Senior Fase

Owned and published by Optimi, a division of Optimi Central Services (Pty) Ltd.
7 Impala Avenue, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Apart from any fair dealing for the purpose of research, criticism or review as permitted in terms of the Copyright Act, no part of this publication may be reproduced, distributed, or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording, or any information storage and retrieval system without prior written permission from the publisher.
The publisher has no responsibility for the persistence or accuracy of URLs for external or third-party internet websites referred to in this publication, and does not guarantee that any content on such websites is, or will remain, accurate or appropriate.
There are instances where we have been unable to trace or contact the copyright holder. If notified, the publisher will be pleased to rectify any errors or omissions at the earliest opportunity.
Reg. No.: 2011/011959/07
Handleiding 2/2
Handleiding 2/2 G07 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
1
2
LES 1: Nuus!
LES 2: Veg of vlug?
LES 3: Robotte
LES 4: Legendaries!
LES 5: Aanhouer wen!
LES 6: Wik en weeg
3
10: Jou hande, jou toekoms
LES 11: ’n Nuwe werkplek
LES 12: Waar daar ’n rokie is …
LES 13: Kan tyd vlieg?
LES 14: Oos wes, tuis
4 LES 15: Selfverdediging
16: Selfbemagtiging
LES 17: Droom!
LES 18: Gaan groot of gaan huis toe!
Eenheid 1 en 2 (kwartaal 1 en 2) is in hierdie handleiding en eenheid 3 en 4 (kwartaal 3 en 4) is in handleiding 2/2.
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• na ’n inligtingsteks luister en vrae beantwoord
• deelneem aan ’n paneelbespreking
• hardop lees
• ʼn taalspeletjie speel
• kenmerke van ’n vraelys leer
• ʼn vraelys bestudeer
• vrae beantwoord
• selfstandig lees
• vrae oor letterkunde beantwoord
• ʼn vorm invul
• ʼn vraelys voltooi
• ʼn vraelys opstel
• ʼn opstel beplan
• homonieme, sinonieme en antonieme hersien
• leer oor soortname en versamelname
• afkortings, akronieme en verkortings hersien
• oor saamgestelde sinne leer
Aktiwiteit 137: Luister na ’n inligtingsteks
Interessante feit: Die kuberruimte (cyberspace) is die elektroniese ruimte wat as gevolg van die internet en die wêreldwye web bestaan. Miljoene mense se persoonlike inligting word iewers in die kuberruimte gestoor. Kuberkrakers (hackers) dink elke dag aan nuwe maniere om toegang tot dié inligting te kry, wat kubermisdaad (cybercrime) die algemeenste vorm van misdaad in die wêreld maak.
Kan jy onthou waarvoor www staan? Is dit ’n afkorting of ’n akroniem?
Gesels met jou fasiliteerder en klasmaats oor die volgende:
• Wat is die voordele van die kuberruimte?
• Wat is die nadele of risiko’s van die kuberruimte?
• Wat kan jy doen om veilig in die kuberruimte en op sosiale netwerke te wees?
Handleiding 2/2
G07 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Eenheid
Die fasiliteerder gaan vir jou ’n teks voorlees. Volg die onderstaande vorm terwyl die fasiliteerder lees.
VORM 1A – WERKNEMERBESONDERHEDE
VAN
VOORNAME
NOEMNAAM
GEBOORTEDATUM
ID-NOMMER
TITEL
HUISADRES
POSADRES
TELEFOON
SELFOON
E – POSADRES
BANKBESONDERHEDE
Bank
Rekeninghouer
Rekeningnommer
Bankkode
Soort rekening
NAASBESTAANDE
KONTAKNOMMER
Ek verklaar dat die besonderhede op die vorm korrek is.
HANDTEKENING
Aktiwiteit 138: Beantwoord vrae
Nadat jy na die teks geluister het, kan jy die volgende vrae in jou werkboek beantwoord.
1. Waarom moet Morwesi die vorm invul?
2. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord. Dit is beter om in kleinletters te skryf.
