Gr 8-Afrikaans Huistaal Fasiliteerdersgids

Page 1


Graad 8 • Fasiliteerdersgids

Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Fasiliteerdersgids

Graad 8

SAMPLE

Aangepas vir KABV
I Kritzinger M Swanepoel

G08 ~ Afrikaans Huistaal

Voorwoord

Welkom by Afrikaans Huistaal graad 8!

Die handleiding en fasiliteerdersgids is saamgestel en ontwikkel om aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) te voldoen.

Die leerders gaan die volgende bronmateriaal benodig:

• Boeke met skoon lyntjiespapier

• Rofwerkpapier

• ’n Verklarende Afrikaanse woordeboek

• Tydskrifte en koerante

• Afrikaanse leesboeke (enige fiktiewe stories van jou gunsteling-outeurs)

• Viva-woordeboek toepassing (https://viva-app.soft112.com/)

Daar gaan van die leerders verwag word om:

• voorspellings te maak en kanse te waag;

• vrae te vra en krities te dink;

• ondersoek in te stel;

• te ontdek; en

• en kreatief te raak.

Gedurende elke eenheid moet elke leerder ’n boek van sy/haar keuse lees. Die boek moet uit ongeveer 120 bladsye bestaan (dit mag meer wees, volgens die leerders vermoë). Aan die einde van elke eenheid gaan die leerders ’n boekverslag invul oor die boek wat hulle gedurende die eenheid gelees het.

Rooster en tydsbestuur

Volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) is die onderrigtyd vir huistaal vyf ure per week. Alle taalinhoud word in ’n tweeweeklikse siklus aangebied. Hierdie siklus hoef nie streng gevolg te word nie, maar daar moet seker gemaak word dat die taalvaardigheid, veral lees en skryf, dikwels geoefen word. Die tydstoekenning vir die onderrig van die verskillende taalvaardighede in graad 8 is 36 weke. Vier weke is vir eksamendoeleindes – twee weke vir die Junie-eksamen en nog twee weke vir die Novembereksamen.

Voorgestelde uiteensetting per vaardigheid in ’n tweeweeklikse siklus:

Vaardigheid Tydstoekenning per tweeweeklikse siklus

Luister en praat 2 uur

Lees en kyk 3 uur 30 min.

Skryf en aanbied 3 uur 30 min.

Taalstrukture en -konvensies 1 uur (deurlopend)

G08 ~ Afrikaans Huistaal

Assesseringsvereistes

Al die nodige assesseringsvereistes en die puntestaat is in die portefeuljeboek. Alle informele assesserings in die handleiding is bloot ter oefening sodat die leerders vir formele assesserings gereed sal wees.

Studiewenke en -metodes

Om die handleiding doeltreffend te gebruik en sodoende optimale leer en ontwikkeling aan leerders te verskaf, is dit nodig om sekere konsepte en prosesse te verstaan en deeglik toe te pas.

Hier volg ’n paar riglyne, verduidelikings van die konsepte en sekere prosesse. Dit is belangrik dat die fasiliteerder gereeld na hierdie afdeling toe terugkeer.

1. Aanbieding van besprekings en gesprekke

Dit is van kardinale belang dat leerders geleentheid gegee word om hul gedagtes, opinies en ervaring mondeling oor te dra, want daardeur word die leerders se vaardigheid ontwikkel om hulself verbaal oor te dra en verstaanbaar te maak.

Aan die begin van elke eenheid is daar ’n mondelinge aktiwiteit. Die leerders moet dit kan doen sonder die vrees om foute te maak. Baie van hierdie gesprekke word geïnisieer deur voorspellings op grond van ’n titel of prentjie, wat verband hou met die tema. In hierdie gesprekke en besprekings is daar geen verkeerde antwoorde nie.

2. Luisterbegrip-proses

Die fasiliteerder moet telkens die luisterteks vooraf deurgaan, sodat die teks foutloos en met die regte stemtoon en spoed gelees kan word. Die leerders moet aantekeninge maak terwyl hulle luister. Aantekeninge moet slegs uit kernwoorde en gedagtes bestaan, wat die leerders later kan lei om die vrae te beantwoord.

