Senior Fase

Owned and published by Optimi, a division of Optimi Central Services (Pty) Ltd.
7 Impala Avenue, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Apart from any fair dealing for the purpose of research, criticism or review as permitted in terms of the Copyright Act, no part of this publication may be reproduced, distributed, or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording, or any information storage and retrieval system without prior written permission from the publisher.
The publisher has no responsibility for the persistence or accuracy of URLs for external or third-party internet websites referred to in this publication, and does not guarantee that any content on such websites is, or will remain, accurate or appropriate.
There are instances where we have been unable to trace or contact the copyright holder. If notified, the publisher will be pleased to rectify any errors or omissions at the earliest opportunity.
Reg. No.: 2011/011959/07
Handleiding 1/2
Handleiding 1/2
G07 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
1
LES 1: Nuus!
LES 2: Veg of vlug?
LES 3: Robotte
LES 4: Legendaries!
LES 5: Aanhouer wen!
2 LES 6: Wik en weeg
9: Verhoudings
3
10: Bly aan die veilige kant
LES 11: ’n Nuwe werkplek
LES 12: Waar daar ’n rokie is …
LES 13: Kan tyd vlieg?
LES 14: Oos wes, tuis
4 LES 15: Selfverdediging
16: Selfbemagtiging
LES 17: Droom!
LES 18: Gaan groot of gaan huis toe!
Eenheid 1 en 2 (kwartaal 1 en 2) is in hierdie handleiding en eenheid 3 en 4 (kwartaal 3 en 4) is in handleiding 2/2.
In hierdie les gaan jy:
• leer oor bekendstelling en hoe om jouself en ander voor te stel
• na ’n kortverhaal luister en vrae beantwoord
• ’n taalspeletjie speel
• ’n storie oorvertel
• ’n kortverhaal lees en vrae beantwoord
• kenmerke van ’n teks bestudeer
• leesbegrip en -strategieë bestudeer en toepas
• onderskei tussen feite en menings
• hardop lees
• op jou eie lees
• ’n paragraaf skryf
• ’n verhalende paragraaf skryf
• leer oor selfstandige naamwoorde en vrae beantwoord
• hersien hoe ’n stelsin in die teenwoordige en verlede tyd werk
Aktiwiteit 1: Bekendstelling
Of jy nou by ’n partytjie is en of jy ’n vergadering lei, daar is sekere aanvaarde maniere om mense te groet en jouself en ander voor te stel.
’n Informele bekendstelling (introduce yourself informally) is gepas wanneer vriende en familie sosiaal verkeer (being social). ’n Formele bekendstelling (introduction) word gebruik om ’n spreker aan ’n gehoor voor te stel, of by formele funksies soos prysuitdelings (prize-giving ceremonies) waar beoordelaars en pryswenners bekendgestel word.
Loer na die woorde en frases hier onder en maak beurte om jou en die maat langs jou formeel aan die klas bekend te stel.
Groet
• Goeiedag
• Goeiemôre
• Goeiemiddag
• Goeienaand
• Goeienag
Verwelkoming
• Baie welkom aan ...
• Verwelkom asseblief ...
• Welkom by ...
• Dames en here, hartlik welkom!
Bekendstelling
• Ek stel aan u bekend ...
• Ek vra nou dat ons hoofseun Jack asseblief na die verhoog toe sal kom.
• Ons volgende spreker is ...
• Volgende aan die beurt ...
• Klap asseblief hande vir ...
Greeting
• Good day
• Good morning
• Good afternoon
• Good evening
• Good night
Welcoming
• A warm welcome to ...
• Please welcome ...
• Welcome to ...
• Ladies and gentlemen, welcome!
Introduction
• I introduce to you ...
• I now ask our head boy Jack to please join us on stage.
• Our next speaker is ...
• Next in line ...
• Give a round of applause to ...
