Landbouwetenskappe
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
INHOUDSOPGAWE
LES ELEMENTE
Hierdie ikone fasiliteer jou bemeestering van die kennis ter voorbereiding vir die eksamen.
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die leerder te help om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.
WENKE
Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.
AKTIWITEIT
Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke les te toets.
OEFENING
Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke eenheid te toets.
KERNINHOUD
Vaslegging van kerninhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les
STUDEER / HERSIENING
Afbakening of opsomming van werk wat vir toetse en eksamens hersien moet word
* Alle les elemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.
ROOSTER EN TYDSBESTUUR
Die tydstoekenning vir Landbouwetenskappe in graad 12 is vier ure per week. Maak dus tyd om minstens een uur per dag te werk – kies self vier dae wat jy gaan gebruik om tyd aan Landbouwetenskappe te bestee.
Vereistes vir Landbouwetenskappe as vak:
• Die kandidate moet die handleiding by hulle hê
• Hou altyd in gedagte dat die kandidate ook Landbouwetenskappe-take het om te doen en ruim genoeg tyd daarvoor in
• Hersien elke dag die vorige dag se werk.
• Voltooi die aktiwiteite in die handleiding – dit sal help met voorbereiding vir toetse en eksamens.
• Aktiwiteite in die handleiding vorm NIE deel van die portefeuljewerk nie
• Die portefeuljewerk word afsonderlik in die vorm van ’n portefeuljeboek voorsien – slegs daardie take vorm deel van die portefeulje.
• GEEN portefeulje – GEEN uitslag. Dit is baie belangrik om die portefeulje op datum te hou en in te handig.
ASSESSERINGSVEREISTES
Verwys na die portefeuljeboek vir ’n volledige lys van vereiste assesserings.
STUDIEWENKE EN -METODES
Landbouwetenskappe is ’n wetenskap – daarom moet kandidate wat hierdie vak neem baie tyd aan intensiewe studie bestee om al die fasette en feite van die vak onder die knie te kry.
WENKE:
• Moenie dat jou werk te veel raak nie – studeer daagliks
• Wanneer ’n eenheid voltooi is, doen moeite om die feite onder die knie te kry
• Maak gebruik van diagramme, teken jou sketse self oor, onderstreep die belangrike feite.
• Maak vir jou tabelle van die moeilike name – maak seker dat jy weet wat elkeen van daardie name beteken
• Beskou die aktiwiteite as toetse – wanneer jy ’n les voltooi, leer eers die werk en beantwoord dan die vrae asof dit ’n toets is – op dié manier sal jy gou vasstel watter van die werk jy nog nie onder die knie het nie.
• Om vir die Eindeksamen voor te berei, is dit nodig om ou vraestelle deur te werk – doen moeite om ou vraestelle van die volgende webwerwe te kry:
o http://www.thutong.doe.gov.za/examinationspace//SeniorCertificateS C//NationalSeniorCertificateNCSGrade12/tabid/3642/Default.aspx
o http://www.education.gpg.gov.za/Learners/Pages/default.aspx
Sample
Daar sal jy baie ou vraestelle van die afgelope paar jaar kry. Laai ook die memorandums af – dit sal jou baie help met jou voorbereiding.
G12 ~ Landbouwetenskappe
EENHEID 1 Dierevoeding en -spysvertering
Les 1: Dierevoeding
Aktiwiteit 1
1. parotis (onderoorse speekselklier) sublingualis (ondertongse speekselklier) submandibularis (onderkaakse speekselklier) (6)
2.1 8 liter (1)
2.2 kardiese fundus- piloris-gedeelte. (3)
2.3 vertering stoororgaan (2)
3. duodenum jejenum ileum (3)
4. lank gespierd rasperagtig baie beweeglik (4)
Sample
5. Die bees se dundermlengte is ongeveer 16 keer dié van sy liggaamslengte of ongeveer 45 m lank. (3)
6. Die omasum besit talryke bladvormige uitsteeksels of voue/blaaie wat verhoed dat growwe voedsel verder na die abomasum kan beweeg. Ons kry vier soorte blaaie naamlik: Primêre blaaie (grootste)
Sekondêre blaaie (kleiner)
Tersiêre blaaie (nog kleiner)
Kwaternêre blaaie (kleinste)
Hierdie blaaie pers die oorblywende growwe voedseldeeltjies saam en vergruis en rasper dit tussen die kragtige horingagtige spierkragtige blaaie. Die voedsel word hier uitgedroog. (10)
7.1 epiteelweefsel
7.2 kring- lengte
7.3 vertering absorpsie
7.4 kapillêre bloedvate
7.5 bloed (8)
TOTAAL: 40
Les 2: Die spysverteringstelsel van nie-herkouers
Aktiwiteit
2
1.1 ’n Suurmedium is ’n voorvereiste vir die werking van die ensiem. (2)
1.2 Die Lieberkühn-kripte skei dundermsap af. (2)
1.3 Brunner se kliere speel ’n rol in die beskerming van die dundermwand teen die effek van die suur maagsap. (2)
1.4 Sellulose is ’n kettingvormige polisakkaried en die hoofbestanddeel van plantselwande. (2)
1.5 Hidrogenase is die byvoeging van ’n waterstof. (2)
2. Voldoende mineraalvoedsel
Makro- en mikro-elemente word vir groei en voortplanting benodig.