Die stappe wat gevolg moet word in luisterbegrip-aktiwiteite

a) Lees saam met die leerders deur die vrae.

b) Lees die teks vir die eerste keer vir die leerders.

c) Verduidelik vir die leerders dat dit normaal is om die eerste keer nie al die antwoorde te kry nie omdat jy fokus op wat in die storie gaan gebeur.

d) Gaan vir ’n tweede keer saam met die leerders deur die vrae, maar moet nie dat die leerders die vrae beantwoord nie.

e) Lees die luisterteks vir ’n tweede keer vir die leerders.

f) Nou kan die leerders die vrae beantwoord deur hul aantekeninge te gebruik.

Let wel: Die proses mag vir ’n derde keer herhaal word in die eerste kwartaal, maar moet van die tweede kwartaal af net twee keer gedoen word.

3. Fasilitering van leesbegrip-aktiwiteite:

Lees speel ’n baie belangrike rol in die NKABV en moet nooit afgeskeep word nie. Alle vrae moet ook teksgebonde wees, sodat die leerder kan leer om met begrip te lees.

Die stappe wat gevolg moet word in luisterbegrip-aktiwiteite:

G08 ~ Afrikaans Huistaal

a) Elke leesteks in die handleiding word eers saam met die leerders deurgelees.

b) Die leerders identifiseer dan onbekende of moeilike woordeskat. Dit moet aan die leerders verduidelik word of in ’n woordeboek opgesoek word.

c) Daarna moet die leerders die teks alleen en hardop lees.

d) Gaan dan saam met die leerders deur die vrae om onduidelikhede uit te klaar.

e) Die leerders beantwoord dan die vrae in volsinne.

Dit is baie belangrik dat leerders ook daagliks ’n storieboek in hul vrye tyd lees.

Afrikaans Huistaal

Jaarplan

1 1 – 2 Aktiwiteit 1 – 5

3 – 4 Aktiwiteit 6 – 10

5 – 6 Aktiwiteit 11 – 16

7 – 8 Aktiwiteit 17 – 23

9 – 10 Aktiwiteit 24 – 29

2 1 – 2 Aktiwiteit 1 – 7

3 – 4 Aktiwiteit 8 – 13 5 – 6 Aktiwiteit 14 – 20

7 – 8 Aktiwiteit 21 – 26

9 – 10 Junie-eksamen

3 1 – 2 Aktiwiteit 1 – 6 3 – 4 Aktiwiteit 7 – 12

5 – 6 Aktiwiteit 13 – 19 7 – 8 Aktiwiteit 20 – 25

9 – 10 Aktiwiteit 26 – 31

4 1 – 2 Aktiwiteit 1 – 7

3 – 4 Aktiwiteit 8 – 14

5 – 6 Aktiwiteit 15 – 20 (Hersiening)

7 – 8 Aktiwiteit 21 – 28 (Hersiening)

9 – 10 Novembereksamen

EENHEID 1: Week 1 – 2

Luister en praat

Groepbespreking

Vaardighede

Luister met begrip en maak ’n opsomming

Lees en kyk

Kortverhaal

Skryf en aanbied

Aktiwiteit

Aktiwiteit 1

Aktiwiteit 2

Aktiwiteit 3

Skryf ’n verhalende opstel Aktiwiteit 4

Taalstrukture en -konvensies

Geïntegreerde taal

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 1: Groepbespreking

Aktiwiteit 5

Hoe ver terug kan jy onthou? Dink aan jou vroegste herinnering as kind en vertel jou fasiliteerder wat hierdie herinnering is.

Nota aan fasiliteerder: Kyk veral dat die vertelling in die verlede tyd vertel word. Vra gepaste vrae om die gesprek te laat vloei, maar laat die leerder meeste van die praatwerk doen.

SAMPLE

Aktiwiteit 2: Luister met begrip en maak ’n opsomming

Jy het vroeër vir jou fasiliteerder vertel van jou vroegste herinnering as kind. Som nou hierdie herinnering op in ’n paar sinne.

Nota aan fasiliteerder: Die opsomming moet mondelings gedoen word. Kyk of dit ’n sinvolle opsomming is. Die opsomming sal toets of die leerder opgelet het toe aktiwiteit 1 gedoen is.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 3: Kortverhaal

Lees die verhaal “Crayola washables ook vir my seun” en beantwoord die vrae wat volg.

