Page 1

Í2(È-A-CRA-SG01xÎ

1

8

0

8

-

A

-

C

R

A

-

S

G

0

1

SKEPPENDE KUNSTE HANDLEIDING Graad 8

A member of the FUTURELEARN group


Skeppende Kunste Handleiding

1808-A-CRA-SG01

Í2(È-A-CRA-SG01xÎ

Graad 8

Aangepas vir KABV

LM van der Walt


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE ......................................................................................................... 3 VOORWOORD .......................................................................................................... 5 JAARPLAN ................................................................................................................ 8 EENHEID 1: Sosiale kwessies in drama en die rol van die kunstenaar in populêre kultuur ................................................................................ 11 DRAMA ............................................................................................... 12 AKTIWITEIT 1: ......................................................................... 16 AKTIWITEIT 2: ......................................................................... 28 VISUELE KUNSTE ............................................................................. 29 AKTIWITEIT 3: ......................................................................... 36 AKTIWITEIT 4: ......................................................................... 41 AKTIWITEIT 5: ......................................................................... 49 EENHEID 2: Die interpretasie van inheemse gedigte en die ondersoek na modes van die hede en verlede en sosiale kwessies .................... 51 DRAMA ............................................................................................... 52 AKTIWITEIT 6: ......................................................................... 63 VISUELE KUNSTE ............................................................................. 65 AKTIWITEIT 7: ......................................................................... 75 AKTIWITEIT 8: ......................................................................... 83 EENHEID 3: Verskillende toneelstyle, loopbane en ontwerpprojekte in 2D en 3D ............................................................................................. 85 DRAMA ............................................................................................... 86 AKTIWITEIT 9: ......................................................................... 91 VISUELE KUNSTE ............................................................................. 93 AKTIWITEIT 10: ....................................................................... 96 AKTIWITEIT 11: ....................................................................... 98 AKTIWITEIT 12: ..................................................................... 105 EENHEID 4: Die invloed van media op drama en skepping in 2D .................... 107 DRAMA ............................................................................................. 109 AKTIWITEIT 13: ..................................................................... 115 VISUELE KUNSTE ........................................................................... 118 AKTIWITEIT 14: ..................................................................... 121 AKTIWITEIT 15: ..................................................................... 124 AKTIWITEIT 16: ..................................................................... 128 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ...................................................................... 129

© Impaq

1


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

JAARPLAN LES

1

1 Opwarming in drama 2 Monoloog 3 Resensie 4 Graffiti en letterwerk 5 Skep van eie graffiti 6 Rol van die kunstenaar in die gemeenskap: Kunsvlyt 7 Skep van ’n knypbakkie 8 Geskiedenis van die Griekse mitologie

2

9 Opwarmingsroetine 10 Inheemse gedigte 11 Modes van die hede en verlede 12 Kunstenaar as sosiale kommentator

3

13 Opwarmingsoefeninge 14 Die genres in drama 15 Figuurtekeninge 16 Loopbane in kunste

Š Impaq

8

DATUM

DATUM

BEGIN

VOLTOOI


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

17 Oppervlakversiering 4

18 Opwarmingsroetines 19 Dialoog, prosa en storievertelling 20 Die vorme van media 21 Tonale tekening 22 Boodskappe deur kuns uitgedruk 23 Formele assesseringsprojek

Š Impaq

9


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

EENHEID 1: Sosiale kwessies in drama en die rol van die kunstenaar in populêre kultuur LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:  ’n Toneelstuk wat verband hou met sosiale kwessies te

ontwikkel en uit te voer.  Krities kan besin oor die skepping en opvoering van ’n toneelstuk.  Die rol van die kunstenaar in die gemeenskap kan herken en ’n bespreking daaroor voer.  Kunselemente en ontwerpbeginsels in kreatiewe letterwerk soos graffiti kan identifiseer.  Jou eie letterwerk of graffiti te skep.  Die belangrikheid van funksionele houers vanuit die mitologie kan identifiseer.  Jou eie mitologiese funksionele houer kan skep.

