Page 1

Í2(È-A-SOS-SG01=Î

1

8

0

8

-

A

-

S

O

S

-

S

G

0

1

SOSIALE WETENSKAPPE HANDLEIDING: GESKIEDENIS

Graad 8

A member of the FUTURELEARN group


Sosiale Wetenskappe Handleiding: Geskiedenis

1808-A-SOS-SG01

Í2(È-A-SOS-SG01=Î

Graad 8

Aangepas vir KABV

M Lübcker


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE ................................................................................................................... 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 JAARBEPLANNING ............................................................................................................ 6 EENHEID 1: Die Industriële Revolusie in Brittanje en suidelike Afrika vanaf 1860 ...... 7 LES 1: Veranderinge in brittanje tydens die industriële revolusie .......... 8 AKTIWITEIT 1 ......................................................................... 20 AKTIWITEIT 2 ......................................................................... 28 LES 2: Suidelike Afrika teen 1860 ....................................................... 30 AKTIWITEIT 3 ......................................................................... 36 LES 3: Diamantontginning in kimberley vanaf 1867 ............................ 37 AKTIWITEIT 4 ......................................................................... 42 STUDEER/HERSIENING ........................................................ 44 OEFENING 1 ........................................................................... 47 EENHEID 2: Die Mineraalrevolusie in Suid-Afrika ......................................................... 50 LES 4: Brittanje, diamantontginning en toenemende arbeidsbeheer en gebiedsuitbreiding ................................................................... 51 LES 5: Goudontginning aan die witwatersrand vanaf 1886 ................. 55 AKTIWITEIT 5 ......................................................................... 58 AKTIWITEIT 6 ......................................................................... 65 AKTIWITEIT 7 ......................................................................... 72 STUDEER/HERSIENING ........................................................ 72 OEFENING 2 ........................................................................... 74 EENHEID 3: Die Stormloop vir Afrika ............................................................................. 76 LES 6: Europese kolonisasie van Afrika in die laat 19de eeu ............. 76 AKTIWITEIT 8 ......................................................................... 81 AKTIWITEIT 9 ......................................................................... 90 LES 7: Die ashanti-ryk......................................................................... 91 AKTIWITEIT 10 ....................................................................... 96 STUDEER/HERSIENING ........................................................ 97 OEFENING 3 ........................................................................... 98 EENHEID 4: Die Eerste Wêreldoorlog (1914 – 1918) ................................................... 100 LES 8: Die oorsake van die eerste wêreldoorlog............................... 101 AKTIWITEIT 11 ..................................................................... 108 LES 9: Aspekte van ervarings tydens die eerste wêreldoorlog ......... 108 AKTIWITEIT 12 ..................................................................... 113 LES 10: Vroue in brittanje tydens die eerste wêreldoorlog .................. 116 LES 11: Duitsland word verslaan en die Verdrag van Versailles ......... 119 AKTIWITEIT 13 ..................................................................... 123 STUDEER/HERSIENING ...................................................... 124 OEFENING 4 ......................................................................... 127 BIBLIOGRAFIE ................................................................................................................ 128

© Impaq

1


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

JAARBEPLANNING EENHEID/ KWARTAAL

DATUM BEGIN

LES LES 1: Veranderinge in Brittanje tydens die Industriële Revolusie

1

LES 2: Suidelike Afrika teen 1860 LES 3: Diamantontginning in Kimberley vanaf 1867

2

LES 4: Brittanje, diamantontginning en toenemende arbeidsbeheer en gebiedsuitbreiding LES 5: Goudontginning aan die Witwatersrand vanaf 1886 LES 6: Europese kolonisasie van Afrika in die laat 19de eeu

3 LES 7: Die Ashanti-ryk LES 8: Die oorsake van die Eerste Wêreldoorlog LES 9: Aspekte van ervarings tydens die Eerste wêreldoorlog

4 LES 10: Vroue in Brittanje tydens die Eerste Wêreldoorlog LES 11: Duitsland word verslaan en die Verdrag van Versailles

© Impaq

6

DATUM AFGEHANDEL


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

EENHEID 1: Die Industriële Revolusie in Brittanje en suidelike Afrika vanaf 1860 LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:           