1. Wie gee vir die klas instruksies?

Juffrou Erasmus

2. Die kinders moet ’n monster teken. Wat maak hierdie monster anders as normale monsters? Die monster moet gemaak word uit verskillende dele van ander diere en enige iets anders waaraan die kinders kan dink.

3. Die juffrou sê dat die kinders hulle verbeelding moet gebruik. Wat bedoel sy hiermee?

Jy gebruik jou verbeelding as jy kreatief en buite die boksie dink.

4. Wie se idee was hierdie monster-opdrag?

Dit was Eugene se idee.

5. Hoe het die juffrou hierdie idee in die hande gekry?

Eugene het dit in die idees-boks gegooi.

6. Beskryf Eugene se karakter in twee sinne.

Eugene is ’n oulike, slim en eiewyse seunskind. Hy is lief vir teken.

7. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.

Eugene se pa het bruin hare.

Onwaar, Eugene het wilde swart hare nes sy pa.

8. Wat het Eugene vir sy derde verjaarsdag by sy pa gekry?

Vetkryte

9. Wat het Eugene na sy derde verjaarsdag uitgevind?

Eugene het uitgevind dat hy nie op die eetkamermuur mag teken nie.

10. Eugene se pa het die “teken op die muur”-situasie baie goed hanteer. Hoe sou jou ouers die situasie hanteer het as dit jy was?

Leerder se eie antwoord.

11. Hoe weet jy dat Marelca ’n goeie vriendin van Eugene is?

Hulle was saam in die kleuterskool gewees.

12. Waarna dink jy verwys hulle as hulle praat van Eugene se “wêreldjie”? Hoe stem dit ooreen met juffrou Erasmus se instruksies aan die begin?

Eugene se “wêreldjie” is sy eie verbeelding. Juffrou Erasmus het aan die begin gesê dat die kinders hul verbeelding moet gebruik vir hierdie opdrag.

13. Wat presies is “Crayola washable markers”?

Crayola washable markers is tekenkryte wat afgewas kan word, sou jy op enigiets anders as papier teken.

14. Hoekom sou Eugene se ouers eerder vir hom Crayola washable-inkleurpenne koop?

Gebruik ’n voorbeeld uit die storie om jou antwoord te staaf.

Eugene se ouers het vir hom Crayola washable-inkleurpenne gekoop omdat hy op ander plekke geteken het as op sy papier. Met hierdie penne kon hulle darem die mure skoon was.

15. Die verteller gee ’n baie goeie beskrywing van hoe Eugene se monster lyk. Volg hierdie instruksies en teken die “monster” in die onderstaande spasie.

Die leerder se eie tekening volgens die instruksies wat in die teks gegee is.

16. Watter belangrike les het Eugene se pa hom geleer oor monsters?

Dat hy nie vir monsters hoef bang te wees nie; ’n mens moet net ’n manier kry om vir hulle te lag.

17. Wat noem Eugene die gedrog wat hy geteken het? Hansviswors

18. Watter twee belonings het Eugene gekry vir sy prentjie?

Hy het ’n goue sterretjie gekry en sy kunswerk is ingeskryf vir die kunswedstryd.

19. Wat beteken dit as jy nie daarvan hou om in ’n boksie gedruk te word nie?

Iemand hou nie daarvan om voorgesê te word nie. Die persoon is uniek.

20. Watter positiewe verskille het Eugene se karakter al in die klaskamer teweeg gebring? Chester wil nie meer soos Jimmy wees nie.

Marelca het meer selfvertroue.

21. Wie is die verteller in die kortverhaal? Motiveer jou antwoord. Die verteller is Eugene wat nou ’n grootmens is. Die verhaal eindig waar sy monster in sy eie seun se kamer hang.

22. Noem twee ruimtes waar die verhaal afspeel.

By die skool in die klaskamer en in Eugene se seun se kamer.

23. Waarom is die slotsin van die kortverhaal ironies?

Dit is ironies omdat Eugene se seun seker ook op mure teken en daarom Crayola Washables nodig het.

AFDELING 3

SKRYF EN AANBIED

Nota aan fasiliteerder: Help die leerder om deur die skryfmetode te werk. Dit is van kardinale belang dat elke stap gevolg moet word om skryfwerk te kan verbeter.

