Gr 8-Skeppende Kunste-Fasiliteerdersgids

Page 1

Í2(È-A-CRA-FG01PÎ

1

8

0

8

-

A

-

C

R

A

-

F

G

0

1

SKEPPENDE KUNSTE FASILITEERDERSGIDS

Graad 8

A member of the FUTURELEARN group


Skeppende Kunste Fasiliteerdersgids

1808-A-CRA-FG01

Í2(È-A-CRA-FG01PÎ

Graad 8

Aangepas vir KABV

LM van der Walt


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE ......................................................................................................... 3 ROOSTER EN TYDSBESTUUR ................................................................................ 5 ASSESSERINGSVEREISTES ................................................................................... 6 VOORWOORD .......................................................................................................... 8 JAARPLAN .............................................................................................................. 9 EENHEID 1: Sosiale kwessies in drama en die rol van die kunstenaar in populêre kultuur ................................................................................ 13 DRAMA ............................................................................................... 15 AKTIWITEIT 1: ......................................................................... 15 AKTIWITEIT 2: ......................................................................... 17 VISUELE KUNSTE ............................................................................. 18 AKTIWITEIT 3: ......................................................................... 19 AKTIWITEIT 4: ......................................................................... 21 AKTIWITEIT 5: ......................................................................... 23 EENHEID 2: Die interpretasie van inheemse gedigte en die ondersoek na modes van die hede en verlede en sosiale kwessies .................... 25 DRAMA ............................................................................................... 27 AKTIWITEIT 6: ......................................................................... 28 VISUELE KUNSTE ............................................................................. 30 AKTIWITEIT 7: ......................................................................... 32 AKTIWITEIT 8: ......................................................................... 34 EENHEID 3: Verskillende toneelstyle, loopbane en ontwerpprojekte in 2D en 3D ............................................................................................. 35 DRAMA ............................................................................................... 37 AKTIWITEIT 9: ......................................................................... 37 VISUELE KUNSTE ............................................................................. 39 AKTIWITEIT 10: ....................................................................... 39 AKTIWITEIT 11: ....................................................................... 40 AKTIWITEIT 12: ....................................................................... 42 EENHEID 4: Die invloed van media op drama en skepping in 2D ...................... 43 DRAMA ............................................................................................... 45

© Impaq

1


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

AKTIWITEIT 13: ....................................................................... 49 VISUELE KUNSTE ............................................................................. 50 AKTIWITEIT 14: ....................................................................... 50 AKTIWITEIT 15: ....................................................................... 51 AKTIWITEIT 16: ....................................................................... 52 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ........................................................................ 55

© Impaq

2


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

JAARPLAN KWARTAAL 1

DATUM BEGIN

LES 1 Opwarming in drama 2 Monoloog 3 Resensie 4 Graffiti en letterwerk 5 Skep van eie graffiti 6 Rol van die kunstenaar in die gemeenskap: Kunsvlyt 7 Skep van ’n knypbakkie 8 Geskiedenis van die Griekse mitologie

2

9 Opwarmingsroetine 10 Inheemse gedigte 11 Modes van die hede en verlede 12 Kunstenaar as sosiale kommentator

3

13 Opwarmingsoefeninge 14 Die genres in drama 15 Figuurtekeninge 16 Loopbane in kunste 17 Oppervlakversiering

4

18 Opwarmingsroetines 19 Dialoog, prosa en storievertelling 20 Die vorme van media 21 Tonale tekening

Š Impaq

9

DATUM VOLTOOI


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

EENHEID 1: Sosiale kwessies in drama en die rol van die kunstenaar in populêre kultuur LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:  ’n Toneelstuk wat verband hou met sosiale kwessies te

ontwikkel en uit te voer.  Krities kan besin oor die skepping en opvoering van ’n

toneelstuk.  Die rol van die kunstenaar in die gemeenskap kan herken en ’n

bespreking daaroor voer.  Kunselemente en ontwerpbeginsels in kreatiewe letterwerk soos

graffiti kan identifiseer.  Jou eie letterwerk of graffiti te skep.  Die belangrikheid van funksionele houers vanuit die mitologie

kan identifiseer.  Jou eie mitologiese funksionele houer kan skep.