3. Noem een belangrike wenk wat vir jou uitstaan en motiveer waarom dit vir jou belangrik is.
4. Met watter kleur pen moet jy verkieslik ’n vorm invul? Gee ook ’n rede vir jou antwoord.
5. Verduidelik in jou eie woorde wat “noemnaam” beteken.
6. Gee twee voorbeelde van wanneer ’n mens ’n vorm moet invul.
7. Wat beplan Morwesi om met haar eerste salaris aan te skaf?
8. Watter alternatief kan jy gaan soek as jy die vorm nie met die hand wil invul nie?
Aktiwiteit 139: Vul ’n vorm in
Vir die nuuskieriges: Wat kan jy oor kuberkrakery uitvind? Gaan kyk of jy ’n leesboek oor kuberkrakers kan opspoor om te lees. Hier is ’n leidraad: Fanie Viljoen
Jou fasiliteerder gaan ’n inligtingsteks volgens die luisterproses lees. Maak aantekeninge en vul daarna die vraelys in deur dit in jou boek oor te skryf.
Vul nou die vorm in.
Inligtingstuk 1
Naam van die kriptogeldeenheid
Milla van Rensburg se aanlyn identiteit
Milla van Rensburg se ouderdom
Woonadres
Jack van Rensburg se aanlyn identiteit
Jack van Rensburg se ouderdom
Woonadres
Datum en tyd van eerste aanval
Datum en tyd van tweede aanval
IP-adres
Luister na die tweede inligtingsteks volgens die luisterproses. Maak aantekeninge en vul daarna die vorm in deur dit in jou boek te skryf.
Handleiding 2/2
Inligtingstuk 2
Milla van Rensburg se ouderdom
Skool
Belangstellings
Jack van Rensburg se ouderdom
Datum en tyd van eerste aanval
Datum en tyd van tweede aanval
IP-adres
Datum van opsporing
Woordeskat
geldeenheid (currency): standaard van ’n land se geldstelsel, byvoorbeeld Suid-Afrikaanse rand gesamentlik (joint): Die basiswoord is “saam”, wat together beteken. spoorloos verdwyn (idioom, disappear without a trace): wegraak sonder enige spoor aanval loods (launch an attack): om ’n aanval te begin
Vertalings
stelsel – system binnedring – hack rekenaarskerm – computer screen verdwyn – disappear ondersoek instel – investigate skuldig – guilty
opspoor – trace, track down poging – effort betrokke – involved verskyning – appearance vrystel – release leidraad – clue
Aktiwiteit 140: Neem deel aan ’n paneelbespreking
Jy gaan aan ’n paneelbespreking deelneem. Lees eers wat ’n paneelbespreking behels en besluit dan saam met die fasiliteerder oor ’n onderwerp vir die paneelbespreking. Elke groep gaan ’n geleentheid kry om ’n standpunt in te neem en voor die klas te praat.
Voorgestelde onderwerpe:
• Sosiale netwerke maak inbreuk op mense se privaatheid (invasion of privacy)
• Nie alle kuberkrakers is misdadigers nie. Kuberkrakers kan ook tot voordeel van die samelewing wees.
• As jy nie vandag ’n teenwoordigheid in die kuberruimte het nie, kan jy nie suksesvol wees nie.
Die doel van ’n paneelbespreking
Die voorsitter:
Die paneel
Die sprekers moet:
Die gehoor
Formaat
Om verskillende menings of inligting van verskillende bronne (mense) oor ’n onderwerp te deel
• stel die paneel bekend
• handhaaf orde
• bestuur die tyd
• maak seker almal hou by die onderwerp
• moedig deelname aan
• bly neutraal
• vra vir voorstelle of stemme
Die paneel bestaan uit ’n paar mense wat as sprekers optree, gewoonlik kundiges oor die onderwerp.
• verskillende idees ondersoek
• na mekaar luister
• nie die gesprek oorheers nie
• nie ander sprekers onderbreek nie
• die punte logies laat vloei
• by die onderwerp hou
Die gehoor luister, vra vrae en gee insette.
Elke spreker praat oor ’n bepaalde aspek van die onderwerp.
Aktiwiteit 141: Lees hardop: Onvoorbereide lees
Jou fasiliteerder gaan jou vra om die teks hieronder hardop te lees, sonder om te oefen. Maak jou boek toe terwyl die ander leerders lees. Onthou om duidelik en met gevoel te lees, op te let na leestekens en oogkontak met jou gehoor te maak.