Skryfproses

Voordat ’n mens enige skryfstuk begin skryf, MOET jy eers jou gedagtes agtermekaar kry oor WAT jy wil skryf. Wanneer ’n mens aan ’n onderwerp dink waaroor jy wil skryf, kom daar gewoonlik baie idees in jou kop, en dit is juis DIT wat jy moet neerskryf, sodat jy kan sien of dit wat jy gedink het jy wil skryf, wel iets om die lyf het.

Wanneer jy ’n verhalende opstel skryf, is daar ’n spesifieke beplanningsmodel wat jy kan gebruik om jou te help om jou gedagtes beter te orden. Die spinnekopdiagram of breinstorm is maar een van baie metodes. Die FAIL-skryfmetode is baie meer suksesvol omdat dit ook die beplanning vir ’n vyf-paragraaf-opstel is. F.A.I.L. staan vir jou “First Attempt In Learning”. Sien jou beplanning en jou eerste poging as jou eerste probeerslag, en daarom mag jy maar foute maak. Onthou ook dat jou beplanning die geraamte is en dat jou eerste poging is waar jy meer vleis aan die geraamte sit.

Beplanningsmodel vir ’n verhalende opstel en sy stappe:

1. Teken die breinkaart op die helfte van jou beplanningsbladsy.

2. Titel van opstel: In hierdie spasie skryf jy kortliks waaroor jou onderwerp handel.

3. Die liggaam van die opstel word eerste beplan. Dis die gedeelte waar jou eintlike storie vertel gaan word. Enige storie het ’n begin (paragraaf 2), ’n middel (paragraaf 3) en ’n einde (paragraaf 4). Beantwoord die volgende vrae in elke blokkie met ’n kort antwoord:

a) Liggaam blokkie 1: Wat het gebeur?

b) Liggaam blokkie 2: Waarom het dit gebeur?

c) Liggaam blokkie 3: Wat gebeur nou volgende?

4. Die slot (paragraaf 5) word direk na die liggaam beplan. Jou slot mag nie nuwe inligting bevat nie. Sien jou slot as daardie laaste stukkie legkaart wat jy moet byvoeg sodat die hele prentjie sin maak. Daarom is die slot ook op die meeste net 2 – 3 sinne lank. Sien die slot as die plek waar jy skryf wat jy uit die hele gebeurtenis geleer het.

Titel van opstel 2 Slot 3 Inleiding

(3 paragrawe)

5. Die inleiding (paragraaf 1) word heel laaste beplan. Die rede hiervoor is omdat mens altyd wonder hoe om ’n opstel kreatief en interessant te begin. Jou slot en jou inleiding moet met mekaar skakel. Jou inleiding is ook nie langer as 2 – 3 sinne nie.

FAIL-metode se eerste poging: Net soos jou beplanning, begin jou eerste poging by paragraaf 2.

• Deel 5: Paragraaf 1 is die inleiding, maar word laaste geskryf.

• Deel 1: Paragraaf 2 is die eerste deel van jou liggaam waar jy vertel “Wat het gebeur?”

• Deel 2: Paragraaf 3 is die tweede deel van jou liggaam waar jy vertel “Hoekom het dit gebeur?”

• Deel 3: Paragraaf 4 is die laaste deel van jou liggaam waar jy vertel “Wat het toe gebeur?”

• Deel 4: Paragraaf 5 is die slot wat direk na die liggaam geskryf moet word.

1 Liggaam

Kom ons kyk na die volgende voorbeeld om die FAIL-skryfmetode in aksie te sien:

Onderwerp: Ek los jou daar ...

3 Inleiding

Ons familiehond is ’n baie nuuskierige brakkie wat altyd haar neus by plekke ingedruk het waar dit nie hoort nie.

My hond by vee arts

1 Liggaam (3 paragrawe)

2 Slot

Ons was so hartseer gewees en moes sonder haar huis toe gaan.

Wat het gebeur?

Ons familiehond (16 jaar oud) is deur ’n swerm bye gesteek.

Hoekom het dit gebeur?

Die hond het gaan rondsnuffel agter die motorhuis en op die bynes afgekom.

Wenke by die skryf van kreatiewe opstelle:

Wat het toe gebeur?

Ons het haar veearts toe gevat, maar haar hart was te swak.

• Jou beplanning is 80% van jou werk. As jy reg beplan het, sal jou opstel homself kan skryf.

• Glans (highlight) enige woorde waarvan jy onseker is oor die spelling.