Handleiding 1/2
Aktiwiteit 2: Luister na ’n kortverhaal
Interessante feit: Op 15 Januarie 1876 het die eerste Afrikaanse koerant verskyn. Nuus en ander relevante stories het van daardie oomblik af die koers van Afrikaans as taal verander
koerant (newspaper) van daardie oomblik af (from that moment on) koers (direction/course) verander (change)
Kyk of lees jy graag nuus? Gesels daaroor.
• Het jy al ooit ’n storie gehoor wat toe nooit waar was nie?
• Vertel kortliks wat die storie was.
• Waar het jy hierdie storie gehoor/gelees? (Byvoorbeeld op die internet, op sosiale media, by ouers, by vriende)
• Hou jy daarvan om nuus oor gebeure te lees? Hoekom?
Jy gaan nou na ’n storie luister. Onthou jy die luisterproses?
Die luisterproses
• Die fasiliteerder gaan die teks drie keer lees. Jy mag die eerste keer net luister.
• Luister na hoe die woorde uitgespreek word.
• Ná die eerste lees sal die fasiliteerder moeilike woorde verduidelik.
• Daar is gewoonlik vrae, wat jy nou mag lees.
• Die fasiliteerder gaan die teks vir ’n tweede en ’n derde keer lees, en jy mag notas maak.
• Jy beantwoord dan die vrae.
Wenk: Luister aandagtig (attentively) en let op na wat in die storie gebeur.
Die fasiliteerder gaan die paragrawe op die volgende bladsy hardop voorlees. Dit is ’n inleiding tot die storie “Skaduwee” waarna julle gaan luister.
Skaduwee
Liewe maats, dis al weer tyd vir die weeklikse brokkie nuus. Ek weet daar is van julle wat twyfel oor wat ek oor julle skool te sê het, maar julle leef in ’n droomwêreld. Sit terug en maak jou gemaklik op jou ongemaklike skoolstoel. Hierdie week se berig gaan oor die skoolleuse – vir dié wat dit nie ken nie, dit is “Alles of niks”. Daarom begin ek sommer by alles en los niks uit nie.
Milla Potgieter scroll af. Haar keel trek toe en haar lyf begin jeuk. Hoe verder sy aan die artikel lees, hoe ongemakliker raak sy.
Geen wonder die kinders druip soos vlieë nie. Die onderwysers trek soos outydse Voortrekkertannies aan en die personeelkamer lyk soos iets uit 1876. Om nie eens van die hoof en die hoofseun te praat nie. Wat noem die kinders hulle nou weer? O ja, Ou Vetpens-Venter en sy sleepwaentjie. Oral waar Vetpens-Venter is, is sy getroue volgeling, Jack Potgieter, ook. Siestog, dan is daar die arme sleepwaentjie se sussie, wat niemand ooit raaksien nie. Sy is soos ’n spook in die skool. Bang vir haar eie skaduwee!
Milla hou net betyds op lees voor sy naar word. Die skrywer, wie dit ook al is, praat die grootste nonsens! Sy wat Milla is, is g’n spook nie. Hoe kan die persoon so wreed wees?! Sy haal diep asem, in ... en uit. Iemand moet iets doen. Miskien moet sy … Ja! Dit is haar kans om uiteindelik haar naam te maak. Sy dink nie verder nie. Sy maak haar laptop oop en begin tik … Die deler is so goed soos die steler. Deur Milla Potgieter.
Die fasiliteerder gaan nou verder hardop lees. Luister aandagtig en maak notas. Beantwoord dan die vrae oor “Skaduwee” mondelings. Jy mag die notas gebruik wat jy gemaak het.
1. Wat is die hoofkarakter se naam?
2. Hoe dink jy het die hoofkarakter gevoel toe sy haar naam oor die interkom hoor?
3. Wat laat val die hoofkarakter op die grond?
4. Hoekom vlieg Milla se gedagtes deur haar kop op pad kantoor toe?
5. Hoekom dink jy is dit vir Milla belangrik om raakgesien te word?
6. Na wie se kantoor moet Milla gaan?
7. Hoe sou jy voel as jou naam oor die interkom geroep word?
8. Dink jy Milla is in die moeilikheid?
9. Hoekom sê jy so?
10. Wat sal jou ouers sê of doen as jy by die skool in die moeilikheid beland?
Aktiwiteit 3: Beantwoord vrae
Lees nou die storie verder en gesels met jou fasiliteerder daaroor.