© Impaq

13


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

INLEIDING Die eerste deel van die eenheid sluit opwarmingsoefeninge vir drama in. Dit stem ooreen met die opwarmingsroetines wat in graad 7 gedoen is. Dit is dus ’n hersiening van die vorige jaar se werk. Daar is oefeninge wat bygevoeg word. Die KABV vereis dat leerders 15 minute per week aan die opwarmingsroetine sal spandeer. In die voorwoord is gemeld dat Skeppende Kunste in onderwerpe ingedeel is. Die onderwerpe is in lesse verdeel, sodat leerders en fasiliteerders nie deurmekaar raak nie. Daar is ook by elke les ’n tydstoedeling en dit maak dit vir leerders en fasiliteerders makliker om ’n rooster op te stel, sodat al die lesse in die kwartaal gedek word. Die drama in die eenheid fokus veral op die sosiale kwessies wat in ons land voorkom. Enige sosiale kwessie kan aangespreek word. Leerders gaan dan ’n toneelstuk skep, wat een van hierdie kwessies aanspreek. Ons gaan ook krities kyk na ’n film wat relevant tot vandag is en dit ontleed. Visuele Kunste fokus in hierdie eenheid op veral twee temas. Die eerste tema is die rol wat die kunstenaar in die gemeenskap speel en hoe veral letterwerk en graffiti gebruik word om hulle boodskap uit te druk. Die tweede tema gaan oor die gebruik van verskillende funksionele houers, en veral houers vanuit die mitologie. Leerders gaan ook leer hoe om hul eie houer te skep en met mitologiese figure te versier. BELANGRIKE TERMINOLOGIE Alle

nuwe

terminologie

word

uiteengesit.

© Impaq

14

in

die

DEFINIEER

blokkie


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

DRAMA Onderwerp 1: Dramatiese ontwikkeling (2,5 ure) 1.1

Les 1: Opwarmingsoefeninge vir drama

AKTIWITEIT 1: Die assessering tel nie vir punte nie. Dit is net ’n lekker aktiwiteit vir leerders om te doen. Laat leerders die bewegingspeletjies uitskryf en dit dan vir hul maats aanbied. Die gegewe prentjie kan as ’n riglyn dien om leerders ’n idee te gee van hoe om die speletjie te begin.

(www.wikispaces.com)

Moontlike voorbeelde vir die fasiliteerder: Prentjie 1: Hardloop 5 minute om op te warm. Prentjie 2: Doen sterspronge. Herhaal vyf keer. Prentjie 3: Doen wawiele buite op die gras. Doen vyf wawiele. Prentjie 4: Kry ’n sokkerbal. Skop die bal 10 minute lank vir mekaar.

© Impaq

15


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5ure) Voorgestelde hulpbronne: Koerante en tydskrifte – enige artikels oor sosiale kwessies in Suid- Afrika.

2.1

Les 2: Navorsing oor sosiale kwessies en die skepping en opvoering van ’n dramatiese monoloog

Die les is slegs teoreties. Die teorie word in die daaropvolgende lesse toegepas. Fasiliteerders moet die les saam met leerders bestudeer.

3.1

Les 3 : Resensie

Die les is teoreties. Leerders moet die gegewe resensie bestudeer. VIR DIE NUUSKIERIGES: Versamel tydskrifte en koerante en lees die resensies van die verskeie resensente wat daarin verskyn. Dit sal jou ’n goeie idee gee van hoe ’n resensie lyk en wat die resensent as belangrike aspekte van die film of opvoering beskou. Gee leerders leiding wanneer hulle resensies bymekaarmaak. Tydskrifte soos Huisgenoot het goeie resensies. Bespreek die verskillende resensente se sienings met leerders.