SAMPLE

• Jy mag slegs ’n woordeboek gebruik wanneer jy met jou beplanning en jou eerste poging klaar is. Die idee is om die warboel in jou kop eers op papier te kry en dan die woordeboek te gebruik om jou werk te redigeer.

• Jy moet net so baie tyd aan jou redigeringspoging (waar jy al jou foute regmaak) spandeer as aan jou eerste poging. Dis ’n goeie idee om jou geredigeerde opstel hardop vir jouself te lees sodat jy kan hoor of jy enige taal- of sinsfoute en inhoudsfoute gemaak het.

• Jy kry punte vir die inleiding-, liggaam- en slotgedeeltes van jou opstel.

• Jy word net teruggehou deur jou eie verbeelding. As jy nie hou van die onderwerp nie, is dit jou werk om dit vir jouself interessant te maak. Dit help as jy jou opstel skryf oor iets wat al gebeur het omdat feite jou opstel makliker maak om te glo.

• Jou woorde tel is deel van die beplanning en redigering – jy tel nadat jy jou eerste poging geskryf het, en verkort dan of maak langer.

Aktiwiteit 4: Skryf ’n verhalende opstel

Kies EEN van die volgende drie onderwerpe en skryf ’n verhalende opstel van 200 – 250 woorde. Maak seker dat jou opstel uit vyf paragrawe bestaan. Toets jou verhaal aan die kontrolevorm hieronder – as jy op alles JA kan antwoord, MOET jy goeie punte kry!

Onderwerp 1: ’n Storie wat soos volg eindig –“As ek tog maar na my ouers geluister het!”

Onderwerp 2: ’n Slapelose nag

Onderwerp 3: ’n Storie wat soos volg begin –“En die dag was ...”

VERHALENDE OPSTEL: KONTROLEVORM

Struktuur

1. Is daar ’n opskrif/titel?

2. Is daar reëls oop tussen paragrawe?

3. Is daar vyf paragrawe (inleiding, drie liggaamsparagrawe en ’n slot)?

Inhoud

• Het die inleidingsparagraaf dadelik jou aandag getrek en gehou?

• Volg die gebeure logies op mekaar?

• Is die storielyn oortuigend?

• Is die slot ongewoon/onvoorspelbaar/interessant?

Taal

• Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute

• Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute

• Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute

• Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute

• Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute

• Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute

TOTAAL uit 10

AFLEIDING 4 TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Nota aan fasiliteerder: Die taalnotas in die handleiding moet saam met die leerder deurgewerk word. Die taalnotas is volledig en kan netso geleer word vir toetse.

Aktiwiteit 5: Geïntegreerde taal

Werk die taalreëls deur en beantwoord die volgende taalvrae:

1. Dui aan watter soort bywoorde die onderstreepte woorde is.

a) Die winter kan ’n baie spesiale tyd wees om die buitelug in te vaar. baie - bywoord van graad/wyse

b) Jy wil warm aangetrek wees wanneer jy onaktief is. onaktief - bywoord van wyse

c) Jy gaan dalk nie so dors soos in die somer wees nie. in die somer - bywoord van plek

2. Lees die volgende sinne versigtig. Onderstreep die onderwerp en omkring die voorwerp:

a) Die winter kan ’n baie spesiale tyd wees om die buitelug in te vaar.

b) Laastens het jy ’n lekker dik water- en windbestande baadjie nodig vir ekstra koue weer.

c) Maak seker jou stapskoene is waterdig. Geen voorwerp

d) Jy kan ’n flessie warmsjokolade in jou rugsak sit.

3. Dui aan of die onderstreepte gedeelte ’n byvoeglike of ’n bywoordelike bysin is:

a) Die man, wat die vuur aansteek, dra vuurbestande klere.

Byvoeglike bysin

b) Terwyl jy die tent opslaan, moet jy kyk waar die eerste strale met sonsopkoms sal val.

Bywoordelike bysin

c) Die vuur knetter asof dit in die hel gestook is.

