Gr 7 sosiale wetenskappe handleiding geografie

Page 155

Eenheid

Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

3

Kindersterftesyfers verwys na die aantal babas wat gebore word, maar wat sterf voor die ouderdom van vyf jaar. Dit is dikwels hoër in ontwikkelende gebiede as gevolg van ’n gebrek aan goeie voeding en toegang tot mediese dienste. Lewensverwagting verwys na hoe lank kinders ná geboorte leef. Die berekening van hierdie syfer hang af hulle lewenstandaard wat voeding, die beskikbaarheid van mediese dienste en opvoeding betref.

Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed  Siektes het ’n aansienlike impak op die sterftesyfer van ’n bevolking en is een van die hoofredes waarom dit so hoog is.  Tuberkulose is ’n lugwegsiekte wat ’n baie negatiewe impak op armer gemeenskappe het as gevolg van swak voeding en ’n gebrek aan mediese voorraad, wat dit vir hulle moeilik maak om die siekte te beveg.  Malaria is ’n tropiese siekte wat veroorsaak word deur ’n parasiet wat deur muskiete oorgedra word. Dit het simptome soortgelyk aan verkoue, maar veroorsaak miljoene sterftes elke jaar.  Diarree is ’n siekte wat ’n toename in babasterftes veroorsaak, omdat baie babas as gevolg van dehidrasie sterf. Diarree word deur besmette water veroorsaak.  Pandemies is wydverspreide siektes wat wêreldwye gevolge het.  Die Swart Dood is ’n siekte wat ’n groot deel van Europa se bevolking in die 14de eeu uitgewis het.  Pokke is ’n siekte wat verwoestende gevolge gehad het op Suid-Afrika se Khoisangemeenskap, omdat hulle geen immuniteit teen die siekte gehad het nie.  MIV/vigs is ’n moderne pandemie wat meer sterftes veroorsaak as al die ander siektes saam en het ’n groot uitwerking op die sterftesyfer van baie bevolkings.  ’n Bevolking se ekonomiese status het ’n uitwerking op hulle groeikurwe omdat armoede, landelike en stedelike migrasie en die lewenstandaard alles inwerk op ’n persoon se lewensverwagting. As ’n persoon nie goeie voeding of mediese dienste kan bekostig nie, gaan hulle nie baie lank leef nie. Daarom beïnvloed dit die bevolking se sterftesyfer.  Daar is baie verskillende menings oor geboortes en geboortebeperking en die verskillende gevolge wat dit kan hê. Sommige armer gesinne kies om meer babas te hê met die hoop dat hulle volwassenheid sal bereik en na hulle sal kan kyk wanneer hulle aftree. Aan die ander kant verkies sekere gemeenskappe om hulle gesinne te beplan.  Konflik en oorloë veroorsaak sterftes vir verskillende redes en veroorsaak ook ’n abnormale opwaartse kurwe in die sterftesyfer van gemeenskappe in hulle onmiddellike omgewing.  Sommige regerings het wette wat die voortplanting van hulle burgers beheer, soos in China.

© Impaq

152


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.