INLEIDING Die eerste deel van die eenheid sluit opwarmingsoefeninge vir drama in. Dit stem ooreen met die opwarmingsroetines wat jy in graad 7 gedoen het. Dit is dus ’n hersiening van die vorige jaar se werk. Daar is oefeninge wat bygevoeg word. Die KABV vereis dat jy 15 minute per week aan die opwarmingsroetine sal spandeer. In die voorwoord is gemeld dat Skeppende Kunste in onderwerpe ingedeel is. Die onderwerpe is in lesse verdeel, sodat jy nie deurmekaar raak nie. Daar is ook by elke les ’n tydstoedeling en dit maak dit vir jou makliker om ’n rooster op te stel, sodat al die lesse in die kwartaal gedek word.

© Impaq

11


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Die drama in die eenheid fokus veral op die sosiale kwessies wat in ons land voorkom. Jy kan enige sosiale kwessie aanspreek. Jy gaan dan ’n toneelstuk skep, wat een van hierdie kwessies aanspreek. Ons gaan ook krities kyk na ’n film wat relevant tot vandag is en dit ontleed. Visuele Kunste fokus in hierdie eenheid op veral twee temas. Die eerste tema is die rol wat die kunstenaar in die gemeenskap speel en hoe veral letterwerk en graffiti gebruik word om hulle boodskap uit te druk. Die tweede tema gaan oor die gebruik van verskillende funksionele houers, en veral houers vanuit die mitologie. Jy gaan ook leer hoe om jou eie houer te skep en met mitologiese figure te versier.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Alle nuwe terminologie word in die DEFINIEER blokkie vir jou uiteengesit.

DRAMA Onderwerp 1: Dramatiese ontwikkeling (2,5 ure) 1.1. Les 1: Opwarmingsoefeninge vir drama ’n Opwarmingsroetine is om verskeie redes belangrik: o Dit voorkom beserings. In drama gebruik jy jou stem, asook jou liggaam. Dit is dus belangrik dat albei goed opgewarm is voordat jy met jou roetine begin. o Deur op te warm verhoog jy die volume suurstof wat deur jou liggaam opgeneem word. Dit bevorder jou uithouvermoë en help ook om te voorkom dat jy uitasem klink. o Opwarming help jou fokus op die taak wat voorlê. o Dit is ’n manier om jou tegniese vaardighede in te oefen en te ontwikkel. o Dit verlig die spanning en angs wat jy voel voor die uitvoering van die taak. Jy moet selfs vir drama jou hele liggaam opwarm, nie net jou stem en gesig nie. Die dele wat jy moet opwarm is: LIGGAAM

© Impaq

12


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

       

Eenheid

1

Voete Knieë Bene Heupe Bolyf Arms Nek Kop

GESIG o Lippe o Tong o Wange STEM  Artikulasie  Diafragma

Die volgende ontspanningsoefeninge kan vir die lippe, tong en wange gedoen word. Lippe Tuit die lippe en blaas die lug met ’n sterk aksie uit. Gee ’n groot glimlag en direk daarna ’n harde frons. Herhaal die aksie ’n paar keer. Tong Staan regop en hou jou gesig vorentoe. Lek nou in die volgende rigtings: neus, linkeroor, regteroor en ken. Probeer nou die volgende aksies met jou tong: lek na die dak (boontoe), die linkerkantse muur, regterkantste muur en die grond. Doen die aksies terwyl jy doodstil staan en jou kop stil hou. Probeer nou jou tong vorentoe strek en die voorwerp voor jou lek, soos bv. die muur. Wange Verbeel jou jy het ’n reuse suiglekker in jou mond. Suig dit nou denkbeeldig met sterk suigbewegings. Onthou die suiglekker pas skaars in jou mond! Nou moet jy dit begin kou! Dit pas nie in jou mond nie, so jy moet jou mond ooprek en dit met stadige bewegings begin kou. Hou vir ongeveer een minuut aan met die bewegings. Verbeel jou nou die lekker word kleiner en jy kan dit nou makliker begin kou. Kou nou vinniger en vinniger, totdat jou wange warm en los begin voel. Die volgende is ’n aantal asemhalingsoefeninge wat jy kan doen:

© Impaq

13


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

1) Staan regop in die neutrale posisie. Plaas jou hande onder jou ribbekas. Hou jou nek en skouers ontspanne. Haal nou diep asem en asem uit vir 10 sekondes. Herhaal die oefening en verleng elke keer die telling, bv. asem uit in 15 sekondes en asem dan uit in 20 sekondes. Jy sal voel hoe jou hele liggaam ontspan! 2) Asem in oor drie sekondes. Hou jou asem vir drie sekondes. Asem nou uit, terwyl jy hardop tot 10 tel. Gebruik jou boonste maagspiere om jou asem te beheer. Dit help as jy jou ribbekas uitstoot. Jou boonste maagspiere beheer jou diafragma. 3) Lȇ in ’n gemaklike posisie op jou rug. Plaas ’n voorwerp, soos ’n boek, op jou pelvis. Terwyl jy asemhaal, kyk hoe die boek op en af beweeg. Herhaal dit ’n paar keer. Artikulasie-oefening: Plaas jou vuis in jou diafragma (tussen jou ribbes en maag). Sȇ die volgende so vinnig soos jy kan: (Jy moet die woorde amper uitspoeg) Pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah-pah Sȇ die volgende so vinnig as moontlik: Mani mani mani mani mani Artikuleer nou duidelik terwyl jy die volgende sȇ: Babble babble bobble bubble Herhaal die bogenoemde oefening, maar vervang die eerste letter van die woorde met ander letters bv. d, s, k, l ens. Die volgende is voorbeelde van oefeninge wat tot jou fisiese ontwikkeling bydra. Fisiese opwarmingsoefeninge help om die liggaam te ontspan en aan te wakker. 1) Oefening 1: Staan regop en ontspan jou skouers. Laat sak jou kop na jou bors. Buig nou jou rug ontspannend na vore, totdat jou liggaam ontspanne vooroor hang. Jou hande moet amper die grond raak. Buig jou bene effens. Doen die aksie nou weer terug na jou oorspronklike posisie. 2) Gaan kniel op die grond. Maak jou liggaam so klein as moontlik.

© Impaq

14


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Spring nou in ’n “ontploffing” na boontoe, terwyl jy probeer om so hoog as moontlik te spring. Herhaal dit drie keer. 3) Kry vir jou ’n maat om die volgende oefening te doen. Staan agter mekaar. Die voorste persoon voer ’n aantal aksies uit en die persoon wat volg moet dit naboots. So kan julle beurte maak en julle eie bewegings skep! 4) Jy kan ook beelde gebruik om jou te help met opwarming, bv. gebruik die beeld van ’n nar. Maak asof jy ’n nar is – ontwikkel ’n ″optrede″ en gebruik dit as opwarming. Jy kan jou stem hierdeur opwarm deur jou stemtoon te verander en ook jou liggaam gebruik om snaakse aksies uit te voer. DEFINIEER: Artikulasie: Dit is die wyse waarop die spraakorgane saam gebruik word om klank tydens spraak te vorm. Ritme: Dit is die wyse waarop klank vloei en beweeg. Dit word bepaal deur tempo, spoed, pouse en klimaks. Projeksie: Dit is die volume waarvolgens klanke na die gehoor oorgedra word. KERNINHOUD: ’n Akteur se stem en liggaam is sy of haar instrument. Daarom is dit baie belangrik om dit goed op te warm. Dit is belangrik om stem en liggaam op te warm, selfs in drama. Dit is ook belangrik om ’n veilige omgewing te skep waarin jy opwarm en werk. In drama moet jy jou verbeelding fisiek, visueel en emosioneel oefen. Opwarming geskied stuk-stuk en dit is ’n goeie idee om vir jouself ’n roetine te skep wat jy elke keer kan doen voordat jy met jou dramawerk begin. Jou liggaam pas dan vinniger aan by die opwarmingsroetine en dit berei jou voor vir die werk wat volg!