Speeksel voorsien mikrobes van sekere minerale.
Maklik verteerbare koolhidrate
Sample
Ongeveer 6% maklik verteerbare koolhidrate (stysels en suikers) word deur die mikrobes vir energie benodig.
Voldoende stikstof
Stikstof vanaf ammoniumverbindings word vir die sintese van mikrobeproteïene gebruik. (9)
3. Dit is ’n smaakorgaan. Smaakknoppies stel die dier in staat om tussen smaaklike en minder smaaklike voedsel te onderskei.
Dit help met die kouproses. Voedsel word tussen die tande ingestoot en sodoende word dit verfyn.
Dit help met die slukproses.
Die voedsel word met speeksel gemeng om ’n bolus te vorm.
Dit speel ’n rol by die inname van voedsel.
Die tong speel verder ’n rol om die teenwoordigheid van vreemde voorwerpe in die voedsel vas te stel. (6)
4. Gal is ’n geel tot groen, bitter vloeistof en bevat geen ensieme nie, maar is belangrik vir die verteringsproses.
Dit word slegs in die dermkanaal benodig sodra die spysbry aankom.
Gal word in die galblaas gestoor tot benodig. Senuwee en hormonale meganismes stimuleer die galblaas om te ledig in die duodenum. (10)
TOTAAL: 35
Les 3: Die spysverteringstelsel van herkouers
Aktiwiteit
3
1. Die bees se maag besit ’n kapasiteit van 150 liter tot 200 liter en bestaan uit vier kompartemente naamlik die rumen (grootpens) 80%, die retikulum (ruitjies- of netpens) 5%, die omasum (blaarpens) 7% en die abomasum (ware maag) 8%. (10)
2. Die primêre funksie van herkou is die fisieke verfyning van voedsel wat dit makliker verteerbaar maak vir rumenmikrobes. Die sekondêre funksie van herkou is die stimulering van speekselvloei na die rumen wat die voorraad water en natriumbikarbonaat (chemiese buffer) in die rumen aanvul. (6)
3. Aminosure is die bousteen van proteïenmolekule wat vir groei, produksie (bv. wolgroei, melk- en vleisproduksie, ens.), die herstel van verslete weefsels, vorming van ensieme asook ander belangrike funksies in die diereliggaam nodig is. (5)
Sample
4. Oor ’n tydperk vermenigvuldig die benodigde mikrobes. Daarom word daar dikwels gebruik gemaak van die herkoutjie, vars pensmis of die rumenvloeistof van ’n herkouer wat reeds aangepas is by ’n bepaalde rantsoen, en dit vir die ander herkouers in te gee om hulle met mikrobes te “inokuleer”. (5)
5. Wanneer ’n rantsoen ’n hoë persentasie sellulose bevat, word ’n hoë persentasie asynsuur gevorm, wat die bottervetpersentasie van melk verhoog. (4)
6. (9)
JONG HERKOUERS
• Kalwers is nie werklike herkouers met geboorte nie.
• Kalwers – monogastriese diere
• Rumen, retikulum en omasum is gevorm maar nog nie ontwikkel nie.
• Abomasum – grootste deel van maag –beslaan meer as 50% van die totale maag.
• Die retikulo-rumen – ongeveer 35% van die maag
• Omasum is 14% van die totale maag
7. Genoeg mineraalvoedsel
VOLWASSE HERKOUERS
• Abomasum vorm ongeveer 14% van totale maagkapasiteit
• Retikulo-rumen – 62%
• Omasum – 24%
Makro- en mikro-elemente word vir groei en voortplanting benodig.
Speeksel voorsien mikrobes van sekere minerale.
Maklik verteerbare koolhidrate
Ongeveer 6% maklik verteerbare koolhidrate (stysels en suikers) word deur die mikrobes vir energie benodig.
Genoeg stikstof
Stikstof van ammoniumverbindings word vir die sintese van mikrobeproteïene gebruik. (8)
8. Dit is die proses waartydens die eindprodukte van vertering deur die bloedvat- en limfatiese stelsel opgeneem word vir finale verspreiding aan die liggaamsweefsels. (3)
Sample
TOTAAL: 50