Bywoordelike bysin

SAMPLE

4. Gee ’n sinoniem vir die volgende woorde (hierdie woorde sal jy in ’n woordeboek kan naslaan):

a) afkraak beledig, verkleineer, spot

b) balans ewewig, oorskot, saldo

c) aanmoedig aanspoor, ondersteun

d) akteur toneelspeler

e) dagblad koerant

f) afkoms oorsprong, herkoms

g) blaps fout, verkeerdheid, flater

h) delikaat sensitief, fyn, breekbaar

i) fiemies nuk, geite

j) jaloesie afguns, onvriendelikheid

k) item artikel, voorwerp, objek

l) resultaat afloop, einde, produk, uitkoms

m) noukeurig akkuraat, presies, juis

n) guitig stout, ondeund, spelerig

o) tydsaam stadig, langsaam, rustig

5. Gee ’n antoniem vir die volgende woorde:

a) aanwesig afwesig

b) bevestig iets kanselleer iets

c) diep vlak

d) dieselfde verskillend

e) hartseer gelukkig

f ) gespanne kalm

g) interessant vervelig

h) liggaamlik geestelik

i) mak wild

j) maksimum minimum

k) nader verder

l) vergeet onthou

m) verlies wins, profyt

n) letterlik figuurlik

o) opsetlik/aspris per ongeluk

6. Wat is die letterlike en figuurlike betekenis van die onderstreepte gedeelte?

a) Die winter is ’n spesiale tyd om die buitelug in te vaar.

Letterlik: ’n boot vaar oor die water met ’n seil

Figuurlik: jy gaan in die buitelug in met entoesiasme

b) Die koue seisoen is niemand se speelmaat nie.

Letterlik: ’n persoon wat jou maatjie is waarmee jy speel

Figuurlik: dis iets gevaarlik wat met respek behandel moet word

c) As jy dit nie breed het nie, kan jy steeds lekker gaan kamp.

Letterlik: Iets wat nie breed is nie, is nie wyd nie

Figuurlik: as jy nie baie geld het nie

d) Ek sal ’n duisend dode sterf as my baadjie aan die brand moet raak.

Letterlik: dis nie regtig moontlik om meer as een keer dood te gaan nie

SAMPLE

Hy is so bang dat hy kan doodgaan

e) Die vuurmaakplek is maar ’n hanetreetjie van die tent af.

Letterlik: ’n Haan is ’n hoender wat met sy poot ’n tree neem

Figuurlik: Die vuurmaakplek is nie te ver van die tent af nie

EENHEID 1: Week 3 – 4

Luister en praat

Voorbereide lees

Vaardighede

6 Onvoorbereide mondeling

Lees en kyk

Leesbegrip

Skryf en aanbied

Geskrewe mondelinge aanbieding – toespraak

Taalstrukture en -konvensies

Geïntegreerde taal

AFDELING 1

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 6: Voorbereide lees

7

SAMPLE

8

9

10

Jy moet die uittreksel uit “Manifestasie van ’n gewete” vir jou fasiliteerder voorlees. Dit maak nie saak as jy vashaak nie, sorg dat jy verstaan wat jy lees.

Oorspronklik was ek ’n gewete, die gewete van ene Herman Terblanche, ’n veelsydige rykmanseun. Hoogmoed is algemeen by suksesvolle, bedorwe kinders te vinde, maar Herman het ’n ernstige probleem gehad. Hy het alles misbruik vir sy eie doeleindes, en diegene wat hom teëgestaan het, het deurgeloop. Of dit onder Herman self of Herman se ouers was, is irrelevant, want Herman kon sy ouers om sy pinkie draai. In hulle oë was Herman ’n engeltjie met vlerkies. So het hy hom ook rondom hulle gedra en die niksvermoedende ouers spring as Herman sê spring. Dis toe dat ék inspring en hom op sy foute begin wys, maar alles verniet, want Herman was gans te vol van homself om hom aan my vermanings te steur. Ek moes ’n ander plan kry. Ek het een voordeel en dit is dat ek van alles weet wat hy dink en doen, niemand kan dit beter teen hom gebruik as ek nie. Die vraag was net hoe ...

Nota aan fasiliteerder: Voorbereide lees gaan oor meer as net gewone lees. Let op die volgende:

• Inleiding: is dit treffend, gryp dit onmiddellik die gehoor se aandag vas?

• Toon, styl en register: goeie natuurlike, vloeiende, vaardige leser.

• Uitspraak, oogkontak, gesigsuitdrukkings, gebare en lyftaal: duidelik hoorbaar,

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 8-Afrikaans Huistaal Fasiliteerdersgids by Impaq - Issuu