Gr 9-Afrikaans Huistaal-Handleiding

Page 1


Graad 9 • Handleiding Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Voorwoord

Hou jou oë en ore oop vir sake in tydskrifte, koerante, oor die TV of radio wat betrekking het op die temas.

Alle formele assesserings kan in die portefeuljeboek gevind word.

KWARTAALBEPLANNING

WEEK AKTIWITEITE

Week 1 en 2 1 ; 2

Week 3 en 4 3 ; 4

Week 5 en 6 5 ; 6

Week 7 en 8 7 ; 8

Week 9 en 10 9 en hersiening en leer van toetse

WENKE:

Jy het tot aan die einde van graad 8 al feitlik 80% van die taalsillabus in Afrikaans afgehandel. Dit is dus baie belangrik dat jy moet sorg dat jy alle teorie goed onder die knie het wanneer van die werk herhaal word of wanneer daar aanvaar word dat jy die werk moet ken.

Lees help natuurlik nog steeds baie – omdat dit jou woordeskat en spelvaardighede verseker verskerp en uitbrei!

Vra jou ouers om enige boek/tydskrif (natuurlik Afrikaans) vir jou te koop – ʼn mens hoef nie net storieboeke te lees nie – lees ENIGE IETS waarin jy belangstel!

EENHEID 1

LEERDOELWITTE:

Die leerder moet aan die einde van die les die volgende aspekte ken:

Lees en kyk: Literêre begrippe

 Woordgebruik

 Leestekengebruik

 Atmosfeer

 Woordjie “O”

 Rym

 Personifikasie

 Enjambement

 Herhaling

LES 1: Die natuur praat ook LEES EN KYK

AKTIWITEIT 1: POËSIE

Aktiwiteit 1.1: “Vaalvalk” – W.E.G. Louw

DOELSTELLINGS:

 Woordgebruik

 Leestekengebruik

 Atmosfeer

• Woordgebruik: Die digter gebruik sekere woorde met ʼn spesifieke doel: dit pas in die atmosfeer/agtergrond/milieu van die gedig en/of dit pas in die digter/verteller se woordgebruik.

• Leestekengebruik: ʼn komma: word gebruik om die tempo te vertraag ’n ruspose aan te dui om die woorde langs die komma te beklemtoon of uit te hef ’n sekere ritme aan die gedig te gee ʼn kommapunt: word gebruik wanneer daar ʼn uitbreiding daarna volg d.w.s. die digter wil ʼn sekere saak verder uitbrei of belig

• Atmosfeer: ʼn digter maak gebruik van leestekens, halfrym (alliterasie en assonansie) en spesifieke woorde om ’n sekere atmosfeer te skep

Lees die gedig, Vaalvalk goed deur. Maak luisteraantekeninge soos wat jou fasiliteerder die gedig aan jou verduidelik.

VAALVALK

1 Wit is die wêreld van outydse weë,

3 en ʼn treurige wals is die vroemoresee;

5 dou oor die duine, geen windjie wat waai, net ʼn vaalvalk wat sing soos hy draai, soos hy draai...

VRAE:

1 Verduidelik aan hand van die gedig wat met klankskildering bedoel word

2 Leestekens speel ʼn belangrike rol met betrekking tot die tipografie.

Verduidelik die funksies van die volgende leestekens:

2.1 komma in r.2

2.2 kommapunt in r.4

2.3 komma in r.5

2.4 ellips/beletselteken in r.6

3 Hoe sou jy die atmosfeer in dié gedig beskryf?

4 Watter middele het die digter gebruik om die spesifieke atmosfeer in die gedig te skep? (Daar’s drie)

AKTIWITEIT 1: POËSIE

Lees die gedig Die Rooivlerkspreeu op die volgende bladsy goed deur en beantwoord dan die vrae. Maak luisteraantekeninge soos wat jou onderwyser/es die gedig aan jou verduidelik.

DOELSTELLINGS:

• Woordjie “O”

• Rym

• Personifikasie

· Woordjie “O”: Dié woordjie word altyd gebruik om ’n gevoel aan te dui, hetsy dit ʼn gevoel van verbasing/vreugde/teleurstelling/ens., is.

· Rym: Alle rympatrone word met ʼn sekere doel deur die digter gebruik. Ons kry verskillende rympatrone:

PAARRYM: aabb

KRUISRYM: abab

OMARMDE RYM: abba

GEBROKE RYM: abca

· Personifikasie: Dit is die beeldspraak waar die digter aan ʼn dooie ding, menslike eienskappe gee, bv. Die wind huil/die son loer oor die toppe.

1 O rooivlerkspreeu, 2 ek hoor jou lied,

3 ʼn diep verhaal

4 van warm verdriet…

5 Ek hoor jou klae,

Die Rooivlerkspreeu

6 jou stemklank soos in kinderdae,

7 en soek dan hier,

8 dan daar,

9 tot ek jou op die tak gewaar, 10 allenig op die eiketak,

11 so somber-swart,

12 so windverward!

