Gr 5-Afrikaans Huistaal-Handleiding

Page 10

Handleiding G05 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

EENHEID 1: Voëlvry LEERDOELWITTE Luister en praat • Gesels oor tuinvoëls • Maak voorspellings op grond van ’n titel • Beantwoord vrae oor luisterteks Lees en kyk • Leesstrategie: Gebruik kontekstuele leidrade • Lees met begrip • Maak opsommings Skryf • Skryf jou eie storie Taalstrukture en -konvensies • Sinsoorte, tydsvorme, ontkenning, woorde met d/t; v/f; afkortings, kappies en deeltekens, lettergrepe en klankgrepe, leestekens INLEIDING In hierdie eenheid word daar na verskillende voëls gekyk. Daar is ’n luisterstorie oor ’n pou wat ’n beloning kry, ’n leesteks oor onwelkome duiwe en ’n gedig oor trekkende swaeltjies. Die hooftekssoort wat in eenheid 1 gedek word, is kort stories (luister, lees en skryf). Jy gaan ook die geleentheid kry om kreatief te raak deur jou eie storie te skryf. VIR DIE NUUSKIERIGES Gaan besoek die volgende webwerf. Daar is oulike idees van hoe om jou eie voëltjievoerder te maak, om sodoende voëls na jou tuin te lok. http://thewildsideblog.com/diy-bird-feeders-easy-cheap-and-fun-forkids-adults/ WOORDESKAT lok beloon verwaarloos

nederig katterig

10

ydel verpand

krys vaart

© Impaq


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.