© Impaq

15


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

AKTIWITEIT 1: Ontwikkel ’n bewegingspeletjie wat jy vir jou maats en jou fasiliteerder kan aanbied. Die opdrag is nie vir assessering nie. Dit is net vir die pret! Gebruik die volgende prentjie as jou eerste stap in die ontwikkeling van ’n speletjie. Jy sal nou baie kreatief moet dink!

( www.wikispaces.com )

© Impaq

16

1


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5 ure) Voorgestelde hulpbronne: Koerante en tydskrifte – enige artikels oor sosiale kwessies in Suid-Afrika.

2.1. Les 2: Navorsing oor sosiale kwessies en die skepping en opvoering van ’n dramatiese monoloog Suid-Afrika het verskeie sosiale kwessies wat baie aandag geniet. Daar is die kwessie van HIV/ Vigs, kindermishandeling en -molestering, armoede en die besoedeling van ons land. Dit is maar net ’n paar van die kwessies. 1) Die MIV/Vigs-kwessie.

Lees die volgende artikel: 3,4% van SA studente het MIV/Vigs 2010-03-29 21:45 Deur: Alet Rademeyer Sowat 3,4% van studente en 1,5% van akademici aan 21 van die 23 Suid-Afrikaanse universiteite het MIV/Vigs, is in ’n opname onder meer as 23 000 studente en personeellede bevind. Die verslag oor die bevindings van ’n studie oor Vigs in die hoëronderwyssektor is gister in Johannesburg uitgereik, aan die vooraand van die regering se veldtog om soveel moontlik burgers binne ’n jaar vir dié sindroom te laat toets. Die navorsing is deur die MIV-Vigsprogram in die hoër onderwys (HEAids) in samewerking met die departement van hoër onderwys en opleiding, Hesa, en die Europese Unie (EU) gedoen. Die EU het R230 miljoen bewillig. Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het gesê die bekamping van Vigs vereis ’n meervoudige benadering omdat daar nog onduidelikheid is oor watter boodskappe en ingrypingsplanne die doeltreffendste is. In die studie is bevind hoewel die voorkoms van MIV/Vigs in die hoëronderwyssektor laer is as die algemene bevolking se 16,9%, is daar kommer oor die hoër voorkoms onder swart mense en veral dienswerkers by instellings.

© Impaq

17


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Sowat 9,9% van alle dienswerkers, soos skoonmakers en tuinwerkers, by universiteite en 4,4% van administratiewe personeellede het die sindroom. Dr. Gail Andrews, program-direkteur van HEAids, het gesê daar is kommerwekkende tendense wat toon sekere streke en instellings het meer uitdagings as ander. Dit beteken meer spesifieke benaderings moet gevolg word om ’n verskil te maak. Wat die syfers in die verskillende streke betref, is bevind meer studente in die OosKaap (6,4% van die studente) en KwaZulu-Natal (6,1%) het MIV/Vigs as in ander provinsies. Dieselfde geld dienswerkers, waar 10,7% van dié in die Oos-Kaap, 14,1% in die Vrystaat en 20,3% in KwaZulu-Natal MIV/Vigs het. Die studie het voorts bevind MIV/Vigs se voorkoms is hoër onder swart studente (5,6% van dié studente het MIV/Vigs) en akademiese personeellede (5,9%). In KwaZulu-Natal is dit 8,7% van swart studente en 9,6% van swart akademici. Nzimande het gesê die bevindings wys geen instelling kan ontspan wat pogings betref om die siekte te bekamp of om hulp, steun, behandeling en berading aan studente en personeellede te gee wat dit het nie. “As Vigsprogramme nie deel van die proses is om vaardighede aan jongmense oor te dra nie, berei ons hulle vir die graf eerder as die werkplek voor.” Elke instelling wat betrek is, sal ’n verslag kry oor sy eie MIV/Vigs-scenario. Unisa en die Tshwane-universiteit van Tegnologie was nie betrokke nie. Bevindings by universiteite MIV/Vigs neem met ouderdom toe. Vir tussen 18- en 19-jariges is die infeksiekoers 0,7% en ná 25 jaar 8,3%. Vroue het ’n twee keer groter risiko (4,7%) om die siekte te kry as mans (2%). (Geneem van : www.beeld.com )

