Gr 7 sosiale wetenskappe handleiding geografie

Page 39

Eenheid

1.

Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

Teken die skets in jou werkboek oor. Gebruik die gegewe inligting om die kaart te voltooi. Sit die volgende inligting by:  Benoem al die strate.  Vul die name van die ander landmerke en geboue in.  Sluit ’n kompas met die vier kardinale punte by jou kaart in.

2.

(13)

Wanneer jy jou kaart voltooi het, verduidelik die roete vanaf Pat se roomyswinkel na die polisiestasie en sê ook wat die geskatte afstand sal wees. (7) [20]

LES 3: AFSTAND EN SKAAL Om afstand te bepaal het ons ’n skaal nodig om ons te help om die korrekte afstand, soos op die kaart gemeet, om te skakel na die werklike afstand oor die grondgebied. Die verskillende soorte skale word in die les beskryf, asook hoe om elke skaal te gebruik om die korrekte afstand te bepaal. 3.1

Soorte skale

Omdat ons groot afstande moet voorstel, gebruik geograwe ’n skaal om te wys hoeveel kleiner ’n kaart is in vergelyking met die grondgebied wat dit voorstel. Daar is drie soorte skale: woordskaal, verhoudingskaal en lynskaal. 1.

Woordskaal Dit is wanneer die skaal in woorde gegee word. Dit vertel ons presies hoeveel afstand 1 cm op die kaart in werklikheid voorstel. Voorbeeld 1: 1 cm stel 50 m voor – dit beteken dat vir elke 1 cm wat op die kaart gemeet word, sal daar 50 m in die werklikheid gereis word. Voorbeeld 2: 1 cm stel 10 km voor – dit beteken dat vir elke 1 cm wat op die kaart gemeet word, sal daar 10 km in die werklikheid gereis word.

2.

Verhoudingskaal Dit is wanneer die kaartskaal aangedui word deur gebruik te maak van ’n breuk. Byvoorbeeld: 1:50 000. Die skaal van ’n kaart word gewoonlik regs bo gevind. Sien die voorbeeld wat volg.

© Impaq

36


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.