© Impaq

16


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

AKTIWITEIT 2: Hierdie aktiwiteit tel vir assessering. ’n Sosiale kwessie is gekies soos armoede, werkloosheid, Vigswesies, ens. Les 2 in die Handleiding verduidelik wat ’n monoloog is. Assesseer leerders volgens die verduideliking asook hoe hulle dit oordra. Gebruik die riglyne in die rubriek hieronder om die assessering te bepunt: 1 SWAK

2 GOED

3 UITSTEKEND

1)Die storielyn is duidelik en word maklik gevolg 2)Die teks is relevant tot die sosiale kwessie wat aangespreek word 3)Die karakter word duidelik uitgebeeld en die leser kan met hom/haar identifiseer 4)Die plek en tyd waarin die toneel afspeel word duidelik in die teks weerspieël 5)Daar word ’n klimaks bereik en daar word ’n oplossing vir die probleem gebied Uitvoering

TOTALE PUNTE

5 punte

Totale punte

/ 20 Totale punte = ( 20/2 = 10 punte )

© Impaq

17


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

VISUELE KUNSTE Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (1 uur) Voorgestelde hulpbronne: Foto’s in boeke, tydskrifte en koerante van die alledaagse lewe, bv. kreatiewe letterskepping in populêre kultuur en graffiti.

4.1

Les 4: Die rol van die kunstenaar in populêre kultuur: letterwerk en graffiti

Die les behandel slegs teorie. Die teorie word in Les 5 toegepas.

Onderwerp 1: Skep in 2D (2 ure) Voorgestelde hulpbronne en materiale: Voorbeelde of prente van die alledaagse lewe en graffiti. Gekleurde ink, merkpenne, enige ander tekenmateriale.

5.1

Les 5: Gebruik die beginsels van kuns- en ontwerpelemente om jou eie graffiti te skep

VIR DIE NUUSKIERIGES: Bied leerders die geleentheid om op die Internet oor graffitikunstenaars navorsing te doen. Die kunstenaars wat hieronder gelys is, is bekende graffitikunstenaars. Gebruik dit as riglyn om leerders te help in hul navorsing: Banksy Jean-Michael Basquiat Keith Haring Shepard Fairey John Fekner

© Impaq

18


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

AKTIWITEIT 3: Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie. Dit is ’n lekker, prettige aktiwiteit vir leerders. Leerders kan eksperimenteer met verskeie tekenmedia. Hulle kan vetkryte, pastelle en ander medium gebruik. Leerders kan ook enige grootte papier gebruik. Gebruik die voorbeelde van graffiti gegee in die Studiegids. Die onderstaande is ’n voorbeeld van graffiti gedoen deur kinders :

(www.blogspot.com)

© Impaq

19


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (1 uur) Voorgestelde hulpbronne: Foto’s, prente en voorbeelde van ’n verskeidenheid houers met verskillende funksies en vorms.

6.1

Les 6: Die rol van die kunstenaar in die gemeenskap en kunsvlyt as funksionele en dekoratiewe ontwerp

VIR DIE NUUSKIERIGES: Raadpleeg die Internet en tydskrifte vir inligting. Die webtuiste www.mieliestronk.com bied goeie inligting. Kortlikse inligting vir die fasiliteerder: Dit is onseker waar pottebakkery ontstaan het. Daar is geskiedkundiges wat beweer dat dit sowat 9000 – 10000 jaar terug iewers in die Midde- Ooste ontstaan het. Die meeste inheemse stamme het in die vroeë kleivoorwerpe geskep om in alledaagse lewe te gebruik.

tydperke

Hulle het voorwerpe benodig om water en kos in te stoor. Hulle het ook plat kleibakke gemaak, om hulle koring en mielies in fyn te maal. Die Grieke en Romeine het pottebakkery as kunsvorm begin aanwend. Hulle het die potte versier en dit ook as versierings gebruik. Die Grieke het ook hulle gebruiksartikels versier. In die moderne tyd is pottebakkery nie slegs ’n stokperdjie vir baie mense nie, maar ook ’n bron van inkomste.