Verstaan en verduidelik hoekom die Industriële Revolusie plaasgevind het. Doen navorsing oor en verduidelik die verandering wat as gevolg van die Industriële Revolusie plaasgevind het. Vergelyk die ekonomiese en sosiale strukture van Brittanje voor en na die Industriële Revolusie. Verduidelik die veranderinge aan arbeid en die inleiding tot vakbonde. Beskryf die politiese ooreenkomste en die arbeidstruktuur van Suid-Afrika teen 1860. Doen navorsing oor en verduidelik ingeboekte arbeid in Natal en die arbeiders se werks- en lewensomstandighede. Doen navorsing oor en verduidelik diamantmynbou in Kimberley. Verduidelik waarom diamante so waardevol is. Beskryf en verduidelik hoe Griekwaland-Wes deur Brittanje geannekseer is. Verduidelik die ontwikkeling van die diamantmarkmonopolie en die uitwerking daarvan. Verduidelik die vorming van De Beers Consolidated Mines en hoe hulle die waarde en koste van diamante reguleer.

INLEIDING Die fokus van hierdie eenheid is om navorsing te doen oor die veranderinge wat tydens die 19de en 20ste eeu plaasgevind het as gevolg van die Industriële Revolusie. ’n Revolusie is ’n volledige verandering en die verandering in Brittanje het die land die middelpunt van handel gemaak. Suid-Afrika, ’n Britse kolonie in daardie tyd, het vinnig © Impaq

7


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

gevolg en ook begin industrialiseer. Suid-Afrika se ontwikkeling en verandering is ook as gevolg van die diamantmynboubedryf en Brittanje se belangstelling in Suid-Afrika. LES 1:

VERANDERINGE IN BRITTANJE TYDENS DIE INDUSTRIËLE REVOLUSIE

’n Revolusie is ’n volledige verandering, daarom is die Industriële Revolusie ’n volledige verandering van die bedryf. Daar is baie oorsake vir hierdie verandering, intern sowel as ekstern. Maar die veranderinge wat tydens hierdie revolusie plaasgevind het, was enorm en het daarom ’n groot impak op die samelewing gehad. 1.1

Oorsake van die Industriële Revolusie

Rykdom van slawehandel Eksterne oorsake verwys na dinge wat buite die land gebeur, maar ook die land se veranderinge beïnvloed. Voordat hierdie verandering geplaasgevind het, het Brittanje reeds sy merk as internasionale handelaar gemaak as gevolg van die Atlantiese slawehandel. Hierdie handel staan ook as die driehoekige handelsroete bekend en kan in drie fases opgedeel word. 

Fase 1 (eerste been): Brittanje het goedere soos gewere, ammunisie, tabak, potte en panne na Afrika geneem en hierdie produkte vir slawe geruil. Maar soos die behoefte vir slawe toegeneem het, het Afrika-leiers gesukkel om aan die groeiende behoefte te voldoen. Uiteindelik het Europeërs slawe begin vang in plaas daarvan om hulle vir goedere te ruil en dit het veroorsaak dat hierdie fase met tyd verdwyn het. Fase 2 (middeldeurgang): Die tweede fase, ook bekend as die middelfase, sluit in die vervoer van duisende slawe oor die Atlantiese Oseaan na die Amerikas, waar hulle as arbeiders verkoop is om op die plantasies te werk. Fase 3 (derde been): Die slawe in die Amerikas het gewasse soos tabak, suiker, koffie en katoen geplant. Hierdie grondstowwe is daarna per skip na Brittanje vervoer waar dit tot verhandelbare goedere verwerk is. Hierdie produkte is daarna aan die res van die wêreld verhandel.

Omdat Brittanje by al drie fases van hierdie proses betrokke was, het Brittanje ’n groot wins gemaak. Hierdie wins is in die ontwikkeling van fabrieke en nuwe uitvindings belê om nog méér wins te maak. Brittanje het as die werkswinkel van die wêreld bekend geword as gevolg van sy groeiende invloed in Europa en omdat hy die middelpunt van handel was. Brittanje was ook die eerste land om met industrialisasie te begin.