Suid-Afrika het die meeste MIV/Vigslyers ter wêreld. Aan die einde van 2007 was dit reeds ’n geskatte 5.7 miljoen mense. (www.mieliestronk.com)

© Impaq

18


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Wat is MIV/Vigs? Vigs staan vir Verworwe Immuniteitsgebreksindroom. Die MI-virus veroorsaak skade aan die immuniteitstelsel. Die mense wat met MIV besmet is, ervaar ’n geleidelike verlies aan immuniteitsfunksie. Dit lei tot die ontwikkeling van allerhande siektes, wat by ’n gesonde persoon vinnig genees kan word. Die persoon met MIV genees egter nie so vinnig nie, omdat sy immuniteitselle afgetakel is. Daar is ’n aantal anti-retrovirale middels beskikbaar vir die behandeling van die virus. Die middels kos ongelukkig baie geld en dit veroorsaak dat baie mense dit nie kan ontvang nie. Vigs word veral deur seksuele kontak oorgedra, en die volgende aktiwiteite hou geen risiko in nie:     

Net gewone aanraking soos handskud. ’n Gewone soen op die mond, waar speeksel nie uitgeruil word nie. As jy iemand net omhels. As jy bloed skenk. Al die naalde is gesteriliseer en veilig. Jy kan nie die virus kry deur bv. ’n drinkglas te deel nie.

2) Kindermishandeling en -molestering Kindermishandeling is een van die ernstigste probleme in ons land. Lees die onderstaande berig.

Pta-dagmoeder sit dalk lank oor 'mishandeling' 2012-09-20 09:30

Johannesburg – ’n Dagmoeder het Woensdag in die Pretoria-streekhof verskyn op aanklagte van kindermishandeling, het ’n berig Donderdag gelui. Linda Mans (36) van die Teddy Winks-kleuterskool in Suiderberg, is op 16 Augustus in hegtenis geneem nadat sy glo twee babas in 2011 by die skool aangerand het, berig Beeld. Mans het glo die agt maande oue Keylaene-Maré Schreiber “herhaaldelik en hard” op die boude, bene, laerug en arms geslaan. In daardie tyd het Mans aan die baba se ouers, Daryl en Bernadine Schreiber, gesê een van haar werknemers het “die baba geslaan omdat sy nie wou slaap nie”. Sy is ook aangekla van die aanranding van Divan Myburgh, wat 10 maande oud was, nadat hy in die gesig geslaan is. Mans het ’n geskrewe verskoning aan Myburgh se ouers gegee vir die merke wat op sy gesig gelaat is, waarin sy gesê het dit was eintlik vir haar eie kind bedoel.

