is ongewild in die program en hoekom? (2)

10. Noem twee lewenslesse wat jy uit die program kan leer? (2)

11. Dink jy dat die program die manier wat jy optree, dink of aantrek beïnvloed? (3)

12. Wie is jou rolmodel? (1)

13. Dink jy dat al die blootstelling aan filmsterre en beroemde persone ’n positiewe of ’n negatiewe invloed op jou manier van dink het? Gee redes vir jou antwoord. (2) [30]

1.2 Les 2: Seksuele gedrag en seksuele gesondheid

(4 ure)

1.2.1 Ongesonde seksuele gedrag

Seksualiteit is deel van jou menswees. Jy moet gesonde verhoudings aanknoop met ander mense. Moenie skaam wees om te praat oor goed waaroor jy wonder nie. Dit is belangrik om ’n gesonde seksuele leefstyl te handhaaf. Dit beskerm jou teen ongewenste swangerskappe en oordraagbare siektes.

Adolessente se risiko is hoog om seksueel oordraagbare siektes, insluitend MIV/Vigs op te doen weens hul seksuele gedrag. Die aanvang van vroeë seksuele verhoudings, dra daartoe by dat die tiener meervoudige seksmaats het. Die tiener se fisiese, emosionele, en sosiale welsyn word bedreig as hulle nie toegerus is om hul seksuele gesondheid te handhaaf nie.

Bevordering van seksuele gesondheid is ’n ernstige saak. Onkunde oor seksuele gesondheid lei tot gesondheidsprobleme wat meebring dat seksueel oordraagbare siektes mense se lewens bedreig. Onkunde stel lewens in gevaar.

DEFINIEER:

SAMPLE

Onkunde: Die gebrek aan kennis oor ’n spesifieke onderwerp.

Seksueel Oordraagbare Siektes: Dit is siektes wat van een persoon oorgedra word na ’n ander persoon deur seksuele kontak.

SOS – Seksueel Oordraagbare Siekte

Vigs – Verworwe Immuniteitsgebreksindroom

MIV – Menslike Immuniteitsgebrekvirus

Risikogedrag: Dit is gedrag wat jou blootstel aan gevare wat slegte gevolge vir jou kan hê

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.