• “hele” moenie verwar word met die woord “julle” nie. “Hele” word “hee-li” uitgespreek (pronounced), met ʼn “h”-klank soos in die Engelse woord “here”.
• Die “eu” in “neus” moet mooi gerond word. Dit rym met “reus”, nie met “lees” nie.
• “moeilikheid” word uitgespreek as “moei-lik-heid” (“moei” rym met “koei”, nie met “mooi” nie).
• Die “oe” in “bedoel” word op dieselfde manier uitgespreek as die Engelse “oo”-klank in “book”.
Skaduwee (vervolg)
Sy kan al die opskrifte sien: Milla Potgieter kom tot ons skool se redding. Milla Potgieter ontmasker die skoolskinderbek eens en vir altyd. Dames en here, verwelkom ons nuwe hoofdogter, Milla Potgieter.
Tannie Babs, die hoof se persoonlike assistent, wys na meneer Venter se deur en steek met ’n skerp rooi nael Milla se lugkastele stukkend.
Milla haal diep asem en loop by die deur in. Hoekom is dit so koud in die kantoor?
Die hoof staan agter sy lessenaar. Hy frons en kyk stip na sy selfoon. Ná wat soos ’n ewigheid voel, sê hy: “Jou broer het ten minste ’n goeie sin vir humor.”
Milla bly tjoepstil.
“En hy is slim en speel baie goed rugby,” meneer Venter kyk op, sy stem dringend. “Die onderwysers hou van hom én hy ken ... sy ... plek.”
Milla kyk af. Iets voel nie reg nie.
“Besef jy wat jy aangevang het?” bulder die hoof. “Jy het ons skool se naam deur die modder gesleep met jou fopnuus!”
Milla se hande is yskoud en haar neus wil loop. “Ek … ek wou net help, meneer,” hakkel sy.
“Wat het jy my nou weer genoem?” Hy kyk weer met skrefiesoë op sy selfoonskerm. “Vetpens-Venter!”
Soos ’n vis in vriesende water, hap Milla na lug. “Nee, meneer ek het nie …”
Die kantoordeur bars oop. Jack lyk asof hy nou net die Comrades gehardloop het. “Meneer, dit was nie Milla nie!” blaf hy uitasem.
Meneer Venter se frons lyk nou soos die Grand Canyon.
“Gaan weg, Jack,” sê Milla. “Ek kan my eie battles fight!” Maar eintlik is Milla so bly soos ’n konyn wat losgelaat is in ’n groentemark. En toe breek die damwal. Milla gaan sak op die stoel oorkant meneer Venter se lessenaar neer.
“Ek wou net help om die skrywer van die fopnuus vas te vang, meneer,” sê Milla en vee haar neus met haar trui se mou af. “Ek het nie bedoel om iemand in die moeilikheid te kry nie.”
Jack maak sy keel skoon. “Meneer Venter, die persoon wat die eerste artikel gestuur het … die e-pos wat meneer op meneer se foon sien. Dit was ek. Milla het die tweede e-pos geskryf ja, maar die eerste e-pos was myne.”
Milla frons nou net so kwaai soos meneer Venter. Daar hang ’n doodse stilte in die lug.
“Jy bedoel … julle bedoel daar is twéé valse e-posse?” vra meneer Venter, sy stem nou hoog en sy frons ingesluk deur sy wenkbroue. “Julle twee is voëls van eenderse vere.” Hy tel die foon op en skakel ’n nommer. “Ek is bitter teleurgesteld in julle,” voeg hy by, terwyl tannie Baps se foon aan die anderkant begin trieng.
“Baps, kry hierdie twee se ouers op die lyn.”