Wenke vir onvoorbereide lees
1. Lees duidelik en met gevoel. Moenie die lees aframmel nie.
2. Wissel jou stemtoon af.
3. Let op na leestekens.
4. Let op jou liggaamshouding. Staan mooi regop.
5. Maak oogkontak met jou gehoor.
6. Gebruik handgebare waar dit gepas is.
Handleiding 2/2
deur Danie Brink
Jongmense leef in ’n baie opwindende tyd. Hoewel uitdagings soos die wêreldwye trae ekonomiese groeikoers, armoede en ander uitdagings groot is, is die geleenthede vandag ewe groot. Die geleenthede wat oor jongmense se pad kom, maak ’n volwassene amper jaloers, maar maak ’n mens soms ook dankbaar dat jy in ’n eenvoudiger wêreld grootgeword en studeer het.
Ek wil graag vir jongmense ’n kykie gee na hierdie opwindende tyd waarin jy leef, ek wil jou uitdaag, ek wil jou ’n gesonde dosis ongemak met die status quo laat ontwikkel. Jy het jou eie, unieke talente en ons durf jou nie laat in ’n toestand van selftevredenheid en gerustheid nie.
Aktiwiteit 142: Speel ’n taalspeletjie
Indien daar nog tyd is, kan julle dié speletjie in klastyd speel.
Jou fasiliteerder gaan julle in twee groepe verdeel en ’n lysie woorde vir julle gee.
Die eerste groep lees die eerste woord op hul lys hardop vir die ander groep. Die ander groep het 60 sekondes om met een of meer van die volgende vorendag te kom:
ʼn vergelyking / ’n meervoud / ’n verkleining / ’n intensiewe vorm / ’n idioom
Nou is dit die tweede groep se beurt om hul eerste woord te lees. Die eerste groep kry nou 60 sekondes om een of meer van die bogenoemde taalverskynsels te lys.
Aktiwiteit 143: Kenmerke van ’n vraelys
Lees die volgende leesstuk oor die kenmerke van ’n vraelys deur.
Kenmerke van ’n vraelys
’n Vraelys is ’n stel vrae wat opgestel is om sekere inligting of data te verkry. Die opsteller van die vraelys moet besluit watter soort vraelys nodig is en watter soort vrae gevra moet word om die regte inligting te kry. Die opsteller moet ook besluit op wie die vraelys gemik is. Die respondente is die persone wat die vraelys invul of antwoord.
Daar is verskillende soorte vraelyste
• ’n Posvraelys word deur die opsteller van die vraelys aan ’n groep persone gepos, sodat hulle dit kan invul en terugstuur. Dit word dikwels vir meningspeilings gebruik.
• ’n Onderhoudvraelys word tydens ’n onderhoud deur ’n ondervraer gebruik. Die vrae word direk aan die respondent gestel en die ondervraer skryf die persoon se antwoorde neer. Dit bevat dikwels oop vrae en kan subjektief wees.
• ’n Groepsvraelys word deur die ondervraer aan ’n groep respondente gestel. Die vrae is gewoonlik gestruktureer en die antwoorde objektief. Mense antwoord makliker vrae in ’n groep as op hul eie. Dit is nuttig om ’n algemene mening te verkry.
Daar is verskillende soorte vrae
• Invulvrae is eenvoudige, kort vrae wat definitiewe antwoorde het, byvoorbeeld, ouderdom, geboortedatum, name, van en identiteitsnommer.
• Oop vrae is vrae sonder ’n presiese antwoord. Respondente kan dus hul eie mening of gevoel oor ’n saak uitdruk. Byvoorbeeld: Hoe voel jy oor die toekoms van ons land?
• Tweeledige vrae is vrae met net twee moontlike antwoorde, byvoorbeeld: Besit u ’n motor? Ja / Nee.
• Meervoudige keusevrae is vrae wat ’n paar moontlike opsies bied waaruit jy een moet kies. Soms kan die opsies ’n noue verband met mekaar toon en die respondent verwar. Hierdie soort vrae kom ook dikwels in toetse en eksamens voor.