© Impaq

8


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

Vervaardigde goedere: Potte, panne, wapens en ammunisie

1.2

Ekonomie voor die Industriële Revolusie

Die Landbourevolusie Voordat verandering in die bedryf kon plaasvind, moes daar eers ’n paar veranderinge plaasvind in die manier waarop Brittanje sy natuurlike hulpbronne verkry. Daar was belangrike veranderinge in die landboubedryf wat die produksie van plaaslike goedere drasties verbeter het. Van hierdie veranderinge sluit in die uitvinding van die saadplanter en die perdeskoffel deur Jethro Tull, wat later as die eerste moderne boer bekend gestaan het. Hierdie uitvindings het toegelaat dat die grond met die hulp van ’n perd geploeg kon word, eerder as om op mannekrag staat te maak, wat beteken het dat ’n landery wat gewoonlik tussen vier dae en ’n geweek gevat het om geploeg te word, nou in een dag voltooi kon word.

Jethro Tull, ontwerper van die saadplanter en perdeskoffel Bron: http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/e/e 0/Jethro_Tull_(agriculturist).jpg

Saadplanter en perdeskoffel Bron: http://www.mouthofthetweed.co.uk/wpimages/wp8 65336ef_05_06.jpg

© Impaq

9


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

Parte van ’n saadplanter Bron: http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/2/28/Jethro_Tull_seed_drill_(1762).png

’n Nuwe vierstap-oesproses genaamd wisselboerdery is deur Heer Charles Townshend bekendgestel wat boere toegelaat het om net ’n kwart van hul grond onbewerk te los in plaas van die helfte van hul grond. Hierdie proses het veroorsaak dat boere dubbel die hoeveelheid oes aan die einde van enige gegewe seisoen kon produseer in plaas van helfte van die vorige seisoen. Hierdie drastiese toename in produksie het verskeie gevolge op die samelewing gehad; die prys van kos het gedaal en vars produkte in stedelike gebiede was goedkoper as ooit tevore. Dit het ook gelei tot ’n afname in plaasarbeid en daarom het werksgeleenthede vir mense in landelike gebiede drasties afgeneem. As gevolg van hierdie verandering is mense in landelike gebiede gedwing om werk in stedelike gebiede te gaan soek.

Heer Charles Townshend Bron: http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/1/12/Charles_Townshend, _2nd_Viscount_Townshend_by_Sir_Godfrey_Kneller,_Bt_(2).jpg

© Impaq

10


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

Die vierstap-oesproses

Kothuisnywerhede Voor al die veranderinge in die bedryf is die meeste goedere tuis geproduseer. Dit staan vandag as die kothuisstelsel bekend. Dit het hoofsaaklik gefokus op wolprodukte soos lap en materiaal. Die hele huishouding is by hierdie proses betrek – vroue was spinsters wat die wol tot gare gekam en bewerk het, terwyl mans as wewers gewerk het en die gare gebruik het om die wol met met die hand in groter stukke materiaal te weef. Sodra die materiaal klaar was, het ’n handelaar dit gekoop en elke persoon is vir sy/haar rol in die proses betaal.

Die kothuisnywerheid Bron: http://media.web.britannica.com/eb-media/11/108411-004-70BC4BBE.jpg

© Impaq

11


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

DEFINIEER Revolusie: Ekstern: Vervaardig: Plantasies: Oes: Landbou: Ploeg: Wisselboerdery:

Braakland:

1.3

’n Volledige of totale verandering. Iets aan die buitekant van ’n proses of gebeurtenis met invloed. Produkte wat uit grondstowwe vervaardig word. Groot plase wat spesialiseer in spesifieke grondstowwe soos katoen of suiker. Wanneer jy die gewasse of produkte wat jy geplant het, oes. Die wetenskap of praktyk van boerdery. Die voorbereiding van grond om gewasse te plant. ’n Stelsel waar ’n boer die tipe gewas en waar hy dit plant, verander om te keer dat die grond uitgeput verloor. Geen gewasse word in ’n sekere gebied geplant nie sodat die grond kan herstel.

Wat het die Industriële Revolusie behels?

