Handleiding G12 ~ Landboubestuurspraktyke
Eenheid
1
Weiveldrotasie word bepaal deur die soort diere, die reënval en aard van die veld. Weidingsgewoontes van diere verskil. Beeste wei minder uitsoekerig as skape, beeste verkies lang gras en skape verkies korter gras. Die algemene reël is dat suurveld vir twee jaar bewei word en vir een jaar gerus word. Met soetveld word beter resultate behaal wanneer een helfte van die veld gedurende die winter en die ander helfte gedurende die somer gespaar word. Redes vir wisselweiding •
• • • • •
Die veld moet weer kan herstel. Sodra ’n kamp gespaar word, kry grasse kans om saad te skiet en te vermeerder. Wanneer gewasse en grasse aanhoudend bewei word, sterf die wortels af. Sodoende is die plant nie in staat om voedingstowwe op te neem nie en sterf. Om die veld gesond te hou. Aanhoudende beweiding veroorsaak dat larwes van sekere plae toeneem en diere aan meer siektes onderhewig is weens larwes wat ’n geskikte gasheer soek. Om smaaklike grasse te behou. Deur gedurige weiding word smaaklike grasse kort gehou wat selfs later afsterf. Om skadelike onkruide te voorkom. Onkruide maak gou hul verskyning by oorbeweide velde. Om toename van swak grasse en struike te voorkom. Deur aanhoudende beweiding gaan grasse dood en grasse en struike met ’n lae produktiwiteit vermeerder. Om genoeg voedsel te verseker. Deur weiveldrotasie is daar altyd ’n spaarkamp wat in tye van nood gebruik kan word.
KENTEKENS VAN OORBEWEIDING: In baie gevalle word te veel vee op plase aangehou. Dit kan vir die boer lyk of daar genoeg plantbedekking is, maar oorbeweiding kentekens is as volg: • Lae kalfpersentasie. Kleiner as 75% is ’n aanduiding dat die voeding te min is. • Lae speenmassa by kalwers. • Baie vrektes. • Swak groei van jong beeste. • Verse kalf nie op drie jaar nie. • Lekinnames is baie hoog. • Beeste se kondisie is swak. • Slagmassa van osse en verse is baie laag. • Slagbeeste behaal nie hoër graad nie. • Bosindringing kom voor. • Smaaklike grasse verdwyn in laat winter. • Termietprobleme by sekere grondsoorte kom voor. DEFINIEER: WEIDING: Goeie weiding is belangrik vir doeltreffende boerdery. Weiding verskaf sappige voedsel en terwyl diere wei, kry hulle ook goeie oefening. Goeie gehalte weiding is belangrik vir die vetmaak van diere.
© Impaq
12