• Skaalvrae word beantwoord deur ’n getal op ’n skaal te kies om jou gevoel of antwoord uit te druk, byvoorbeeld:
Jy is op jou gelukkigste voor die televisie. Glad nie 1| 2 | 3 | 4 | 5 Beslis
Woordeskat
objektief (objective, unbiased): onpartydig, saaklik subjektief (subjective, biased): persoonlik, volgens eie mening in hierdie geval (in this case): verwys na ’n spesifieke geval of situasie
Vertalings
vraelys – questionnaire opsteller – writer, drafter ondervraer – interviewer respondent – respondent posvraelys – postal questionnaire meningspeiling – opinion survey /poll
Vir die nuuskieriges:
onderhoudsvraelys – face-to-face questionnaire geboortedatum – date of birth tweeledige vraag - dichotomous question meervoudige keusevraag – multiple-choice question noue verband – close relationship skaalvraag – scaled question
Het jy al gehoor van Google Forms? Dit is ’n program waarin vraelyste maklik aanlyn opgestel en getoets kan word. Google Google Forms en leer meer daaroor.
Handleiding 2/2
Aktiwiteit 144: Beantwoord vrae
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Gebruik die vlugleestegniek en vind die soort vraag wat jy ook in toetse en eksamens vind.
2. Gebruik die soekleestegniek en noem drie soorte vraelyste.
3. Watter vraelys sal jy gebruik wanneer jy ’n algemene mening wil hê?
4. Watter soort vraelys sal jy opstel vir ’n meningspeiling?
5. Gee jou eie voorbeeld van ’n tweeledige vraag.
6. Sê in jou eie woorde wat die doel van ’n vraelys is.
7. Lys twee kenmerke van ’n vraelys.
8. As jy die wêreld een vraag kon vra, wat sou dit wees? Gebruik een van die soort vrae waaroor jy gelees het.
Aktiwiteit 145: Lees ’n vraelys
Gebruik jou preleesstrategieë en bestudeer die vraelys (questionnaire) op die volgende bladsy.
1. Persoonlike inligting
a. Naam: Pieter
b. Van: Pantoffel
c. Geboortedatum:
2 1 0 8 6 0 0 0
2. Verantwoordelikhede
a. Aantal kinders: Geen
Posadres: Posbus 1080, Jo’burg, 6901
E-posadres: pantoffels@gmail.com
Wagwoord: Pieterpantoffel1608
Geslag: M V Ander
Gemiddelde maandelikse ure op die internet:
a. Minder as 100
b. Meer 100
c. Meer as 200
d. Meer as 400
b. Werksure per dag: Aantal slimtoestelle:
c. Ek het toegang tot: Rekenaar E-pos Slimfoon
3. Vrye tyd
a. b. Hoeveel keer per jaar gaan fliek jy?
nooit nie
(Kies ’n gepaste antwoord)
minder as 2 keer
meer as 2 keer
Beskou jy jouself as ’n sosiale vlinder?
4. Op ’n skaal van 1 – 5, hoe gelukkig is jy op hierdie oomblik?
Ja Nee Soms
(1 = glad nie; 5 = Ongelooflik) Glad nie – 1 | 2 | 3 | 4 | 5 – Ongelooflik
5. Hoe sal jy kuberkrakery bekamp?
Ek stel voor almal neem self verantwoordelikheid en maak seker hulle wagwoorde is beskerm en veilig. Daar kan ook dalk ’n onafhanklike groep mense aangestel word wat die internet dophou. 8 3
Handleiding 2/2 G07 ~
Aktiwiteit 146: Beantwoord vrae
Leerders beantwoord die vrae in hul werkboeke.
1. Watter raad sal jy vir Pieter gee voor hy die vorm invul?
2. Waarvoor word die afkappingsteken in Jo’burg gebruik?
3. Hoe oud word Pieter op 16 Augustus 2021
4. Hoekom is dit ironies dat Pieter sê hy is ’n sosiale vlinder?
5. Watter soort vraag word by vraag 4 op die vraelys gebruik?
6. Watter vraag sal jy sê is ’n voorbeeld van ’n oop vraag?
7. Stem jy saam met Pieter se antwoord op vraag 6? Hoekom sê jy so?
8. Watter veiligheidsmaatreël het Pieter in hierdie vraelys oortree en wat kan nou gebeur?
Bonus: Wat is die sinoniem vir “bekamp”?
Aktiwiteit 147: Afkortings, verkortings en akronieme
Kan jy onthou wat ’n afkorting is? Wat van akronieme en verkortings, waarvan jy laas jaar geleer het?
Sorteer die volgende afkortings, akronieme en verkortings onder die regte opskrifte.