Die Industriële Revolusie was ’n reeks veranderinge wat ’n totale verandering in die dinamiek van Brittanje se samelewing en ekonomiese stelsel veroorsaak het. Die merkwaardigste verandering is dat Brittanje van ’n ekonomie wat op landbou en kothuisbedrywe gebou is, verander het in ’n ekonomie wat op mynbou en fabrieke gebaseer is. Talle faktore het hierdie verandering meegebring. Eksterne rykdom uit die Atlantiese slawehandel het handelaars toegelaat om nuwe uitvindings en ondernemings te finansier. Dit het op sy beurt tot omwentelinge op verskeie terreine gelei sodat Brittanje geïndustrialiseer is. Politiese stabiliteit en die Omheiningswette Brittanje was nie net ’n grondwetlike monargie wat vir generasies in beheer was nie, maar hul rykdom en mag het aan hulle relatiewe politiese stabiliteit verleen. Wette is gemaak om almal te bevoordeel. ’n Goeie voorbeeld is die Omheiningswette wat in die 16de eeu afgevaardig is en deel van die landbourevolusie uitmaak. Die regering was in beheer van boere se grond. Gemeenskaplike grond is afgeskaf en plase is met heinings afgekamp. Kommersiële plase kon saamsmelt, alhoewel hierdie samesmelting slegs die ryker eienaars bevoordeel het. Sonder gemeenskaplike grond om op te boer, is kleinskaalse boere gedwing om werk in stede te gaan soek.

© Impaq

12


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

’n Skematiese diagram wat die tipiese Engelse gemeenskap voor en ná die implementering van die Omheiningswette voorstel Bron: http://1.bp.blogspot.com/qWlF9K_1kdE/UMK7MBPE6rI/AAAAAAAAAEw/848SQjOLX4w/s400/Enclosure_acts_diagram_small.jpg

Bevolkingstoename Die toename in die hoeveelheid voedsel wat beskikbaar was, het beteken dat mense gesonder kon leef en ’n hoër lewensverwagting gehad het. Dit het tot ’n dramatiese toename in die bevolking gelei. Omdat daar so min werksgeleenthede in landelike gebiede was, het die meeste van die mense na stedelike gebiede verhuis. Hierdie proses word verstedeliking genoem. Verstedeliking beteken dat mense nie meer ‘n bestaan uit die grond kon maak soos tevore nie en dat die behoefte aan vervaardigde goedere toegeneem het. Dit was egter nie die enigste impak op die bedryf nie. Soos die behoefte aan vervaardigde produkte verhoog het, het die aantal arbeiders in stede ook gestyg. Daar was meer mense beskikbaar om in fabrieke te werk wat ook tot gevolg gehad het dat produksietyd van verhandelbare goedere grootliks afgeneem het.

Bevolking (in miljoene)

Die bevolkingstoename in Brittanje 33

35 30 25

20,8

20 13

15 10

6,5

5 0 1650

1700

1750

1800

Jaar

© Impaq

13

1850

1900

1950


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

Natuurlike hulpbronne Een van Brittanje se waardevolste hulpbronne is die oorvloed van steenkool- en ysterertsmyne. Die smeltproses was vir eeue lank dieselfde. Saam met die bevolkingstoename het ’n groot aanvraag na yster ontstaan. Yster is gebruik om landbou-, industriële en huishoudelike gereedskap te vervaardig. Die smeltproses moes verander word om ’n beter en vinniger manier te kry om yster te smelt. Die nuwe proses het nie net die spoed waarteen yster en staal gesmelt word verbeter nie, maar ook die gehalte van die produkte verbeter. Met hierdie verbeterde staal en yster kon ingenieurs in Brittanje beter en groter geboue en strukture ontwerp en oprig.

’n Kaart wat Groot-Brittanje se natuurlike hulpbronne wys.

