Gr 7 sosiale wetenskappe handleiding geografie

Page 145

Eenheid

11.2

Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

3

Ontwikkelings wat bevolkingsgroei beïnvloed het

Ontwikkelings kan slegs bevolkingsgroei beïnvloed wanneer die bevolking se geboorte- of sterftesyfers drasties verander. ’n Verandering in die lewensverwagting van die algehele bevolking sal dus belangrik wees vir bevolkingsgroei om toe te neem. Mense se lewensverwagting sal verbeter wanneer lewenstandaarde verbeter. Sedert die Industriële Rewolusie was daar heelwat ontwikkelinge wat die lewenstandaard van die mens geweldig verbeter het. VERANDERINGS TE DOEN MET VOEDSEL 

Verbeterde produksie Sedert die Industriële Rewolusie in die 19de eeu het die produksie van voedsel aanhou verbeter soos wat die bevolking aanhou groei het. Dit het begin met veranderings in landbou met die bekendstelling van die perdeskoen. Dit het toegelaat dat perde deur die landerye kon ploeg, in plaas van mense. Dit het die boerderyproses versnel. Die gebruik van vier-oes-rotasie het gronderosie as gevolg van oorbewerking voorkom, en toegelaat dat meer gewasse op dieselfde stuk grond geplant kon word. Dit het die dramatiese en volgehoue toename in die verbouing van stapelvoedsel in verskillende streke regoor die wêreld tot gevolg gehad, soos rys in Asië en mielies in Afrika. Wetenskaplikes werk vandag nog konstant aan verbeterde produksiemetodes. Die doel is om die volgende te verbeter: o Spoed: ’n Metode om gewasse vinniger te laat groei om sodoende meer as een oes per jaar in te bring. o Opbrengs: ’n Plant wat meer as enige ander sal produseer, bv. ’n plant wat meer ryskorrels as ander produseer. o Veelsydigheid: Die ontwikkeling van ’n plant wat in verskillende klimate kan groei, veral in droër, armer klimate en in groter gebiede op ’n slag. o Gehalte: Die ontwikkeling van beter gehalte bemesting en produkte.

Blikkieskos Voedselpreservering was ’n probleem voordat moderne wetenskap ingegryp het. Die meeste mense het sout gebruik om vleis en ander vars produkte te preserveer. Die Franse keiser Napoleon Bonaparte het ’n beloning aangebied vir enige iemand wat met ’n manier vorendag kon kom om sy troepe te voed. Dit is gewen deur Nicolas Appert, wat ’n manier ontdek het om kos in glas te bewaar. Hierdie metode is later verbeter deur Peter Durant wat kos in ’n onbreekbare blikhouer verseël het. Dit het toegelaat dat kos langer bewaar kon word sonder dat dit oud geword het, wat die moontlikheid van beter voeding tot gevolg gehad en daarom ook beter lewensverwagting as tevore.

© Impaq

142


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.