Jack loer vir Milla en sonder dat Vetpens-Venter hom sien, knipoog hy vir Milla. Sy sus vir wie hy enigiets sal doen.
Milla sug ’n diep sug. Sy sak dieper in haar stoel in. En nog dieper terug in haar broer se skaduwee.
Woordeskat
iemand se lugkastele stukkendsteek (idiom: shutter someone’s dreams): om iemand se drome te vernietig hulle is voëls van eenderse vere (idiom: they are birds of a feather): hulle geaardhede is dieselfde, die een is nie beter as die ander een nie
Vertalings
iemand ontmasker – call someone’s bluff wys na – shows to asem – breath agter – behind frons – frown soos ’n ewigheid voel – seem an eternity dringend – (in context): urgently onderwysers – teachers neus – nose
hakkel – stutters vriesende – freezing oorkant – opposite lessenaar – desk iemand in die moeilikheid kry – cause trouble bedoel – mean wenkbroue – eyebrows teleurgesteld – disappointed skaduwee – shadow
Dink oor die volgende vrae en beantwoord dit in jou werkboek nadat julle dit in die klas bespreek het.
1. Hoe dink jy voel Milla aan die einde van die storie?
2. Dink jy die hoof is reg of verkeerd?
3. Wanneer jy die laaste sin lees, dink jy steeds die skrywer van die eerste boodskap was reg dat Milla in haar broer se skaduwee wegkruip?
4. Wat beteken dit om in iemand se skaduwee te leef?
5. Wat sou jy in Milla se situasie gedoen het?
Handleiding 1/2
Aktiwiteit 4: Speel ’n taalspeletjie
Wat sien ek?
Kyk na die prent hier onder en skryf al die woorde neer waaraan dit jou laat dink.
• Probeer ten minste 20 woorde neerskryf, maar jy kan ook meer woorde aanteken (write down) as jy wil. Dit tel as die eerste inskrywings (entries) in jou woordeboek vir die jaar.
• Daarna kan jy ’n woordeboek gebruik om jou te help om aan nog woorde in Engels te dink en die Afrikaanse vertalings op te soek.
• Bou regdeur die les aan jou woordeboek.
Aktiwiteit 5: Vertel ’n storie oor
Stemoefeninge om jou uitspraak te verbeter
Dit sit nie in almal se broek om ’n storie te skryf nie en dit is nie vir almal ewe maklik om voor mense te praat nie. Kyk na die volgende wenke oor hoe om ’n storie met selfvertroue aan jou gehoor te vertel.
• Opwarmingstegnieke (warm-up techniques): Warm jou stem, tong, lippe en gesig op voor jy ’n storie vertel. Dit is belangrik om duidelik te praat sodat jou luisteraars elke woord kan hoor. Gebruik die eerste sin van die e-pos wat Milla so kwaad gemaak het as mond- en gesigopwarming:
Liewe maats, dis al weer tyd vir jou weeklikse brokkie nuus.
Sê dit stadig en beweeg jou lippe, jou tong en jou gesigspiere op dramatiese wyse –oordryf die bewegings. Herhaal die sin vyf keer.
• Tempo en intonasie (pace and intonation): Soos wat jy ook later sal leer, is die spoed waarteen jy praat en die intonasie van jou stem baie belangrik. Wanneer daar ’n spannende (tense) gedeelte in die storie is, kan jy stadiger en sagter praat om die regte atmosfeer te skep. Gebruik die skoolhoof se woorde as voorbeeld en oefen dit hardop. Hoe sal jy jou stem verander om soos hy te klink? Hoe vinnig of stadig praat ’n hoof, dink jy? Watter emosie wil jy aan die luisteraars oordra?
“Jammer oor die onderbreking, maar kan Milla Potgieter onmiddellik na my kantoor toe kom.”
• Oogkontak (eye contact): Net soos met voorbereide en onvoorbereide lees, moet ’n mens met jou gehoor oogkontak behou. Dit help om die luisteraars te laat deel in jou storie en hul aandag te behou. Gebruik die laaste paragraaf van die luisterteks en oefen om jou gehoor te betrek deur op sekere oomblikke met hulle oogkontak te maak. Byvoorbeeld:
“Ja, Juffrou.” Milla tel bewerig haar penneblikkie op , sit dit in haar tas en rits dit toe.