Bron: http://1.bp.blogspot.com/C67p2WhL42U/TyKuYZyRUsI/AAAAAAAABOk/ETp7527LLcM/s1600/GB_Large+version.jpg

© Impaq

14


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

Tekstielrevolusie As gevolg van die bevolkingstoename en verstedeliking het ’n geweldige vraag na vervaardigde materiaal ontstaan. Die kothuisstelsel, wat verantwoordelik was vir die produksie van materiaal, kon nie aan die vraag voldoen nie. Nuwe uitvindings en ontwerpe het hierdie tuisnywerheidproses heeltemal vernuwe. Die veranderinge was só drasties dat dit nie net die proses verander het nie, maar ook gemeganiseer het. Materiaal en tekstiel is vinniger geproduseer, was van ’n beter gehalte en die hele tydsduur van die proses was baie vinnger. Een van hierdie nuwe uitvindings was die spinning jenny wat ontwerp en gebou is deur James Hargreaves. Hierdie uitvinding het agt speke gebruik in plaas van die oorspronklike een speek, wat beteken dat agt produkte geproduseer kon word. Hierdie uitvinding is later verder opgradeer en het die kern van tekstielfabrieke in Brittanje geword.

James Hargreaves, die uitvinder van die spinning jenny Bron: http://fe867b.medialib.glogster.com/media/2d/2dbe 66a8473bb654b0f9001404724d84181418c1a1f461 3d78231bd70b5fbe1c/jjjjjjjjjj.jpg

Die spinning jenny, ’n uitvinding wat die weef van garing gemeganiseer het Bron: http://spartacuseducational.com/TexJenny2.jpg

Nog ’n belangrike verandering het in Amerika plaasgevind, en omdat Amerika ’n Britse kolonie met baie natuurlike hulpbronne was, het dit nie net verseker dat Brittanje meer katoen ontvang nie, maar ook dat die katoensuiweringsproses meganies kon plaasvind, wat katoenproduksie versnel het. Hierdie uitvinding was die katoenpluismeule (“cotton gin”), wat in 1793 deur die Amerikaanse uitvinder Eli Whitney ontwerp en gebou is. Omdat katoen op daardie stadium so goedkoop en maklik bekombaar was, het mense eerder materiaal gekoop as om dit self te weef. Dit was nuttig, omdat baie mense na stedelike gebiede toe getrek het.

© Impaq

15


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

’n Oorspronklike katoenpluismeule in ’n museum Bron: http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/54/ Cotton_gin_EWM_2007.jpg

1

Die onderdele van ’n katoenpluismeule Bron: http://www.buzzle.com/images/diagrams/cottongin.jpg

’n Venn-diagram wat die veranderings in die tekstielbedryf uitwys toe dit verander het van ’n kothuisbedryf na ’n fabriekbedryf Bron:

http://3.bp.blogspot.com/_Lwg009zOnac/RcTUQkAWRAI/AAAAAAAAADw/v3ss9ea8Cg8/s400/COTvsFACT. jpg

© Impaq

16


Handleiding G08 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

Tegnologiese revolusie Die rykdom van slawehandel het ’n nuwe, ryk handelaarsklas laat ontstaan, wat hul rykdom op onderwys kon spandeer en ook tyd gehad om nuwe uitvindings te ontwikkel. Hierdie uitvindings het dit moontlik gemaak om die produksieproses van baie produkte te versnel. Nuwe vorms van krag is ontdek, veral Newcommen se stoompomp, wat veroorsaak het dat baie van die arbeid deur masjinerie in plaas van mense gedoen kon word. Dit het vir myne moontlik geword om water uit die myne te pomp en sodoende kon mynwerkers dieper myn en meer erts uithaal.

Newcommen se stoompomp

Bron: http://cs.brown.edu/~tld/publications/books/talking/web/figures/fig-syntax-newcomen.png

Vervoerrevolusie Een van die belangrikste uitvindings was die stoomgedrewe lokomotief. Dit was die begin van wat ons vandag bekend staan as ’n trein. Hierdie treine het waentjies gesleep wat gevul was met grondstowwe en vervaardigde goedere. Die kanaalstelsel en paaie is opgegradeer, asook die infrastruktuur en brûe, wat opgeknap en versterk is met die verbeterde staal en yster. Die uitvinding van teer deur John McAdam het paaie sterker gemaak met verbeterde dreineringstelsels en sterker fondasies. Al hierdie uitvindings het vervoer goedkoper, vinniger en meer betroubaar gemaak, wat ’n groot aanwins was vir die plaaslike handeldryf van goedere en grondstowwe.

© Impaq

17

Gr 8-Sosiale Wetenskappe-Handleiding Geskiedenis 1  
Gr 8-Sosiale Wetenskappe-Handleiding Geskiedenis 1