© Impaq

19


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Landdros Maryke de la Rey het Mans gewaarsku oor die erns van die aanklagte en het gesê sy kan vir 10 jaar tronk toe gestuur word. (Geneem uit: www.news24.com )

Uit die artikel kan ons duidelik sien hoe ’n ernstige probleem kindermishandeling is. Hierdie jong kinders is selfs by hulle kleuterskool mishandel. Dit is ’n plek waar hulle veronderstel is om veilig te voel. Daar is egter ook baie kinders wat deur hulle eie ouers mishandel word. Mishandeling kan fisiek of verbaal wees. Fisieke mishandeling beteken dat die kind liggaamlik skade aangedoen word. Die kind word rondgeruk of geslaan. Die kind word ook mishandel as hy/sy in ’n klein spasie toegesluit word of nie gevoed en geklee word nie. Verbale mishandeling is wanneer iemand die kind emosioneel afkraak deur die kind byvoorbeeld sleg te sê. ’n Opvoeder is ook verantwoordelik vir die ontwikkeling van ʼn kind se selfbeeld en daarom is dit mishandeling as die opvoeder enigsins die kind se selfbeeld bewustelik afkraak. Molestering is ook deel van mishandeling. Kindermolestering is ’n probleem wat ernstige gevolge vir die kind kan hê. Dit kan lei tot ’n aantal emosionele probleme. 3) Besoedeling

(www.mieliestronk.com)

Besoedeling maak ons aarde dood! Daar is verskeie vorme van besoedeling: lugbesoedeling, grondbesoedeling en water-/seebesoedeling. Dit kan die lewe van mens, dier en plant baie ernstig benadeel. Ons het nou ons navorsing voltooi oor die sosiale kwessies. Ons gaan nou die kennis gebruik om ’n drama genre – ’n monoloog – te skep en op te voer.

© Impaq

20


Handleiding G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Wat is ’n monoloog? Dit is waar een persoon ’n dramatiese gesprek met hom-/haarself voer. Daar is nie ander karakters betrokke nie. Die volgende monoloog gaan oor besoedeling. Monoloog Karakter – Johannes, ’n tuinwerker. Hy werk al 15 jaar lank by die munisipaliteit van Tshwane. Hy is 50 jaar oud en is ’n nederige en hardwerkende man. Hy is geklee in ’n oorpak en rubberstewels. Hy is baie netjies en is trots op sy handewerk. Situasie – Hy werk elke dag getrou in sy deel van die tuin voor die stadsaal. Daar is egter baie mense wat tydens hulle etenstye daar kom sit. Hulle los dan al hulle leë bottels, blikke en papiere net daar op die gras en selfs in die blombeddings. Dit maak hom baie ongelukkig. (Johannes is in sy tuin en besig om die vullis op te tel) Eish! Die mense wat die vuilgoed so rondgooi! Hulle het ook geen gevoel vir die natuur nie! Hulle sit net hier rond en los hulle gemors in my mooi tuin! (Hy gaan staan met sy hande op sy heupe en klik sy tong dramaties. Hy draai na die gehoor.) Julle weet, as die mense nie ophou om die vullis rond te gooi nie, gaan ons aarde doodgaan. Al die mooi blomme gaan vrek en die gras gaan verdroog! Ek gaan nie eers meer nodig hê om die tuine nat te maak nie! (Hy sug moedeloos en sak op sy hurke om nog meer vullis op te tel!) Julle weet! Besoedeling is ’n vervuiling van ons aarde. (Hy staan op en draai na die gehoor. Hy beduie met sy hande.) Ons lug, grond en water word besmet deur die mens se kan-nie-omgee-niehouding! Hulle gee nie om dat hulle alles kan doodmaak nie! (Hy skud sy kop heen en weer. En kyk skielik op. Hy loop vinnig heen en weer) Maar hulle is netjies! Ja nee! Die morsjorse se skoene en klere is mooi skoon en hulle kom gooi vir hulle mooi kombersies uit! (Hy swaai sommer sy arms heen en weer soos hy ontsteld praat.) Maar ek sal daai morsjorse wys! Ek gaan ’n heining om my beddings sit! Hulle sal nie weer in my beddings mors nie! Ek sal hulle wys!

© Impaq

21

Gr 8-Skeppende Kunste-Handleiding  
Gr 8-Skeppende Kunste-Handleiding