Op pad kantoor toe, vlieg haar gedagtes deur haar kop. Dit kan net ’n goeie teken wees. Uiteindelik gaan hulle haar raaksien.
• Postuur en gebare (posture and gestures): Wanneer jy ’n storie vertel, kan jy natuurlike handgebare gebruik om die situasie verder uit te beeld. Staan regop, met jou voete stewig op die grond. Pasop om nie te wieg (rock) of vooroor te leun (lean forward) nie. Staan regop met jou ruggraat reguit en jou skouers lekker ontspanne. Verbeel jou daar is ’n toutjie aan die bo-punt van jou kop vasgemaak wat jou liggies regop trek.
Handleiding 1/2
Afgesien van goeie postuur, uitspraak en intonasie, is dit ook belangrik om goeie asemhalingstegnieke aan te leer. Kyk na die illustrasie hier onder en oefen jou asemhalingstegniek.
Hersien die notas wat jy vir aktiwiteit 2 gemaak het. Jy gaan ’n geleentheid kry om die storie waarna jy geluister het oor te vertel.
Vir die nuuskieriges: Gaan vind vanmiddag by die huis uit wat vandag in die nuus gebeur het wat nuuswaardig (newsworthy) is. Vertel die storie oor terwyl jy dit op ’n selfoon of enige ander opneemtoestel (recording device) opneem.
Herhaal daarna die opwarmingstegnieke wat jy vandag in die klas geleer het. Herhaal dan die oorvertelling en neem dit weer op. Speel die twee opnames vir jouself of vir ’n maat terug. Kan jy die verskil hoor tussen die opname voor jy opgewarm het en die opname nadat jy opgewarm het? Is daar enigsins ’n verskil? Kom vertel ons môre in die klas daarvan.
Aktiwiteit 6: Lees ’n storie
Leesstrategieë
Daar is verskillende leesstrategieë wat ons kan gebruik. Lees jy om te verstaan of vir spesifieke inligting?
Prelees Vluglees Soeklees Begripslees
Waaroor gaan die teks as jy na die prentjies en titel kyk?
Lees die hele teks deeglik om te verstaan. Sample
Lees vinnig (vlugtig) om ’n idee te kry van waaroor die teks gaan.
Soek vir spesifieke inligting en kyk uit vir ’n sleutelwoord.
Prelees
Kyk na die titel van die teks. Dit sê waaroor die teks handel. As jy nie verstaan wat die titel beteken nie, moet jy ook na die foto’s of prente kyk wat saam met die teks is. Dit dui ook aan waaroor die teks handel. Jy moet nou kan raai waaroor die teks gaan.
Voorbeeld: Kyk na die voorgeskrewe boek se omslag hier onder. As jy na die titel Vis & tjips kyk, kan jy raai waaroor hierdie storie gaan? En as jy na die prentjies kyk?
Die titel
Uittreksel / opsomming
Die dele van ’n boek
Boekvoorblad (front cover)
Dit is die voorkant van die boek – die titel van die boek en die outeur se naam staan gewoonlik hier.
Agterblad (back cover)
Die skrywer
Illustrasies
ISBN is ’n afkorting vir Internasionale Standaardboeknommer.
Die agterblad is die agterkant van die boek. Daar is gewoonlik ’n opsomming van die boek en dalk aanhalings uit resensies wat positief oor die boek is. Die boek se strepieskode en ISBN, wat uniek is wêreldwyd, word ook agterop geplaas.
Daar is ook soms ’n foto en kort biografie van die outeur op die agterblad.
Rug (spine)
Die dun kant van die boek word die “rug” genoem. Die titel en outeur staan gewoonlik hier.