13 Die reënbui en die winterkou.

14 die berg is toe van wolkegrou, 15 die stormweer smoor

16 jou klagte dood:

17 bo in die berg is hongersnood.

18 Die donker kom,

19 die stormwind fluit20 my hart herhaal

21 ʼn honderd maal

22 die smeking van jou stemgeluid!

23 O rooivlerkspreeu,

24 so somber-swart,

25 so noodverward,

26 ek hoor jou in die noordewind.

27 O bedelaar-kind,

28 verstom, verkluim,

29 in raaisel-dom

30 van koue, wrede

31 wêreldruim!

Vrae:

1 Wat is ʼn rooivlerkspreeu?

2 Watter atmosfeer is in dié gedig teenwoordig én watter woorde dui dié atmosfeer aan?

3 Benoem die stylmiddel in r.13 én sê wat die funksie daarvan is

4 Wie is in die gedig aan die woord (onthou: nooit die digter nie!)

5 Dui die rymskema van die gedig aan én benoem dit.

6 In r.5 is ʼn voorbeeld van rymdwang Motiveer dié stelling.

7 Skryf ʼn paragrafie van ongeveer 50 woorde waarin jy ʼn beskrywing van die persoon in die gedig se gevoel gee. Jy gaan hierdie paragraaf vir ʼn leespunt moet voorlees – so skryf so goed en mooi soos jy kan.

AKTIWITEIT 1: POËSIE

Aktiwiteit 1.3: “Eekhoring” – Louis Eksteen

DOELSTELLINGS:

• Enjambement

• Herhaling

ENJAMBEMENT

Dit is ʼn tegniek waar een reël oorloop na ʼn ander reël sonder dat daar ’n leesteken gebruik word

· Dit verdoesel die rym (d.w.s. ’n mens hoor dan nie ’n pertinente rymklank nie)

· Dit gee ’n natuurlike vloei in die gedig, want ’n mens lees nou die reëls aaneen

· Dit gee ook ʼn spesifieke visuele vloei aan die gedig

Wanneer ʼn mens enjambement aandui, moet jy ten minste die laaste woord van die een reël en die eerste word van die volgende reël neerskryf om aan te dui watter twee reëls loop oor in mekaar.

HERHALING

Dieselfde element soos ʼn woord, klank, reël, frase of strofe word kort na mekaar of in ’n spesifieke volgorde gebruik.

· Dit word vir beklemtoning gebruik

· Dit identifiseer (maak erger/meer intens) ’n idee

Ondersoek en bespreek die gedig Eekhoring van Louis Eksteen goed en beantwoord dan die vrae:

EEKHORING

Louis Eksteen

1 Hy kon boomklim kon hy nie!

2 Hy kon ʼn kat hond haaraf maak

3 met hierdie suiwer spring - die raak

4 boog van grond oor stam op tak

5 tot by die klou om skurwe dennebol,

6 ai hygend! Hy kón boomklim kon hy nie!

7 Maar - nie net hy kon mik en raak:

8 ʼn Seuntjie wat hom uittrek

9 - stadig, agteroor, wanneer hy kettieskiet

10 en hom liggies met ʼn eikel tussen oë

11 op groen grassies van die gras af maak.

12 Ai ai! Hy kon ráákskiet kon hy nie!

13 Een boog van grond oor stam op mik

14 Hy kon boomklim kon hy nie!

15 Maar ligter as dié ligte boog

16 ʼn akker uit ʼn kettie styfgespan

17 Wat vinniger as die lewe trek

18 - Hy kon raakskiet. Kon hy nie?

VRAE:

1 Wat word met r.2 bedoel?

2 Lees reëls 3 en 4 hardop. Watter effek het die enjambiese ritme?

3 Gee ʼn voorbeeld van enjambement uit die gedig.

4.1 Wat beteken r.11?

4.2 Hoe het dit gebeur?

5 Dui ʼn voorbeeld van herhaling uit die gedig aan en verduidelik die funksie daarvan.

6 Gee die betekenis van hierdie gedig in jou eie woorde weer.

LES

2:

LEERDOELWITTE:

Die leerder moet aan die einde van die les die volgende aspekte ken:

Luister en praat:

Gesprek

Hoe

belangrik

is die natuur? LUISTER EN PRAAT AKTIWITEIT 2.1: VOORBEREIDE LEES

Jy moet die paragraaf wat jy in vraag 7 by die vrae van die gedig “Die Rooivlerkspreeu” geskryf het, nou voorberei sodat jy dit hardop vir jou fasiliteerder kan lees vir ʼn leespunt Hierdie is deel van jou formele assessering – taak 1. Dit maak glad nie saak as jy vashaak nie, sorg dat jy verstaan wat jy lees. Jy kry so twee minute om die paragraaf voor te berei.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.