LES ELEMENTE
Hierdie ikone fasiliteer jou bemeestering van die kennis ter voorbereiding vir die eksamen.
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die leerder te help om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.
WENKE
Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.
AKTIWITEIT
Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke les te toets.
OEFENING
Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke eenheid te toets.
KERNINHOUD
SampleVaslegging van kerninhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les.
STUDEER / HERSIENING
Afbakening of opsomming van werk wat vir toetse en eksamens hersien moet word.
* Alle les elemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.
VOORWOORD
AANVULLENDE BRONNE
Ken & Verstaan Landbouwetenskappe KABV, Altus Strydom, Henricho Fereirra, Peter J Holmes
Suksesvolle Landbouwetenskappe, Francois Marais, Mariaan Viljoen
Tydskrifte soos Landbouweekblad; Agri Boer; The Dairy Mail; Rooivleis; Veeplaas
Wat behels Landbouwetenskappe?
Landbouwetenskappe is die studie van die verwantskap tussen grond, plante en diere in die produksie en verwerking van voedsel, vesel, brandstof en enige ander landbouware wat ’n ekonomiese, skoonheids- en kulturele waarde het. Dit is ’n geïntegreerde wetenskap wat die kennis en vaardighede van Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Geografie, Ingenieurswese, Wiskunde en Ekonomie kombineer.
Hierdie vak moet binne die holistiese wetenskapraamwerk gesien word en nie as ’n geïsoleerde wetenskap nie. Met die vak Landbouwetenskappe moet ’n volhoubare landbouomgewing ingeskerp word deur teorie en vaardighede in die studie van die voedselproduksieketting en -verwerking te integreer. Dit konsentreer op die bestuursvaardighede wat nodig is om produksie op ’n lewensvatbare wyse vol te hou.
Sample
JAARPLAN
KWARTAAL 1
6. DIERESIEKTES EN -BESKERMING (12 ure)
KWARTAAL 2
22 Dieregesondheid
Dieresiektes 24 Inwendige parasiete (endoparasiete)
25 Uitwendige parasiete (ektoparasiete)
26 Vergiftiging van diere
27 Die rol van die regering in die beskerming van diere
7. LANDBOUGENETIKA (16 ure)
Oorerflikheidspatrone, variasie en mutasie 30 Seleksie 31 Genetiese modifikasie of ingenieurswese
KWARTAAL 3
8.LANDBOUPRODUKSI E-FAKTORE (8 ure)
9. BEMARKING (16 ure)
Prysbepaling en vraag/aanbod
Landboubemarkingstelsels
Landboubemarkingskettings
Landbousakeplanne
EENHEID 1 Dierevoeding en -spysvertering
Les 1: Dierevoeding
LEERDOELWITTE
Jy gaan kennis maak met:
• Die uitwendige bou van die spysverteringskanaal van ’n herkouer (koei en skaap) en nie-herkouer (die vark en hoender.
• Funksies en aanpassings van verskeie strukture van die spysverteringskanaal.
• Die inwendige bou van die volgende:
• Rumen (grootpens)
• Retikulum (netpens/ruitjiespens)
• Omasum (blaarpens)
• Abomasum (melkpens)
• Dunderm
’n Dier kan met ’n motor vergelyk word. Soos ’n motor, kan die dier ook rondbeweeg en benodig dit brandstof daarvoor. In die motorenjin word brandstof verbrand vir die produksie van meganiese energie. Suurstof word benodig vir die verbranding. Afvalprodukte (rook en gasse) ontstaan en word deur die uitlaatpyp verwyder. In die dier dien voedsel as brandstof wat afgebreek word deur die proses van asemhaling met die vrystelling van energie. Vir asemhaling is suurstof nodig wat ingeasem word, terwyl die afvalprodukte (koolstofdioksied en water) uitgeasem word.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
• Herkouers: Diere met ’n vierkompartementemaag. Hulle sluk voedsel in sonder om dit te kou, bring dit later op en herkou voor dit weer ingesluk word om te verteer.
• Nie-herkouers: Diere met ’n eenkamermaag en is dus monogastries.
• Herkoutjie: Gedeeltelike verteerde inhoud van die maag wat opgebring en herkou word.
• Fermentering: Proses waarby kos met behulp van mikroörganismes afgebreek word.
• Ensieme: is pH-spesifiek.
• Speeksel: ’n Dun, kleurlose, waterige effens klewerige, alkaliese vloeistof.
• Ingestie: Die inname van groot voedselmolekules deur die mond, waar spysvertering begin.
• Vertering: Fisiese en chemiese prosesse vind met die voedsel plaas om dit in eenvoudiger, oplosbare stowwe te verander.
• Absorpsie: Die eindprodukte van spysvertering word deur die wand van die rumen na die bloedstroom en limfstelsel vervoer sodat dit na al die selle in die liggaam versprei kan word.
• Vervoer: Die voedingstowwe wat geabsorbeer is, word na verskillende selle in die liggaam vervoer vir energie, boustof en/of herstelstof.
• Assimilasie: Wanneer die voedsel wat ingeneem is, deur die liggaamselle opgeneem word.
• Egestie: Die proses waarby onverteerbare afvalprodukte uit die liggaam uitgeskei word.
• Chym: Dik vloeistof wat ná chemiese spysvertering oorbly
• Afskeiding: Spysverteringsappe word deur verskillende organe in die spysverteringskanaal afgeskei om voedsel in kleiner deeltjies af te breek. Hierdie afskeiding sluit speeksel, maagsap, pankreassap, gal en ingewandsap in.