Handleiding 1/2
Publikasie-inligting
Dit is gewoonlik op die eerste binneblad as jy die boek oopmaak. Daar is inligting soos die uitgewer (publisher) se adres, die font van die boek, die jaar van publikasie/druk, inligting oor kopiereg (copyright), ens.
Titelblad
Die titelblad is gewoonlik die bladsy net ná die publikasie-inligting. Daar verskyn die titel, outeur en uitgewer van die boek.
Datums en verdere inligting oor publikasies en uitgewer
Die titel van die boek
Inligting oor die uitgewer
Meer eenvoudige illustrasies verskyn soms in hoofstukke.
Die hoofstuknommer
Hoofstukke (chapters): Boeke het hoofstukke. Elke hoofstuk bou aan die storielyn. Dit dra by tot karakterontwikkeling en bou tot ’n klimaks wat in die laaste paar hoofstukke ’n hoogtepunt bereik. Die afloop van ’n storie gebeur gewoonlik in die laaste hoofstuk of twee.
Ander bekende kenmerke van boeke is die inhoudsopgawe (table of contents) en woordelys (glossary) wat dit makliker maak om spesifieke inligting in die boek te vind en te verstaan.
Gebruik die leesstrategieë om begripsvrae te beantwoord. Lees eers deur die uittreksel uit Vis & tjips en beantwoord daarna die vrae deur die leesstrategieë toe te pas.
Handleiding 1/2
Ek steek in my spore vas.
My oë rek.
My maag draai.
Ek kreun liggies.
Agge nee.
Ek glo dit nie.
“Pa!” roep ek. My stem klink hees. “PA!” roep ek hierdie keer harder.
Oral is stukke glas. In die water dryf drankbottels en sigaretstompies.
Maar die ergste is die muur.
My pa was besig om die winkel oop te sluit. Hy kom nader gedraf. “Wat’s fout, Crystal?” vra hy. Is als ...”
Dan steek hy ook vas.
Op die muur bokant Ginger se tenk het iemand met spuitverf geskryf. In groot groen letters.
Hallo Visasem!
Beantwoord nou die vrae in jou werkboek.
Vluglees: “Vlug” beteken vinnig (fast). Jy lees dus die teks baie vinnig deur of lees net sekere dele daarvan. Dit is wanneer jy net vinnig ’n algemene idee van die teks wil kry. Jy lees dalk net die opskrif en subopskrifte (ook “onderopskrifte” genoem) of die eerste sin van elke paragraaf. Jy kan ook net die inleiding en die slot lees.
1. Gebruik die vlugleestegniek en beskryf in een kort sin wat die gevoel of emosie van hierdie uittreksel is.
Soeklees: Soeklees word gebruik as jy spesifieke inligting soek (soos ’n naam, datum, plek, tyd of bedrag). Wanneer jy soeklees, gebruik jy die sleutelwoord in ’n vraag en soek na daardie spesifieke woord in die teks omdat die antwoord naby daardie woord staan.
2. Gebruik die soeklees-strategie en skryf die twee woorde neer wat op die muur met spuitverf staan.
Begripslees / Aandagtig lees: Die inhoud van ’n teks word aandagtig gelees sodat jy die inhoud verstaan. Dit is ’n goeie idee om belangrike inligting te onderstreep terwyl jy lees.
3. Waarmee was Pa besig toe Crystal hom roep?
Visualisering (visualisation): Maak jou oë toe en verbeel jou jy is saam met die karakters in die boek. Hoe dink jy lyk die ruimte om julle? Hoe voel dit? Watter seisoen is dit en is dit warm of koud? Is daar ’n wind wat waai of skyn die son warm? Reën dit dalk? Gebruik jou verbeelding om jouself in die storie in te leef. In elke storie is daar karakters waarmee jy op ’n manier sal kan identifiseer.
• A complete guide with all the texts for comprehension exercises, speeches, and reading included.
• Use with Jaco Jacobs’ Vis & Tjips for the prescribed literature component.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities.
• Interesting themes for Grade 7s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.
• Suitable for learners on all levels
• Use in school or at home.