Afkortings, akronieme (acronyms) en verkortings
’n Afkorting is die verkorte weergawe van ’n woord. Afkortings het meestal punte, byvoorbeeld:
• d.m.v. – deur middel van (onthou die laaste punt)
• mnr. – meneer
Akronieme is ’n soort afkorting. Dit is wanneer ’n woord gevorm word uit die beginletters van twee of meer woorde. Akronieme het nie punte nie
• Soms word akronieme as ’n woord uitgespreek:
o PIN (word uitgespreek soos pin in Engels) –persoonlike identifikasienommer
o UNISA of Unisa (word uitgespreek as “U-nie-sa”)
– Universiteit van Suid-Afrika
• Soms word die letters afsonderlik uitgespreek:
As die akroniem uitgeskryf word, is die woorde met hoofletters as dit ’n eienaam is, anders is dit met kleinletters.
o MIV (word uitgespreek as “em-ie-vee”) – menslike immuniteitsgebrekvirus
o DBV (word uitgespreek as “dee-bee-vee”) – Dierebeskermingsvereniging
o NVT – nie van toepassing nie
Verkortings (ook “inkortings” genoem) is as ’n woord net korter gemaak word, wat nie ’n amptelike afkorting is nie:
• sel – sellulêre foon – sellulêre telefoon
• juffie – juffrou
• proffie – professor (maar “prof.” is ’n afkorting)
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
Soek die woord altyd in die woordeboek op om te weet of dit ’n amptelike afkorting is.
1. Aan watter akronieme kan jy dink? Noem ten minste twee nuwes.
2. Waarvoor staan die akronieme?
3. Kyk na die volgende illustrasies en gee die akronieme.
3.1
3.2
3.3
Kunsmatige Intelligensie
Outomatiese Spraakherkenning
Elektroniese pos
Handleiding 2/2
4. Waarvoor staan hierdie afkortings:
4.1 vm.
4.2 nm.
4.3 km/h
4.4 str.
Aktiwiteit 148: Homonieme, sinonieme en antonieme
Jy het in vorige grade oor homonieme, antonieme en sinonieme geleer. Kan jy die reëls onthou? Jou fasiliteerder gaan saam met jou ’n aktiwiteit doen om die konsepte te hersien.
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Lees die tweede inligtingsteks oor “kuberkrakery” en identifiseer al die homonieme. As dieselfde woord meer as een keer voorkom, onderstreep dit net een keer.
2. Aanlyn eksamenvraestelle word by Hoërskool Melville in Melville, Johannesburg vrygestel.
Milla van Rensburg is ’n leerling by Hoërskool Melville en het die vraestel in haar hande gehad. Ná ’n deeglike ondersoek is die IP-adres nagespoor en die skuldige opgespoor: Jack van Rensburg, Milla se broer. Ondersoek word ingestel om te kyk of Milla ook skuldig is.
Milla van Rensburg, 14, woon in Melville, Johannesburg. Sy is ’n leerling aan Hoërskool Melville. Sy stel belang in rekenaars. Haar aanlyn identiteit is Rosalina Patel.
Beskuldigde: Jack van Rensburg, 14, sy aanlyn identiteit is Frost Lake.
Dit is nie die eerste poging wat Jack aangewend het nie. Op 1 Junie 2019 om 24:00 het Jack die Junie-eksamenvraestelle gesteel en spoorloos verdwyn. Op 5 November 2019 het hy dit weer probeer.
Leidrade: Die IP-adres 10.240.145.1 is op 6 November 2019 as dié van Jack se rekenaar geïdentifiseer.
2. Skryf nou jou eie sinne met die homonieme wat jy onderstreep het sodat dit die ander betekenis duidelik is.
Bonus: Onderstreep die gedeelte van die volgende woorde waarin jy ook homonieme raaksien. Maak sinne wat die verskillende betekenisse duidelik maak.
aanlyn vrygestel nagespoor ingestel leerling
• A complete guide with all the texts for comprehension exercises, speeches, and reading included.
• Use with Jaco Jacobs’ Vis & Tjips for the prescribed literature component.
• Comprehensive explanations of language aspects.
• Step-by-step guidelines in plain language.
• Fun, engaging, and practical activities.
• Interesting themes for Grade 7s to expand general knowledge and inspire curiosity.
• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.
• Suitable for learners on all levels
• Use in school or at home.