© Impaq

20


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Onderwerp 2: Skep in 2D (2 ure) Voorgestelde hulpbronne: Foto’s en voorbeelde van verskillende houers. Materiale benodig: Modelleerklei, toerusting om inkepings te maak.

7.1

Les 7: Skep ’n knypbakkie met ’n deksel vir ’n bepaalde doel en versier dit met inkepings en patrone

AKTIWITEIT 4: Die volgende aktiwiteit tel nie vir assessering nie. Dit is ’n kreatiewe, praktiese aktiwiteit vir leerders. Leerders moet ’n knypbakkie maak. Volg die stappe soos in die studiegids uiteengesit. Laat die pot droog word in die son. Sodra dit droog is, verf dit met keramiekverf. Lei leerders in die projek. Gebruik foto’s en prente van potte as voorbeelde. Gebruik ’n skerp voorbeeld om inkepings en vorms op die pot te maak, voordat dit droog is.

Onderwerp 3: Skep in 3D (4 ure) Voorgestelde hulpbronne: Inligting of foto’s van houers uit die mitologie. Materiale benodig: Herwinbare materiale: krale, karton, strike ens.

8.1

© Impaq

Les 8: Die geskiedenis van die Griekse mitologie en die skep van ’n mitologiese houer uit herwinbare materiale

21


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

VIR DIE NUUSKIERIGES: Bestudeer saam met leerders die verskillende Griekse gode. Gebruik die Internet, tydskrifte en ander bronne. Webtuistes om te besoek: www.mieliestronk.com www.wikipedia.com

Soek inligting saam met leerders oor die verskillende tegnieke wat die Grieke gebruik het in die kuns van pottebakkery. Bespreek die vakmanskap en akkuraatheid waarmee hulle te werk gegaan het. Die mites van die Grieke, veral wat betref die verklaring van natuurverskynsels, is eeue reeds verkeerd bewys deur wetenskaplikes. Dit hou egter vir die meeste mense nog ’n mate van misterie in. Dit interesseer baie mense en daar word nog steeds navorsing daaroor gedoen. Die legendes van die helde en heldinne is ook vir baie mense fassinerend. Dit gee mense inspirasie om sekere doelwitte te bereik. Kunstenaars gebruik ook die mitologiese figure as inspirasie vir hulle kunswerke. Die Griekse mitologie het veral ’n groot invloed op pottebakkery.

Š Impaq

22


Fasiliteerdersgids G08 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

AKTIWITEIT 5: Die aktiwiteit tel vir assessering. Leerders moet hul eie houer skep met modelleerklei en dit versier met enige herwinbare materiaal Hulle moet eers ’n beplanning doen en dan die produk skep. Die opdrag word dus in twee dele geassesseer. 1) Die beplanning

Swak beplanning gelewer – is onduidelik Goeie beplanning gelewer – het redelike goeie idee Uitstekende beplanning – kan leerder se visie sien

Punte toegeken 1 3 5 (Totaal = 5 )

2) Die finale produk. ’n Houer met ’n bepaalde vorm en versier met herwinbare materiaal.

Houer is glad nie volgens beplanning gedoen nie Die houer het ’n bepaalde vorm. Daar is min moeite gedoen met versiering. Dit is min of meer volgens die beplanning gedoen. Die houer is presies volgens beplanning gedoen. Dit het ’n unieke vorm en is kreatief met die herwinbare materiaal versier.

Punte toegeken 1 3

5

( Totaal = 5 ) Groottotaal = 10 punte

© Impaq

23


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.