Sample
Die noodsaaklike funksie van die dier in ’n vaste agro-ekostelsel is die omsetting van ’n groot deel van die landbouprodukte wat ongeskik is vir menslike gebruik, soos ruvesel, in ander meer geskikte vorme soos vleis en melk, wat wel deur die mens benut kan word.
Dierevoeding raak die landbouer regstreeks sowel as onregstreeks. Onregstreeks omdat dit sy taak is om voedsel vir die mens te produseer en regstreeks omdat ’n noodsaaklike deel van daardie verantwoordelikheid die ekonomiese omsetting van plantaardige na diereprodukte behels.
Voerkoste is die grootste enkele uitgawe in die produksiekoste van diereproduksie. Die regte en wetenskaplike voeding van plaasdiere sal grootliks bepaal of daar winsgewend
geboer word. Daarom is ’n deeglike kennis van dierevoeding ’n voorvereiste vir suksesvolle veeboerdery.
Diere se voedsel varieer en kan baie nuttelose materiaal bevat. As gevolg van hierdie verskil in voedingsbehoeftes en voedingsbronne onderskei ons tussen:
• Herbivore (planteters) byvoorbeeld skape, beeste en bokke.
• Karnivore, diere wat op herbivore voed byvoorbeeld leeus en arende
• Omnivore eet plante en diere soos ape, bobbejane en varke
Om hierdie probleem op te los, besit die dier sy eie ingeboude raffinadery, die spysverteringstelsel, wat die nuttige bestanddele uit die voedsel onttrek en is die spysverteringstelsels van die verskillende soorte diere aangepas om in hulle voedingsvereistes te voldoen
Die spysverteringstelsel bestaan uit die spysverteringskanaal en die verwante organe. Die spysverteringskanaal van die dier bestaan uit die volgende dele:
• Bek/mond
• Farinks
• Esofagus
• Maag
• Dunderm
• Dikderm(Grootderm)
• Rektum
• Anus/kloaak
Vergelyking van die uitwendige struktuur van die spysverteringstelsel van ’n herkouer en nie-herkouer
Daar is baie aanpassings wat gemaak word deur herbivore, karnivore en omnivore na aanleiding van hulle spesifieke voedingsvereistes en diëte. Plaasdiere word in twee groepe verdeel naamlik die:
HERKOUERS
Beeste Skape
Herkouers is meestal herbivore soos beeste, skape en bokke. Herbivore het baie kompetisie as dit kom by die soek van voedsel en daarom het hulle baie verskillende voedingswyses ontwikkel. Beeste en skape eet hoofsaaklik gras asook klein plantjies en is hulle in staat om onverteerbare ruvoer en lae gehalte voer wat hoofsaaklik uit sellulose bestaan, te benut. Herkouers wat ook herbivore is, eet groot hoeveelhede plantmateriaal om aan hul energiebehoeftes te voorsien en besit meer as een maag om sellulose te verteer.
NIE-HERKOUERS
Hoenders
Varke
Nie-herkouers is monogastries, dus diere met een kamermaag. Die spysverteringstelsel van die nie-herkouers is baie eenvoudig
Nie-herkouers is monogastries, dus eenkamermaag diere. Die spysverteringstel van nieherkouers is baie meer eenvoudig. Hulle eet die minste hoeveelheid voedsel omdat hul dieet ryk is aan alle voedingstowwe wat hul nodig het, asook proteïene.
Die verskille tussen herkouers en nie-herkouers:
Herkouers (beeste, skape, bokke)
• Saamgestelde maag wat bestaan uit die rumen, retikulum, omasum en abomasum.
• Kos word ingesluk en weer opgebring om geherkou te word en dan weer ingesluk te word.
• Hulle kan veselryke plantmateriaal (sellulose) verteer.
• Herkouers is herbivore.
Nie-herkouers (varke, pluimvee, mense)
• Monogastriese maag wat net uit een kompartement bestaan.
• Kos word gekou en net een keer ingesluk.
• Hulle kan nie veselryke plantmateriaal verteer nie.
• Nie-herkouers kan omnivore of herbivore wees.
Die spysverteringstelsel/spysverteringskanaal/derms bestaan uit organe vir:
- die inname of ingestie van voedsel (die mond/farinks en esofagus)
- die vertering en absorpsie van voedsel (die maag, dunderm en dikderm)
- en die uitskeiding of egestie van afvalprodukte (die rektum en anus)
Bykomende spysverteringsorgane sluit in lippe, tande, tong, speekselkliere, lewer en pankreas.
Spysvertering by nie-herkouers
Dikderm/grootderm: Bestaan uit die sekum en die proksimale kolon
Endokriene klier: ’n Klier wat hormone direk in die bloedstroom afskei.
’n Hormoon: Dit is ’n stof wat in die bloed afgeskei word en op weefsels en ander dele van die liggaam inwerk, waar dit ’n biologiese reaksie het.
Eksokriene klier: ’n Klier wat sy produkte in buise afskei.
Glukoneogenese: ’n Metaboliese proses waarby glukose gesintetiseer word.
Nie-herkouers het monogastriese spysverteringstelsels omdat die maag net uit een kamer bestaan.
• Spysvertering is die afbreek van groot partikels tot kleiner partikels voedsel wat deur die selle in die liggaam geabsorbeer kan word.
• Meganiese vertering behels kou en maal met die tande, sowel as karringaksies van die maag wat die kos in pulp verander.
• Chemiese vertering behels spysverteringsensieme wat groot molekules van koolhidrate, vette en proteïene tot eenvoudiger stowwe afbreek.
KERNINHOUD Sample